HULP VIR DIE HOMOSEKSUELE SONDAAR

HULP VIR DIE HOMOSEKSUELE SONDAAR

The Secret Thoughts of an Unlikely Convert, dr. Rosaria Butterfield

“Rosaria, by the standards of many, was living a very good life. She had a tenured position at a large university in a field for which she cared deeply. She owned two homes with her partner, in which they provided hospitality to students and activists that were looking to make a difference in the world. There, her partner rehabilitated abandoned and abused dogs. In the community, Rosaria was involved in volunteer work. At the university, she was a respected advisor of students and her department’s curriculum. And then, in her late 30s, Rosaria encountered something that turned her world upside down-the idea that Christianity, a religion that she had regarded as problematic and sometimes downright damaging, might be right about who God was, an idea that flew in the face of the people and causes that she most loved.

What follows is a story of what she describes as a “train wreck” at the hand of the supernatural. These are her secret thoughts about those events, written as only a reflective English professor could. Conversion put me in a complicated and comprehensive chaos. I sometimes wonder, when I hear other Christians pray for the salvation of the “lost,” if they realize that this comprehensive chaos is the desired end of such prayers. Often, people asked me to describe the “lessons” that I learned from this experience. I can’t. It was too traumatic. Sometimes in crisis, we don’t really learn lessons. Sometimes the result is simpler and more profound: sometimes our character is simply transformed.”

Onderhoud met Rosaria Butterfield

“Pastorally, the Westminster Standards give us much wisdom about sanctification and offer helpful correctives to the unbiblical teachings of our day. It is important to tell people who struggle with sexual sin that their struggle is not proof that God is not working sanctification in them, because God knows that sanctification is both imperfect and incomplete in this lifetime. For the church to lovingly counsel those who experience unwanted homosexual desire, she must steer clear of parachurch ministries that hold to a false understanding of sanctification (that it is complete in this lifetime) or an over-actualized eschatology (that God wants you to experience perfection this side of the second coming). The Reformed church is much more competent to counsel because of the systematic theology that informs our understanding of law and grace.”

Repentance and Renewal lesing

“Christians are called not just to a single instance of repentance. Rather, they’re called to repent throughout their lives, trusting Christ for life every day. Dr. Rosaria Butterfield has a unique perspective on repenting and trusting Christ. In this session, Dr. Butterfield describes her conversion, and explains her experience in following Christ in order to encourage and challenge listeners to live as a light in this dark world.”

Sexuality and the Christian Faith gesprek


NEW LIVING WAY MINISTRY

Ek plaas met toestemming die volgende boodskap van ‘n leser, wat vermeld van die pastorale bediening aan gelowiges wat gebreek het in Christus, en stry teen die sonde van homosekualisme:

“Goeiemiddag Ds. Le Cornu,

Baie dankie vir u Blog inskrywing oor die GKSA se standpunt oor homoseksualiteit. Ek is baie verheug oor hulle standpunt. Ek stem met u een honderd persent saam dat oriëntasie kan verander. Ek self was homoseksueel en help tans ander mense ook wat uit homoseksualiteit wil uitkom. Ek beskik ook oor ’n dokumentêr, ’n video met die naam “Such were some of you” wat die verhale is van persone wat verander het.

(slc: sien hier vir meer inligting oor die video: Such were some of you)

Sien ook hierdie skakel om my verhaal te lees: God’s Amazing Grace 

Groete
André Bekker

New Living Way Ministry

Mobile: +27 (0)71 326 8034

Email: Info@LearnToLove.co.za

Web: http://www.LearnToLove.co.za

Advocating for the Constitutional Rights of Former Homosexuals

Ministering to People with Unwanted Same-sex Attraction, Families and Loved Ones


DIE HEIDELBERGSE KATEGISMUS AS ‘ENIGSTE TROOS’ VIR DIE HOMOSEKSUELE (EN ALLE ANDER) SONDAARS

“Watter sondes ons ookal mee worstel, ons mag dit nie goedpraat of aanvaar nie, ons moet nie dwaal nie, laasgenoemde is nog baie erger as struikeling in sonde, en daarom dat Jesus en Paulus se groot stryd teen die valse profete en leraars was wat ander ook mislei (Matt.5:19; Rom.1:32), en nie teen die prostitute en tollenaars wat hul sondes geken en gehaat het nie.

Petrus skryf in sy laaste brief (2 Pe 3) ook van die spotters wat die ware leer ontken en daarom ‘volgens hul eie begeerlikhede [eie-willigheid] wandel’ (v.3).  Die gevolg van hul ongeloof en sondige begeertes is dat hul dan kardinale geloofswaarhede begin ontken wat volgens die ‘woord van God’ aan hul ge-openbaar is (v.5).

Die stryd teen ons eie sondes is daarom tegelyk ‘n stryd vir die waarheid en die ware leer, soos Paulus ons dan ook oproep in 1 Tim.4:16.  Dit blyk dus dat ons as mense moeg geword het om daardie stryd te stry, en my gebed vir ons almal is dat die Gees van God opnuut ons sal bekeer en versterk om die goeie stryd te stry teen die eie sondes en oral waar dit woed in ons wêreld. …

Ons harte moet uitgaan aan elkeen – manlik of vroulik – wat worstel met die sondige gedagtes en dade van homoseksualisme, net soos ons almal moet stry en worstel teen ‘heteroseksuele sondes’ in woord, daad én gedagte (Matt.5:27-30).

Mag die Here hulle en elkeen van ons bewaar van die valse profete wat die verdraaide lees van die Goddelike Woord voorstaan ‘tot hul eie verderf’ (2 Pe.3:16; sien ook Rom.1:32), hulle wie reeds veroordeel staan volgens 2 Tim.4:3,4.

As bemoediging en hoop vir elke sondaar wat stry teen die sonde, spesifiek homoseksualisme, maar ook enige ander ‘etiese/immorele’ sondes volgens 1 Kor.6:9,10, bied ek hierdie bybelstudie/beradingsprogram aan gebaseer op die Skrif en die belydenis, spesifiek die Heidelbergse Kategismus bybelse model van sonde, verlossing en dankbaarheid.

Mag die Here ook dit gebruik om iewers een van sy kinders te help om waarlik tot ‘n sondebesef te kom, na Christus alleen te vlug (1 Kor.6:11 wat volg op 1 Kor.6:9,10!), en dan saam met al ons anders begenadigde sondaars daagliks en ons hele lewe lank te stry teen die sonde in ‘n lewe van dankbaarheid volgens sy Gees en Woord, hoe langer hoe meer.

Laat ons ons almal walg vir ons eie sondes van die hart, van woorde en gedagtes (Jes.6:5; Luk.5:8; 1 Tim.1:15) teen ons goeie, heilige en regverdige Vader wat in die hemel is; laat ons ons nié walg vir ons Vader se goeie wil soos geopenbaar in die Skrif, of vir sy goeie Wet, of vir sy Seun en sy Woord, of vir sy dienaars of vir sy Kerk nie (Hebr.13:7):

“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.”

Ons skaam ons vir ons sondes, en nie vir die Evangelie nie, wat ‘n krag is vir elkeen wat glo – ook vir die ‘homoseksualis’ ! (Rom.1:16),

“7 Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. 8 Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God 9 wat ons gered en geroep het met ‘n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is, 10 maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie, 11 waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.” – 2 Tim.1

Hier is die HK program: Bybelstudie program

7 thoughts on “HULP VIR DIE HOMOSEKSUELE SONDAAR

Add yours

  1. Dis gaaf om te sien jy haal Dr. Rosaria Butterfield aan. Ek het in haar boek gelees dat sy betrokke geraak het by die “Reformed Presbyterian Church of North America” en dat haar man met een van die leraars daar is. Met my onlangse besoek aan die VSA kom ek toevalllig op hulle jaarlikse Algemene Sinodesitting af waar ek ‘n sendingkonferensie bygewoon het. Hulle is bekend met die GKSA en het ook Afrikaanse lidmate in hulle geledere. Hulle het ook hulle siening deur ‘n boekie die lig laat sien nl. “The Gospel & Sexual Orientation” wat saamgestel is deur Michael Lefebvre, die voorsitter van hulle “Perspectives on Sexual Orientation” kommitee.

    1. Ja, ek het ook so deur die jare meer gelees van die RPCNA. Wonder of daar al formele kontak was tussen hulle en die GKSA ? Is daardie boekie iewers aanlyn beskikbaar ?

      1. Ek het vinnig op die internet gekyk en sien toe dat die boekie wel by Amazon beskikbaar is.

Leave a Reply to proregno Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: