God se wet vir vandag: ‘n Paar opmerkings
Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag. (Ps. 119:97)
As julle My liefhet, bewaar my gebooie. (Joh. 14:15)
Luister gerus na hierdie behulpsame potgooi audio program oor die verstaan van die Bybelse wette vir vandag, aangebied deur Jaco de Beer en Marnix Boersema (luister gerus na van die ander sake wat ook daar bespreek word):
Mens kan hoor die broeders is lief vir die Here, en daarom lief vir sy wet, in die konteks van die hele Skrif, soos Jesus ons ook geleer het (Matt. 5:17-19; Joh. 14:15), en ook bevestig is deur Paulus (Rom. 3:31; 13:8-10).
Die program het veral gefokus op drie sake:
1. Die indeling van die wet en hoe ons dit onderskei (2:30):
-Seremoniële-, Morele en Siviele-wette
2.Die wet as koninkrykbeginsel vir die kerk (17:20):
-Tot watter mate moet ons nog die wet gehoorsaam? Watter wette geld nog vir ons as gelowiges?
3. Hoe werk die wet en die Evangelie saam (29:00):
-Hoe pas die wet in by die verkondiging van die Evangelie – indien enigsins?
Ek wil ‘n paar gedagtes byvoeg by hierdie bespreking, hopelik om die gesprek verder te neem:
A. Die drie-erlei indeling van die wet
Die indeling word afgelei uit die geheel van die Heilige Skrif, veral ook soos belig in die NT uit verskeie gedeeltes, nie noodwendig eksplisiet nie, maar wel implisiet.
Insiggewend dat die Statevertaling verklaarders, wel die indeling vanuit die Skrif hier begrond in Deut 5:31, in ‘n frase wat in heelwat plekke in die Skrif voorkom, in verskillende vorme (kursief bygevoeg):
Deut 5:31, ” Maar jy, bly hier by My staan, dat Ek jou kan meedeel al die gebooie 24) en die insettinge en die verordeninge wat jy hulle moet leer, dat hulle dit kan doen in die land wat Ek hulle sal gee om dit in besit te neem.”
Kanttekening 24: “Van hierdie drie agtereenvolgende woorde, beteken die eerste (na die meeste se mening), die sedewet, die tweede, die seremoniële wet, en die derde, die politieke of burgerlike wette of regte.
Die mees onlangse boek, waarvan ek bewus is, wat seker die beste hierdie drie-erlei indeling bybels en teologies begrond, is die volgende werk:
From the Finger of God: The Biblical and Theological Basis for the Threefold Division of the Law, by Philip S. Ross
“A book of great relevance with an immensely important message for the contemporary church, From the Finger of God is to be welcomed with open arms. It is a fine example of careful, readable biblical, theological, and historical scholarship that leads to deeply satisfying conclusions.” Sinclair B. Ferguson, Associate Preacher, St. Peter’s Free Church, Dundee
Sien hierdie onderhoud met die skrywer van die boek: Philip S. Ross
Soos blyk uit die bespreking van Jaco en Marnix, is die onderskeid tussen die morele oftewel sedewet aan die eenkant (10 gebooie), en die seremoniële wet baie duidelik, eersgenoemde is blywend en bindend ook in die NT bedeling, terwyl die seremoniële wette vervul is in die sin dat die waarheid nog geleer word (sien bv. die boek Hebreërs), maar dit nie meer gedoen moet word nie, die gebruik daarvan is afgeskaf.
Die gereformeerde belydenisskrifte deur die eeue dui dit baie duidelik aan, onder andere artikel 25 van die NGB:
ARTIKEL 25: DIE SEREMONIËLE WET IN CHRISTUS VERVUL
Ons glo dat die seremonies en heenwysings na die wet met die koms van Christus opgehou het en dat alle voorafskaduwing tot ‘n einde gekom het1.
Die gebruik daarvan moet derhalwe onder die Christene afgeskaf word. Die waarheid en inhoud daarvan bly nogtans vir ons in Christus Jesus bestaan: in Hom het hierdie seremonies en heenwysings juis hulle vervulling2.
Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig3.
-
- Matteus 27:51; Romeine 10:4; Hebreërs 9:9-10
- Matteus 5:17; Galasiërs 3:24; Galasiërs 5:2-4; Kolossense 2:17
- Romeine 13:8-10; Romeine 15:4; 2 Petrus 1:19; 2 Petrus 3:2; 2 Petrus 3:18
En dan die Westminster Confession, chapter 19:2,3
2. This law, after his fall, continued to be a perfect rule of righteousness; and, as such, was delivered by God upon Mount Sinai, in ten commandments, and written in two tables: the first four commandments containing our duty towards God; and the other six, our duty to man.
3. Beside this law, commonly called moral, God was pleased to give to the people of Israel, as a church under age, ceremonial laws, containing several typical ordinances, partly of worship, prefiguring Christ, his graces, actions, sufferings, and benefits; and partly, holding forth divers instructions of moral duties. All which ceremonial laws are now abrogated, under the new testament.
Die onderskeid egter tussen al die wette is egter nie altyd maklik nie, veral nie tussen die morele wet en die siviele oftwel gevalle/burgerlike/juridiese wette nie. Uit sekere kringe is die eenvoudige, maar tog oorvereenvoudigde siening dat die burgerlike wette in sy geheel verval het met die einde van die ‘teokrasie van Israel’ en glad nie meer enigsins vir vandag van toepassing is in die NT bedeling nie.
Jaco en Marnix se opmerkings wys daarop dat die onderskeid tussen morele en siviele wette nie so eenvoudig is nie, en dat daar beginsels onderliggend is aan die burgerlike wette, wat nog van toepassing kan wees, terwyl die spesifieke vorm en sekere spesifieke toepassings van die burgerlike wette nie presies vandag dieselfde gaan wees nie, bloot omdat ons nie meer in Israel se tye lewe nie, maar in vandag se tye.
So, dit blyk, soos met enige gesprekke oor verhouding OT – NT, ook wat die burgerike wette betref, daar beide kontinuiteit en diskontinuiteit gaan wees, wat in ag geneem moet word, natuurlik in die konteks van die hele Skrif, die heilshistoriese en openbaringshistoriese verloop en vervulling in Christus, alles in ag geneem.
Ons gereformeerde belydenis wys in daardie rigting, hierbo met NGB artikel 25 se woorde:
“Ons gaan ook nog voort om die getuienisse van die wet en die profete te gebruik om ons in die evangelie te bevestig en ook om ons lewe in alle eerbaarheid tot eer van God en volgens sy wil in te rig.”
Die Westminster Confession of Faith, chapter 19:4,5:
4. To them also, as a body politic, he gave sundry judicial laws, which expired together with the State of that people; not obliging any other now, further than the general equity thereof may require.
5. The moral law doth forever bind all, as well justified persons as others, to the obedience thereof; and that, not only in regard of the matter contained in it, but also in respect of the authority of God the Creator, who gave it. Neither doth Christ, in the gospel, any way dissolve, but much strengthen this obligation.
So die onderlinge beginsels van die wette geld nog, maar nie die spesifieke vorm soos in Israel se tyd nie (sien die verskeie aanhalings hier onder aan die einde van my artikel).
Ek dink een van die redes waarom mense verward raak oor die verhouding tussen die morele en juridiese/siviele wette, is juis omdat die ‘onderskeid’ tussen die wette nie reg en goed verstaan word nie.
Hier is iemand soos Rushdoony se verduideliking van die verhouding tussen die morele en siviele wette, behulpsaam (kyk asb. verby die Amerikaanse bendegevegte van ek is vir of teen Rushdoony, vir of teen teonomie, ens., soos Paulus ons reeds teen waarsku in 1 Kor. 1:10-16, om die waarde te sien in Rushdoony se werk oor die wet), om ook die wysheid van God se siviele wette vir alle tye raak te sien (vrylik verwerk):
“Om Bybelse Reg te verstaan, is dit belangrik om sekere basiese karaktertrekke van die wet van God te verstaan:
A. Sekere breë beginsels word verklaar
Hierdie verklarings vorm die basis van die reg. Die Tien Gebooie gee hierdie verklarings. Die Tien Gebooie is dus nie ‘n paar wette tussen ‘n ander klomp wette nie, maar is die basis waaruit ander meer spesifieke wette vloei. ‘n Voorbeeld van so ‘n basiese wet is: ‘Jy mag nie steel nie’. As die wet ontleed word, dan moet daar op die volgende implikasies gelet word:
– Dit is die positiewe bevestiging van private eiendom en dit straf enige
oortredings teen eiendom. Die Tien Gebooie bevestig en beskerm dus elkeen ‘n basiese terrein van die lewe.
– Nog belangriker is dit dat hierdie bevestiging plaasvind deur God en nie deur die mens of die staat nie. Al die gebooie vind sy oorsprong in God, wat as die soewereine Koning deur die wette orde handhaaf in sy skepping en daaroor regeer.
– Aangesien God al die wette verordineer, is ‘n oortreding van die wet ‘n
oortreding teen God. Elke wet, of dit gaan oor eiendom, die persoon, familie, arbeid, kapitaal, kerk, staat of enigiets anders, se verwysingsraamwerk is altyd eerstens na God. Alles is deel van Sy Skepping en daarom is dit vanselfsprekend dat enige oortreding teen God is (Ps. 51:4)
– Dus is alle wetteloosheid ook sonde. Enige burgerlike, familie, kerklike of enige ander oortreding is ook ‘n godsdienstige oortreding, behalwe as die ongehoorsaamheid gehoorsaamheid aan God is.
B. Uit die Tien Gebooie vloei die gevalle of siviele wette.
Dit is die illustrasie van die Tien Gebooie – of die algemene beginsel- in terme van spesifieke sake. Hierdie spesifieke sake dui dus die toepassing van die Tien Gebooie aan. Om te verhoed dat dit misbruik word, gee die Skrif self aanwysings hoe om daarmee te werk te gaan.
Die Apostel Paulus wys vir ons duidelik dat die Nuwe Testament die wet van God onderskryf. Hieronder volg eerstens die basiese beginsel, tweedens die gevallewet, en derdens Paulus se verklaring van die toepassing van die wet,
– ‘Jy mag nie steel nie‘ (Ex.20:15) – basiese wet of beginsel.
– ‘Jy mag ‘n os nie muilband as hy graan dors nie.’ (Deut.25:4) –illustrasie/toepassing van die basiese wet, wat ook genoem word ‘n gevalle of burgerlike wet.
– ‘Want in die wet van Moses is geskrywe: ‘n Os wat graan dors, mag jy nie
muilband nie.’ Is dit miskien oor die osse dat God Hom bekommer?
Of spreek Hy inderdaad om ons ontwil? Ja, want om ons ontwil is dit
geskrywe, omdat hy wat ploeg, op hoop moet ploeg; en hy wat dors, op hoop om wat hy hoop, deelagtig te word…. So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.’ (1
Kor.9:9, 10:14) = Paulus se interpretasie van die basiese wet, gevalle wet.
– ‘Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie, en: Die
arbeider is sy loon werd.‘ (1 Tim.5:18) = wys op die eer aan die ouderlinge
wat die kerk regeer.
Albei hierdie versgedeeltes illustreer die vereistes van ‘Jy mag nie steel nie’ in terme van ‘n spesifieke saak, en wys so op die implikasies van die wet op die praktyk. ‘Die arbeider is sy loon werd’ (1 Tim.5:18) verwys ook na die beginsels wat uit spesifieke sake kom: Luk. 10:7, Lev.l9:13; Deut.24:14,15.
As dit dus ‘n sonde is om ‘n os te beroof van sy voedsel, dan is dit ook ‘n sonde om ‘n mens te beroof van sy lone: in albei gevalle is dit diefstal. As God dit as ‘n oortreding beskou dan beteken dit dat diefstal ‘n oortreding teen Hom is en dat mense dan eintlik direk of indirek van God steel (Mal.3:8-12).
Hierdie voorbeeld van gevallereg/uitspraakreg illustreer nie net die betekenis van elke spesifieke saak in die Skrif nie, maar dit dui ook op die belangrikheid daarvan. So word die definisie van diefstal ook meer verstaanbaar en omvattend gesien.”
Tot hier die verwerkte verduideliking van Rushdoony, raadpleeg gerus sy klassieke 3 volume werk: The Institutes of Biblical Law.
Sien prof. John Frame se resensie hier: The Institutes of Biblical Law: A Review Article
Wat die siviele strawwe betref, sien maar ook al die Skrifverwysings in Sondag 34-44, waar die Tien Gebooie behandel word, wat net weereens daarop wys dat ons kan nie die ‘Tien Gebooie’ buite of in stryd met die hele konteks van al sy wette lees nie, natuurlike alles in die lig van die geheel van die Openbaring.
Regdeur die eeue het gereformeerde gelowiges groot erns gemaak met die bestudering van God se hele Woord, ook sy hele wet, om daaruit nie net Christus en ons verlossing raak te sien nie, die wet wat ons daarheen tug (Gal. 3:24), maar ook om nou as dankbare verlostes ons hele lewe volgens sy wet in te rig, want die wet het meer funksies as net die tugmeester funkies (sien hier onder meer). Dit bring my by die kwessie van die verhouding evangelie en wet.
B. Wet en Evangelie
Ek kan my vereenselwig met Jaco en Marnix se verduideliking in die laaste deel van hul program. Hier kan mens ook byvoeg, dat die drieledige gebruik of funksie van die wet, soos deur die kerk bely deur die eeue, ook hier handig te pas kom, nl.
Die siviele gebruik (usus politicus sive civilis).
Die pedagogiese gebruik (usus elenchticus sive paedagogicus).
Die normatiewe gebruik (usus didacticus sive normativus).
Christus het hierdie wet vervul en vir ons die geregtigheid verwerf. Tog het die Wet nog betekenis behou vir die gelowige. Dr. A Duvenhage verduidelik die drie funksies of gebruike van die wet as volg (Geloofsleer, bl. 59, 60):
a. As kenbron van ons ellende. “Want deur die wet is die kennis van die sonde.” Rom. 3:20b: (vgl. Rom. 7:7). Die gelowige moet die wet van God voor oë hou soos n spieël, en dan word aan hom sy tekortkominge en doemwaardigheid ontdek. Die wet van God ontmasker die verwaande mens wat meen dat hy nie sonde het nie.
b. As tugmeester na Christus. “Die wet was dus ons tugmeester na Christus . . .” (Gal. 3:24a.) Hoe beter ons ons sonde ken, des te begeriger word ons om die vergewing van die sonde en die geregtigheid in Christus te soek.
c. As reël vir ons dankbaarheidslewe. Die gelowige moet trag om in sy daaglikse bekering (heiligmaking) volgens die wet van God te lewe. “Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens”. (Rom. 7:22).
Hoewel ons die wet van God in hierdie lewe nie ten volle kan hou nie, moet daar ‘n ernstige voorneme wees om na al die gebooie te begin lewe (Ps. 1:2: “maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag”). Die gelowige kan hom verlustig in die wet. Die juk van Christus is sag, en sy las is lig (Matth. 11:29); sy gebooie is nie swaar nie (I Joh. 5:3). Die ongelowige kan hom nie aan die wet onderwerp nie, omdat hy in vyandskap met God lewe (Rom. 8:7).”
Dr. Richard A. Muller sit dit as volg meer in detail uiteen:
“usus legis: use of the law. As distinguished by the Protestant scholastics, both Lutheran and Reformed, there are three basic uses of the lex moralis (q.v.).
(1)The usus politicus sive civilis, the political or civil use, according to which the law serves the commonwealth, or body politic, as a force for the restraint of sin, as indicated in 1 Timothy 1:9. This first usus stands completely apart from any relation to the work of salvation and functions much as revelatio generalis (q.v.) in bringing some knowledge of God’s will to all human beings.
(2) The usus elenchticus sive paedagogicus, the elenctical or pedagogical use; i.e., the use of the law for the confrontation and refutation of sin and for the purpose of pointing the way to Christ, often with reference to Romans 4:7; 7:8; and Galatians 3:21–22, 24. Some of the Lutheran orthodox (e.g., Hollaz) divide this second use into two parts, distinguishing (2a) the purely elenctical use of the law, which merely serves for the peccati manifestatio et redargutio, the manifestation and refutation of sin, from (2b) the usus paedagogicus, according to which the law becomes a guide to Christ in and through the work of the Spirit, a compulsus indirectus ad Christum, an indirect compulsion toward Christ. This division of the second use yields four uses, in which case
(3) the usus didacticus sive normativus would become the fourth use. Most frequently, however, the division is threefold, and this latter didactic or normative use is referred to simply as the tertius usus legis (q.v.), the third use of the law. This final use of the law pertains to believers in Christ who have been saved through faith apart from works. In the regenerate life, the law no longer functions to condemn, since it no longer stands elenctically over against humanity as the unreachable basis for salvation, but acts as a norm of conduct, freely accepted by those in whom the grace of God works the good. This normative use is also didactic, inasmuch as the law now teaches, without condemnation, the way of righteousness (cf. Ps. 119:105; Jer. 31:33).
In this model, Christ appears as the finis legis, or end of the law, both in the sense that the usus paedagogicus leads to Christ as to a goal and in the sense that the usus normativus has become a possibility for human beings only because Christ has fulfilled the law in himself. There is one major distinction between the Lutherans and the Reformed in the discussion and application of the usus legis: the Reformed lay heavy stress on the tertius usus legis, assuming that faith must spring forth and bear the fruit of good works, as defined by the law in its normative function. (Muller, Richard A. Dictionary of Latin and Greek Theological Terms: Drawn Principally from Protestant Scholastic Theology (p. 385). Baker Publishing Group)
Christus vervul die hele wet, elke jota en titteltjie, die hele drie-deling, soos die Vader vereis het (Matt. 3:15; hfst. 5-7; ens.), en in die vervulling bevestig en handhaaf Hy die wet vir alle tye in sy volle regmatige betekenis en doel. Dit beteken sekere aspekte bly voortbestaan ook in die NT tyd (10 gebooie soos dit ook deur die siviele wette in beginsel voortduur), terwyl ander aspekte vervul is in die sin dat dit nou afgeskaf is, ons ‘doen’ dit nie meer nie, maar leer nog daaruit (Hebreër boek, sien NGB art. 25 hierbo).
J. Van Genderen en WH Velema skryf: “dat Jezus de wet handhaaft door haar te vervullen.” (Beknopte Gereformeerde Dogmatiek, 1992: 597)
Dit sal daarom baie goed wees, as gelowiges oor die algemeen, predikante, teoloë, en ook veral christen regsgeleerdes en politici opnuut die rykdom van God se wet, sy hele wet ontdek, ook vir ons tye, vir alle lewensterreine en denke, binne en buite die kerk, in die woorde van Ps. 119:
Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit u wet. (Ps. 119:18)
Hier is ‘n paar aanhalings van hoe gereformeerde gelowiges (en let wel, dit is ‘nié eers ‘n klomp moderne Amerikaanse teonomiste’ nie!), nie net vir of in die kerk of gesin nie, maar ook vir die samelewing, politiek, regspraak, volkere, ens., gedink het aan die rol van God se wet:
Calvyn by Joh. 8:1-11:
“As ons die amp in ag neem wat die Vader aan Sy Seun gedelegeer het – dan sal ons nie verbaas wees dat Jesus genoegsaam was met die beperkings van Sy roeping nie, en daarom het Hy nie die take van die Regter opgehef nie. Hulle wat egter die swaard ontvang het om misdade te korrigeer, maar die strawwe verslap het, het daarom verkeerdelik Jesus se voorbeeld gevolg, wat vloei uit hul growwe onkunde. … Maar laat ons onthou, dat alhoewel Christus die mens se sonde vergewe, hy nie die burgerlike verhouding vertrap nog die vonnisse en strawwe wat deur die wet bepaal is nie. “
Dr. James Jordan se opmerking oor Calvyn se preke by Deuteronomium: dit “openbaar dat hy die Mosaïese wette, insluitende die siviele aspekte gebruik het as die fondament van sosiale, politieke en regsprekende wysheid, en daardeur oor die algemeen gunstig daarteenoor gestaan het om die Mosaïese wette in die moderne wêreld toe te pas… Calvyn het nie twee honderd lesings gelewer oor algemene genade en natuurreg nie, maar hy het twee-honderd preke gelewer op die boek van Deuteronomium. Hy het volledige en direkte toepassings gemaak vanuit Deuteronomium na sy eie moderne situasie. Hy het Bybelse reg beskou as die fondament en die vertrekpunt vir juridiese en sosio-politieke oordenking.”Gary North [ed.], The Covenant Enforced: Sermons on Deuteronomy 27 and 28 by John Calvin (Tyler, Texas: ICE, 1990), p. xxxii.)
Ds. Joh Francke oor Calvyn: “Calvyn, volgens sy Institusies IV, 20:8,13-16, het wel deeglik oog gehad vir die onderskeid tussen Israel en die hedendaagse volke en owerhede. Calvyn wil die grondgedagte van die wet vashou en dit dan konkreet toegepas sien in die hedendaagse wetgewing. Hy wil van geen nabootsing weet nie… Wel gee die mosaïese wetgewing ‘n model vir navolging maar die aangewese weg is om die gebod aan te pas aan die plaaslike (moderne) omstandighede.” Congres van Gereformeerden, 30 Maart – 1 April 1948, Referatenbundel (Secretariaat: Broederweg 15, Kampen), p.122.
Dirk Postma oor die burgerlike wette, vanuit Mijne Handleiding voor De Godgeleerdheid:
“Vr. 21. Wat verstaan wij door de burgerlijke wetten van God aan Israel gegeven? Ant. Die inzettingen, geboden en rechten, die Israel als een bijzonder volk in het land Kanaan betreffen, naar dewelke zij zich moesten gedragen in hun huiselijk en openbaar samenleven, in vrede en oorlog beide.
Vr. 22. Zijn wij onder het N. Testament ook nog aan die wetten verbonden? Ant. Voor zooverre zij Israel als een bijzonder volk betroffen, hebben zij nooit andere volken eene directe verplichting opgelegd; doch voor zooverre zij eene algemeen zedelijke strekking hebben, zijn zij zeker voor alle volken, dus ook — en vooral voor ons Christenen — de allerbeste wetten en voorschriften van recht en billijkheid.
Bijgevolg dienen Christenvolken zich naar dezelve te gedragen, en hunne staatsmannen en wetgeleerden dienden wel zorg te dragen, dat hunne wetten daartegen niet strijden, al is in vele opzichten het spreekwoord mutatis mutandis(andere omstandigheden vereischen andere wetten) hier ook in acht te nemen, echter voor zooverre zij eene algemeen zedelijke strekken hebben, staan zij met de Tien geboden gelijk, zijn zij daarvan, als ware het, eene nadere verklaring en toepassing; zij behelzen alzoo de verklaring van Gods eeuwigen wil.
En wee een land en volk, dat hiertegen zondigt, vooral wanneer dit geschiedt door een Christennatie, die door het woord Gods is voorgelicht !
Moses se siviele wette in die Zuid- Afrikaanse Republiek:
“Die feit dat kerk en staat in die ZAR so naby mekaar gestaan het, het geen geringe invloed op die regswese gehad nie. Alle regterlike amptenare se protestantse kerkverbondenheid was byvoorbeeld ‘n belangrike kwalifiserende faktor. Regters moes mense wees wat ‘met alleen in Moses wetten geoefend is, maar wat Moseswet en Evangelie met een kostelijke aandag beproef en dagelijks ondersoek’. Wat wetgewing betref, wou die volk dat die wet “… die God en onse Schepper aan Moses gegeven heeft as basis van alle wette moes dien. … By die uitspraak het ‘n mens in die meeste gevalle kon merk dat die landdros goed bekend was met die burgerlike wette wat deur tussenkoms van Moses aan die Joodse volk gegee is, en dat die landdros van opinie was, dat hy nie ver uit die pad sou wees as hy ooreenkomstig die wette uitspraak sou gee nie.”
Dr. Klaas Schilder se notas by NGB art. 25 (oor die seremoniële wet):
“Ons protesteer teen die poging om die OT toe te los, teen die Antinomianiste, wat sê: ons het niks daarmee te doen nie. Die OT mag nie toebly nie, want ons haal getuienis daaruit. ‘n Mens mag spreek oor die siviele en seremoniële wette, mits dit geskied in Nuwe-Testamentiese lig. Dit wil sê: die wette moet ons nie almal vandag wil toepas nie. Aan Israel is ‘n bepaalde nasionale en maatskaplike vorm gegee. By ons is dit ‘n ander vorm. Die grondgedagte moet egter wel gehandhaaf word. Ook die profete ja, die hele Ou Testament moet gehandhaaf word” (Christelijke Religie: over de Nederlandse Geloofsbelijdenis (Kopiëerinrichting v.d. Berg, Broederweg 6, Kampen), p.83)
Totius oor die OT wetgewing:
“Met die bewering dat ‘n gebod, (wat) in die Ou Testament gegee, afgeskaf is, moet ons versigtig wees. Vir so ‘n afdoende bewering moet goeie gronde aangevoer word. En as dit ontbreek, sal ons bewering nader gekwalifiseer of geheel prysgegee moet word. In die algemeen moet ons in verband met die burgerlike en seremoniële wette deur die Here aan Israel gegee, dit vasstel dat onderskei moet word tussen die bepaald Israelitiese vorm waarin die wetgewing tot stand gekom het en die algemeen geldende wese of kern wat daar ten grondslag lê.” (Versamelde Werke, deel 1, p.438. Beklemtoning bygevoeg)
Ds. Joh. Francke aangaande NGB art. 36 en God se Wet, en hier haal ek hom aan en my eie verduideliking van sy skrywe daarmee saam:
Joh Francke, skryf in die reeds genoemde referaat (sien hierbo), “dat dit te betreur is dat die Rapport van 1905 [wat hoofsaaklik onder die invloed van die Kuyperiaanse ‘algemene genade’ teorie, gepleit het vir die skrapping van die 21 woorde uit NGB artikel 36] geen erns gemaak het met hul eie uitspraak, naamlik dat daar in Israel se wetgewing beginsels is vir alle tye en alle volke … Hierdie manne gee toe dat daar in Israel se wetgewing beginsels is vir alle tye en volke, maar sê dan rustig dat die NT geen lig verder verskaf nie. Daar word geen enkele poging aangewend om uit die OT na te speur wat die roeping van die owerheid vir alle tye en by alle volke moet wees nie. Prakties word die OT opsy geskuif en die NT word op hierdie punt onbruikbaar verklaar omdat dit niks daaroor sê nie. Met ander woorde: hier is die Skrif geen lig vir die owerheidspad nie.”
Ds. Francke kom dan ook by die moontlike hart van die debat, naamlik die verhouding tussen OT en NT, wat ook die ‘heilshistoriese benadering’ insluit. Volgens Francke as God in die OT Sy openbaring aangaande ‘n bepaalde saak gegee het, hoef ons nie noodwendig ‘n herhaling daarvan in die NT te verwag om dit geldig te maak nie. Indien die OT iets nie genoegsaam geopenbaar het nie sal die NT dit wel aanvul of tot verduideliking bring. Iemand wat dan beginsels vir die owerheid alleen in die NT wil soek, en “so die OT en die NT skei, breek die eenheid van die Woord van God”.
Slot
Prof. John Murray sê tereg: “sonder die verstaan van die heiligheid van God se wet, is die evangelie van genade betekenisloos.”[1]
‘n Hoë siening van die Wet, bring ‘n hoë siening van die Evangelie!
Of soos J. Gresham Machen dit ook gestel het: “A new and more powerful proclamation of the law is perhaps the most pressing need of the hour… A low view of law always brings legalism into religion; a high view of law makes man a seeker after grace. Pray that the high view may prevail.” (What is Faith?)
Ds. J. van Bruggen, het baie jare gelede ook geskryf: “Ook het Israel se wel vir die burgerlike en sedelike lewe bepaald nie sy krag verloor nie. Die mosaïese’ wet het heeltemal te min aandag van die kerk gehad. Die teoloë los dit omdat dit ‘wet’ is en die juriste gaan dit verby omdat dit in die Bybel staan. Die herleefde belangstelling onder ons vir die verstaan van die wet is ‘n goeie ding.” [2]
Mag ons kerke daarin gehoorsaam antwoord in ons skriftuurlike en konfessionele dankbaarheidslewe, en die goeie Wet en goeie Evangelie op elke terrein van lewe en denke soek:
“En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (Op. 12:17)
______________________________________
[1] Op stof omslag van Patrick Fairbairn se Revelation of Law in Scripture (Phillipsburg, New Jersey: Presbyterian and Reformed, 1996).
[2] Het Amen der Kerk: De Nederlandse Geloofsbelijdenis Toegelicht (Goes: Oosterbaan & Lê Cointre N.V., 1965), p.124, 125.
__________________________________________
Sien ook die volgende bronne oor die wet van God vir vandag:
J. Piscator, Disputations on the Judicial Laws of Moses
P. Viret, The Christian and the Magistrate
HB Clark, Biblical Law: A Text of the Statutes, Ordinances, and Judgments of the Bible
GL Bahnsen, Theonomy in Christian Ethics
V. Poythress, The Shadow of Christ in the Law of Moses
Hier is my eie of ander se artikels oor die wet van God op my blog: