Preek: Die heilige doop wys ons op Christus se reddingswerk (1 Petrus 3:21; HK Sondag 26)

Preek: Die heilige doop wys ons op Christus se reddingswerk

Lees: 1 Petrus 1:1-2; 3:8-22

Teksverse: “wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is; waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ‘n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus.” – 1 Petrus 3: 20, 21.

HK Sondag 26

Vraag 69: Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat die enige offer van Christus aan die kruis jou ten goede kom?

Antwoord: So: Christus het die uitwendige waterbad ingestel1. Daarby het Hy beloof2 dat ek net so seker met sy bloed en Gees van die onreinheid van my siel, dit is, van al my sondes, gewas is3 as wat ek uitwendig met die water gewas is, wat die vuilheid van die liggaam wegneem.

Skriffundering

  1. Matteus 28:19
  2. Matteus 3:11; Matteus 28:19; Markus 16:16; Johannes 1:33; Handelinge 2:38; Romeine 6:3-4
  3. Lukas 3:3; Markus 1:4; 1 Petrus 3:21

Vraag 70: Wat beteken dit om met die bloed en Gees van Christus gewas te wees?

Antwoord: Dit beteken om van God vergewing van sonde uit genade te ontvang ter wille van die bloed van Christus wat Hy in sy offer aan die kruis vir ons gestort het. 1 Verder, om deur die Heilige Gees vernuwe en as lede van Christus geheilig te wees sodat ons die sonde hoe langer hoe meer afsterwe en godvresend en onbesproke lewe2

Skriffundering

  1. Esegiël 36:25; Sagaria 13:1; Hebreërs 12:24; 1 Petrus 1:2; Openbaring 1:5; Openbaring 7:14
  2. Esegiël 36:26-27; Johannes 1:33; Johannes 3:5; Romeine 6:4; 1 Korintiërs 6:11; 1 Korintiërs 12:13; Kolossense 2:11-12

Vraag 71: Waar het Christus ons belowe dat Hy ons net so seker met sy bloed en Gees wil was as wat ons met die doopwater gewas word?

Antwoord: Met die instelling van die doop wat soos volg lui: “Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees…” 1; en: “Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word”2. Hierdie belofte word ook herhaal waar die Skrif die doop die bad van die wedergeboorte en die afwassing van die sondes noem3.

Skriffundering

  1. Matteus 28:19
  2. Markus 16:16
  3. Handelinge 22:16; Titus 3:5

Preekopname (GK Carletonville, 2018-09-09):

Aflaai: 1 Petrus 3:20, 21 (regs kliek en ‘save [link] as’; of kliek op 3 kolletjies om af te laai)

Geliefde gemeente van die Here,

Petrus skryf sy briewe aan gelowiges wat verstrooid is,

deur die destydse wêreld, weens hul geloof (1 Pe. 1:1,2).

Hy bemoedig en vermaan hul om in die ware geloof te bly.

Om staande te bly midde ‘n wêreld van verval en afval.

Hulle moet hul oog hou op die werklikheid van beide:

die Here genadige redding, en

sy regverdige oordeel,

wat regdeur die geskiedenis plaasvind, tot en met eindoordeel.

En as deel van sy bemoediging, verwys Hy ook na die Here

se reddende én oordeelswerk, in die dae van Noag.

Verse 18-22, toe die Here daar, aan die eenkant, slegs 8 gered het,

maar die res regverdig geoordeel het.

Petrus gebruik die woord dat die kinders van die Here,

baiemaal ‘weinig’ is, net 8 in die ark, gered van die wêreldvloed.

En die massas was buite die ark.

En so het die Here se reddingsplan voortgegaan,

ook sy oordeelsplan.

Nou wil Petrus hê sy aanhoorders, ook ons, die kerk,

moet dit raaksien, die Here is besig, deur al die eeue,

al is ons baiemaal klein, nietig, ‘weinig’…

En omdat ons so klein en swak baiemaal is, selfs as gelowiges,

het ons versterking, bemoediging, troos, sekerheid so nodig.

Ja, bemoediging deur die Evangelie self, die Woord, sy beloftes.

Maar die Here gee ons ook die sakramente van die doop en die nagmaal

om ons te versterk (sien ook die woorde van NGB art. 33).

In die woorde van v/a 69, as tekens en seels, wil die doop ons WYS en VERSEKER van “die enige offer van Christus aan die kruis JOU TEN GOEDE”

Dat die doop ’n teken is, beeld, prentjie, heenwysing na wat Christus vir ons gedoen het, lees ons daar in v. 20, 21 van ons teks.

“waarvan die teëbeeld, diee doop, ons nou ook red … deur die opstanding van Jesus Christus.”

Daardie woord teëbeeld, moet verstaan word as iets wat wys na iets anders,

korrespondeer met iets anders, kopie, vooruitwysing na … iets anders,

‘n groter en belangriker werklikheid.

Petrus leer hier, dat die gebeure van die sondvloed, die redding deur die ark,

’n prent was van ons doop, en dan moet met doop hier verstaan word,

die inhoud of waarna die doop wys, Jesus Christus, v. 21

Die doophandeling self, die water self red nie ons liggame wat vuil is

deur die sonde nie,

maar dit is deur die opstanding van Christus,

dit is deur wat ons gelees het in vers 18 …..

Christus, sy Gees, sy bloed wat ons gered word:

“Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring—Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees.”

Dit is die Here wat Noag en sy gesin gered het,

deur die water, die ark wat bo op gedryf het,

dieselfde water wat goddelose veroordeel het.

Maar die werklikheid waarna die water, die doophandeling wys,

is die HERE self wat ons red, Christus deur die Gees alleen.

Petrus beskryf dit met die woorde daar in vers 21,

na die negatiewe wat hy stel,

gebruik Hy een positiewe, om te wys op wat die redding van Christus

bewerkstellig, nl.

“ n bede tot ’n goeie gewete”,

d.w.s. dat ek vergifnis van sonde ontvang, vrede het by God,

dat daar geen meer veroordeling is nie, wat ek deur die geloof alleen ontvang.

Hoekom nie?

WANT CHRISTUS RED MY EN REINIG MY MET SY KOSBARE BLOED

VAN ALLE SONDES.

DIT IS WAARNA DIE DOOP HANDELING,

DIE RITUELE DOOP WYS: die werklikheid van die ‘Geestelike doop’.

Ons moet daarom die belangrike onderskeid handhaaf,

wat ons reeds by die preek volgens HK Sondag 25 (Matt. 3:11) se tema,

vanuit die Skrif gehoor het, nl.

tussen rituele doop … die handeling,

met water in die Naam van God Drie-enig (Matt. 28:19; sien antw. 71),

en die geestelike of wesentlike doop self,

ons redding in en deur Christus, deur die Gees.

En v/a 70 verduidelik dit vir ons pragtig:

– Die bloed en Gees van Christus was ons skoon, dit is die ware wesentlike doop

– en die beeld of teken daarvan, is die rituele doop, waar water ons liggame was, as beeld van hoe Christus se bloed ons van ons sonde reinig en was.

 

Nou geliefdes, in die debatte oor kinderdoop,

of kinders van gelowiges gedoop mag word,

is daar die baptiste, of baie van hulle wat sal redeneer,

die woord ‘doop’ beteken altyd ‘onderdompeling’,

en daarom is dit duidelik dat babas nie gedoop kan word nie.

Die kinderdoop is dus geen ware doop nie,

omdat die ‘doophandeling’ of ‘metode’ verkeerd was.

En daarom moet jy daarom “weer” gedoop word,

of in hul woorde, die eerste keer ‘werklik’ gedoop word.

Ander meen ook dat ‘onderdompeling’ beteken,

juis totale oorgawe aan die Here, en om heeltemal aan Hom te behoort,

moet jy heeltemal ‘onderdompel’ word.

Nou net kort opmerkings daaroor (sien die volgende bron vir meer daaroor: Meaning and Mode of Baptism, Jay Adams; Julle Doop mos verkeerd, dr. Nigel Lee).

1 Die woord doop beteken nie in alle gevalle net onderdompel nie,

dit kan ook uitgieting of besprinkeling beteken, afhangende van elke konteks

in die Skrif.

2 Die heel belangrikste aspek van doop, is dat ons ge-identifiseer word, verenig is met Christus, en al sy weldade, dood, opstandig, ens.  En dat dit ons reiniging, wassing, skoonmaak is, die wese is nie die presiese wyse van ‘hoe’ ons gedoop word nie. So die fokus gaan verlore in baie debatte oor die wyse van doop.

3 Twee tekste:

Mark. 7:3,4 word die woord doop gebruik om te wys op die wasing van hande, dit is slegs hande wat gewas word wat seremonieel wys op totale reining, jy hoef dus nie heeltemal te bad of onderdompel te wees om rein te wees nie.  Implikasie: besprenkeling kan ook dui op algehele reinining.

In 1 Kor. 10:2, verwys Paulus na die deurtog deur die Rietsee, na die verlossing

uit Egipte, en dan skryf hy “almal is in Moses gedoop in die wolk en in die see”

En tog het hul deur droë grond deurgetrek, as’t ware besprinkel, nie onderdompel nie, …. en die Egiptenare is heeltemal ge ‘onderdompel’?

Dit wys, die woord ‘doop’ gaan wesentlik oor ‘in Christus wees’, identifikasie, vereniging met Hom en al sy werke (Rom. 6:3,4), en nie die presiese wyse of metode van die doop handelinge nie.

4. En dan in ons teks self, Noag en sy gesin is deur water gered,

maar nie deur onderdompeling, verdrinking nie, maar bo op die water,

amper meer van ‘n besprinkeling soos die water om hul was.

Die veroordeelde wêreld is ge-onderdompel !

Ja, dit gaan daarom oor of jy deur wedergeboorte, deur die geloof,

in Christus ingeplant, ge-identifiseer, verenig is met Christus,

op grond van die kosbare boeld van Christus,

sy reinigingswerk deur die Gees.

Kyk hoe stel Petrus dit reg in die begin, van sy brief:

PETRUS, ’n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië,  2 uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader, in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: (1 Pet. 1:1-2 A53)

En baie belangrik, sien raak dat die doop wys op beide ons regverdiging

en ons heligmaking in die Here, sy dood en opstanding, afsterwe van die ou mens, en die nuwe mens,

Soos ons ook bely daar in antwoord oor die belofte van die doop wat ons hoor,

by elke doop, klein of groot, die doop is ´n teken van

die bad van die wedergeboorte, Tit. 3:5 en afwassing van die sonde, Hand. 22;16 (antwoord 71, HK So. 26),

wanneer ookal dit realiseer in elke uitverkorene se lewe, klein of groot, jonk of oud.

 

Laastens, moet ons ook sien, dat die bediening van die doopteken,

soos die bediening van die Evangelie,

’n tweesnydende swaard is.

Ja, dieselde water wat Noag en sy gesin gered het,

het die ongelowiges en goddeloses regverdig veroordeel.

DAAROM IS DIT SO BELANGRIK, om nie bloot maar net die tekens te ontvang nie,

maar dit in geloof te ontvang, en ons hele lewe lank daarmee te werk,

in ’n lewe van bekering, groei in geloof, heiligmaking, ens.

Om ons kinders die betekenis van die doop te leer,

te vermaan tot ’n nuwe gehoorsaamheid.

Mag die tekens en die innerlike werklikheid,

by ons almal genadiglik saamval, deur sy genade.

Want ook in ons belydenis, hoor ons die waarskuwing:

“Verder, hoewel die sakramente én die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie12. Die goddelose ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sakrament nie. So het Judas en Simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie Christus, wat daardeur voorgestel word nie13; Hý word slegs aan die gelowiges gegee.” (NGB artikel 35) 

Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: