SIMPOSIUM – 31 JANUARIE 2017
REFORMASIE 500
GRONDTEKS EN BYBELVERKLARING
(Nota: vir enige verdere inligting en navrae oor die simposium, kontak die APA. Dankie.)
Vrae – daar is maar ‘n menigte! Nie net tussen geleerde vakkundiges word daar tydens die 500-jarige viering van die Reformasie in diepte oor die Bybel gepraat nie.
Gemeentelede wil ook vandag weet: “Watter grondteks van die Bybel is nou die regte?”
“Kan ons die verklarende aantekeninge vertrou wat deesdae in Afrikaans uitgegee word?”
“Is ons werklik beter af, as toe ons voorouers nog die Satebybel met verklarende aantekeninge gelees het?”
Die Simposium, Reformasie 500: Grondteks en Bybelverklaring, wil gemeentelede graag hieroor dien.
U word uitgenooi om te kom deelneem.
Datum: Dinsdag, 31 Januarie 2017
Tyd: 8:30 – 13:00
Plek: AP Kerk Pretoria-Oos, Glenwoodweg 48, Lynnwood Glen, PRETORIA
Aangebied deur die Fakulteit Teologie van Die Afrikaanse Protestantse Akademie NPC
Koste: Gratis
PROGRAM
8:30 – 8:45 AANKOMS
8:45 – 9:00 OPENING EN VERWELKOMING Prof. JAE (Koos) Adendorff
9:00 – 9:30 LESING 1: Luther se gedagtes oor die Bybel vir elke lidmaat. Prof. J (Johan) Bosman
9:30 – 10:30 LESING 2: ‘n Bybels-Reformatoriese model vir die grondteks van die Nuwe Testament. Prof. GDS (Gerrit) Smit
10:30 – 11:00 KOFFIE/TEE
11:00 – 12:00 LESING 3: Die Statevertaling met kantaantekeninge as Reformatoriese koersgewing. GBS wetenskaplike medewerker: Christiaan Bremmer
12:00 – 12:50 WERKSESSIE: “Voedsel vir die Siel” – ‘n vergelyking met wat
vir gemeentelede vandag beskikbaar is. AP Kerk Direkteur Kerkadministrasie
Ds. JL (Johan) Schütte
12:50 – 13:00 SAMEVATTING EN AFSLUITING GBS bestuuslid
Ds. JA (Jan) Weststrate
RSVP voor of op 24 Januarie 2017 per e-pos na info@apa.ac.za
Hier is die PDF advertensie weergawe van die simposium: APA Simposium
Leave a Reply