TEEN DESMOND TUTU SE VALSE EVANGELIE – DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS!

TEEN DESMOND TUTU SE VALSE EVANGELIE – DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS!

Want wat sal dit ’n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly? Of wat sal ’n mens gee as losprys vir sy siel? Want elkeen wat hom vir My en my woorde skaam in hierdie owerspelige en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom in die heerlikheid van sy Vader met die heilige engele.” (Markus 8:36–38)

Inleiding

Desmond Tutu is vandag, 26 Desember 2021, oorlede. Daar sal genoeg lofsange die volgende paar weke in die hoofstroom media volg. Sien hier ‘n oorsig van alles wat hy gedoen en bereik het in sy 90 jaar lewe, en al die medaljes, trofees, eredoktersgrade, erkennings, ens., wat hy ontvang het.

Maar, hoe moet die gelowige sy bydrae in hierdie wêreld beoordeel?

Ons kan allerlei persoonlike en sosio-politiese maatstawwe aanlê, wat reg of verkeerd kan wees, maar bo-alles moet ons dit wat hy geglo, gesê en geleer het toets aan die onfeilbare Woord (Joh. 17:17; Hand. 17:11), veral omdat hy ‘n kerkmens was wat gemeen het hy is deel van die Christelike geloof.

Ek het in 2010 reeds ‘n resensie geskryf oor ‘n ‘boek’ wat Tutu uitgebring het, waarin ek ‘n wesentlike paar dwalinge uitwys, ook met verwysing na ‘n paar uitsprake wat hy gemaak het.

Volgens my kennis het hy nie enige van die standpunte wat hier onder vermeld word of aan sy boek gekoppel is, later in sy lewe tot sy afsterwe, verander of hom daarvan bekeer nie. As hy dit wel gedoen het, en u is bewus van bewyse daarvan, is u welkom om my in te lig, ek sal wel veranderinge aanbring indien die bewyse getuig van ‘n ware hartgrondige bekering volgens die Woord, by Desmond Tutu.

Hier is my resensie, met hier en daar ‘n byvoeging (let wel: van die skakels werk ongelukkig nie meer nie, gaan kyk by Amazon en Zondervan vir nuwe skakels):

TUTU SE CHILDREN OF GOD

‘n Paar voorlopige opmerkings oor sy boek, Children of God Storybook Bible

Inleidend

‘n Mens doen seker nie ‘n resensie van ‘n boek nog voordat die boek verskyn het nie. Maar, aangesien die propaganda en indoktrinering om hierdie boek te koop al reeds begin het, sonder dat dit al verskyn het (eers einde Julie 2010), kan ‘n paar opmerkings reeds daaroor gemaak word.

Die webblad van die boek en die ‘teologie’ van die skrywer gee reeds genoegsame redes om teen die boek te begin waarsku, maar ek kan nie waarborg dat dit nie die nr.1 topverkoper plek orals, insluitende by jou naaste ‘Christelike boekhandelaar’ gaan behaal nie. Op die webblad word die boek ge-adverteer onder die slagspreuk ‘the biggest children bible project ever’, dit is reeds in 12 tale vertaal (ongelukkig Afrikaans ook) en ‘n groot uitgewer van oorsee, Zondervan, het al ‘n bestelling van 60 000 ingesit.  Ja, die tille rol.

Die boek se naam is, ‘Children of God Storybook Bible’, soos vertel deur Desmond Tutu, gewese aartsbiskop van Kaapstad.  Die biskop was ook die eerste persoon wat dit reg gekry het om die Nobelprys vir Vrede (1984) te wen vir ‘n land met die minste vrede…..

Dit is nie duidelik of die biskop al die skryfwerk en vertelwerk gedoen het nie, en of sy berugte naam en stem net gebruik word nie?  Hoe dit ookal sy, ons sal die uitgewer op sy woord vat.

Die Beeld het die boek hier ge-adverteer (1 Julie 2010):

http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Tutu-se-kinderbybel-behels-n-denkskuif-20100630

Hier is die boek se webtuiste, wat heelwat inligting gee oor die aard en doel van die boek, met pragtige illustrasies wat jou laat terug verlang nou al die vader Kersfees dae:

http://www.luxverbi-bm.com/storybook-bible

Let veral op al die skrywer/vertel se (politieke) ‘kwalifikasies’ om so ‘n boek te skryf, hier:

http://www.luxverbi-bm.com/content/biography-desmond-tutu

Volgens die boek se webblad-inligting, sien veral die volgende 4 uitstaande kenmerke van hierdie boek:

1 Almal is kinders van God (kontra die Bybel wat leer alleen hulle wat Jesus Christus aangeneem het en in Hom glo onder alle volke en nasies deur die eeue, is kinders van God):

“This Bible (sic … oftewel: siek) will emphasise that all people on this planet are members of the same family, embodying the “rainbow character” of the Kingdom of God. One of Desmond Tutu’s major theological themes over the years has indeed been that God is the God of all nations and all people. … The illustrations convey the message that God is the God for all people, and the King of the entire universe.”

Opmerking: Ja, die Drie-enige God van die Bybel is Skepper en Koning oor die ganse Kosmos, of mense en volke dit wil erken of nie (Ps. 2; Op.11:15), en, ja, in die eerste Adam is ons almal familie (Hand.17:26), maar, belangrik, in die tweede Adam (Jesus Christus) is alle mense nie deel van die geloofsfamilie nie, is almal nie outomaties ‘familie van God’ nie, en kan alleen deel daarvan word as dit aan hul genadiglik geskenk word deur die geloof in Jesus Christus (Joh.1:12,13; Ef.2:8-10).

Die ware Evangelie van verlossing in Christus, dat Christus gekom het om sondaars te red (1 Tim.1:15), deur te ly, te sterwe aan die kruis, op te staan uit die dode en op te vaar na die hemel (1 Kor.15), het ek nog nooit gehoor uit Tutu se mond of skrywes nie,  en nog minder dat elke mens nou opgeroep word om hom te bekeer van sonde (ook van valse godsdienste en selfverlossingsidees deur ons eie goedheid) en ongehoorsaamheid (ook homoseksualiteit en aborsie-moord) (Hand.17:3), in lyn met 1 Kor.6:9-11 (wat beskryf wie sal en wie sal nié die koninkryk van God be-erwe nie).

Ek sal daarom ook nie verbaas wees as Tutu beide die eerste Adam as historiese mens (en saam met dit die historisiteit van Genesis 1-11), en Jesus as tweede Adam as volkome mens én volkome God, ontken nie.

2 ‘n Valse teenstelling en verbreking van die eenheid tussen die ware Christelike leer én Christelike lewe [kontra wat ons leer uit die Skrif dat die ware gesonde leer van ons Here Jesus Christus (1 Tim.6:3) lei tot ‘n Christelike lewe tot Sy eer (1 Tim.6:11,12), volgens Sy Woord, deur die krag van die Heilige Gees, en nie gegrond op ons eie menslike sondige idees en standaarde nie, Joh.14:15; Rom.13:8-10; 1 Tim.4:16 (leer én lewe)]: 

“The concept for this Children’s Bible is unique because the stories are not merely a traditional retelling of the Bible stories, as in most Children’s Bibles. The content focuses on the educational methodology of Christianity as a way of life, not a system of belief – with a text that is gender-friendly, ethnically inclusive and culturally sensitive.”

Die Beeld artikel verwoord dit as volg: “Die meeste kinderbybelboeke het tot op hede met feitelike kennis gewerk. Geloof by kinders het dus oor kennis van die Bybel gegaan. Pienaar sê Tutu beklemtoon egter in sy hervertellings van 56 Bybelverhale Christenskap as ’n leefwyse.”

Opmerking: Tutu se swart bevrydingsteologie sien sonde in strukture opsigself, nie in die wese, die hart van die mens nie.  Natuurlike Godgegewe grense, soos bv tussen man en vrou, tussen geslagte, tussen volke, ens. sien hy as ‘sondig’ en dit moet afgebreek word.  Daarteenoor leer die Skrif dat die groot antitese, of stryd, is geestelik van aard: tussen sonde en genade, tussen Christus en die Satan, tussen reg en verkeerd, tussen die Waarheid en die leuen, tussen die Evangelie en die Revolusie.

3 Dit blyk dat politieke en horisontale versoening en verhoudings die groot fokus is van hierdie boek, terwyl die Skrif leer dat die geestelike versoening tussen die Vader en mens in Christus alleen(Joh.14:6) deur die krag van die Heilige Gees, dié fokuspunt van ons lewens moet wees, én dan die fondament is van waaruit versoening tussen mense en volke kan plaasvind (Ps.127:1; Matt.22:37-40; Hand.4:12):

“As the overall themes are relationships and reconciliation, wherever possible or appropriate we show in the illustrations the emotional or physical connection between the characters. A hint or sense of different cultures is conveyed with textures, colours, backgrounds and foliage.”

Opmerking: Alle valse godsdienste en filosofieë leer dat die mens se krisis is sy omstandighede en sy naaste en die oplossing lê dan binne of in homself (=humanisme); die enigste ware godsdiens leer die krisis lê in homself (die sondige hart, Matt.15:18-20; Ef.2:1-3), die oplossing lê buite homself in Christus deur sy Woord en Gees (Matt.11:28-30; Joh.15:5).  Revolusie leer verandering van buite na binne. Reformasie, die ware evangelie, leer verandering (bekering) van binne na buite.

4 Die tweede gebod word, soos alle ander ‘kinderbybels’, met groot vrymoedigheid oortree, deur afbeeldings van Jesus Christus te maak, natuurlik met ‘n meer Afrikane aanslag:

“A hint or sense of Africa – Wherever possible or appropriate, we will want to show the emotional or physical connection between the characters. To be conveyed with textures, colours, backgrounds, and foliage, but not explicitly African.Close-ups. Seeing what the characters are seeing or experiencing as if we are right there with them as the story is happening.”

Opmerking: Teenoor die afbeeldings van God, en die vervanging van die Woordgesentreerde geloof met ‘n Beeldgesentreerde godsdiens, bely ons die volgende waarhede aangaande die tweede gebod, volgens die Heidelbergse Kategismus:

Sondag 35 Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?

Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie (a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie (b).

(a) Isa 40:18-19, Isa 40:25; Deu 4:15-16; Rom 1:23; Act 17:29.

(b) 1Sa 15:23; Deu 12:30; Mat 15:9.

Vraag 97: Mag ons dan glad nie beelde maak nie?

Antwoord: God kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie (a). Die skepsels mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat ons van hulle afbeeldings maak en besit om dit te vereer en Hom daardeur te dien (b).

(a) Isa 40:25.

(b) Exo 34:17; Exo 23:24; Exo 34:13; Num 33:52.

Vraag 98: Mag ons beelde as “boeke van die leke” in die kerkgebou toelaat?

Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stom beelde nie (a), maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig (b).

(a) Jer 10:8; Heb 2:18.

(b) Rom 10:14-15, Rom 10:17; 2Pe 1:19; 2Ti 3:16-17.”

Hier kan daar ook gesien word dat daar selfs tot Japanese/Chinese Jode was in Jesus se tyd, via ‘sosio-historiese’ revisie (as ons SA se geskiedenis kan herskryf om by ons behoeftes aan te pas, hoekom nie ook die Bybel s’n nie?):

http://www.luxverbi-bm.com/content/illustration-samples

Die verteller/skrywer van die boek: Desmond Tutu

Oor die skrywer, hier is ‘n paar aanhalings uit sy roemryke loopbaan, wat dalk op die agterblad van hierdie boek gaan verskyn. Hierdie aanhalings sal ook aantoon wat Tutu onder ‘Children of God’ bedoel (ek is nie bewus daarvan dat hy enige van ondergenoemde uitsprake later terug getrek het voor sy sterwe op 26 Desember 2021 nie):

Hy bely nie openlik en duidelik die liggaamlike (letterlike) opstanding van ons Here Jesus Christus nie:

“About 15 years ago I was watching a television interview of Desmond Tutu, being conducted by TV presenter John Bishop. The interview was taking place in the days preceding Easter. Bishop asked Mr. Tutu if he believed that Jesus Christ actually, physically rose from the dead. Mr. Tutu evaded answering this clear, straightforward question, and so Bishop asked him again, only to receive the same evasive religious-sounding, yet empty response. Bishop was obviously not going to let go of this question and thus with appropriate forthrightness he demanded a direct answer to his question, “Do you believe that the body of Jesus Christ actually came back from the dead after three days?” Mr. Tutu answered with great enthusiasm, “It does not matter whether or not Jesus’ body came back to life. What matters is that the spirit of Christ lives on today.”

Well I, along with millions of others, beg to differ. It does matter. It matters a lot. For the resurrection makes all the difference in the world. It makes all the difference to us who live in this world. It makes all the difference as to where and how we will live in the next world. Yes indeed, it does matter whether or not you believe that Jesus rose from the dead.”

Opmerking: lees 1 Kor. 15, veral verse 12-19.

Tutu ondersteun die inter-faith beweging en het al die (valse) godsdienste se ‘seëninge en gebede’ gereël vir die begin van die nuwe SA:

“Tutu attended Mandela’s inauguration ceremony; he had planned its religious component, insisting that Christian, Muslim, Jewish, and Hindu leaders all take part.”

“Leiers van verskillende geloofsgemeenskappe het die geleentheid gekry om te bid. Dit sluit in verteenwoordigers van die Khoisan-gemeenskap, die Joodse Raad van Afgevaardigdes en die Moslem Juridiese Raad.” (Huldeblyk geleentheid vir Tutu in Kaapstad, Beeld, 30 Desember 2021)

Opmerking: lees Spreuke 28:4,9.

On the Divinity of Christ: “Some people thought there was something odd about Jesus’ birth… It may be that Jesus was an illegitimate son.” (Cape Times, 24.10.80)

On the Holy Spirit: “The Holy Spirit is not limited to the Christian Church. For example, Mahatma Gandhi, who is a Hindu… The Holy Spirit shines through him.” (St. Alban’s Cathedral, Pretoria, 23.11.78)

On Violence: “One young man with a stone in his hands can achieve more than I can with a dozen sermons.” (Daily Telegraph, London, Nov. 1984) “Unless America puts pressure on South Africa… the only way forward is to overthrow the Government by force.” (Sunday Times, 26.1.86) “There comes a time when it is justifiable to overthrow an unjust system by violence.” (Argus, 3.4.86) “I will tell you the day… (when) we must use violence to overthrow an unjust system.” (The Argus, 24.6.87)

“Hy (Tutu) was nooit ‘n voorstaander van die gewapende stryd teen apartheid nie, maar het ook nie diegene wat daaraan deelgeneem het, veroordeel nie, aldus Carolus.” (Huldeblyk geleentheid vir Tutu in Kaapstad, Beeld, 30 Desember 2021)

Opmerking: contra Rom. 1:25-32, sien veral vers 32 wat leer dat ons ons eie sondes en ander wat dit doen , wat in stryd is met God se wil, regverdig moet veroordeel, Joh. 7:24; Matt. 5:19.

On Economics: “I am a socialist. I hate capitalism.” (Sunday Times, 29.12.85; idea 32/83) “I think I would use Marxist insights, ‘From each according to his ability, to each according to his need.’ That, I think, is in line with what Our Lord, himself, would have taught.” (Inside South Africa, April 1988)

On the Last Judgment “Thank God I am black. White people will have a lot to answer for at the last judgment.” (Argus, 19.3.84)

Opmerking: laasgenoemde aanhaling laat ‘n mens dink aan George Orwell se ‘Animal Farm’ – sommige diere (swartes) is meer gelyk as ander diere (wittes).  Dit blyk ook dat vanuit Tutu se bevrydingsteologie, die ‘social gospel’ wat nou die nuwe SA oorweldig het, dat ‘n mens gered word, hemel toe gaan, nie vanuit die antwoord op die vraag van Christus, “Maar jy/julle, wie sê julle is Ek” (Matt.16:15) nie, maar op grond van die vraag of jy vir of teen een of ander sosio-politieke sisteem (bv. Apartheid) is/was ?

Bron van aanhalings hierbo: https://www.gospeldefenceleague.org/index.php/articles/31-the-archbishop-and-the-bible (hier is meer aanhalings beskikbaar)

On Homosexuality: “We say the expression of love in a monogamous, heterosexual relationship is more than just the physical but includes touching, embracing, kissing, maybe the genital act. The totality of this makes each of us grow to become giving, increasingly god-like and compassionate. If it is so for the heterosexual, what earthly reason have we to say that it is not the case with the homosexual, provided the relationship is exclusive, not promiscuous?

It is only of homosexual persons that we require universal celibacy, whereas for others we teach that celibacy is a special vocation. We say that sexual orientation is morally a matter of indifference, but what is culpable are homosexual acts. But then we claim that sexuality is a divine gift, which used properly, helps us to become more fully human and akin really to God, as it is this part of our humanity that makes us more gentle and caring, more self-giving and concerned for others than we would be without that gift. Why should we want all homosexual persons not to give expression to their sexuality in loving acts? Why don’t we use the same criteria to judge same-sex relationships that we use to judge whether heterosexual relationships are wholesome or not?

I was left deeply disturbed by these inconsistencies and knew that the Lord of the Church would not be where his church is in this matter. Can we act quickly to let the gospel imperatives prevail as we remember our baptism and theirs, and be thankful?”

Bron: http://jmm.aaa.net.au/articles/15400.htm

“Our lesbian and gay brothers and sisters across Africa are living in fear.  And they are living in hiding — away from care, away from the protection the state should offer to every citizen and away from health care in the AIDS era, when all of us, especially Africans, need access to essential HIV services. That this pandering to intolerance is being done by politicians looking for scapegoats for their failures is not surprising. But it is a great wrong. An even larger offense is that it is being done in the name of God. Show me where Christ said “Love thy fellow man, except for the gay ones.” Gay people, too, are made in my God’s image. I would never worship a homophobic God.

“But they are sinners,” I can hear the preachers and politicians say. “They are choosing a life of sin for which they must be punished.” My scientist and medical friends have shared with me a reality that so many gay people have confirmed, I now know it in my heart to be true. No one chooses to be gay. Sexual orientation, like skin color, is another feature of our diversity as a human family.

Isn’t it amazing that we are all made in God’s image, and yet there is so much diversity among his people? Does God love his dark- or his light-skinned children less? The brave more than the timid? And does any of us know the mind of God so well that we can decide for him who is included, and who is excluded, from the circle of his love?”

Bron:https://gcmwatch.wordpress.com/2010/05/25/desmond-tutu-takes-a-step-backward-on-biblical-truth/ (hierdie blog gee ook goeie kritiek teen Tutu se pro-gay standpunt)

“I would refuse to go to a homophobic heaven. No, I would say sorry, I mean I would much rather go to the other place. I would not worship a God who is homophobic and that is how deeply I feel about this. I am as passionate about this campaign as I ever was about apartheid. For me, it is at the same level. Tutu in 2013

Opmerkings: Tutu verstaan ‘homofobies’ nie net as iemand wat ‘n naaste verkeerd of onregverdig behandel weens sy sondes sy sonde nie, maar ook die bybelse standpunt van “die Bybel leer dat homoseksualisme, soos alle ander sondes, ‘n sonde is wat a) verkeerd is, en b) van bekeer moet word). Teenoor Tutu se valse evangelie en valse liefde van God, en valse liefde teenoor volhardende sondaars (bv. sodomiete), bely ons die ware liefde van God in Christus, ook teenoor mede verlore sondaars, wat sny tot ware bekering, genesing, belydenis, vergifnis, versoening en herstel, 1 Kor.6:9-11:

9 Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie?  10 Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.  11 En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.”

Die ware familie van God, die ware kinders van God onder alle volke,tale en nasies, is hulle wat hul verlossing in Christus alleen vind (Joh.14:6), en hul hele lewe lank teen die eie sonde, wêreld en die Satan stry (Op.12:11,17)

Oor die verlede: (Moet sê, ‘n sarkasties-humoristiese Tutu het darem ‘n komplement ook vir ons Boere, of hy dit bedoel het of nie). Lees die volgende aanhaling van hom op die wysie van ” ‘n Boer maak ‘n plan”:

“When the missionaries came to Africa they had the Bible and we had the land. They said, ‘Let us pray.’ We closed our eyes. When we opened them we had the Bible and they had the land.”

Waarskuwing

Die boek word bemark as ‘n ‘retold’, ‘n ‘hervertelling’, ‘n ‘denkskuif’ van die manier van Bybelse geskiedenis vertelling.  Na my mening, lyk dit na ‘n wegskuif, ‘n herinterpretasie weg van die algemene Christelike geloof soos bely in die Apostoliese Geloofsbelydenis.

In 2 Tim.4:3 word ons gewaarsku, “… daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,  en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.”

Hierdie skrywe is ‘n paar voorlopige opmerkings, maar vanuit die inligting wat reeds beskikbaar is, lyk dit of hierdie boek ‘n versameling van fabels gaan wees, wat nie gefokus is op die eer en lof van die Drie-enige God nie, en nog minder op ware liefde, vergifnis en versoening met die naaste, dus met alle volke, nie.

En, as jy die waarheid vir fabels kan verruil met mooi prente en ‘n ‘oulike omie’ wat dit vertel, soveel beter.

Ouers en gemeentes moet daarom hierdie boek vermy, die prentjie’bybels’ opsy stoot (ook die sogenaamde ‘goeies’), en opnuut hul Ou Vertaling (0f ander goeie betroubare) Bybels uithaal, die gesin saamroep om die huisaltaar, en weer begin vashou aan 2 Tim.3:14-17,

Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,  15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

Sonder God se genade deur die geloof in Jesus Christus (2 Tim.1:9; 2 Tim.3:15)

– sola Gratia, sola Fide, Solus Christus.

Sonder die ‘gesonde leer’ wat ons ‘van kleins af in die Skrifte leer’ (2 Tim.3:16; 2 Tim.4:3)

– sola Sacra Scriptura,

kan ons nie God verheerlik (soli Deo Gloria) en ‘volkome toegerus … vir elke goeie werk’ (2 Tim.3:17), d.w.s. kan daar geen ware “Christenskap as ‘n lewenswyse” (Beeld, 1 Julie 2010) wees nie.

Sonder die gesonde leer van ons Here Jesus Christus sal hierdie boek van Tutu geen ware versoening bring tussen God en mens nie, en nog minder tussen mens en mens, nie in die nuwe SA nie, maar ook nie regoor die wêreld tussen volke nie.

Psalm 127:1  “As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.”

Joh. 15:5 “Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.”

2 Kor. 5:17-21  17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.  18 En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,  19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.  20 Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.  21 Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.”

Die uitgewer

Die uitgewer van die boek is Lux Verbi.  My latyn is nie te goed nie, maar ek het altyd gedink Lux Verbi beteken ‘Lig van die Woord’, ten minste die jare toe ek daar gewerk het. Volgens hul webblad is dit egter ‘Lig van die wêreld’  (http://www.luxverbi.co.za/content/meer-oor-lux-verbibm).

‘n Profetiese taalfout ?

As hul sulke boeke begin uitgee dan pas hierdie ‘nuwe latyn’ daarby: dit is nie meer die verspreiding van die ware lig van die Woord (lux Verbi) nie, maar die ‘lig’ (eintlik duisternis) van die 1 Joh.2:15-17 wêreld = ‘wêreldsheid’.  Dit sal dalk goed wees as die naam van die uitgewer verander na ‘Tenebrae mundi’, dit is die ‘duisternis van die wêreld.”

Ten einde, is daar geen toekoms sonder die ware Lig, Jesus Christus nie (Jes. 8:20; Joh. 1:5; 3:19,36).

Mag ware gelowiges eerder aanhou vashou aan die volgende leuse vir alle volke, en die ganse wêreld (Matt. 28:16-20):

Post tenebrax lux!

___________________________

English translation of this article: Against Desmond Tutu’s false gospel – the True Gospel of Jesus Christ!

4 thoughts on “TEEN DESMOND TUTU SE VALSE EVANGELIE – DIE WARE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS!

Add yours

  1. die bottom line is, Tutu was nie ‘n Christen en is volgens sy eie getuienis nou in die hel saam met sy hero Origen en kie

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑