LEER PREDIKING: NGB artikel 24&25 – Ons heiligmaking in Christus volgens God se wet

LEERPREDIKING: NGB artikel 24&25

Ons heiligmaking, goeie werke & en die seremoniële wet in Christus vervul

Lees: Matteus 5:13-20 & Filippense. 3:8-21

Teksverse: “ie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” (Filp. 3:12–14)

Tema: Ons heiligmaking en goeie werke in Christus, volgens God se wet

(Preekopname: GK Carletonville, 2021-09-05, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 24&25 preek (Filp. 3:12-14)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons word uit genade alleen, deur die geloof in Christus alleen, gered, en nie deur die werke, ons werke nie, al is dit hoe goeie werke.

DIT is wat ons nou die vorige keer by NGB art. 22&23 geleer het, volgens die Skrif.

Beteken hierdie redding dan dat ons werke onbelangrik is,

of nie saak maak nie?

Dat redding uit genade alleen ons roekeloos maak, onverskillig?

Nee geliefdes, ons bely daar in NGB artikel 24, in navolging van die Skrif as volg:

“Daarom is daar geen sprake van dat hierdie regverdigmakende geloof die mens vir ‘n vroom en heilige lewe onverskillig sou maak nie; inteendeel, hy sou daarsonder nooit iets uit liefde tot God doen nie5, maar slegs uit liefde tot homself en uit vrees vir die verdoemenis.”

Hoekom nie?

Die belydenis antwoord:

Dit is daarom onmoontlik dat hierdie geloof niks in die mens tot stand sou bring nie; ons praat mos nie van ‘n dooie geloof nie maar van wat die Skrif noem ‘n geloof wat tot dade oorgaan, wat die mens beweeg om hom voortdurend te oefen in die werke wat deur God in sy Woord beveel het.”

Ons wil daarom vanoggend uit die Skrif opnuut leer,

Ons word gered nie deur ons werke nie, maar tot goeie werke in Jesus Christus, in dankbaarheid vir ons groot verlossing.

Toe Paulus nog onbekeerd was, toe hy bloot uiterlik die regte dinge gedoen het, sien verse 1-7, toe hy nog op die vlees vertrou het, was sy siening van werke verkeerd.

Hy het gedink dit sal hom red… en onderliggend was ook ’n verkeerde Godsbeskouing, en verkeerde mensbeskouing,

want hy het nie besef dat hy as sondaarmens nie volkome

God se wet kon nakom nie, verkeerdelike gedink hy kom God se geregtigheid volkome na…

MAAR, toe hy gered is, waarlik bekeer het,

toe verander sy Godsbeskouing, sy mensbeskouing en hy bely daardie reddingswoorde in v. 9,

en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof;” (Filp 3:9)

“in Hom” wat hy nodig gehad het vir volkome redding, ware Godsbeskouing

“nie my geregtigheid nie” ek is ‘n sondaarmens, verlore, ware mensbeskouing

“die wat deur geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit/van God” is, ware reddingsbeskouing.

EN, die redding wat Jesus bring, verander alles, en dit sien ons dan ook in ons werke, vrugte van bekering, van ‘n lewe wat verander het!

Kyk hoe wys Paulus dan op die vrug van God se reddende geregtigheid, v. 12-14,

Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is. Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.” (Filp. 3:12–14)

Elke uitverkore kind van God is weens Christus se geregtigheid volkome gered, sal nie verlore gaan nie, maar ons heiligmaking wat ook in Christus is, het nog nie in hierdie lewe volmaaktheid bereik nie, en moet nou uitwerk, deurwerk, ons lewe lank tot die laaste dag op aarde.

En nou, omdat God ons gegryp het deur die wedergeboorte, lewendig gemaak het, dan gryp ons in antwoord op sy genade.

Noudat ons lewendig gemaak is, is die gevolg: “jaag … gryp … strek uit .. jaag na …”

Nou kan ons nie anders as vrug dra, doen, lewe!

Kyk hoe stel Paulus dit daar in hfst. 2:12, 13

Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.” (Php 2:12–13)

Paulus in die Efesiers brief,

soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,” (Ef1:4)

Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Eph 2:8–10)

Dit kan nie anders nie geliefdes, soos ons bely in eerste sin NGB art. 24,

“Ons glo dat hierdie ware geloof in die mens voortgebring word deur die hoor van die Woord van God en deur die werking van die Heilige Gees, dat die geloof hom wedergebore laat word en tot ‘n nuwe mens maak, hom ‘n nuwe lewe laat lei en hom van die verslawing van die sonde bevry.”

Die gelowige, die wedergeborene word daarom gekenmerk, in sy geloofstryd in Christus teen die eie sonde, wereld en Satan (sien HK Sondag 52), dan hy en sy gryp, jaag, strek in heiligmaking.

Maar hoe weet ons wat is goeie werke?

Maar nou, dit bring ons by die vraag, maar wat is goeie werke, en hoe weet ons of ons in goeie werke wandel of nie ?

In NGB artikel 24 bely ons oor die algemeen:

nie van ‘n dooie geloof nie maar van wat die Skrif noem ‘n geloof wat tot dade oorgaan, wat die mens beweeg om hom voortdurend te oefen in die werke wat deur God in sy Woord beveel het.

HK v/a 91 gee ons ‘n pragtige definisie van goeie werke, volgens die Skrif:

Vraag 91: Wat is goeie werke?

 Antwoord: Slegs die wat uit ‘n ware geloof (a), volgens die Wet van God (b), tot sy eer gedoen word (c), en nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie (d).

Dus drie dinge:

  1. redding: gelowige wees
  2. motief: God se eer wees
  3. standaard: God se wet is die norm/bron/standaard, nie eie goeddunke nie

Dus ons moet deur die Gees, volgens God se wet lewe in dankbaarheid vir ons verlossing, alles tot eer van God.

Maar watter wette, al die wette in die Skrif?

Nee, NGB art. 25 help ons hierin.

Ons hoef nie meer die seremoniele wette na te kom, te ‘doen’ nie. Ons glo wel en leer nog die waarheid en inhoud daarvan, maar nie meer te doen nie:

“Ons glo dat die seremonies en heenwysings na die wet met die koms van Christus opgehou het en dat alle voorafskaduwing tot ‘n einde gekom het. Die gebruik daarvan moet derhalwe onder die Christene afgeskaf word. Die waarheid en inhoud daarvan bly nogtans vir ons in Christus Jesus bestaan: in Hom het hierdie seremonies en heenwysings juis hulle vervulling.”

Byvoorbeeld: spesifieke brandoffers moes fisies gebring word in OT bedeling, dit het heengewys na Christus, wat die volkome offer sou bring (sien die hele Hebreërsboek) en daardoen ons dit nie meer soos in die OT nie, maar ons offer wel ons hele lewe in dankbaarheid in alles wat ons doen, sien Rom.12;1,2

Ons is nie meer Israel in die OT tye nie

Jesus het gekom, maar Hy handhaaf sy Vader se wet in sy vervulling (Matt. 5:17-20).

Maar dit beteken nie ons gooi alles weg of ook die wysheid van die beginsels van die burgerlike/siviele wette nie.

Ons moet die wysheid van God se wet gebruik vir ons hele lewe.

Dit is wat ons bely daar aan die einde van NGB art. 25:

“Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig.”

Sien HK Sondag 33-45, waar die morele wet, die Tien Gebooie gehandhaaf word in die lig van Jesus se vervulling!

(Sien hier vir meer detail oor die rol van die wet van God in die gelowige se lewe vandag)

Wat moet die gelowige dus doen:

Hou aan Christus se verdienste vas as die enigste grond van ons redding, en leef in biddende wysheid volgens sy Woord.

Ons moet bid vir ons lewens en tye:

Open ons oë om die wonders uit u wet en hele Woord vir ons lewens te sien, in alles (Ps. 1:2; 119:11; 1 Kor. 10:31; Hand. 17:11)

SLOT

’n Paar samevattende toepassings:

1 Ons verwerp beide nomisme en antinomisme!

Dit is die siening ons word gered ‘deur’ die wetsonderhouding (nomisme), én die siening dat Jesus maak ons los van die norm van die wet as standaard van ons lewens (antinomisme). Christus se vervulling van die wet vernietig nie die normatiwiteit van die wet nie, maar handhaaf dit.

2 Ondersoek vraag:

En dan die belangrikste, Jesus se woorde in Matt.7:

21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is

24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

3 TROOS vir my heiligmaking stryd … Hebr. 12 nog nie eens ten bloede gestry teen die sonde nie, ja, dit is nie maklik nie, altyd ‘n misterie van ‘n spanning, reeds maar nog nie … goed as jy ‘n goeie stryd het, soos:

Paulus ook hier in Filp 3, en Rom. 7

Ja, ons moet nie God se geregtigheid volgens sy wet verander nie, Christus het dit gehandhaaf in sy vervulling, Hy sal die werk volbring in elkeen van sy kinders tot die laaste dag, sien Filp. 1:6.

En daarom die hoopvolle trooswoorde waarmee Paulus hier antwoord aan einde van Filp. 3,

verse 1-7  ken sy sonde en ellende

verse 8-9 verlossing alleen in Christus

verse 10-19 stryd in heiligmaking, in dankbaarheidslewe

EN DIE GROOT TROOS DAN … VERLANG U DAARNA SOOS EK DAARNA VERLANG?

Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp” (Filp. 3:20–21)

Hierdie sondeval en gevolge in en om my … gaan verby … hierdie sonde worsteling in my en om my… gaan verby …

Hierdie vernederde liggaam wat so swak is, sonde en siekte gaan verby …

Die volkome heerlikheid kom en alles wat nog gebroke is sal dan volmaak wees … ook my dankbaarheidswerke vir HOM!

AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: