“The ultimate question facing us these days is whether our faith is in men and their power to organize, or in the truth of God in Christ Jesus and the power of the Holy Spirit. Let me put it another way: Are we primarily concerned about the size of the church or the purity of the church, both in doctrine and in life? Indeed, finally it comes to this: Is our view of the church Roman Catholic (inclusivist, organizational, institutional, and hierarchical) or Reformed, emphasizing the universal priesthood of all believers and the need for keeping the church herself constantly under the judgment of the Word?” – dr. Martyn Lloyd Jones
Hier is ‘n reeks artikels om biddend te bestudeer oor hierdie belangrike onderwerp, wat gelowiges en kerke ook baie hoor vandag.
Is eenheid die belangrikste roeping van die kerk ?
Is die sigbare kerk die basis van christelike eenheid ?
Wat is die waarheid wat christelike eenheid moet produseer ?
Wat moet die kerk doen met valse eenheid ?
Moet die fundamentele waarhede van ons geloof in die kerk gedebateer word ?
Is kerklike eenheid gebaseer op getalle ?
Wat gedoen moet word as die oproep vir eenheid gebaseer op die waarheid op dowe ore val ?
Antwoorde op hierdie en ander vrae kan hier gelees word:
Joh. 17:17-21 17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid. 18 Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. 19 En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees. 20 Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — 21 dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Kerklike eenheid of kerklike emansipasie?
Pasop hoe jy bou (1Kor 3:10).
Is daar ‘n ware selfondersoek gedoen na eenheid in verskeidenheid, in die GKSA, of dit ‘n behoefte uit die mens is, of na die eis van ons Here Jesus Christus?
Hoe opreg is die soeke na eendragtiglikheid, eensgesindheid en eenheid, na die eis van die Koning van die kerk volgens Rom. 15:5,6; Fil 4:2; Ef 4:13 ev.
Wil die bruid haar onderwerp? (Ef 1:22; Ef 4:11-16) of bevind sy haar reeds op die weg dat sy(die bruid) emansipeer?
Ons vra, is die druk of die begeerte na kerklike eenheid ‘n behoefte of begeerte uit die van mense(2Tim 4:3,4)
Waar bevind die kerk haar vandag?
Baie in die kerk reageer positief op die suiwer bediening van die Woord deur predikante en “lyk” soos hulle leraars. Aan die anderkant egter, is daar baie- dalk die meeste?- wat soos die mense in die tyd van Christus verkies het om liewer te bly in die makliker lewestyl van die “aangeleerde mensegebod” (Jes29:13, Joh12:42 en 43).
Die eis aan die kerk is:
Laat My lammers wei,
Pas My skape op,
Laat My skape wei.
Die uitvoer van ‘n opdrag met ‘n bepaalde vermaning en verbondswraak, “julle sal rekenskap gee van elke siel wat aan julle toevertrou is”.(Heb 13:17).
Wat is wysheid?
CB Pretorius