Wanneer verdwyn die simbole van manlikheid en vroulikheid?

“SYMBOLS OF MASS GENDER DISCRIMINATION” ?

Image result for men and women symbols at public toilets
Wanneer gaan hierdie sogenaamde “symbols of mass gender discrimination” ook in ons land begin verdwyn, of teen ‘gediskrimineer’ word, soos in die res van die wêreld al meer plaasvind, en vervang word deur hierdie een?

Featured Image

“… omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister. Terwyl hulle voorgee dat hulle wys is, het hulle dwaas geword” – Rom.1:21,22

Besef mense, ‘leraars’, kerkrade, professore, kerke, kerkverbande, ens. wat volhard in hierdie bose LGBT agenda (wat dit goedkeur en wil ‘ontsondig’) nie dat die blote feit dat hulle in hierdie agenda volhard en aanhou bevorder (ongeag al die waarskuwinge en oproepe), reeds ‘n bewys is dat die Here hul oorgegee het nie ?

Julle is nie ‘in beheer’ van die saak nie, nog minder kan enige sinode verkeerd in reg verander.

Soos iemand eenkeer gesê het: dit is erg as die Here ‘n land of beskawing oordeel, maar dit is nog erger as die mense nie eers meer besef hulle is onder die oordeel van God nie ?

So verskriklik tragies is die misleiding al, ook in ons land en baie kerke, wat sinagoges van Satan geword het (Op.2:9).

Die gevolg dan ?

Massa “gender destruction”, lees gerus die hele Rom.1:18-32 en lees weer môre die koerant of sosiale media.

Ons enigste Hoop

Alleen die Evangelie van Jesus Christus red ons as gebroke sondaarmense – mans en vrouens – van die hel van Rom.1:26-32, ook die ewige hel (Op.21:8), sodat ons denke, woorde, dade én ‘oriëntasie’ waarlik verander en aanhou verander totdat ons sonder vlek of rimpel eendag in die hiernamaals gaan wees (1 Kor.6:9-11; 2 Kor.5:17-21; Filp.3:8-17; 1 Kor.15).

Ja, om ook reeds hier en nou weer waarlik man en vrou, jongman en jongdame, jongseun en jonge dogter tot eer van God in Christus te wees, Gal.3:28,29 (sien veral ook Rom.5:1-11, maar sommer die hele boek!).

Hoekom, omdat ons so ‘oulik en sterk’ is ?

Nee, omdat Hy wat opgestaan het (sien Matt.28:6) ons verander het (regverdiging) en aanhou verander (heiligmaking), en Hy het beloof:

Kyk, Ek maak alles nuut ! – Op.22:5

Soos Paulus dit ook beskryf:

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. – 2 Kor.5:17

Maar vir hulle wat nie hul sondes wil erken nie, wat nie in berou en bekering na Hom vlug nie, nie hul gebrokenheid wil ken nie, wat in die sondes wil bly lê, kom die waarskuwende woorde:

“Maar Ek sê vir julle dat dit vir die land van Sodom verdraagliker sal wees in die oordeelsdag as vir jou.”

En die oordeel gaan nie net wees oor hulle wat geweier het om hul te bekeer van enige sonde nie, wat ook volhard in bv. die sonde van homoseksualisme nie, maar ook en veral vir hulle, die sogenaamde leraars wat sondaars mislei deur te sê:

  • God het julle so sondig gemaak, julle kan bly voortleef in jul sonde
  • julle hoef nie te bekeer en te stry teen die sonde jul lewe lank nie,
  • en die ergste: dat Jesus Christus nie my kan red van my sonde nie.

Iemand wat hierdie leuens aan mense verkondig, haat hulle, en het hul nie waarlik lief nie. “Die liefde … is bly saam met die waarheid” (1 Kor.13:6), dit is die waarheid van die hele Woord deur sy Gees, ook gedeeltes soos Rom.1:18-31 1 Kor.6:9-11; 1 Tim.1:8-15, ens.

Sien die waarskuwinge van Jesus self, teen hul wat volhard sonder berou en bekering in sonde, maar veral ook teen hulle wat ander leer (mislei) om in hul sonde te bly voortlewe, kontra Rom.6:1,2:

Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. – Matt.5:19

“Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;
27en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. … mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” – Rom.1:26,27,32

Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. – Rom.6:1-4

Maar dan is daar ook die troos vir ons wat ons wat die oorblyfsels van die sonde erken – van gedagte, daad en enige sondige ‘oriëntasie’ – en dit haat (Rom.7:14-26), en na Christus daagliks vlug, as Christus vir ons sê:

In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae. Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar. Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.” – Matt.11:25-30

_________________
Sien die verskillende artikels wat ek alreeds geskryf het oor die gay agenda, vanuit beide ‘n pastorale en teologiese oogpunt: Homoseksualisme

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: