PR Theological Journal: Prediking – verklarend en toepassend

Nuutste PRT Journal (April 2022): Prediking

Behalwe vir die behulpsame artikels oor:

a) goeie bybels-gereformeerde prediking (ook om die ‘kwaadwillige etiket’ opnuut te vernietig dat die PRCA glo die ‘evangelie moet nie aan alle mense sonder onderskeid verkondig word met ‘n oproep tot geloof en bekering nie [DL 2.1-8] … maar net aan die uitverkorenes alleen’ (hoe op dese aarde kry mens so iets reg in elkgeval, kan enigeen in mense se harte kyk…?), is daar ook

b) die ‘book reviews’ afdeling wat baie behulpsaam is, om sodoende kennis te neem van nuwe boeke om verder te bestudeer.

Ek het o.a. die volgende resensies/boeke interessant gevind:

Grounded in Heaven: Recentering Christian Hope and Life on God, by Michael Allen (sterk en swakpunte van ‘neo calvinisme’ word uitgewys).

Zwingli: God’s Armed Prophet, by Bruce Gordon (‘n Hervormer wat na my mening nie genoeg aandag kry by ons nie … die boek en resent wys ook op ‘n baie meer gebalanseerde siening van Zwingli se ‘gedagtenis maaltyd’, teenoor die gebruiklike valse etiket dat Zwingli nie die werklike geestelike teenwoordigheid van Christus in die nagmaal bely en geleer het nie)

The Covenant Theology of Jonathan Edwards: Law, Gospel, and Evangelical Obedience, by Paul J. Hoehner (die resent wys daarop dat baie van Edwards se skrywes is [na sy mening] ‘onduidelik, weersprekend, vaag’ oor die onderwerp van die verbond, en pleit vir:

“With regard to the nature of the covenant, Edwards had profound insights that subsequent theologians could explore profitably in their own development of the doctrine. Developing a consistently sound, unified, and clear doctrine of the covenant, originating in the Trinity and culminating in the unconditional (that is, gracious) covenant of God in Christ with the elect church, awaited later (Dutch Reformed) theologians. Their names would be Herman Bavinck and Herman Hoeksema.”

Ekself het nog nie Edwards gelees nie, so ek neem slegs kennis van die resent se opmerkings, aangesien baie gereformeerdes van die VSA vir Edwards beskou as hul groots teoloog nog.

Till Death Do Us Part? What the Bible Really Says about Marriage and Divorce, by Joseph A. Webb (die resent stem met sekere aspekte van Webb se siening saam en ander nie, oor hierdie baie aktuele en ongelukkig ‘kontroversiële’ onderwerp wat deur die hele kerkgeskiedenis, en vandag nog ‘n groot verskil punt is, ook onder regsinnige gelowiges, wat natuurlik ook groot gevolge het vir ons huwelike en gemeentes)

“Webb calls attention with alarm to society’s acceptance of remarriage, although the consequences of divorce and remarriage are devastating, not only to churches but also to society: “Our society has accepted adultery as a social norm” (189). In the judgment of this reviewer, divorce may well be the leading cause of the breakdown of society. God established the family, prior to Adam’s fall, as the foundation of society, and divorce destroys the family. Divorce and remarriage are certainly destructive of the churches.” 

The Spiritual Marriage between Christ and His Church and Every One of the Faithful, by Girolamo Zanchi (Zanchius is ietwat onbekend by baie vandag, maar ook ‘n reformator om meer van te lees, hy is ook die skrywer van die werk ‘Double Predestination‘)

Onthou, soos altyd en met alles wat ons lees en bestudeer, mens hoef nie met alles saam te stem nie, maar kan baie leer, en ons lees alles in die lig van Hand. 17:11.

Die volledige joernaal kan hier afgelaai word (asook vorige weergawes): 

https://www.prcts.org/journal

Skryf ook gerus aan die redakteur van PRTJ om die harde kopie gratis te ontvang. 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: