GEREFORMEERDE GELOOFSLEER
deur prof. dr. SJ van der Walt
Laasjaar het ons die Dogmatiek boek van prof PJ Coetzee hier beskikbaar gestel. Ek het ook op nog ‘n stukkie ou gereformeerde goud afgekom, wat ons ook hier beskikbaar stel (soos altyd, baie baie dankie vir Willem Swanepoel wat ons hierdie boeke elektronies verwerk en beskikbaar stel). Dit is oud-prof. SJ van der Walt se ‘(Gereformeerde) Sedeleer’, wat deel was van die ‘Handboek vir die Standerd 10 – Handboek vir die Onderwyser’ reeks:
Prof. van der Walt gee ‘n goeie samevatting van die bybels-gereformeerde geloofswaarhede, ons ongetwyfelde Christelike geloof (HK Sondag 7). Sien die artikel oor die verbond uit hierdie werk wat ek hier al geplaas het. Hopelik sal hierdie kosbare boek ook van groot waarde wees vir individuele gelowiges, gesinne, katkisante, kategete en gemeentes in hul geheel.
‘n Paar aanhalings:
“Die ware godsdiens: Dis duidelik dat godsdiens vir ons as gelowiges alleen kan beteken die band wat die mens aan die lewende, waaragtige God verbind. Dit is die teerste en heiligste maar ook die allerbelangrikste van ons hele bestaan. Daarin vind ons ons hoogste geluk en vrede in die lewe. Maar daarvan hang ook ons ewige geluk af. Die Bybel leer ons dat God die ewigheid in die hart van die mens gelê het (Pred. 3:11). Die mens is na Gods beeld geskape. Hy is dus op God aangelê. Om God te ken, lief te hê en te dien, is vir hom die lewe.
Al wat hy is en al wat hy het en al wat hy doen, wy hy aan die diens van God. Vir ʼn kind, byvoorbeeld, is selfs sy skoolwerk ʼn deel van sy godsdiens. Godsdiens is dus nie net ʼn kwessie van Bybel lees, bid en kerkbesoek nie, maar van ʼn volkome toegewyde lewe tot diens van God. God is dan vir ons alles in die lewe. Om Hom te verloor, is om alles te Geluk en vrede buite God is daar vir die mens nie te vinde nie. Sy siel kan nooit rus totdat in God die rus gevind is nie, soos die groot kerkvader Augustinus na bittere ervaring verklaar het.
Die valse godsdiens (afgodediens): Nieteenstaande die sondeval is godsdiens ʼn algemeen menslike verskynsel en is daar gʼn enkele mens wat nie ʼn godsdienstige of religieuse behoef te het nie. Selfs die mees geharde heiden kan die godsdienstige besef nie uit sy hart uitroei nie, want die mens bly ʼn beelddraer van God, al is dit ook deur die sonde geskend. Ook hy wat voorgee dat hy nie in God glo nie en wat aan geen kerk of geloof behoort nie, glo nogtans in God, al probeer hy dit onderdruk. Hy stry teen sy [10] eie beterwete, en daarom juis is hy so onverdraagsaam teen die godsdiens. Hy versin vir hom ʼn valse god of gode, maar sonder godsdiens kan hy nie bly nie. Sy sielehonger dryf hom om ʼn god te soek. Dit is byvoorbeeld die rede waarom Kommuniste Lenin en ander leiers tot afgode verhef.”
“God wil dat ons onderrig moet word in die heerlike waarheid wat Hy aan ons geopenbaar het (Deut. 6:1-7; Ef. 6:4). Die godsdiens behels die hoogste en die mees fundamentele wetenskap. Dis belangriker as enige ander wetenskap en kan alleen tot ons hoogste skade en diepste ongeluk nagelaat word. Dit gaan hier om die kennis van die lewende God wat die ewige lewe is. Onkundige lidmate is nie alleen swak en onstandvastig nie, maar ʼn positiewe gevaar vir kerk en staat. “My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis, sê die Here” (Hosea 4:6).”
Nota: die aanbeveling van die boek (en baie ander boeke), beteken nie dat ek altyd met elke detail en standpunt saamstem nie (ek stem bv. nie saam met prof. vd Walt se siening van die ‘skeppingsdae as tydperke/volgorde’ nie, ek vind my meer by prof. PJ Coetzee se verklaring daarvan in sy Dogmatiek boek).
Afrikaanse dogma boeke aanlyn:
Institusie van die Christelike Godsdiens, J Calvyn
Kosbare Goud, deur verskeie gereformeerde predikante en professore
Geloofsleer, B. Duvenhage
Dogmatiek, dr. PJ Coetzee
________________________
Nog deur dr. SJ van der Walt
Leave a Reply