Hier is ‘n preek van ds. Dirk Dykstra van die GK Nigel, oor die vrees van die HERE.
Ons leef in ‘n tyd waarin die pendulum nou heeltemal oorgeswaai het na die ‘anderkant’, nl. die Here word net beskou as ‘liefde en genade’ (en nog ‘n verdraaide verstaan daarvan) en nie meer ook as ‘regverdig en heilig’ nie.
Ons belydenis wil ons wys op albei eienskappe van die HERE wat onderskei moet word, maar nooit geskei moet word of teen mekaar afgespeel moet word nie. Sien bv. NGB artikel 16, HK Sondag 4 v/a 11 en die DL, waar ons bely die HERE is barmhartig én regverdig.
“Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie” – Romeine 3:21,22
Geregtigheid en genade soen mekaar.
Hier is die inleiding op die preek wat fokus op die heiligheid van die HERE, wat baie nodig is in ons tyd:
Geliefde gemeente, die vrees van die HERE is nou nie die gewildste onderwerp vir ons tyd nie. Selfs Bybelkenners wil graag die woord vrees uit die vrees van die HERE haal.
Dit word maklik vertaal met dien maar helaas dit is nie wat in die oorspronklike staan nie. Dit is ’n poging om die mens gemakliker met die heilige God te maak.
Dit is ook opmerklik om te besef dat daar nie staan die liefde van die HERE is die beginsel van die kennis nie.
Dit sluit nie liefde vir en van God uit nie…dit is versoenbaar met kinderlike liefde vir God…en kweek ook selfs kinderlike liefde vir God.
*Maar ons sal tot die volle konsekwensie moet kom van die vrees van God…en dat God gevrees moet word.
Ek verkondig aan u die vrees van die HERE.
Ons staan stil by die volgende drie punte:
i) Die betekenis daarvan
ii) Die implikasie daarvan
iii) Die gevolg daarvan
Mag die HERE vrees vir Hom in ons harte gee sodat daar ware diens in ons lewens sal wees.
Hier is die volledige preek: Die vrees van die HERE