43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. 44 Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. 45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag. – Jesus Christus (Matteus 12)
Koning Edward en egskeiding
In 1936 het Edward VIII die Britse troon bestyg.
Daar was egter ‘n probleem.
Die nuwe koning wou graag trou met ‘n geskeide vrou, ‘n ene Mev. Wallis Simpson. Edward het gedink hy kan sy private en publieke lewe uitmekaar hou. Die Britse parlement was egter nie daarvoor te vinde nie.
Onder leiding van die Britse eerste minister, Baldwin, het die regerings van al die Britse Dominium’s sy planne verwerp, en die koning versoek om sy verhouding met Mev. Simpson te verbreek of te abdikeer, d.w.s. afstand te doen van die Britse troon.
As die koning nie hul voorstel aanvaar nie, sou die hele kabinet bedank. Edward het aan die parlement voorgestel dat hy wel met haar sal trou maar dat sy nie die koningin sal word nie.
Op 2 Desember 1936 het die nuus in die publiek uitgelek dat die koning ‘n verhouding het met ‘n geskeide vrou en met haar wil trou. Die Britse publiek was hewig gekant teen hierdie planne van die koning en 9 dae later, op 11 Desember 1936 het die koning geabdikeer (A. Cornes, 2002: Divorce and Remarriage. Biblical Principle and Pastoral Practice. Ross-hire: Mentor, bl. 19,20).
Ons kan ons hierdie optrede vandag nouliks voorstel, veral die parlement en die publiek se optrede (al wanneer die publiek en parlement vandag histeries raak, is as een van hul afgode op sterwe lê?).
Vandag wil dit blyk dat egskeiding en hertrou eerder ‘n deug geword het vir vooraanstaande leiers in kerk en wêreld. Vandag ontvang leiers wat hul vrouens verlaat het vir ander griekse weivelde die Nobelprys vir vrede (terwyl daar eintlik geen ware vrede is nie, Jer.6:14).
Maar ons weet, soos alle sonde, onwettige egskeiding of onwettige hertroues bring nie vrede nie. Dit is ‘n oorlogsverklaring teen die gesin, kerk en ‘n gesonde samelewing. En ons wêreld pluk die wrange vrugte daarvan.
Ons tye gaan van kwaad tot erger, soos ons lees in Openbaring 22:11,
Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.
En die Here laat nie met Hom spot nie:
“Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai.” – Gal.6:7
En dit geld nie net vir die individu, gesin en gemeente nie, maar vir elke koning, elke parlement, elke politieke leier, elke volk en elke politieke party ook.
Soos ons dit in vandag se tye beleef:
Koningin Elizabeth (“Supreme Governor of the Church of England”) en sodomie
Dit is nou 77 jaar na die Britse parelement en die Britse volk amper letterlik in opstand was teen (wat vandag genoem sal word) ‘n ‘onskuldige romanse’, en waarvoor ons geslag daagliks lag op die TV en in die media as dit plaasvind.
Nou lees ons van die volgende geslag leiers, koningin en volk in Brittanje (beklemtonings bygevoeg):
The French like to make fun of the British, joking about their repressed ways in matters of the heart. But when it came time to debate same-sex marriage, it was France that betrayed a deep conservative streak in sometimes violent protests — while the British showed themselves to be modern and tolerant.
With little fanfare or controversy, Britain announced Wednesday that Queen Elizabeth II — hardly a social radical — had signed into law a bill legalizing same-sex marriages in England and Wales. France has also legalized gay marriages, but only after a series of gigantic protests attracting families from the traditional heartland that revealed a deeply split society.
Official word that the queen had approved the bill drew cheers in the usually sedate House of Commons.
“This is a historic moment that will resonate in many people’s lives,” Equalities Minister Maria Miller said in a statement. “I am proud that we have made it happen and I look forward to the first same sex wedding by next summer.”
There were British political figures and religious leaders vehemently opposed to gay marriage but the opposition never reached a fever pitch, in part because the same-sex marriage bill had broad public support and the backing of the leaders of the three major political parties. In fact, it was Prime Minister David Cameron, leader of the tradition-minded Conservatives, who proposed the legislation in the first place.
The public seemed to take it for granted that gay marriage should be a part of British life. It was perhaps a sign of how Britain has evolved in past decades into a much more cosmopolitan nation than its starchy, traditionalist image would suggest.
“The opposition seemed restricted to a very small number of people very vigorous in their views,” said Stephen Fielding, a political scientist at the University of Nottingham. “It was restricted to the back benchers of the Conservative Party. It wasn’t shared across the political spectrum. It was an issue whose time had come. To oppose it seemed slightly strange.”
The law was also written in a way that allowed the Church of England — which is opposed — to sidestep the controversy since it is explicitly barred from conducting same-sex marriages.”
Lees die volledige storie hier: Same-sex marriage: A study in contrasts between ‘starchy’ U.K., ‘freewheeling’ France
En hierdie verdere morele verval, is die gevolg van as die kerk en land volgens die praktyk en ‘wysheid’ van die dag, volgens die politiek van die dag, en nie die Heilige Skrif nie, hul lewens wil inrig.
Maar dit is niks nuuts nie, ons lees al lankal daarvan in die Skrif, Rom.1:
22 Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword 23 en die heerlikheid van die onverganklike God verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens en van voëls en viervoetige en kruipende diere. 24 Daarom het God hulle ook in die begeerlikhede van hulle harte oorgegee aan onreinheid, om hulle liggame onder mekaar te onteer 25 hulle wat die waarheid van God verruil het vir die leuen en die skepsel vereer en gedien het bo die Skepper wat geprys moet word tot in ewigheid. Amen. 26 Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; 27 en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. 28 En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: 29 hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; 30 nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; 31 onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig, 32 mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.
Mag die Here ons genadig wees in hierdie tye wat voorlê, tye waar die wetgewing amptelik ‘sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en die soet bitter’ (Jes.5:20), alles onder leiding van die valse kerk en haar valse profete.
Wie gaan ons vrees ? God of mens ?
Wie gaan ons waarlik liefhê ? Ons eie sondes of verlore sondaars ?
Wat gaan ons verkondig ? Gaan ons alles weg rasionaliseer onder die politieke vaandel, gaan ons maar aanpas by ons tye, maar aanhou stem vir die wetgewers en partye wat Jes.5:20 bevorder met hul gay en aborsie agendas ?
Gaan ons redeneer, wel, dit is darem beter as niks, sy het maar die beste van haar ‘onvolmaakte situasie’ gemaak. Koningin Elizabeth het darem ten minste gay ‘huwelike’ goedgekeur, nie losbandige gay verhoudings ‘buite die huwelik’ nie !
Soos met aborsies: liewer hospitaal aborsie-moorde as agterstraat aborsie-moorde.
Ten minste kan gays nou ook hul eie ‘Bybel’ lees, ten minste lees hul ‘Bybel’, hier is hul eie verwerking van Lev.18:22 volgens die Queen James Version:
QJV: Thou shalt not lie with mankind as with womankind in the temple of Molech: it is an abomination. (die woorde ‘in the temple of Molech’ verskyn glad nie in die Hebreeus nie)
Die King James Version: KJV: Thou shalt not lie with mankind, as with womankind: it is an abomination.
Of gaan ons vertrou op die Here alleen, Christus alleen deur sy Gees en Woord, en aan onsself en almal verkondig, aan alle konings en regerings en partye:
9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? 10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. 11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God. – 1 Kor.6:9-11
Wat die Here as sondig en verkeerd verklaar het, mag geen mens, geen predikant, kerkraad, kerkverband of koningin, parlement, politieke party as reg en aanvaarbaar verklaar nie.
Dit is demonies, duiwels, uit die aarde, in diens van die Antichris (Gen.3:1-6; Joh.8:44; Jak.3:15).
Mag die Here vir Hom ‘n oorblyfsel bewaar, mag Hy weer vir Hom ‘n ware volk vergader onder al die volke wat Hom waarlik vrees, sy Seun liefhet, wat sy gebooie waarlik liefhet, en wat ons medemens waarlik liefhet en die ware Evangelie verkondig, wat van harte sing:
10 o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. – Psalm 97
Om my eie sondes te haat my lewe lank hoe langer hoe meer.
Om die sonde in ander en ons samelewing te haat, en daarom nie die onreg op enige maniere te ondersteun of te probeer goedpraat nie.
Om na Christus alleen te vlug vir ware verlossing en ware vryheid deur sy Gees en Woord.
Want hierdie tyd lê vir sy kinders voor wat hul nie skaam vir die ware Christus en sy goeie wet nie, Op.12:17,
En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.
En onthou, daardie draak gaan nie ‘Groenie die Draak’, Malema of die Satan of Mugabe wees nie.
Dit gaan jou ‘vriendelike’ predikant, kerkraad, sinode, politkus of buurman wees wat jou oor jou ‘liefdeloosheid’ en ‘onverdraagsaamheid’ gaan kom aanspreek, en hoekom jy nie wil ‘saamwerk’ aan ons goeie vooruitstrewende nuwe demokratiese SA waar almal nou ‘een’ is nie ….
Maar ons troos is altyd, Op.12:11, saam met die kerk van Christus deur al die eeue:
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.
Die Here het nog altyd en sal sy kerk in standhou, deur alle tye en omstandighede, hoe klein of hoe groot:
Ons glo en bely ‘n enige katolieke of algemene kerk, ‘n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo, wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die Heilige Gees.
Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is ‘n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie. En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms ‘n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het – soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder Agab sewe duisend mense bewaar het wat die voor Baäl gekniel het nie. …. – NGB artikel 27
… Die gelowiges en uitverkorenes, daarenteen, sal met heerlikheid en eer gekroon word. Die Seun van God sal hulle naam voor God, sy Vader (Mat 10:23) en sy uitverkore engele bely; alle trane sal van hulle oë afgevee word (Rev 21:4). Dan sal dit bekend word dat hulle saak, wat tans deur baie regters en owerhede as ketters en goddeloos veroordeel word, die saak van die Seun van God is. En as ‘n beloning uit genade sal die Here self hulle so ‘n heerlikheid gee as wat die hart van ‘n mens nooit sou kon bedink nie. Daarom verwag ons hierdie groot dag met sterk verlange om die beloftes van God in Jesus Christus, ons Here, ten volle te geniet. – NGB artikel 37
Mag die Here ons genadig wees in die goeie stryd wat voorlê.
BAIE dankie, ek is getref deur hierdie waarskuwende skrywe – wat soos ‘n spieël voor ons gehou is en ons diep laat insien in die volmaakte wet van die vryheid ( Jakobus 1) – mag ons nie vergeetagtige hoorders wees nie!
Slabbert, jy het sien nie dalk kans om hierdie in Engels te laat vertaal nie. Ek sou dit graag elders wou bekendstel maar almal daar is Engelsprekend.
Johan
Hallo Johan, gaan ongelukkig nie tyd kry om te vertaal nie.
Jy kan dalk google translate gaan probeer, party mense se dit werk nogal goed, dit is hier: http://translate.google.co.za/?hl=en&tab=TT
Jy moet dan net
a) kontroleer met die Afrikaans
b) die Skrifdele met KJV vervang, en
c) die belydenisgedeeltes met die engelse vertaling van ons belydenis.
Hoop dit help, goed gaan daar !
Of die NKJV wat ook redelik naby aan die OAV is.
Baie goeie uiteensetting van die geleidelike, sistematiese verdrywing van die Christendom deur Kulturele Marxisme gedurende die afgelope eeu. Ons is altyd, noodwendig besig met ‘n “Culture-war”, en die duiwel se agente is op hul effektiefste, soos jy uitgewys het, in die vorm van ‘n “vriendelike’ predikant, kerkraad, sinode, politkus of buurman wees wat jou oor jou ‘liefdeloosheid’ en ‘onverdraagsaamheid’ gaan kom aanspreek.”
Die Weste, en veral ook ons volk in Suid-Afrika, verkeer onder ‘n strafgerig van God en Rom. 1:22-32 wat jy aangehaal het is besonder beskrywend van ons tye.
Slabbert, dis reg so. Ek sal dit in die Google Translate pot gooi en roer tot dit reg lyk
Die feit is dat die bogenoemde artikel op ‘n wankelrige fondasie staan. Die koningshuis maak nie wette nie en kan ook nie keer dat wette gemaak word nie. Jy het dus geen idee wat die werklike gevoel en standpunt van ‘n Christen koningin is nie. As jy die Britse parlement die skuld gee is jy reg maar die koningin? Dan verstaan jy nie die monargie se mag van die 1600’s af nie of eerder die feit dat hulle bykans geen mag het nie. As sy nie ondersteuning in die parlement of house of lords kry om ‘n wet teen te staan nie moet sy dit teken. Finish en klaar. Sorg in die vervolg dat jou goeie teologie strook met werklike en historiese feite
Miskien moet jy maar weer die artikel gaan lees om te probeer verstaan wat ek op wys, nl. hoe vervalle mense se standaarde geword het, en almal pas maar bloot daarby aan, ook die koningin. Ek neem aan as die parlement ‘n wet maak dat mans vrouens mag verkrag, sal die koningin dit ook ‘moet’ teken ? Kan jy vir my aandui uit jou werklike en historiese feite kennis waar sy verplig is om te teken, dat sy nie ‘n eie wil het om God se wil te respekteer nie ? En al is daar iewers in Brittanje se wette ‘n klousule dat sy moet teken, kan sy weier en eerder abdikeer. Sy is mooi groot en kon bloot geweier het om hierdie gruwel goed te keur, al is dit bloot ‘n seremoniële handeling of goedkeuring …. of is die rykdomme en aansien van die wêreld vir haar belangriker, of geld God se wet net vir ons plebs en nie vir koninklikes nie ? Gaan lees gerus Ps.2:10-12.
Dit is dalk beter dat ons sorg dat ons ‘werklike en historiese feite’ in die toekoms buig voor God se Woord, nie voor mense vrees en aansien nie.
Ja, Slabbert jy is reg, ongeag die koningin se mag of gebrek aan mag, bly dit elke mens se eerste verpligting om op te staan vir die waarheid en lojaal te wees aan Koning Jesus! Ja, dis interessant dat die “heidense Franse” meer teen die gruwel van gay huwelike geskop het as die Britte. Miskien het hulle dalk net meer common sense? Sien by http://skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com/2013/05/gay-agenda.html
Gerhard, ek moet my ongelukkig by Slabbert se standpunt skaar. Is daar werklik enige rede dat sy MOET teken al sou dit teen haar eie gewete wees? As sy werklik prinsipieel daarteen is het sy sekerlik die reg om nie te teken nie. Andersins, vir so ver dit my aangaan, impliseer haar handtekening dat sy daarmee instem………
Na aanleiding van Bostaande artikel: Ek dink ons leef in ‘n tyd waar elke predikant vir hom self kan afvra: Wat sal my antwoord wees as ek gevra word om ‘n selfde geslag huwelik te bevestig? En so ook’ n vraag by elke kerkraad: Wat sal ons antwoord wees as’ n selfde geslag paartjie vra om in die kerk gebou in die huwelik bevestig te word?
Inderdaad, baie belangrike vrae.
Die antwoord vanuit die Skrif is baie eenvoudig en duidelik, nee en nee.
Die moeliker deel is of ons gehoorsaam gaan wees, God meer gaan vrees as mense, ongeag die gevolge.
“The matter is quite simple. The bible is very easy to understand. But we Christians are a bunch of scheming swindlers. We pretend to be unable to understand it because we know very well that the minute we understand, we are obliged to act accordingly”. – Soren Kierkegaard