Boekresensie: Geloof sonder sekerhede

LuxVerbi_GeloofSonderSekerheidNew

“Geloof sonder sekerhede”

deur Anton van Niekerk

(Resent: Bouwe van der Eems)

Pro Regno versprei dikwels resensies van “goeie” boeke. Dit is boeke wat die ware Christelike leer oor ‘n sekere onderwerp duidelik uiteensit. Dit is nuttig om sulke boeke te lees, aangesien dit Christene help om beter te verstaan hoe om te dink oor daardie onderwerp.

Dit is egter ook nuttig om boeke te lees wat die leer van nie-Christene duidelik uiteensit. Beter insig in die denke van nie-Christene stel Christene in staat om makliker in gesprek te kan tree met ander en daardie geleentheid te gebruik om die leemtes in die ander standpunt uit te wys en Christelike standpunt oor te dra.

Die boek “Geloof sonder sekerhede” van Anton van Niekerk (uitgegee deur CUM Boeke) gee ‘n goeie insig hoe baie Afrikaners dink wat hulleself tog as Christene beskou, maar nie meer basiese leerstukke van die kerk (soos opgesom in die 12 artikels) glo nie.

Waaroor is van Niekerk onseker?

Van Niekerk is iemand wat baie dinge in die Bybel bevraagteken, soos bv. dat God hemel en aarde ongeveer 6000 jaar gelede in 6 dae geskep het. Die bevraagtekening van die skepping het verregaande implikasies vir die Christelike leer, omdat leerstukke soos die erfsonde daarop gebagsseer is. Van Niekerk verstaan dit en probeer uitwerk hoe ‘n Christen dan moet glo as die sekerheid van sulke dinge in die Bybel wegval.

Daar is baie tradisioneel absolute waarhede waaroor van Niekerk onseker is. Geen mens kan egter oor alles onseker wees nie, want so ‘n mens het dan geen uitgangspunt op grond waarvan hy enigiets kan beoordeel nie. As daar geen absolute waarhede is nie, is geen rasionele gesprek moontlik nie. Tydens ‘n bespreking van die boek deur van Niekerk en ‘n teoloog van UWK is herhaaldelik genoem dat daar geen absolute waarhede is nie, en tegelykertyd is daar met groot sekerheid gepraat oor hoe sleg apartheid was. My vraag aan die sprekers was toe hoe hulle kan seker weet dat apartheid verkeerd is, indien daar geen absolute sekerhede is nie. Nodeloos om te sê, kon daar nie ‘n duidelike antwoord op die vraag gegee word nie.

Wat glo van Niekerk?

Alhoewel hy onseker is oor baie dinge, is daar wel dinge waaroor hy wel seker is. Hy noem dit nie absolute waarhede nie, maar beskou dit vir alle praktiese doeleindes naby genoeg aan ‘n absolute waarheid.

Die ding waaroor hy die sekerste is, is die wetenskap. Hy praat van die “feitlik onbetwisbare getuienis van die wetenskap”. As iets in die Bybel indruis teen hierdie “onbetwisbare getuienis”, dan behoort ‘n moderne mens nie die Bybelse getuienis te glo nie.

Daar is egter baie mense wat die getuienis van die Wetenskap betwis, soos bv. kreasioniste. Van Niekerk meen egter dat dit onverantwoord is om die wetenskap te betwis, en verwag dat die kerke hulle ondubbelsinnig moet uitspreek teen kreasioniste, sodat hulle argumente nie meer gehoor kan word nie. Hy ervaar sterk emosies van verleentheid as hierdie stemme nog gehoor word.

Die ander aspek waaroor hy seker is, is dat apartheid ‘n bose sisteem was. Hy spandeer 9 bladsye om die onreg van apartheid uiteen te sit.

Van Niekerk se etiek

In sy bespreking van bio tegnologie gee hy ‘n oorsig van die benaderings tot etiek. Die eerste benadering is die van die utilitarisme waarvolgens ‘n daad reg of verkeerd is op grond van nuttigheid daarvan. Die regte daad is die daad wat die meeste plesier verskaf vir die meeste mense.

Vir verskeie redes wys hy die utilitarisme af en kies vir die etiek van verantwoordelikheid. Volgens hierdie etiek is die regte daad die verantwoordelike daad. Iemand wat verantwoordelik handel is iemand wat bereid is om hom te verantwoord teenoor enigiemand wat van hom rekenskap vra.

Beoordeling

Eerstens is dit teleurstellend dat ‘n gesiene filosoof soos van Niekerk die wetenskap beskou as “byna onbetwisbaar”. Vanuit die oord van wetenskapfilosowe soos Karl Popper is daar groot vraagtekens oor die betroubaarheid van wetenskaplike bevindings. Daar word byna daagliks berig dat wetenskaplike paradigmas verkeerd bewys word. Popper maak die volgende uitspraak oor die wetenskap:

“The history of science, like the history of all human ideas, is a history of irresponsible dreams, of obstinacy, and of error. But science is one of the very few human activities — perhaps the only one — in which errors are systematically criticized and fairly often, in time, corrected. This is why we can say that, in science, we often learn from our mistakes, and why we can speak clearly and sensibly about making progress here.”

Terwyl wetenskaplike teorie dikwels hersien moet word, word die Bybelse gegewens dikwels bevestig deur wetenskaplikes. Die klassieke voorbeeld is die van die Hetiete. Vir jare lank het argeoloe beweer dat daar nie Hetiete bestaan nie, totdat daar van hulle stede opgegrawe is. In Feb. 2015 is daar Babiloniese tablette ontdek wat die lewe van die Jode in Antieke Babilonië beskryf. In die berig daaroor word gestel: “The discovery is a remarkable confimation of the historical reliability of the Biblical text.”

Dit is verstaanbaar dat iemand soos van Niekerk oor apartheid moet skryf. Hy is ‘n werknemer van die Universiteit van Stellenbosch, en die universiteit ontvang ‘n groot deel van sy inkomste van die ANC beheerde staat. Dit is belangrik dat die universiteite die herinnering  aan apartheid lewendig sal hou, sodat dit darem nie te vergesog klink as die president apartheid blameer vir beurtkrag nie. Miskien sou sy boek anders lyk indien hy by Akademia gewerk het.

In sy beoordeling van apartheid is hy egter inkonsekwent. Aangesien hy kies vir die etiek van verantwoordelikheid sou jy verwag dat hy alle gebeure sou beoordeel vanuit hierdie etiek. In sy bespreking van apartheid beskryf hy die Afrikaanse kerke as “diep skuldig”, aangesien hulle bereid was om hulle ondersteuning van apartheid probeer verantwoord het teenoor die wêreld. Die konsekwente toepassing van die etiek van verantwoordelikheid sou beteken dat mens eerder die Afrikaanse kerke daarvoor moes geprys het.

Alhoewel daar enkele fundamentele gebreke is met van Niekerk se argumente, bied dit ‘n waardevolle insig in hoe die moderne Afrikaner dink oor godsdiens. Veral in die afdeling genaamd “Die tussentydse konsensus” gee hy ‘n mooi opsomming daarvan. Vir iemand wat op ‘n relevante wyse wil getuig op publieke forums is dit belangrik om hierdie boek te lees.

_____________________________________

Dit wat Bouwe hierbo op wys dat van Niekerk se sekerheid verskuif van die Bybel na die Wetenskap, word as volg deur RJ Rushdoony verwoord:

“The doctrine of the infallibility of Scripture can be denied, but the concept of infallibility as such cannot be logically denied. Infallibility is an inescapable concept. If men refuse to ascribe infallibility to Scripture, it is because the concept has been transferred to something else. The word infallibility is not normally used in these transfers; the concept is disguised and veiled, but in a variety of ways, infallibility is ascribed to concepts, things, men and institutions.”

3 thoughts on “Boekresensie: Geloof sonder sekerhede

Add yours

  1. Ek sal graag vir Mnr. Van Niekerk my mening wil gee: Na ek geboorte geskenk het aan my seun, daai perfekte bondeltjie mens, ht ek geweet daar is ‘n God wat ons geskape het, geen wetenskap sal my anders kan oortuig nie! Jy mors jou tyd en ink met die belaglike denke!

  2. Dit is inderdaad onverstaanbaar dat van Niekerk beweer hy is ‘n Christen. Hy is inrelligent genoeg om ‘n departementshoof by ‘n tersiere akademiese inrigting te wees. Dit beteken hy is intelligent genoeg om te weet hy verwerp die grondwaarhede van die Bybel.

    Mens moet tot die gevolgtrekking kom dat hy doelbewus lieg as hy sê hy is ‘n Christen.

  3. Ja, ek dink Matteus 7:14-29 is ‘n baie relevante Skrifgedeelte oor van Niekerk se ‘geloof’, of beter gestel, ongeloof.

Leave a Reply to KarinA Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: