LEER PREDIKING: NGB artikel 26 – Christus ons Voorspraak

LEERPREDIKING: NGB artikel 26

CHRISTUS ONS VOORSPRAAK

Lees: Lukas 22:31-34 & Hebreërs 4:14-16

NGB artikel 26: Christus ons Voorspraak

Teksverse: “Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.” (Lukas 22:32)

Tema: Christus ons Voorspraak

(Preekopname: GK Carletonville, 2021-09-10, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 26 preek (Lukas 22:32)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons het reeds by artikel 21 geleer dat Jesus ons volkome Hoëpriester is, wat versoening gedoen het vir al ons sondes.

Artikels 16-23 as opsomming van wat die Skrif leer,

beskryf die wondergenade van God se reddende werk in en deur Christus.

Aan die kruis het Hy uitgeroep: dit is volbring!

Daar is dus nou, Rom. 8:1, geen meer veroordeling vir enige kind van God nie, as die wederkoms plaasvind, die finale oordeel, dan het ons die vryspraak, want ons het Christus ons Hoëpriester, ons Geregtigheid, NGB 23, deur die geloof, NGB art. 22 ontvang.

Ons het die Gees ontvang, ons het vergifnis van sondes, ons het die ewige lewe.

En ons sien met groot verlange uit na die nuwe hemel en aarde, volkomenheid.

MAAR, waarom dan nou skielik ook weer NGB art. 26?

Die belydenis aangaande dat Jesus ons enigste Voorspraak en Middelaar is?

Is dit nie onnodige herhaling nie?

Ons het mos nou geleer oor die hoëpriesterlike reddende werk in artikels 16-23 en die vrug daarvan, ’n dankbaarheidslewe, artikels 24 en 25.

Vanaf artikels 27-35 gaan dit oor die leer van die kerk, 36 owerheid, 37 laaste oordeel.

Waar pas artikel 26 nou in?

Geliefdes, artikel 26 is ’n samevattende skanier, wat juis artikels 16-25 wil saamvat, die reddende werk van die Vader in Christus, deur die krag van die Heilige Gees.

Dit moet reg en goed verstaan word, juis vir wat gaan volg, oor kerk wees.

MAAR veral belangrik, lê die fokus van artikel 26 daarin,

dat dit wil wys dat art. 21, wat Christus vir ons gedoen het om die ewige lewe te beërwe, geen oordeel meer nie, DAT DIT REEDS HIER EN NOU OOK GELD.

Die Hoëpriesterlike werk van Christus is natuurlik ja, vir die ewigheid, maar ook vir hier en nou, vir elke dag se lewe van stryd as gelowige, tot die laaste dag.

JA, Christus is gekruisig, het gesterwe as Hoëpriester vir al ons sondes.

MAAR, Hy het ook opgestaan, Hy lewe, sodat ons reeds nou al vir Hom sal lewe.

Artikel 26 wil juis wys dat Jesus nie net die BRON van ons regverdigVERKLARING is nie, maar ook die BRON van ons heiligMAKING hoe langer hoe meer.

En dit is vir ons ’n wonderlike groot Troos.

Sodat ons soos NGB art. 26 leer, nie ons troos en krag vir ons heiligmaking by onsself, mense, dinge sal soek nie, maar juis by ons volkome Hoëpriester

Jesus Christus sal soek, soos die eerste sin van NGB art. 26 op wys, die toegang wat ons deur Christus verkry het met ons Vader, is dan ook die krag en troos vir hierdie lewe.

EN daarop word ons gewys in ons Teksgedeelte.

In ons teksgedeelte leer ons daarom:

1 Waarom ons ons Hoëpriester nodig het ook vir hierdie lewe 2 Wat daardie Hoëpriesterlike werk behels wat ons nodig het 3 Hoe raak dit ons lewens prakties hier en nou

1 Waarom ons ons Hoëpriester nodig het ook vir hierdie lewe

Weens ons doodsvyande, die Satan, wereld, sondige swakke oorblyfsels

a) “EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.” (Lk 22:31)

Die aanslae van die Satan sal daar wees tot op die laaste dag.

Hy kon nie ons regverdiging, redding vir die ewige lewe keer nie, dit is volbring, klaar …

Maar hy kan die vreugde en sekerheid van ons verlossing laat skade ly.

In HK V/A 126 bely ons van ons doodsvyande, waarvan Satan die aanvoeder is, Hy haat God se kinders, Hy haat die kerk.

Jesus wys op ‘julle’, hy loop rond soos ’n brullende leeu wat daarop uit is, om die kerk te wil vernietig, 1 Petrus 5:7,8

Hy mislei, hy verdraai die Woord, hy gebruik valse leraars om die ware leer te verdraai, hy is ’n mensmoordenaar van die begin.

En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” (Op. 12:17)

En nou is daar mense wat dink gelowiges in hulself kan die Satan oorwin, nee, daarom het ons Jesus nodig, ons Voorspraak en Middelaar, om ons te bewaar van die Bose, om ons staande te hou, die kerk te bewaar.

Nie die pous nie, nie die kerkraad nie, nie predikant nie,

Die Koning van die Kerk is nodig.

En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle!” (Rom. 16:20)

1 Joh 4: “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” (1 Jn 4:4)

Maar waarom het ons nog Jesus se voorspraak nodig?

Omdat ons so swak in onsself is, geneig is tot die sonde… party perfeksioniste probeer dit ontken …

Maar watter mens op aarde, behalwe ouers en familie, was nader aan Christus?

Ja, Petrus… en Jesus wys hier op dat die beste van sy kinders nog kan sondig.

In stryd met hul nuwe mens kan optree.

Jesus waarsku, beklemtoon met die woorde daar ‘Simon, Simon…’

moenie dink jy het my nie nodig hier en nou, eie krag staatmaak nie.

Petrus roem in sy eie krag, goed bedoel, maar nie sy onvolkomheid besef nie. Verse 33 …

En ure later, word hy mislei om soos die wêreld te word, v. 54-62… En vind 22:34 letterlik plaas soos Jesus geprofeteer het.

Sien daar by 61,62 (lees)

EN daarom, het Petrus, en die kerk, en elke gelowige die Priesterlike middelaarskap en Voorspraak van Christus so nodig

DIT sien ons in die tweede plek.

2 Wat daardie Hoëpriesterlike werk behels wat ons nodig het

Hier is die groot troos vir elke kind van God in die stryd teen die Satan, wêreld en die oorblyfsels van die sonde, vers 32…

MAAR Ek het vir jou gebid dat jou geloof nie sal ophou nie.

Ja, die Satan kla by die Vader, ons gewetens as ons sondig kla aan, maar Jesus tree in by die Vader, aan die regterhand van God, vir Petrus, Ek het vir al sy sondes gesterwe, EK is sy geregtigheid en heiligmaking Ek het alles volbring, sodat hy alles sal ontvang om te volhard tot die einde toe.

DIT is liefde, geliefdes van die HERE!

Jesus het geweet hoe swak al sy dissipels is, Hy het geweet dat die een die naaste aan Hom, gaan Hom verloën.

Gaan vir ’n oomblik die wereld meer vrees as vir Hom

Homself meer liefhê as vir Jesus…

EN daarom het ons Hom as Voorspraak so nodig, daarom bely ons juis:

Want daar is niemand in die hemel of op die aarde onder die skepsels wat vir ons groter liefde het as Jesus Christus nie, Hý wat, alhoewel Hy in die gestalte van God was, Homself ontledig het deur vir ons die gestalte van ‘n mens en van ‘n slaaf aan te neem en aan sy broers in alle opsigte gelyk geword het.

As ons dus moes soek na ‘n ander middelaar wat ons goedgesind sou wees, wie sou ons dan kon vind wat groter liefde vir ons sou hê as Hy wat sy lewe vir ons afgelê het, selfs toe ons nog sy vyande was?

3 Hoe raak dit ons lewens prakties hier en nou

Jesus wys op die doel van Petrus se bekering,

Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk. (Lk 22:32)

Sien u dit geliefdes?

Petrus moes besef hoe nodig hy die Here Jesus se Middelaarskap en Voorspraak vir sy lewe, sodat hy dit dan ook met ander kan deel.

Aan die einde van die Johannes evangelie, kom soek Jesus die Hoëpriester, wat vir Petrus voorspraak gedoen het by die Vader, wat vir hom gebid het, kom soek hy vir Petrus op, om die verhouding te herstel, ongelooflik, die een teen wie oortree is, soek die oortreder op….  en dan versterk Hy hom… sodat Petrus dan nou as onder- priester, profeet, koning, sy kerk kan versterk, te wys op Christus as die enigste Hoëpriester,

Petrus het hom bekeer, sien 22:62, Joh. 21…

Lees sy briewe, hoe hy geleer en dan toe ander leer, bv:

Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd. Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.” (1 Pe 5:6–9)

Al drie die sake wat Petrus moes leer:

– nederig voor die Here, nie sy eie kragte nie, Jesus nodig

– standvastig wees in die Here

– dink aan ander, wat swak is, nietig, aangeval word…

So geliefdes, wat beteken dit vir ons:

a) sien raak dat die Satan die kerk wil vernietig en aanval, dwaling van binne, vervolging van buite …. sien u persoonlik, gesin en lewenstryd in daardie lig

b) moenie in jou eie kragte vertrou nie, ook as gelowige nugter en waaksaam wees,

‘Simon Simon … Slabbert Slabbert’’’

Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” (1 Kor 10:12–13)

c) ek het Jesus se Voorspraak nodig, so ook vir my naaste, Jesus bid vir ons, wat dit nie verdien nie, ons moet bid vir naaste wat nie verdien nie.

Ek moet die troos van sy voorspraak met myself en ander deel:

WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees? Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie? Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” (Rom. 8:31–34)

Geliefdes, waar soek u u troos, soek u dit dalk by u eie werke, pogings, kragte, goeddoenery, samelewing, by die predikant wat my sien, kerk, ens.

Nee, ons belydenis vat dit pragtig saam:

Waarom sal ons ‘n ander voorspraak soek, aangesien dit God behaag het om ons sy Seun as Voorspraak te gee? Laat ons Hom geensins verlaat om ‘n ander te neem of liewer om ‘n ander een te soek sonder om hom ooit te vind nie. Want toe God Hom aan ons gegee het, het Hy goed geweet dat ons sondaars is. Volgens die bevel van Christus roep ons daarom die hemelse Vader aan deur Christus, ons enigste Middelaar, soos dit in die gebed van die Here geleer word; en ons is verseker dat alles wat ons die Vader in sy Naam sal bid, aan ons gegee sal word.

Laat ons daarom die Vader alleen nader in die gebed, in Christus ons Voorspraak, nie onsself of ander of dinge vertrou nie.

Ons sluit af met die troosvolle woorde van die Hebreër skrywer, wat ook deur NGB artikel 26 aangehaal word, en alles pragtig saamvat, Hebr. 4:

14      TERWYL ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.

15      Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

16      Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: