Boekbekendstelling: Regverdiging en die gevolge daarvan, deur Friedrich de Wet

BOEKBEKENDSTELLING

Regverdiging en die gevolge daarvan

deur Friedrich de Wet* 

Inleiding

Ek plaas graag Friedrich de Wet se nuwe boek hier, omdat dit so belangrike onderwerp is vir ons hele geloofslewe, van begin tot einde, vir ons regverdiging en heiligmaking, tot verheerliking.

Soos die skrywer dit stel in die voorwoord:

“Martin Luther het gesê dat die leerstelling van regverdigmaking deur die geloof die artikel is wat bepaal of die kerk besig is om te staan of besig is om te val.1 Deurdat hierdie leerstelling weer in die Skrif ontdek is, na dit vir etlike jare deur die Rooms Katolieke kerk bedek is, het daar lewe in die kerk gekom. Dit is in hierdie leerstelling waar die evangelie duidelik straal. Soveel so dat wanneer Paulus die rede gee waarom die evangelie God se krag tot redding is, sê hy: “Want die geregtigheid van God [regverdigmaking] word daarin [die evangelie] geopenbaar uit geloof tot geloof.”2

Wanneer die krag van God tot redding uit die kerk uitgehaal word, moet ons ook nie verwag om te sien dat mense se lewens verander om aan God eer te bring nie. So ‘n kerk sal eerder weer gefokus raak om te roem in die goedheid van die mens as in God. So ‘n kerk is besig om te val. Net so is dit ook vir elke individuele gelowige: Neem regverdigmaking as fondasie weg en die persoon stort terneer in ‘n hopelose puin. Om ‘n geloofslewe sonder regverdigmaking te probeer bou, is soos om in dryfsand te spartel; net ‘n vaste fondasie sal vordering moontlik maak.

Hierdie leerstelling was duidelik vir Martin Luther van onskatbare belang. Regverdigmaking deur die geloof moet egter ook vir elke gelowige van onskatbare belang wees. Eintlik is dit tot so ‘n mate van belang dat wanneer die inhoud van hierdie leerstelling nie bekend is nie, daar selfs twyfel kan wees of mens werklik ‘n gelowige in die eerste plek is.3 As regverdigmaking deur die geloof verlore is in die Christen se lewe, is die evangelie verlore. Daar is nie ‘n ander evangelie as dit nie.4 Dit is juis regverdigmaking wat die diepste verlange van die sonde-belaste hart bevredig.5 Hierin alleen lê die gronde vir ons hoop.

Hier is die inhoudopgawe: 

Inhoudsopgawe

1. Regverdiging vir regverdigmaking 
Leerstellings is belangrik
Leerstellings help om God beter lief te hê
Leerstellings help om jou naaste meer soos jouself lief te hê
Leerstellings bewaar van dwaling
Werkswyse

2. Basiese konteks van Romeine 
Romeine is God se woord
Die menslike skrywer
Die tyd van skrywe
Die ontvangers
Die doel
Die tema
Basiese oorsig
Die oorgang in argument
Die kosbare oorsaak en wonderlike gevolg

Deel A: Regverdigmaking 
3. ‘n Definisie vir regverdigmaking 
Regverdigmaking is ‘n forensiese deklarasie
Regverdigmaking is vir sondaars
Regverdigmaking is genade
Regverdigmaking is in Jesus se werk
Regverdigmaking is dubbele toerekening
Regverdigmaking is deur geloof alleen
Regverdigmaking is tot God se eer alleen

4. Skrif bewys regverdigmaking 
Regverdigmaking is ‘n Forensiese deklarasie
Die hof situasie
Die Regter en sy karakter
Die standaard
Die uitspraak
Regverdigmaking is vir sondaars
Regverdigmaking is genade
Regverdigmaking is in Jesus se werk
Regverdigmaking is dubbele toerekening
Regverdigmaking is deur geloof alleen
Regverdigmaking is tot God se eer alleen

Deel B: Hoop 
5. Die gevolge van regverdigmaking 
Die inhoud van die hoop
Die belewenis van die hoop
Die sekerheid van die hoop

6. Roem in God 
Appendix A: Jakobus 2:14-26 
Ware sekerheid van saligheid
Die nutteloosheid van ‘n sê-so-geloof
Die dwaasheid van ‘n sê-so-geloof
‘n Ware geloof en sekerheid van saligheid
Kontak die skrywer

Gebruik gerus hierdie boek vir bemoedigende troos van ons redding wat uit genade, deur die geloof alleen is in Christus se geregtigheid alleen (NGB artikel 22 en 23). Dit kan ook handig by bybelstudies en besprekings gebruik word, ook vir voorbereiding vir belydenis van geloof.

Die boek kan hier afgelaai word: Regverdigmaking en die gevolge daarvan

Die skrywer verwelkom enige terugvoer by: fwdewetjr@gmail.com

__________________________

*Meer oor die skrywer 

Friedrich de Wet bely die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls omdat dit in ooreenstem met die Skrif. Hy het ‘n honneursgraad in Grieks behaal en is besig met verdere studies vir ‘n meestersgraad in Grieks vanuit Romeine 6:1-14. Tans werk hy by AROS as ‘n dosent in Bybelkunde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: