LEER PREDIKING: NGB artikel 30 – Die Christusregering deur regeerders van die kerk

LEER PREDIKING: NGB artikel 30

Die Christusregering deur regeerders van die kerk

Lees: Efesiërs 1:21-23; 4:11-16

NGB artikel 30: Die regeerders van die kerk

Teksverse: “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegeeEn Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus … terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,” (Ef. 1:22; 4:11,12,15)

Tema: Die Christusregering deur die regeerders van die kerk

(Preekopname: GK Carletonville, 2022-03-06, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 30 (Ef. 1:22)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons het uit die Skrif geleer, met die prediking oor die temas van NGB 16-26,

dat die Vader vir hom ’n volk, ’n kerk uitverkies het vanuit die ewigheid,

om in en deur die geskiedenis gered te word,

op grond van die volkome priesterskap, koningskap, profeetskap van sy Seun,

deur die kragvolle werk van die Heilige Gees.

Daarvan het ons gelees in Ef. 1:1-14.

Ons bely dit samevattend in v/a 54 van die HK,

Vraag: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord4 in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly.

Christus is nie net die Redder van sy kerk nie, maar ook die enigste Hoof en Regeerder van sy kerk, wat deur die Vader aangestel is,

bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.” (Ef. 1:21–23)

SO, Jesus, nie die Pous nie, nie mense nie, nie die staat nie, nie die predikant of kerkraad nie, maar Jesus alleen is die enigste Hoof en Koning van sy Kerk

Maar, hoe regeer Jesus sy kerk?

Deur sy Gees én Woord, deur sy kinders in die amp van gelowige,

maar dan in die besonder deur die ampte of dienste wat Hy daar,

deur die hele Skrif op verskillende maniere in verskillende tye daargestel het.

Ons gaan meer leer oor die feit dat die Here se kerk ’n onsigbare of geestelike aspek het,

én ’n sigbare organisatoriese aspek het, as ons by NGB art. 27-29 gaan stilstaan,

maar ons sien hier duidelik in Ef. 1 vers 4, al die uitverkorenes,

deur alle eeue plekke en tye is sy kerk vir ewig en altyd,

maar Ef. 4, die kerk moet gestalte kry deur die verskillende ampte, v. 11 en verder.

Jesus alleen is die HOOF, ons as gelowiges, in beide amp van gelowige,

maar ook die besondere ampte, moet dan sigbaar die Hoofskap,

die Woord bedien deur die krag van die Gees.

En DAAROM, ons belydenis vanuit die Skrif,  in NGB art. 30 saamgevat,

Ons glo dat hierdie ware kerk ooreenkomstig die geestelike bestuurswyse wat ons Here ons in sy Woord geleer het, geregeer moet word.

En dan vervolg dit dat ons glo dat die Woord leer dat,

Daar moet naamlik dienaars of herders wees om die Woord van God te verkondig en die sakramente te bedien; ook ouderlinge en diakens om saam met die herders die kerkraad te vorm.

Jesus alleen is die Koning van die kerk,

maar Hy wil hê dat sy gesag, sy wil soos opgeteken in die Woord,

deur wat ons die ‘besondere ampte’ van predikant, ouderling en diakens

bedien word konkreet fisies in sy gemeentes hier op aarde, tot Hy weer kom.

En vandag, mag ons getuies wees van broeders, wat geroep word

en bevestig gaan word in die besondere dienste van ouderling en diaken.

MAAR, nou belangrik geliefdes, vir ons broers wat bevestig word,

reeds bevestig is, maar ook die hele gemeente, die vraag:

Is dit wat ons glo en bely daar in NGB art. 30 maar net ons mening?

Ander kerke doen dit anders, elkeen het maar sy eie manier van doen?

Nee geliefdes, waar ons uitgekom het met die belydenis van hierdie artikel,

is die vrug en samevatting van die geheel van die Skrif,

en hoe die Here ook nou gedien wil word, deur die besondere ampte.

En, daarom, soos ons in die eerste sin bely, dat sy kerke, gemeentes,

“ooreenkomstig die geestelike bestuurswyse wat ons Here ons in sy Woord geleer het, geregeer moet word”,

wil ons vanoggend baie oorsigtelik daarvan leer uit die Skrif,

om te sien wat ons glo aangaande die bybelse gereformeerde kerkregering,

soos saamgevat in ons belydenis.

DIE OU TESTAMENT

1) In die OT, was die Here se kerk daar, ‘van die begin af’, HK v/a 54,

onder Adam se nageslag, en die HERE roep en stel Abraham direk aan, en so ook die ander aartsvaders , Isak en Jakob, die Here het sy kerk, sy kinders regeer deur die aartsvaders, in hul families, die twaalfstamme wat voortgekom het uit Jakob.

2) Toe die Here later Jakob en sy regeerders, sy mede-regeerders na Egipte stuur,

en hulle daar ’n groot volk word, stuur die Here vir Moses om hul te verlos,

en daar hoor ons reeds van die ‘oudstes’ (Hebr. zagen) wat Israel saam regeer het,

En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die Here, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die Here, onse God, offer.” (Ex 3:18; 4:29)

Die woord beteken gewoon mense wat letterlik ouer en/of ervare is,

maar dit wys ook op ’n regeer/leer amp, soos ons sien in Gen. 50

dat die Egiptenare ook ‘oudstes’, dus leiers gehad het, en,

en let op die meervoud (dus meer as een)

3) Belangrik is om te vermeld, wat ons ook dan hoor in Ex. 18, Moses se skoonpa Jetro, wat in God se voorsienigheid, vir hom wys hy kan nie alleen regeer nie, het hulp nodig vir die groot volk,

Maar kies jy uit die hele volk bekwame manne wat God vrees, betroubare manne wat onregverdige wins haat. En stel dié aan oor hulle: owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor vyftig en owerstes oor tien;” (Ex 18:21)

En die Here beveel ook die levitiese amp waardeur die priesters ook sekere leer en regeer take verrig het.

4) As die volk later in die land Kanaan is, vind ons ook die koninklike amp wat in onderskeiding was van die profetiese en priesterlike amp, maar baie vermeng ook.

5) Regdeur die OT was daar dan ook wat ons noem ‘buitengewone ampte’ of ‘buitengewone gawes’ waar die Here verskillende mense gebruik het, gelowiges en ongelowiges, om sy profetiese woorde te spreek, dink aan die donkie van Bileam, Miriam wat profeteer, om sekere regeertake eenmalig uniek te beoefen, bv. Debora.

Maar die basiese regering was by Ex. 18:21, ‘bekwame manne wat God vrees’, in verskeie koninklike, priesterlike en profetiese gawes en take.

BAIE belangrik dus, ons kry die ‘oudstes’ van Israel regdeur die OT, tot in die NT tye, waar ons baiemaal in veral die Evangelies lees, van die ouderlinge wat saam die Skrifgeleerdes, Fariseërs, Sadduseers, ens. vergader en regeer het, in godsdienstige sake, maar baiemaal sosio-polities ook.

DIE NUWE TESTAMENT

Ons bely en glo volgens die Skrif, soos saamgevat in bv. HK Sondag 12,

dat al die koninklike, priesterlike en profetiese ampte/dienste volkome

vervul en gehandhaaf is en word deur die Koning van die Kerk, Jesus Christus.

MAAR, Christus as ewige Koning wil deur sy Gees en Woord,

deur ampsdraers ook regeer word, ook in NT tye.

In vervulling en op ander wyses soos die NT openbaar.

Maar,  definitief as Christus dan kom, dan sien ons hierdie verwikkelinge van die

kerkregering vir sy kerk vir die hele NT bedeling wat plaasvind:

1) Jesus as die volkome en Hoogste Apostel (Hebreërboek), roep en stel 12 apostels aan saam met ander 70, later kom Paulus by, om die finale fondament (Ef. 2:20), saam OT te lê, ook Paulus word direk deur Jesus, die Koning van die kerk aangestel, sien Hand. 9, 1 Kor. 15.

EN ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom. (Luk. 10:1)

Jesus direk en deur sy Apostels en dissipels direk het sekere ‘ampsdraers’ aangestel wat die fondamente van die kerk gelê het.

Die Twaalf, die 12 apostels was totaal uniek en eenmalige ‘buitengewone gawes en ampte’ vir die eerste eeu, hulle het direk onder Jesus geleer en direk deur Hom aangestel, maar daardie ‘buitengewone’ amp is nou verby.

Die spreek en tale, wonders gedoen, besondere unieke profesieë om die kerk te vestig het deur hulle

en sekeres wat eenmalik geprofeteer het, sien 1 Kor. 12-14, plaasgevind, en dit is verby.

Ons lees ook in Rom. 12 en Ef. 4 daarvan.

2) In die boek Handelinge, as Christus dan opvaar na die hemel, dan hoor ons alle mag en hemel en aarde, dus in en veral in die Kerk hoort aan Hom en Hom alleen, Matt. 28:18,

maar Hand. 1 en 2 en verder sien ons hoe die kerkregering van die NT in plek kom.

In Hand. 1 sien ons dat ‘n ander apostel, word deur die ander apostels aangestel,

Mattathias in Judas se plek.

Die kerk begin sigbaar vorm aanneem na Petrus se preek in Hand. 2,

baie kom tot geloof, en hulle en hulle kinders word gedoop, Hand. 2:39

En dan hoor ons waarmee die gelowiges besig is,

En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.” (Hand. 2:42)

En daarvoor is tyd, plek/ruimte en die ampte en dienste nodig,

wat alles deur die Apostels plaasvind.

In Handelinge 6 kom ons dan by ‘n groot draaipunt, weens die

versorging wat agterbly van grieksprekende jode,

in die Here se voorsienigheid, ontstaan die diaken diens of amp,

juis sodat die gemeente nie skade lei nie,

en dat die Woordbediening nie skade lei nie,

En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle, van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord.” (Hand. 6:2–4)

Hierdie manne, broeders, is dan ook deur die apostels aangestel, hande opgelê, v. 6

Ons lees nêrens hoe die ouderlinge amp ‘ontstaan’ het nie,

want dit was heeltyd daar, dit is oorgeneem van uit die OT se oudstes,

en ons lees reeds in evangelies daarvan,

maar dan al meer daarvan in die boek Handelinge, 11:30; 14:23

En dit het hulle ook gedoen en dit deur Bárnabas en Saulus aan die ouderlinge gestuur.” (Hand 11:30)

En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.” (Hand. 15:6)

Dus in die Evangelies, Christus en sy apostels, Handelinge en ander plekke, sien ons daar is

Apostels en ouderlinge, daar is ook diakens.

U sien die verskuiwings wat plaasvind?

EN NOU BAIE BELANGRIK,

As ons dan by die Pastorale Briewe van Paulus kom,

wat se hele fokus is op die gemeente inrigting en veral kerkregering,

1 Tim. 2 en 3, en 5:17-21, ens., dan sien ons die besondere ampte soos ons dit nou het.

EN onthou dit is Paulus se laaste woorde en wil deur die Gees van die kerk, 2 Tim. 4:6-8

dan sien ons ‘n BAIE belangrike saak, nl.

DAT AL DIE UNIEKE EENMALIGE BUITENGEWONE GAWES, AMPTE EN TAKE

VERDWYN HET, OPGEHOU HET, OMDAT DIE FONDAMENTE GELE IS,

EN VIND ONS DIE TWEE AMPTE, OFTWEL DRIE AMPTE soos

bely daar in NGB art. 30.

Paulus skryf aan 1 Timoteus, 3:15, hoe om in die huis van God te gedra,

aan Titus, om ouderlinge aan te stel.

In 1 Tim. 2:11-15 wys hy wie nie in hierdie ampte kan dien nie

in 1 Tim. 3:1-7 die opsieners (episkopos) ‘n ander woord vir oudstes (presbyterios)

in 1 Tim. 3:8-12 die diakens en hul vroue wat hul help

sodat ons lees in Filp. 1:1, van die gemeente in Filippi, met ouderlinge en diakens,

PAULUS en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens

MAAR, waar is dan die wat die NGB 30 noem ‘dienaars en herders’ wat die Woord en sakramente moet bedien?

Sommige meen daar is nie so besondere amp nie, slegs 2 ampte, nl. ouderlinge en diakens

Die gereformeerde siening soos verwoord in NGB art. 30 is as volg,

algemeen; die profetiese taak en roeping soos gesien in Moses, die profete,

in Timoteus en Titus, asook die ‘engele’ wat aangespreek word in Op. 2 en 3,

asook woorde soos ‘herder, leraars’ van Ef. 4, ‘voorgangers’ van Rom. 12

wys op hierdie ‘besonder amp’.

Alle leraars is ook ouderlinge, sien 1 Pe. 5:1,2 = Petrus aan sy mede-ouderlinge, moet kan leer en regeer, 1 Tim. 3, Tit. 1 maar alle ouderlinge is nie leraars en herders wat die Woord en sakramente bedien soos NGB art. 30 onderskei nie.

Sommige het begin praat van ‘regerende ouderlinge en ander ‘lerende ouderlinge’

maar onthou alle ouderling moet leer en regeer.

Die sentrale teks egter, is 1 Tim. 5:17b,18 waar die onderskeid onder die ouderlinge

is, LEES, wat daar letterlik staan, is: wat VERAL SWOEG IN WOORD EN LEER,

en vers 18, wat verwys na Deut. 25:4 en Jesus se woorde in Luk. 10:7

dat soveel tyd aan die bediening toegestaan word deur sekeres dat hul

omdat hul nie daaglikse werk kon doen nie, versorg moet word.

ONTHOU: Paulus het nie groot gesin en ander take gehad nie, daarom nie gebruik

nie, maar ook hy handhaaf ‘versorging’ in 1 Kor. 9:9-14

SO, reg verstaan 2 of 3 ampte noem, onderskeid in TAAK en FOKUS, nie waardigheid nie, nie ds kerke nie, almal kan leer en regeer met fokus.

BELANGRIK, dit is juis dat die gemeente, skape nie skade lei nie,

en die Here se bedienaars nie skade lei nie,

dat ons ’n Kerkorde het wat al die aspekte van beide gemeente en leraars beskerm.

SO, geliefdes, dit is die oorsig, van OT na NT.

Toepassing:

Bybels-gereformeerde kerkregering verwerp VIDA, apostel sektes of hul wat meen geen besondere ampte is meer nodig nie.

Ja, die ware kerk is alle gelowiges, waar ookal, maar God roep ook tot konkrete kerk wees, eredienste, sakramente, saam wees, bediening, en daarom die besondere ampte.

“…. want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges. … Laat alles welvoeglik en ordelik toegaan.” (1 Kor 14:33–40)

Doel van kerkregering, ampte en alles: sy eer en die heil van sy gemeente.

AMEN.

One thought on “LEER PREDIKING: NGB artikel 30 – Die Christusregering deur regeerders van die kerk

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: