Dordt Nuus – gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Orania

sv-dordtse-synode.jpg

Die gemeenteblad van die GK Orania, Dordt Nuus, is elektronies beskikbaar en kan aangevra word by br. Gert en sr. Jeanette Erasmus by die volgende epos adres: glerasmus@oranet.co.za

Dordt Nuus bevat artikels wat baie leersaam is, ek plaas hier twee artikels uit die Julie 2014 uitgawe, met die nodige toestemming en erkenning:

1. Skrifoordenking: Joh.20:16 

“Maria!” – “Rabboeni!”

deur I.  da Costa

Lees Joh 20:11-18

Teks : Joh. 20:16:   Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai haar om en sê vir Hom: Rabboeni! dit beteken Meester.

“Maria!”

Die Here openbaar Hom aan Maria. Waardeur? Deur een enkele woord. Hy noem haar naam. Weereens, tot liggaamgewing van die groot waarheid waarin ons saligheid geleë is, dat God ons roep, dat God ons by ons naam roep, ons self persoonlik roep. So roep Hy Abraham, Moses, Samuel en nou Maria en later Saulus by hul name.

En wat die is naam waarby die Here ons almal roep?

Die van sondaar, God roep die sondaar tot bekering. Salig wie dié naam as sy eie erken, hy hoor God self hom tot saligheid roep en word salig. En hier het u nou die eenvoudige oplossing van die groot geheim van die geloof en die ongeloof. Die een wat hom nie verlore ag nie, vra nie na Jesus, hoor geen Jesus, wat alleen die verlorene soek nie, en laat Hom verby gaan. Dat ons almal in die volstrekte sin van die woord sondaars en sondaresse voor God en dus verlore is, is ’n waarheid, wat alleen deur die geloof erken word.

“Rabboeni!”

Uit haar naam ken sy haar Here. Niemand kan haar naam só noem soos Jesus haar noem nie. Word nie die slapende wakker deur die noem van sy naam nie? Nou kom Maria hoe diep in gedagte versonke, dadelik tot haar volle bewustheid. Sy draai om en antwoord op haar naam met Syne. Haar oë is geopen en nou ken sy Hom, sien sy Hom.

O, die opening van die oë!

Wat ’n heerlike wonder is dit van God. As ons oë geopen word, sien ons God; anders sien enkel aardse dinge. En so ’n opening van die oë geskied nie net  enkel in ons bekering eenmaal en vir altyd nie, maar vind ook vir ons as ’n voortdurende opening van die oë plaas. Eers sien ons die Here self in sy aanbiddelike heerlikheid, maar daarna sien ons altyd meer wat die Here in Homself, en Wie Hy vir ons is, of liewer, ons sien dan die een heerlikheid na die ander uit Hom te voorskyn tree, deur die openbaringe van die Skriftuurplekke, deur onse geestelike ondervinding, in een woord: deur die onderwysing van die Heilige Gees in Sy leiding en weg.

Immers, hoeveel sien ons tans met klare oë, waarvoor ons, met die aanvanklike bekering nog blind was.

2. Alleen God kan Hervorming bring

ALLEEN GOD KAN HERVORMING BRING (1)

Prof. VE d’Assonvile (Uit Kerk en Tydsgees, 1990)

Ons praat nie hier van ’n sogenaamde politieke beleid van “Hervorming” nie, maar van hervorming  in die kerk van Jesus Christus. Dit is iets heeltemal anders as die politieke beleid. En by die hervorming in die kerk is daar geen sprake daarvan dat ’n mens dit self kan bewerk nie. Alle pogings van die mens waar dit die mens is wat die inisiatief in Christus se kerk neem en waarin die mens sy idees wil uitvoer, is ydelheid, betekenisloos.

Die wonder van die kerk

Ten spyte van die optrede van sondige mense (juis sondige kerkmense!), bestaan die kerk vir eeue en eeue. In weerwil van ’n bose geslag van mense, is dit God wat Sy kerk gevestig het. Afgesien van al die mens se pogings in die kerk met al sy drukdoenery en sy “beste dade” wat soos “vuil klere” is (Jes. 64:6), is dit God alleen wat Sy kerk laat bestaan en voortgaan. Alles in die kerk is alleen God se genade. Hy doen dit ten spyte van die mens. Dit is die wonder van die kerk!

Kerklike vermetelheid

Enige mens wat vermetel optree, gee aanstoot. As dit in die kerk gebeur, is dit nog soveel erger. Vermetelheid, so sê ’n baie goeie Afrikaanse woordeboek, is oormoedigheid, roekeloosheid, parmantigheid, aanmatiging. In die lig van die wonder van die kerk dat dit alleen deur God se genade kan voortgaan, is dit eintlik vermetel van ’n mens om te sê: “Ek gaan die kerk hervorm, ek gaan dit verander, ek gaan dit vernuwe, ek gaan dit laat herleef… ek gaan ’n nuwe lewe bring met my skemas en my idees en my planne!”.

Daar is geen groter dwase onderneming nie as enige mens, al is hy die slimste en belangrikste persoon, of as enige kerklike vergadering, al is hulle die invloedrykste manne, hulle sal aanmatig deur te sê: “Ons gaan die Gereformeerde kerke hervorm.”

Hiervan sê Abraham Kurper in sy “Traktaat van die Reformasie van kerke”:

“Dit is ongereformeerde hoogmoed en kan op niks anders uitloop as verdere deformasie nie”.

Dit is aweregs (verkeerd, agterstevoor), so gaan hy verder, as ons ons verbeel om ‘n suiwer kerk vir God aan te bied, in plaas daarvan dat Hy in Sy ontferming aan ons Sy gawe van ’n suiwer kerk skenk. Om so te doen, asof dit ons is wat hervorming bewerk en aanpak, is om die orde van die Evangelie om te keer. Dit is om die genadeverbond  opsy te skuif en maar weer vir die soveelste keer na loon vir goeie werke te streef.

Ware hervorming vra waarheid en heiligheid

Ware hervorming of reformasie beteken eenvoudig om terug te keer na God se Woord – om die waarheid en heiligheid volgens die Woord weer in die kerk te soek. Hiertoe is die mens uit homself totaal magteloos.

Wat uit die mens voortkom, is alleen onwaarheid en leuens. In hom is geen goed nie. Hy is van nature geneig om God en sy naaste te haat (Heidelbergse Kategismus, Sondae 2 en 3).

Wat uit God voortkom is alleen waarheid. Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe (Joh. 14:6). “U Woord is die waarheid” (Joh. 17:17).

God alleen is heilig. Ook die heiligheid wat weer in vervalle kerke moet terugkom, kom alles van God alleen. Laat dit dan vir ons in alle kerkwerk bo alle twyfel vasstaan: God alleen is die Hervormer van Sy kerk.

God die groot Hervormer gebruik mense

Maarten Luther het nie met ‘n bravade verklaar nie: Ek gaan herlewing in die kerk bring … Ek gaan die kerk verander … Ek gaan die kerk hervorm … Ek gaan vernuwing bring … Nee, geen sprake daarvan nie. Inteendeel, later verklaar hy oor die 16de eeuse Hervorming: “Ek is soos ’n blinde perd daarin gelei”. Al wat hy gedoen het, was slegs, gehoorsaamheid aan die Woord.

Aanvanklik wou ook Calvyn niks met Genève te doen hê nie, maar God het hom tot ’n taak gedwing en Self Sy tyd en plek vir die gereformeerde hervorming gekies. So het dit ook met ds. Hendrik de Kock met die Afskeiding in 1834 en met dr. Abraham Kuiper met die Doleansie in 1886 gebeur. En ook as n mens die geskiedenis van die stigting van die Gereformeerde kerk inRustenburg in 1859 lees, dan kom ’n mens tot die diepe besef dat God dinge ten spyte van sondige mense gedoen het.

Wat God van elkeen van ons vra, is heel eenvoudig: Wees gehoorsaam! Wees gehoorsaam aan God se Woord! 

En met hierdie Woord alleen, sal die Heilige Gees op Sy tyd die kerk hervorm. Met hierdie Woord sal Hy veranderinge bring, as dit nodig is.

Wil ons hê dat dit beter in die kerk moet gaan? Laat die dominee dan in sy preke gehoorsaam wees aan God se Woord. Laat hy voorts die katkisasie nie verwaarloos en “weens gebrek aan tyd” dit maar aan ander mense oorlaat waar hy dit tog kon behartig nie. En laat die huisgesinne met sy huisbesoek altyd die stem van die  Goeie Herder hoor en so tot gehoorsaamheid aan die Woord gedwing word.

Wil die ouderlinge en diakens hê dat dit beter in hulle wyke gaan?

Wees dan in alles getrou aan God se Woord.

Dieselfde vra God van elke huisgesin en elke indiwiduele lidmaat.

Hy vra dit van elke kind.

God vra nie kunsmatige veranderinge bloot net om te verander nie. Hy vra nie vernuwing bloot net om “nuwe dinge” te doen nie. Hy vra nie vertoon en kunsblomme net om aandag te trek me.

Dit gaan nie daaroor om die kerk aantreklik vir die wêreld te maak nie.

Hy vra selfs nie offerandes met alle drukdoenery van die mens nie, maar gehoorsaamheid aan Sy Woord.

En met hierdie Woord is Hy die Groot Reformator! (volgende keer verder)

3 thoughts on “Dordt Nuus – gemeenteblad van die Gereformeerde Kerk Orania

Add yours

    1. Hallo Roelf, jy kan by die volgende skakels gaan kyk vir video/audio opnames van preke en lesings:

      1. http://www.gereformeerd.org/af/ (gaan klik op die ‘video/audio’ afdeling)

      2. By hierdie skakels sal jy opnames van my preke kry, sommiges het audio opnames, ander nie:

      https://proregno.com/category/preke-slc/

      https://proregno.com/category/preke-uit-1-korinthiers/

      Laat weet as jy iets spesifiek soek, dan kan ek laat weet of ons kan help of ek kan jy verwys na ander bronne.

      Groete
      Slabbert

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: