REFORMASIE 500 FEES, 3-5 NOVEMBER 2017

REFORMASIE 500 FEES, 3-5 NOVEMBER 2017

DIAMANTVALLE LANDGOED

500 jaar gelede het Maarten Luther die wêreld verander deur sy 95 stellings teen die kerkdeur in Wittenberg te spyker. Soos wat Max Weber in sy boek uitwys het dit verreikende positiewe sosiologiese en ekonomiese gevolge gehad vir die Protestantse Noord Europa… en later ook die res van die wêreld.
Ons vier vanjaar hierdie gebeurtenis in die vorm van ‘n fees te Diamantvallei, oos van Pretoria, vanaf 3 tot 5 November 2017. Daar gaan wees:
  • ‘n Reformasie orkes en kooruitvoering
  • Vier werkswinkels
  • Toesprake/preke
  • Psalmsang
  • Kuier
  • Flieks
  • Stalletjies
Sprekers/predikers wat gaan optree sluit in : Dr Morne Diedericks (AROS), Ds S le Cornu (GK Carletonville), Dr H Breytenbach (Vrye Geref Kerk), Ds J Schutte (AP Kerk), Ds S vSchalkwyk (BCVO), Eugene Viljoen (Reformatoriese Studie Sentrum) en Prof Mare (AP Kerk Rayton).
Luister na Ds Hannes Noëth se uiteensetting: https://youtu.be/hNB5t58UqTQ

Program by Diamantvallei 3-5 November

Vrydag 3 NovemberPamflet2

14:00 Kampeerders daag op

17:45 Opening : Luther se 95 stellings en lewenslange bekering – Eugene Viljoen

18:30 Psalms samesang

18:45 Wat is die Bybelse Evangelie volgens die Reformasie – Ds S le Cornu
♦ Die Oorspronklike Bybelse Evangelie
♦ Ondergang onder die Rooms Katolieke
♦ Herstel van die Evangelie tydens die Reformasie

20:00 Filmvertoning

22:00 Afsluiting

Saterdag 4 November

08:00 Opening

09:00 – 11:00 Werkswinkel 1 & 2

Werkswinkel 1 :  ICO : Dr Morne Diedericks
Reformasie & Deformasie in Onderwys

Werkswinkel 2 : Dr J Breytenbach :
Reformasie en Interpretasie van Vaderlandse Geskiedenis

11:00 Tee / Koffie

11:30-13:30 Werkswinkel 3 & 4

Werkswinkel 3 : AP Akademie : Ds Johan Schütte
Staan ons nog by Sola en Tota Scriptura na 500 jaar

Werkswinkel 4 : BCVO : Ds Willem van Schalkwyk
Onderwys as Reformatoriese hulpmiddel

16:00 Die Reformasie van die Reformator

Die Kunstefabriek orkes en koor bied vir ons ‘n werk oor Luther se geestelike stryd wat begin in ‘n donderstorm, wat hom in ‘n klooster dryf, wat hom op ‘n Pelgrimstog stuur. Maar steeds het die man geen rus vir sy siel nie. Eers nadat hy die Skrif begin ondersoek as Priester wat sy kudde versorg, kom hy in aanraking met die Evangelie. Die ware Evangelie van God, waar jy slegs deur God se Genade gered word…

Die musiek bevat werke van Luther self, asook Bach en Mendelssohn, komponiste wat deur Luther beïnvloed is. Daar is ook nuwe toonsettings van Psalms en ander tekste. Dit beloof om ‘n aangrypende reis te wees, en ons weer bewus te maak waarom die Reformasie plaasgevind het.

18:00 Psalmskyfievertoning

20:00 Filmvertoning

22:00 Afsluiting

Sondag 5 November

09:30 Erediens : Prof Roelof Marè

10:30 Psalm Samesang

11:00 Afsluiting

12:00 Gemeenskaplike ete.
Elkeen bring koue vleis en slaai. Ons geniet dan die gemeeskap van die gelowiges deur saam te eet.


Daar sal stalletjies wees vir :

  • Uitstallings van boeke en ander nuttige items
  • Kos en versnapperings

Registreer ‘n stalletjie by https://reformasie500.wordpress.com/stalletjie-registrasie/.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: