Posted by: proregno | February 14, 2007

SONDAG 35: Ursinus se verklaring van die tweede gebod

SONDAG 35: Ursinus se verklaring van die tweede gebod

[Vertaal in Afrikaans deur S. Le Cornu vanuit “HET SCHATBOEK der verklaringen van de Heidelbergse Catechismus. Uit de Latijnse lessen ZACHARIAS URSINUS.[1] Opgemaakt door David Pareus. Vertaald Deur Festus Hommius. Vervolgens overzien door Johannes Spiljardus en Joan van den Honert. Nu in het hedendaags Nederlands herschreven en van een inleiding voorzien door ds. J. van der Haar. Deel 2: Zondag 25t/m 52. Houten: Den Hartog. Derde druk, 1997 (1980). Nota: Hierdie is ‘n vertaling van die eerste deel van Ursinus se behandeling van v/a 96, p.268-272.]

Inleiding deur S. Le Cornu
Die regulerende beginsel van die Erediens/Aanbidding (RBE) leer dat ons God “op geen ander manier (moet) vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie” (HK, v/a 96). Hierdie beginsel word dan ook eksplisiet en implisiet in ons gereformeerde belydenis gevind, o.a. NGB artikel 7; artikel 32; 34, 35 en vraag en antwoord 91 en 96 van die HK.[2]

Tydens ‘n lesing gehou by die 2001-International Conference of Reformed Churches (ICRC), stel ds. GI Williamson dit dat die RBE:

“… nog nooit êrens helderder uitgedruk is as in die Heidelbergse Kategismus nie: ‘Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie, en Hom op geen manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.’ … Ursinus … het dit as volg verduidelik: ‘Die doel en die rede vir hierdie gebod is dat die ware God … vereer moet word op die manier … wat Hom behaag, en nie deur ‘n erediens volgens die verbeelding en gedagtes van die mens nie … (en) dat die erediens van God soos dit voorgeskryf is, suiwer en onvermeng bewaar moet bly.’ Of sommer kortweg: ‘Om God waarlik te vereer, beteken om Hom te dien op die manier wat Hy self voorgeskryf het …’ ”

Gijsbert Voetius, ‘n afgevaardigde na die Sinode van Dordt (1618/19), beantwoord in sy kommentaar op die Heidelbergse Kategismus aangaande die tweede gebod (Sondag 35), met verwysing na Deut.4:2; 12:32; Matt.15:9; Kol.2:21-23, die vraag hoe die tweede gebod verbreek word, as volg:

“Wanneer men hem door beelden wil eeren ende dienen, ofte wanneer men hem wil dienen op soodanige wijse, die daer directelick tegen Godts woort strijt, ofte die buyten Gods woort is, gefondeert op instellingen van menschen, of op ons eygen goetduncken; gelijck geschiet onder die van’t Pausdom door hare ceremonien ende menschlicke traditien.”[3]

Dit is daarom vreemd as sommiges nogsteeds dit probeer voorstel asof die regulerende beginsel slegs ‘n presbiteriaanse/puriteinse beginsel is,[4] en dus nie ook ‘n beginsel is wat uit die kontinentale gereformeerde wêreld gegroei het nie, d.w.s. uit die kerke van die Drie Formuliere van Eenheid nie.[5]

Hierdie ongeldige bewering is egter niks nuuts nie. Die bekende Anglikaanse teoloog en skrywer, J.I. Packer, skryf: “The idea that direct biblical warrant, in the form of precept or precedent, is required to sanction every item included in the public worship of God was in fact a Puritan innovation, which crystallised out in the course of the prolonged debates that followed the Elizabethan settlement.”[6]

Derek Thomas antwoord die aanklag as volg:

“Om soos Packer te suggereer dat die regulerende beginsel ‘n “Puriteinse nuwigheid” van die ‘Elizabethan settlement’ is, is heeltemal vals. Calvyn het in ‘n aanhangsel tot sy Formulier vir die bediening van die Doop, vir gebruik in die kerk van Geneva, soos volg geskryf:
‘Ons weet dat op ander plekke daar baie seremonies is wat baie oud is, maar omdat hul uit eie plesier uitgedink is … is dit onbelangrik, omdat dit uitgedink is sonder die gesag van God se Woord; en omdat, aan die anderkant, soveel bygelowe daaruit ontstaan het, dat ons geensins daarin getwyfel het om dit af te skaf nie, sodat daar niks is wat die mense keer om direk na Christus te gaan nie. Eerstens, wat nie beveel is nie is ons nie vry om te kies nie. Tweedens, niks wat nie dien tot opbou nie moet in die Kerk ontvang word nie.’ “[7]

Prof. David J. Engelsma, nadat hy die regulerende beginsel verantwoord het in die lyn van die kontinentale gereformeerde tradisie, skryf as volg:

“In hul verdediging van die regulerende beginsel het beide Ursinus en Voetius (nie puriteine of presbiteriane nie – SLC) hulself as getroue dissipels van Johannes Calvyn bewys, wat die derde verteenwoordiger is van die Gereformeerde tradisie. Ek verbaas my oor die vermetelheid, of onkunde van Gereformeerde teoloë en predikante vandag wat die regulerende beginsel laat vaar en Gereformeerde aanbidding oopmaak vir eiewillige, willekeurige en grillerige seremonies wat progressiewe aanbidding karakteriseer. Of hulle weet nie, of hul gee nie om dat Calvyn die regulerende beginsel geleer het nie. Of hul weet dit nie, of hul gee nie om dat Calvyn daarop aangedring het dat die regulerende beginsel ‘n noodsaaklikheid vir die ware Gereformeerde godsdiens is nie, want hy het die verwerping van die regulerende beginsel gesien as ‘n groot deel van die oorsaak vir die Rooms Katolieke bygeloof en afgodery.” [8]

Die doel van hierdie vertaling
Die doel van hierdie vertaling van ‘n gedeelte van Ursinus se verklaring van v/a 96, is om te sien of daar enige gronde is vir ds. Williamson se stelling dat die regulrende beginsel van die erediens (RBE) gegrondves is in die belydenis van v/a 96.[9] Dit is ‘n gegewe dat ons kontinentale gereformeerde tradisie en kerkgeskiedenis nie die term ‘regulerende beginsel van die erediens’ gebruik het nie, maar dit inhoud en saak, ‘Om die HERE te dien soos Hy beveel’ is en was nog altyd daar. Daar is wel verskil onder gereformeerdes oor die spesifieke toepassing van die RBE, maar die beginsel is stewig begrond in die Skrifte en die gereformeerde belydenis. Kom ons kyk wat Ursinus self sê oor vraag en antwoord 96 en die erediens aan die HERE:
_________________________________

SONDAG 35: Verklaring van die tweede gebod

Dat die ware God van Israel door ons reg geken, gevrees, bemin en met godsdienstige eer gedien moet word, is in die eerste gebod voorge­stel, en in die vorige Sondagsafdeling verklaar.

Hoe hierdie enige God gedien moet word, of op watter manier hierdie diens Hom bewys moet wor­d, word vervolgens voorgeskrywe in die tweede gebod, naamlik nie deur beelde, of deur ‘n menslik-uitgedinkte godsdiens nie, maar soos Hyself in Sy Woord ons beveel het.

Daardie gebod word verklaar in hierdie Sondagafdeling, waarin voorgestel word:
1. Die verk1aring, in Vraag 96.
2. Enkele besware tot nadere verklaring beantwoord, in die Vrae 97 en 98.

DIE TWEEDE GEBOD

Exodus 20: 4-6 en Deuteronomium 5: 8-10
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod ?
Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie b).
a) Deut. 4: 15-29, Jes. 40: 18-25, Rom. 1 : 23-25, Hand. 17 : 29. b) 1 Sam. 15 : 23, Deut. 12 : 30-32, Matth. 15 : 9.

Verklaring van Vraag 96

Bastingius. In die eerste gebod is verklaar, dat ons alleen die enige God mag liefhê, eer en dien, naamlik Hy wat Homself aan Sy Kerk in Sy Woord geopenbaar het. Maar hoe hierdie God deur ons gedien en ge-eer wil word, word hier met goeie onderskeiding in die tweede gebod onderwys, te wete nie deur beelde of enige vorm, maar alleen op so ‘n manier soos Hyself in Sy Woord uitdruk en voorskryf, om Sy diens daarvolgens in te rig.

In die tweede gebod is twee sake begrepe: Die gebod se1f, en ‘n vermaning en aansporing tot gehoorsaamheid. Oor die gebod sal ons eerste spreek, en daarna oor die bygevoegde vermaning.
Die doel waartoe die gebod gegee is, is: Sodat ons die ware God, wat in die eerste gebod aangebied word, dat ‘n mens Hom alleen sal dien …., reg gedien word; of dat die ware en wettige wettige godsdiens suiwer en onver­vals gehandhaaf en deur geen bygelowige dienste enigsins ontheilig sal word nie.

Daarom wordt hier alle eiewillige, d.w.s. versinde diens van God verbied, en die ware godsdiens gebied, wat uit alle uiterlike en in­nerlike werke bestaan, soos God dit gebied het, en wat gedoen word uit ‘n opregte geloof, in die sekerheid dat die persoon en die werk God behaag ter wille van die Middelaar; voornamelik met die bedoeling, dat God ge-eer en ons hierdeur een reël van die ware godsdiens voorgeskrewe word, dat ons nie alleen die skepsels of bee1de vir geen God hou nie, maar dat ons ook selfs die waaragtige God nog by, of deur beelde, nog op enige andere manier dien, as wat Hy beveel het.

En dat ons die godsdiens wat Hy ingestel het, met alle vlyt en ywer waamemen, en dit onvervals bewaar. En hiertoe behoort die sewende reël: Dat wan­neer die vernaamste soort genoem word, ook alle ander bedoel word, wat daarmee enige verwantskap besit. Want as God hier een van die vernaamste en mees bekende soorte van ongeoorloofde godsdienste ver­bied, naamlik die diens deur die beelde, dan sluit Hy die andere nie uit nie, maar noem alleen dit, omdat dit die allergrofste is, en ‘n teëlaarde is van alle andere, wat Hy daarom ook meteens verbied, omdat daarin dieselfde rede tot ‘verbieding’ aanwesig is, naamlik afgodery.

Daarom word alle godsdiens wat nie deur God self ingestel is nie, maar deur mense uitgedink is, deur hierdie grofste soort met name te verbied, en word ons ook tewens ‘n reël gegee, dat ons ons heilig en eerbiedig moet hou binne die perke, wat ons deur God “voorgesteld zijn”, ja dat ons nie die minste moet af- of toedoen van en aan die diens, wat deur God ingestel is nie; “hetgeen” ons ook op andere plekke in die Skrif “overal” beveel word, soos onder andere in:

– Deut. 4 : 4 en 12 : 32: “Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die Here julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.”;

– Spr. 30 : 6: “Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as ’n leuenaar openbaar word nie.”

(Bastingius. Tot hierdie doel het God onder die Ou Testament die ganse Levitiese diens, met alle offerande en andere sere­monies so naarstiglik vir Sy volk voorgeskrewe en ingeprent, sodat sy geen rede sou hê om iets vreemds of nut te versin nie. Dit moet ons ook onder die Nuwe Testament volgens hierdie wet bedink, en ons alleen aan Gods Woord hou, sodat ons die ware godsdiens en die regte gebruik van die sakramente leer. Dit betuig Christus in Matth. 15 : 9 op grond van Jes. 29 : 13: “”Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is,” en in Johs. 4 : 24: “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid”.)

Vertalingsnota: Ursinus spreek dan in ‘n paragraaf die beswaar aan dat die eerste twee gebooie eintlik een gebod is, soos Rome dit het. In sy antwoord skryf hy dan verder:

… Ook is dit nie waar dat in die 1e en 2e gebod dieselfde sonde verbied word nie. Want hoewel dit in die algemeen dieselfde sonde is, n.l. afgodery, wat in beide (gebooie) verbied word, tog word in die 2e gebod een andere vorm of soort van afgodery verbied, as in die 1e, soos al vroeër bewys is. Intussen “dient” mens tog daarop te let, dat hierdie gebooie so met mekaar saamhang, dat die 2e nie oortree kan word, of die 1e word dan ook oortree.

Want as God anders gedien word as wat Hy gedien wil word, dan word daar ‘n ander wil van God versin/uitgedink, en derhalwe ook een andere god. Daarom word God dan nie gedien nie, maar ‘n afgod, ‘n produk van mense se “hersenen,” die men denkt zo gesteld te zijn.

Teen die opregte godsdiens en dus ook teen die tweede gebod stry (die volgende sake – SLC):

a) Afgoderij, wat ‘n versinde of bygelowige godsdiens is. Soos ons al eerder gesê het, is die afgodery twee-erlei.

Die een is ‘n growwe afgo­dery wanneer ‘n mens valse en versinde gode dien, wat in die eerste gebod verbied word, en ten dele ook in die derde gebod.
Die andere is ‘n meer subtiele afgodery, wanneer ‘n mens hom voordoen, asof hy die ware God wil dien, maar as ‘n mens dan dwaal in die manier van die diens, d.w.z. as mens God wil dien met ‘n werk, wat Hy nie gebied het nie.

Dit word eintlik in die 2e gebod verbied en heet eiewillige godsdiens of superstitie, as mens by God se gebooie nog menslike instellinge voeg. Daarom word hul superstieuse of bygelowige mense genoem, wat die diens van God met hul versinsels vervals.

Dit word orals in die Skrif verbied:

– Jes. 29 : 12 en Matth. 15 : 9: “Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.”

– Kol. 2 : 8: “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.”

– en vers 16: “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ’n fees of nuwemaan of sabbat nie,”

– en vers 22ev.: “almal dinge wat deur die gebruik bestem is om te vergaan—volgens die gebooie en leringe van mense, wat, alhoewel dit ’n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam, geen waarde het nie, maar strek tot versadiging van die vlees.”.

b) Huigelary
Dit is ‘n veinsery van die opregte godsaligheid en diens van God, deur die uiterlike werke te doen, wat deur God gebied is; deugde en seremonies, sonder ‘n ware geloof, bekering en innerlike gehoorsaam­heid, Jes. 29 : 13ev.:
“Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar”, ens.

Sien hoe hierdie huigelary gevoeg word by die gebooie van mense, as daaronder inbegrepe.

c) Goddeloosheid
Dit is ‘n veragting of moedwillige verwaarlosing (nalating) van die religie in sy geheel en van die uiterlike en innerlike godsdiens of ‘n deel daarvan. En daarom stryd hierdie sonde nie alleen teen die tweede ge­bod, maar ook teen die diens van die hele 1e Tafel.

Beswaar:
Ten gunste van de verdediging van die superstitie of eiewillige godsdiens (word die volgende argument aangevoer – SLC): “Die tekste uit die Skrif, wat kort tevore teen die eiewillige godsdiens ingebring is, soos Jes. 29 : 13, Matth. 15 : 9, Kol. 2, die verse 8, 22 en 23, en wat elders aangehaal is, soos Ez. 20: 18, Deut. 12: 8, Gal. 5 : 1, ens., spreek alleen van die seremonies van die wet van Moses en van goddelose gebooie van mense. Daarom moet die andere menselike ge­booie, wat deur die Gemeente of Opsieners daarvan ingestel word – as dit niks gebied wat met God se Woord in stryd is – nie veroordee1 word met die naam van eiewillige dienste nie, maar dan is dit diens van God.”

Antwoord:
Dit is nie waar dat in hierdie plekke alleen gespreek word van die seremonies van Moses se wet of goddelose gebooie van mense nie. Want die verklaring wat by die tekste gemaak is, wys aan, dat ook alle andere menslike wette verwerp word, wat iets gebied om God te dien, wat deur God Self nie gebied is nie,[10] hoewel dit een saak is, wat op sigself deur God nie verbied is en daarom nie goddeloos is nie. Want op die manier verwerp Christus die instelling van die Jode, wat in sigself nie goddeloos was, insake die was van hande, omdat hul meen God daarmee te dien, Matth. 15 : 11: “Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.”

So­danig is ook die ongehude staat, die onderskeid in spyse en dae, waar­oor Paulus spreek en wat hy, terwyl hul as noodsaaklik opdring word, “leringe van duiwels” noem (1 Tim. 4 : 1 en 3), van watter dinge hy tog op ander plekke leer, dat dit die godsaliges wel geoorloof is, soos in Rom. 14 : 6, 1 Kor. 9 en 10 : 25v.

Daarom is dit ook duidelik, dat deur sulke en dergelike tekste uit die Skrif ook alle middelmatige wer­ke verbied word, n.l. sulke werke, die deur God nog verbied nog gebied word, wanneer dit maar gebied word en gedoen word as ‘n diens van God, d.w.s. sodat God deur die doen daarvan ge-eer word en deur die nalating daarvan onteer sou word.

En die middelmatige dinge moet van die diens van God onderskei word, veral om drie redes:
1. Omdat ‘n andere versinde godsdiens beteken: een andere wil van God en daarom ook ‘n andere god versin. Daarom word dié wat dit doen, soos vroeër ‘n Aaron en Jerobeam, ewe goed van afgodery beskuldig, as hulle wat inderdaad een andere god dien as die HERE, wat Homself in die Kerk geopenbaar het (Ex. 32 : 5­8, 21 en 25; 1 Kon. 12 : 30 en 33, en id. 13 : 33v.).

2. Omdat wanneer die diens so deur elkeen vermeng word, ook God met de afgode vermeng word, dat Hy dan ge-eer word met diens wat deur mense uitgedink is.

3. Omdat daar in Rom. 14 : 23 staan: “Alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde”. En wie iets doen om God te dien en nie weet of God wel op daardie manier ge-eer wil word nie, handel nie uit die geloof nie, aangesien hy nie weet of die werk God behaag nie, ja dan nee, ja, selfs God verag, omdat hy durf doen wat Hom mishaag.

____________________________
[1] Ursinus, Zacharias (1534–1583). German reformer and theologian. A reforming theologian, Ursinus was born at Breslau in 1534 and studied at Wittenberg from 1550 to 1557. He then moved to Geneva for further study and from there took a teaching post in his native city of Breslau. His doctrine of the Lord’s Supper led to his dismissal from Breslau in 1559. But in 1561, thanks to his mentor Peter Martyr Vermigli, he received an invitation from Elector Frederick III to come to Heidelberg as director of the theological academy. It was at Heidelberg that with Caspar Olevianus he made his most notable contribution to church life by drafting the Heidelberg Catechism (1563). He also undertook the defense of the Catechism against Lutheran objections. From 1562 he added the professorship of dogmatics to his administrative duties and also prepared a new liturgy. Zanchius relieved him of the burden of teaching in 1568, but Ursinus became involved in a difficult struggle to bring in a new discipline on the Genevan model (1570). The death of the elector in 1577 opened the way for Lutheran influences; Ursinus, with Zanchius, moved to Neustadt in 1578 and spent his last years there. In addition to his work on the Catechism, he also wrote an important treatise on the Lutheran Book of Concord and did much to promote Peter Martyr’s Loci.- G.Bromiley (in: Douglas, J. D., Comfort, Philip W. & Mitchell, Donald, Editors, Who’s Who in Christian History, Wheaton, Illinois: Tyndale House Publishers, Inc. 1992).
[2] Sien ook die Skotse Konfessie (1560); Franse Konfessie (1561) en die Westminster Konfessie (1643-48).
[3] Voetius’ Catechisatie over den Heidelbergschen Catechismus (Rotterdam: Gebroeders Huge, [1662] 1891), p.783.
[4] Sien die blad: Waarheid en Dwaling, Maart 2004, p.9,10 en die e-pos bespreking op die Calvyn poslys (Sept./Okt 2005).
[5] Sien die volgende Esra Verslae, wat artikels bevat wat die teendeel bewys: nrs.41 (Die Psalms); nr.42 (Anno Domini); nr.45 (Feesdae); nr.49 (Reformatio Ecclesiae); nr.54 (1859?); nr.55 (Ons gedrag in die huis van God).
[6] Aangehaal deur Derek W.H. Thomas, The Regulative Principle: Responding to Recent Criticism, in: P.H. Ryken (red.), Give Praise to God: A Vision for Reforming Worship (Phillipsburg, NJ: P&R Publishing), p.82.
[7] “First, whatever is not com­manded we are not free to choose. Secondly,nothing which does not tend to edification ought to be received into the Church,” ibid., p.82. Laasgenoeme frase van Calvyn, “niks wat nie dien tot opbou nie moet in die Kerk ontvang word nie’, word gevind in ons belydenis by NGB artikel 32: “Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou.”
[8] Ibid., p.10.
[9] Sien ook die werkstuk van ds. Wes Bredenhof, wat deeglik uitwys dat die regulerende beginsel begrond is in NGB artikel 7 oor die genoegsaamheid van die Skrif: “Die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word”. Verkrygbaar by Esra Boeke.

Responses

  1. […] sien Ursinus se verklaring van die tweede gebod oor […]


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: