BOEKBEKENDSTELLING:
Dopper Kerke – Quo Vadis in 2026?

“EN toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:13–18)
Inhoud:
1. Die Huidige Krisis in die GKSA
2. Die historiese agtergrond
a. 1652 – 1800: een enkel Gereformeerde Kerk
b. 1800 – 1859: Die ontstaan van die drie ‘susterskerke’
c. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (1843)
d. Die Nederduits Hervormde Kerk (1853)
e. Die Doppers
f. Die Gereformeerde Kerk (1859)
3. Was dit geregverdig?
4. Hoekom het die Doppers die gesange verwerp?
5. Die deformasie in die GKSA: Sinodes van 1939, 1985, 2003
6. Vandag
7. Die Toekoms
8. Sal ‘n daadwerklike skeuring gekeer kan word?
9. Waarin lê ons Hoop?
BYLAAG: ‘n Opebrief aan die redakteur van Die Kerkblad en prof. Amie van Wyk
R50-00 per boekie
BESTEL BY PRO REGNO BOEKE: 082 7702669 of proregno@gmail.com
INLEIDING
Die artikels wat in hierdie publikasie saamgevoeg is, het oorspronklik in die Standard Bearer verskyn (kerklike tydskrif van die Protestant Reformed Churches of America, vol. 80, nrs. 13, 14, 16 (April-Mei 2004).
Dit is in Afrikaans vertaal deur Hannes van Heerden (Diamantvallei Gereformeerde Gemeente). Die skrywer het die terugvoer wat hy ontvang het in hierdie Afrikaanse uitgawe verwerk, waar dit nodig geag is. Heelwat jare het verloop, ek het hier en daar inligting verwerk, aangepas en verder bygewerk (sien veral ook die voetnotas vir nuwe inligting en verloop van sake), maar die wese van die oorspronklike artikels is nog dieselfde. Ek behou ook ouer inligting en sake nogsteeds in die teks vir historiese doeleindes, al het daar al verdere veranderinge en ontwikkelinge plaasgevind tot en met die einde van die jaar 2025 van ons Here Jesus Christus.
Mag hierdie klein bydrae tot ons kerke se geskiedenis van die verlede en hede, vandag se dopper gelowiges help om die volgende woorde in nederigheid van harte na te jaag ook in ons eie tye, tot eer van ons Here en die heil van sy kerke wat saam vergader in die GKSA kerkverband en ander kerkverbande:
“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.” (Hebr. 13:7–9)
Slabbert Le Cornu
Carletonville – November 2025
‘n Paar aanhalings uit die publikasie:
“Dit was dan juis presies hierdie twee sake wat Calvyn beklemtoon het, die leer van verlossing én die suiwer erediens, wat bewustelik of onbewustelik op die spel was vir die Dopper gereformeerdes in 1859. In die afvallige kerke van die Kaap, en later in die Vrystaat en die Transvaal, was die leer van die soewereine beskikking van God, sy soewereine genade en uitverkiesing, sy suiwer Evangelie; én, God se soewereine reg om aanbid te word soos wat Hy beveel (en nie volgens die vrysinnigheid van die liberalisme of emosionalisme van die metodisme nie), in gedrang. Beide leringe, redding én die erediens, was die meeste aangeval deur die ingebruikneming van die sogenaamde evangeliese Gesange. En, in elke kerklike stryd, in alle leer, erediens en kerkregeringsake, moet opnuut hierdie twee sake erken en besef word vir bekering en verdere reformasie ook vir ons eie tye, in die goeie stryd wat ons ook vandag moet stry en aanhou stryd tot die einde toe (1 Tim. 6:12; 2 Tim. 4:7).” – S. Le Cornu
“Dit beteken dat ons tans by die grootste meningverskil van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) in sy 144-jarige bestaan uitgekom het. Die meningsverskil is onweerlegbaar, maar ons bede is dat die Here ons van ʼn skeuring sal bewaar.” – Emeritus professor Amie (JH) van Wyk, redakteur van Die Kerkblad, die amptelike kerkblad van die GKSA, in die Desember 2003 uitgawe
In die heel eerste uitgawe van Die Kerkblad na die Sinode (29 Januarie, 2003), het die vorige (uitgaande) redakteur, Prof. GJC Jordaan (professor in NT, by die GKSA teologiese skool, TSP) gewaarsku teen die moontlike nuwe rigting van die GKSA. Hy het tereg genoem dat ons van die Skrif moet gaan na die praktyk en nie van die Praktyk na die Skrif nie. Hy het hierdeur in soveel woorde geïmpliseer dat die huidige krisis in die GKSA teruggebring kan word na verskillende Skrifbeskouings. Histories het die GKSA nog altyd sterk gestaan by wat genoem word openbaringshistoriese of heilshistoriese prediking, en dit blyk nou dat dit besig is om deur ʼn nuwe hermeneutiek vervang te word, of dat dit ten minste ʼn staanplek naas dit verkry, ʼn benadering wat genoem word ʼn sosio-historiese soort van prediking en verstaan van die Skrif. Prof. Jordaan het verder gewaarsku teen die moontlike ekumeniese implikasies van die besluite van die Sinode van 2003. Hierdie besluite kan die kerk teruglei na die NG Kerk in Suid Afrika, die Christelik Gereformeerde Kerk in Noord Amerika en selfs heeltemal terug na die Gereformeerde Kerken in Nederland (waarmee die GKSA reeds bande gebreek het in die 1970’s, vanweë hulle ‘nuwere Skrifbeskouing’ wat gelei het tot liberalisme na VIDA, en daarna homoseksualisme). …
En nou, terwyl ek hierdie byvoeging skryf in November 2025, is (prof. Amie van Wyk) se waarskuwende woorde nog meer relevant, maar dan veral vir gemeentes wat weier om te bekeer en hul te onderwerp aan die Here se wil aangaande die kerkregering, en daarom as’t ware ‘n ‘amptelike’ skeuring op die GKSA wil afdwing by sinode 2026. Die GKSA het ‘n amptelike groot skeuring oor die vertaling-, nagmaal-, NGK samewerking-, rusdag-, Cloeteberyming, ens. kwessies alles oorleef, ongeag dat sommige (insluitende myself!) meen dat in baie van hierdie sake reeds goeie bybelse en konfessionele gronde was en is om af te skei, verder te bekeer en reformeer tot eer van God en die heil van ons kerke! Gaan die GKSA oor die VIDA kwessie, ‘n verdere of amptelike skeuring kan vermy, en sommige sal vra: om juis tot eer van God en die heil van ons kerke, mag ons dit probeer vermy?” – ds. S. Le Cornu, Gereformeerde Kerk Carletonville
R50-00 per boekie
BESTEL BY PRO REGNO BOEKE: 082 7702669 of proregno@gmail.com
_____________________
ANDER BOEKE BESKIKBAAR BY:

ADMIN REëLINGS (vir aanlyn aankope)
1 Enige navrae moet per e-pos of whatsapp gedoen word, verkieslik nie telefonies nie, asb.
2 Boeke word nie uitgehou nie, behalwe wanneer inbetaling reeds gedoen is.
3 Daar moet gepoog word om boeke af te haal in Carletonville, Potchefstroom of Pretoria soos prakties gereël. Indien boeke gepos word is dit op u eie risiko. LET WEL: ek pos net deur Courier Guy (minimum bedrag: R140 per pakkie). Pryse hier onder sluit nie posgeld in nie, en moet dus nog by bereken word.
4) Elke opvolgende boeklys vervang die vorige boeklyste en pryse. LET WEL: fotos word nie opgedateer nie, so doen eers navraag of boeke nog beskikbaar is. Ek dateer ook die laaste boeklys op soos boeke verkoop word of daar boeke bykom, so maak seker of die boeke nog beskikbaar is voordat u bestel, dankie. Fotos en boeke beskikbaar stem nie altyd ooreen nie.
5) Hier is die rekening vir inbetaling, asook kontak besonderhede:
S. Le Cornu
Absa tjek nr. 01095190673
Takkode: 632005
Verwysing: u voorletters en van
Kontakbesonderhede
Slabbert Le Cornu
Selnr. 082 770 2669
E-pos: proregno@gmail.com
Prosedure om te volg vir boek aankope:
1 Stuur u lys van boeke wat u wil aankoop na bogenoemde kontakbesonderhede (e-pos of whatsapp).
2 Ek sal laat weet wat beskikbaar is en die spesifieke bedrag wat inbetaal moet word, laat weet ook of u boeke gaan kry in Carletonville, Potch of Pretoria, en of dit bv. per Postnet of Courier Guy gepos moet word.
3 Sodra ek u inbetaling ontvang het, is die boeke u s’n.
_________________________________
R250; R80-00; R250; R80

R50-00; R50; R30

1933 Ou Afrikaanse Vertaling weergawe (uitgegee in 1952), een jaar voor die hersiene uitgawe (1953) verskyn het: R350-00

Pryse vlnr: R120; ; R150; R150; R200
KOMMENTARE

VLNR: R150, R100, R100, R80, R80, R100, R80

HELE STEL, 11 dele = R750-00 (afsonderlike dele: doen navraag asb.)
Meer inligting en nuwe pryse: https://bestcommentaries.com/series/new-international-commentary-on-the-new-testament-nicnt/

R150, R200, R100, R100, R100, R100

R80-00, R60-00, R30, 30
HIERDIE IS ALMAL SPLINTERNUWE BOEKE, NIE TWEEDEHANDS NIE:

Pryse van links na regs: R370; VERKOOP; VERKOOP; VERKOOP; VERKOOP; VERKOOP; R350.
Edersheim se werk is ‘n klassieke standaardwerk, aangesien hy ‘n bekeerde Jood was wat ook ‘n Presbiteriaan geword het in Skotland, en baie deeglik skryf oor Christus se tye:


R100; R100; R350 (Murray is een van die beste kommentare op Romeine); R120; R100

R150; VERKOOP; VERKOOP; R70-00
Versamelstuk: die Markus kommentaar van Groenewald is nie die gewone ‘swart kommentaar’ 1973 uitgawe van 177 bladsye nie, maar sy volledige kommentaar op Markus met al sy baie deeglike eksegese aantekeninge, opsommings en oorspronklike taal notas daarby, 405 bladsye, die 1948 uitgawe.
Totius oor prof. Groenewald se Markus kommentaar (beklemtoning bygevoeg):
… In sy homiletiese opmerking kom prof. Groenewald terug op die poging wat tot versoening aangewend is. Hy sê: „Baie pogings is aangewend om die uitspraak van vs. 12 te versag of tersy te stel, omdat dit ‘n harde woord is. Maar die pogings slaag nie …. Om die oordeel te ontwyk, moet hy (die méns) nie probeer die Woord hervorm of aanpas by sy insigte of opvattinge nie, maar veeleer hom buig onder die gesag daarvan” (bl. 94).
Op die vraag of die saaier dan saai sodat sy saad verlore mag gaan, antwoord die professor: „Die ‘sodat’ het egter grond in die vrymagtige beskikking van God. Diegene wat telkens geleentheid gehad het om te hoor, en nog buite staan, het alleen huileself te blameer wanneer moedswillige blindheid die oordeel van ewige blindheid op hulle haal”.
Ons merk nog op dat in die gelykluidende plek in Mattheus staan: „omdat hulle,terwyl hulle sien, nie sien nie” (Matth. 13:13). Hier word dus die menslike verantwoordelikheid gehandhaaf, en ook hierdie „omdat” handhaaf ons. Die Verkiesing en die Genadeverbond is dan ook vir die Gereformeerdes geen teenstrydighede nie. Die een sowel as die ander word in die Skrif duidelik geleer. Dit is die twee vleuels waarop die geloofslewe drywe. Maar genoeg oor hierdie nuwe uitnemende kommentaar.” (Die Kerkblad, no. 1106, 6 Mei 1949.)

R100 per boek, ‘Inleiding’ = VERKOOP

R120-00

Prys: R350-00
Meer inligting van hierdie standaardwerk oor Paulus, sien hier: Paul

R900 vir 11 dele

Pryse: VERKOOP; R80; VERKOOP; R20
Oor Postma die Prediker boekie, sien hier: Postma

R100, VERKOOP, VERKOOP

R100-00
“Are there good reasons to baptize the children of believers? What does the Bible say about your children? Robert Booth carefully shows God’s covenant promises to Christian parents and their households.”
Excellent. . . . the most helpful discussion I have seen for the general reader. . . . Because of his own theologicwl transformation [Booth] writes in a way that will be particularly insightful and helpful to others. — Greg L. Bahnsen
Especially strong in the clarity of its peresentation, the inclusion of sample dialogues to make the book more personal, and the concern for love . . . [Booth] is clearly friendly to those with whom he disagrees, but not at the expense of truth — Vern S. Poythress, Professor of New Testament, Westminster Theological Seminary; author, Redeeming Science: A God-Centered Approach

FW Grosheide en S. Greijdanus was twee skitterende gereformeerde verklaarders van die Skrif in die eerste helfte van die 20ste eeu, veral Greijdanus. As jy met die Grieks kan werk, is hierdie kosbare diepsinnige verklarings om te gebruik: R70-00 per boek, as jy al die boeke vat, is dit R50-00 per boek.

VERKOOP; R100; R100; VERKOOP; VERKOOP; VERKOOP; R250; VERKOOP; VERKOOP; R200 (2 vol.); VERKOOP.
Daar is ook ‘n x3 volume stel vir R900-00

ENGELSE KOMMENTARE: Psalms- Plumer R200; Hendriksen: R100; Luther kommentare R70-00 elk; Hodge: R100; Hoeksema: R200; res van die kommentare is tussen R50-R80, doen navrae oor pryse.

Al die boeke is R50-00 per boek, behalwe groen boeke (HNT) is R70-00 per boek.

R300 (nuwe boek is R900); R50; R100; R100; R50; R250 (nuwe boek is R650); R100; R200; VERKOOP

Bavinck, 4 dele: R400; die rooi boeke is Kuyper se 4 dele verklaring van die HK, R200; Kuyper se Encyclopedia (Dogmatiek), 3 dele, R150; Van Dale standaard woordeboek van ou Nederlands, R150 (as jy al die boeke saamkoop, kry jy die Van Dale gratis!)

Byb-Hebr naslaan grammatika: VERKOOP; R100; die ander tale boeke, maak my ‘n prys?

Verkoop; R80-00; R100; R100; R50; Grootdruk (beskadig), maar nog leesbaar: R120-00

VERKOOP; VERKOOP; R50; R50; R80; R50; R50; R100; R250 (nuwe prys: R550); R100; R50; R50; R80; R250 (nuwe boek: R500)

R150 per boek (los dele van Calvyn se Institusies), R100; R120; R100; R200; VERKOOP; R50; R30; R30; R50; R50; R100; R120;

R100; R50; R100; R100; R50; VERKOOP; VERKOOP; R50; VERKOOP; R30; R50; VERKOOP; R30; VERKOOP; R50; R70; R40; R30; R50; VERKOOP

R30 per boekie (2de boekie verkoop)

R30 per boekie (laaste boekie verkoop)

Dale, Van (uitg.)-Groot Woordenboek van de Nederlandse Taal (TWEEDEHANDS, 14e druk, 2005, 3-dele, 4464 bl.): R1000-00
BOEKE VAN VORIGE VERKOPE (onthou, pryse kan verskil van lys tot lys):
E. AFRIKAANSE BOEKE

R80-00; VERKOOP; VERKOOP
F. ENGELSE BOEKE

R100; VERKOOP; R150; VERKOOP

R70; R120; R50; R100

R100; R70-00; R70-00; R70-00


EXPOSITOR’S COMMENTARY SET, 5 VOLUMES (ONVOLLEDIG, KORT X1 BOEK): R300

R100; R50; R100

VERKOOP; R500 (2020 VERTALING groot druk); R80

VERKOOP; R100, meer inligting oor hierdie boek hier:
WAARHEID WOENSDAG LESING: Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?

R50-00; R20-00; R50-00
Meer inligting oor bogenoemde boekies:
Totius: Genade, alles, Genade
Bavinck: Welsprekenheid
Doopsformulier: In Christus geheilig

Preekbundels: R50-00 per boek

R350-00 vir die stel (R100 afsonderlik)

R150-00

R250-00; R100-00; VERKOOP
LET WEL: Sekere boeke op die foto’s hieronder is REEDS verkoop, so doen eers navrae of boeke nog in voorraad is! Kyk na die pryse wat deurstreep is of waar daar staan ‘verkoop’, dit is die boeke wat reeds verkoop is:

VLNR: R400 vir 4 dele; Oorsprong&Rigting, HG Stoker, 2 dele: R200; History of Christian Doctrines, L. Berkhof, R120; verkoop; verkoop; Meaning of History, H. Berkhof, R100; More than Conquerers (comm. on Revelation), Hendriksen, R100; Gospel of John commentary, R150; Bybelse Ensiklopedie, x2 dele, R200.
NUWE PUBLIKASIE: Rigting – Woord of Tydsgees, prof. Hendrik van der Wateren, R200

Sien hier meer inligting oor die boek, asook ‘n onderhoud met die skrywer:
Woord of Tydsgees

verkoop; R150; verkoop; verkoop

R100; R100; verkoop
OUER boeklyste:
Inhoud:
– Bybels
– Stel van 3 boeke
– Geskiedenisboeke
– Bybelstudie hulpmiddels
– Afrikaanse boeke
– Totius stel
– Engelse kommentare
– Engelse boeke (1-4)
– Nederlandse stel oor etiek
– Ouer Pro Regno boekelyste
LET WEL: doen navraag oor enige van die boeke hier onder direk per whatsapp (082 770 2669), dan sal ek meer inligting stuur:
verkoop; Grootdruk 2020-vertaling, R250-00; verkoop; OAV 1933-vertaling, R200; verkoop; OAV sakbybel
BYBELSTUDIE HULPMIDDELS:

VLNR: R200-00; R100; R200
AFRIKAANSE BOEKE:

VLNR: Dirk Postma, GCP vd Vyver R90; Dwaasheid om te Preek, VE d’Assonville R40; HK verklaring, VERKOOP; Dogmatiek, JA Heyns R130; Nuwe mens onderweg – tien gebooie verklaring, JA Heyns R50
TOTIUS SE VERSAMELDE WERKE:

VOLLEDIGE STEL, dus 11 dele: R900
(Los dele is beskikbaar teen R100 per boek)
ENGELSE KOMMENTARE:

VLNR: John commentary B Lindars, R100; Grosheide Commenary on Galatians R130; Philipians commentary by Hendriksen R130; Hendriksen: R130 (Ephesians); More than Conquerors commentary on Revelation, Hendriksen R100
ENGELSE BOEKE (1)

VLNR: R100; verkoop; R80; R80; VERKOOP
ENGELS BOEKE (2)

VLNR:VERKOOP; R100; VERKOOP; R100; R200
NEDERLANDSE STEL OOR ETIEK

x13 boeke (kort nr. 12): R300-00
OU PRO REGNO BOEKLYSTE
(Indien daar boeke is op hierdie ou lyste wat ook in bogonoemde lys, dan geld bogenoemde lys se prys)
LET WEL, doen a) eers navraag of enige van hierdie ouer boeke nog in voorraad is, en b) wat die nuutste pryse is (pryse verander heeltyd), dankie:

Leave a comment