HK Nagmaalpreek: Die sakramente getuig van die sekerheid van Christus en al sy weldade, vir sy kinders
Lees: Matteus 3:1-12; en HK Sondag 25
Fokusverse: “Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur. (Matt. 3:11 A53) ” – Matteus 3:11
HK Sondag 25:
Vraag: Wat is sakramente?
Antwoord: Dit is heilige, sigbare tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël. Hierdie belofte is dat God vanweë die enige offer van Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade skenk1.
Skriffundering
- Genesis 17:11; Levitikus 6:25; Deuteronomium 30:6; Jesaja 6:6-7; Jesaja 54:9; Esegiël 20:12; Romeine 4:11; Hebreërs 9:7-9; Hebreërs 9:24
Vraag 67: Is die Woord en die sakramente albei daarvoor bestem om ons geloof op die offer van Christus wat aan die kruis as die enigste grond van ons saligheid te wys?
Antwoord: Ja, seker, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volle saligheid op die enige offer van Christus rus, wat aan die kruis vir ons volbring is1
Skriffundering
- Romeine 6:3; Galasiërs 3:27
Vraag 68: Hoeveel sakramente het Christus in die Nuwe Verbond of Testament ingestel?
Antwoord: Twee, naamlik die heilige doop en die heilige nagmaal.
Preekopname (GK Carletonville, 2018-08-26):
Aflaai: Matteus 3:11 (regs kliek en ‘save [link] as’; of kliek op 3 kolletjies om af te laai)
Preeknotas (let wel, dit is net notas, die volledige preek is die opname hierbo):
Geliefde nagmaalgangers in ons Here Jesus Christus,
Inleiding: (voorbeeld: ontvang ‘n geskenk – maar mis die inhoud?)
Ons hemelse Vader, het in sy liefde en goedheid,
vir ons 2 sakramente in die Nuwe Verbond, oftewel NT gegee:
die heilige doop en die heilige nagmaal,
waarvan ons laasgenoemde ons vanoggend saam mag vier,
en as die Here wil, in die nabye toekoms,
die heilig doop bedien gaan word hier in ons gemeente, DV.
In die woorde van NGB art. 33, het Hy die sakramente vir ons ingestel
“… om sy beloftes aan ons te beseël,
om tekens van sy goedheid en genade teenoor ons te wees,
en om ons geloof te voed en in stand te hou.”
Die sakramente wil dus ons vertroos, versterk en verseker,
van wat ons Vader vir ons gedoen het, in en deur Jesus Christus.
En tog, was daar deur die eeue baie dwalinge,
en baie verdeeldheid, selfs kerkskeuring oor die sakramente.
Luther kon nie saamstem met Zwingli en later Calvyn oor die nagmaal nie,
daarom aparte kerke en kerkverbande.
So ook wat die doop betref, daar is gelowiges wat alleen groot doop, oftewel
belydenisdoop doen, en ander, soos ons wat glo in beide die kinderdoop en
die belydenis oftewel die groot doop.
Alle verkeerde sieninge of dwalinge oor die sakramente,
gaan egter oor twee uiterstes, nl.
of die oorwaardering/oorbeklemtoning, of die onderwaardering/onderbeklemtoning van die sakramente.
Hulle wat dit oorwaardeer, maak van die sakramente, die doel opsigself,
asof deur bloot – hetsy of dit die OT se sakramente van besnydenis of pasga was,
en of dit NT die doop en nagmaal is, deur dit bloot te ontvang uiterlik of uiterlik daaraan deel te neem …
is gelyk aan die saligheid self,
asof daar in die uiterlike teken ’n magiese of mistiese krag is wat self die geloof werk.
In die onderwaardering, is daar weer ’n roekelose omgaan met die belangrikheid van die plek van die sakramente.
‘Ek glo mos, ons het die Woord, Gees’ wat natuurlik waar is,
maar dan die verkeerde afleiding:
‘daarom het ons die kerk, die sakramente nie eintlik nodig nie.’
Nee, word soms geredeneer:
‘tekens en seëls ontvang’ is vir ongelowiges, nie vir gelowiges nie.
Het dit nie nodig nie.
Hierdie gesindheid kry mens weer in perfeksionistiese sektiese kringe,
of die kerklos of kerlose geslag:
‘Ek het nie die versterking van die van die sakramente nodig nie ….’
Nou geliefdes, beide hierdie sienings en dwalings vind plaas,
omdat die sakramente nie verstaan word soos die Skrif dit leer nie.
Ook omdat daar nie ‘n duidelik onderskeid gemaak word tussen die teken en seël self,
en die inhoud, die betekenis daarvan waarna dit alles heenwys nie.
Die doel en wese van die sakramente, is dit wat dit na wys, en dit is, in die woorde van antw. 65 van die HK,
“CHRISTUS EN AL SY WELDADE”
Dit alleen, of Christus alleen, red, bely antw. 65, nl. die Heilige Gees wat deur die Woord, die evangelie die redding bewerk, en die sakramente versterk daardie geloof.
Dus, geen redding bloot deur sakramente uiterlik te gebruik nie, maar ook,
die belangrikheid, om tot versterking, voeding, troos en sekerheid van ons geloof, wel die sakramente te gebruik.
Hierdie belangrike onderskeid om die sakramente reg te verstaan,
word vir ons in beginsel geleer in ons teksgedeelte, daar in Matteus 3:
Die Fariseërs en Sadduseërs kom na Johannes die Doper.
Hul meen – soos ons uit die res van die NT leer – vir ons tema,
“ons het mos die tekens van die verbond ontvang,
die besnydenis en die pasga,
ons is mos daarom outomaties daardeur kinders van Abraham,
kinders van die verbond,
daarom ook – by imlikasie – geregtig op die doop
die NT teken van die Here se verbond.”
En dan antwoord Johannes, deur die Heilige Gees,
veral soos saamgevat in Matt. 3:11,
Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Vers 11a, Johannes doop met die uiterlike teken van water, dit red nie ’n mens opsigself nie.
So was dit in die OT, jy is nie deur die uiterlike handeling van die besnydenis gered nie, en so is dit ook nie in die NT met die uiterlike handeling van die doop nie, jy word nie daardeur gered nie.
Maar, uiterlike handelinge, die sakramente, moes wel bedien word, in beide gevalle, God het dit so verorden, en beveel.
Maar waar is die ware redding, die troos, die saligheid van die doop?
Vers 11b:: Hy wat na my kom … Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Daar is dit geliefdes, dit is wat die HERE se verbondstekens … beteken.
Dit wys, dit gryp na die Vader se reddingswerk in Christus, deur die kragvolle werking van die Heilige Gees!
Daar, regdeur die OT, die wet, skadus, verbonde, profesieë, tempel, offers, maar dan ook die sakramente van die besnydenis en die pasga,
het dit alles gewys, en sy betekenis gevind in “Hy wat sou kom”:
Jesus Christus en al sy weldade, vir al sy kinders,
klein en groot, deur alle eeue, deur alle bedelings en tye,.
Dit is en was altyd ’n hartsaak daarom, waarop die tekens wys, soos ons daar bely
in antw. 65, “Die Heilige Gees werk dit in ons harte’ deur die Woord,
waarvan die sakramente uiterlik van getuig, wys, en ’n teken is:
– die besnydenis van die voorhuid, wat wys op die harte wat besny en gereinig moet word deur die bloed van Jesus wat sou kom (Deut. 10:16; 30:6)
– die doop met water, wat wys op die harte wat gewas en gereinig moet word deur die bloed van Christus (1 Petr. 3:21).
En hierdie belofte van die sekerheid van redding moet aan ons bedien word,
Ja, dit word vandag aan ons weer bedien.
In die woorde van die belydenis daar antw. 66.
Dit is heilige, sigbare tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik daarvan die belofte van die evangelie nog beter te laat verstaan en dit te beseël. Hierdie belofte is dat God vanweë die enige offer van Christus wat aan die kruis volbring is, vergewing van die sondes en die ewige lewe uit genade skenk1.
En geliefdes,
hierdie redding, hierdie belofte van die vergewing van sondes,
en die ewige lewe, ontvang ons deur die weg van die geloof, bekering, nie ons werke nie.
Daarom, gaan saam met die ontvang van die sakramente,
hetsy of dit die doop is, of dit nie nagmaal is,
’n liefdevolle vermaning, ’n oproep tot geloof en ’n lewe volgens sy Woord.
Dit is nie ek is eenmaal gedoop, of eenmaal nagmaal gebruik
En nou is ek perfek en volmaak,
en het nie nodig om vanuit die Woord,
en die betekenis van die sakramente
opgeroep te word tot ’n lewe van dankbaarheid en bekering nie
Nee !
Ons teks wys dit was juis die sonde van die Fariseërs en die Sadduseërs in Jesus se tyd:
‘Ons is mos in die volk/kerk, ons het tekens van die verbond ontvang
(vandag: is mos gedoop, klein of groot; is in kerk, nagmaal)
Daarom, het ek nie meer bekering nodig nie.
Maar Johannes, die Gees roep op, oor die ware aard van die sakramente,
waartoe dit ons nie net eenmalig oproep nie,
maar ons lewe lank:
“Dra dan vrugte wat by die bekering pas!” v. 8
Bely sondes as ons die sakramente ontvang, v. 6
En daarom is daar ook vir ons ’n waarskuwing,
almal in die sigbare kerk moet dit hoor, ook in die NT bedeling:
God se kinders word bepaal deur sy vrye welbehae,
nie ons wat die doop of nagmaal uiterlik as mense bedien nie.
Daarom Johannes se woorde in v. 9,
waarin Hy die vrye almal en welbehae van God bely in die uitverkiesing van sy kinders, wie Hy wil, wanneer Hy wil, hoe oud of jonk!,
“En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.”
God self, Christus, die Heilige Gees skep kinders,
Die doop en nagmaal handelinge doen dit nie,
maar dit getuig wel daarvan:
Die Vader se reddingswerk in Christus, deur die krag van die Heilige Gees!
Hoor u kind van God,
Hierdie so belangrike onderskeid vanoggend wat die Skrif ons leer.
Dit is tot ons troos én vermaning,
want, sê Johannes, v.10-12.
Hulle wat nie die vrug dra nie,
van dit wat die tekens van die verbond op wys nie,
wat wel die bediening ontvang het,
sal uitgekap en geoordeel word.
Maar, hulle wat werklik, van harte, deur die geloof,
die inhoud van hul doop,
die ware betekenis van die nagmaal,,
Christus en al sy weldade, omhels,
sal nooit maar nooit verlore gaan nie,
Hulle is die uitverkorenes, jonk en oud,
hulle is die wat ons van gesing het in Ps. 24:3,
Dit is die ware Israel,
die volk wat vra na Gods bestel,
en wat Hom dan soek, in al hul gebede
Kom daarom na die Here se tafel,
gedenk en glo wat God in Christus vir ons gedoen het,
en dra dan vrugte wat by die bekeringslewe pas,
elke dag, tot die laaste dag.
… Amen.