Pro Regno Radio (PRR): Episode 5: Die wortels van ons Christelike Republikeinse Verset- en Vryheidstryd (deel 5)
PR Radio episode 1: Inleiding en agtergrond van PRR & Inleiding op die eerste onderwerp
Episode lys: PR Radio
Inhoud van Episode 5: Daar word in die voorlees en bespreking van dr. GD Scholtz se hoofstuk (‘Die wortels van ons republikeinse beginsels’) in die boek ‘Die Republiek van Suid-Afrika’, in hierdie episode na die volgende saak gekyk ((bl. 26-31):
Die versetstryd van die Patriote aan die Kaap tot en met 1806
Die opname kan hier geluister word:
Aflaai: PR Radio Episode 5
Aanhaling:
“Met die tweede koms van die Britte in 1806 het hulle ook hul vasbeslotenheid te kenne gegee dat die Kaap nie weer na Nederland sou terugkeer nie. Hulle het dan ook binne enkele jare begin met allerlei maatreëls om die kolonie en sy inwoners heeltemal te angliseer. Die bestuursinstellings is almal na die Britse voorbeeld verander. Die Engelse taal alleen sou deur die owerheid gebesig word. Op skool sou die kinders slegs Engels leer en selfs vir die kerk is Skotse leraars ingevoer.
Teen al hierdie veranderings het daarvan Afrikaanse kant wel verset gekom, maar veel uitwerking het dit nie gehad nie. Politiek was die Afrikaners nog geensins georganiseerd nie. Die teenstand sou mettertyd verflou en daarmee het dit soms wel gelyk of die Britse owerheid sy doel sou bereik.
Hierdie verwagting sou nie verwesenlik word nie. Die saak wat die sterkste teenkanting van die Afrikaners uitgelok het, was ongetwyfeld die rassebeleid van die Britse owerheid. Die meeste is die gevolge daarvan nog deur die Afrikaners in die oostelike dele van die Kaapkolonie gevoel. Daar het die driehoek van Bantoe, Boer en Brit hom baie duidelik afgeteken. Die Britse beleid was om die Bantoe met allerlei sagte metodes te paai ten einde hul strooptogte te laat vaar. ‘n Hoogtepunt is hiermee in 1835 na die soveelste oorlog bereik. Dit was hierdie manier van optrede wat in 1836 en 1837 soveel duisende Afrikaners laat besluit het dat daar vir hulle onder die Britse bestuur nie meer veiligheid was nie. Daarom het hulle besluit om te trek tot ten noorde van die Oranjerivier en om daar hul eie staat te Stig. Dat hierdie staat dan ‘n republikeinse bestuur sou hê, was vir hulle iets vanselfsprekends. so was dit die Voortrekkers wat die republikeinse gedagte laat herlewe het.” (GD Scholtz, bl. 30,31)
PDF weergawe van dr. GD Scholtz se artikel: Die wortels van ons Republikeinse Beginsels
Leave a Reply