LEER PREDIKING: NGB artikel 32 – Die orde en tug van die kerk

LEER PREDIKING: NGB artikel 32 – Die orde en tug van die kerk

Lees: Matteus 15:1-20

NGB artikel 32: Die orde en tug van die kerk

Teksverse: “Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is. En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!” Matt. 15:7–10)

Tema: NGB 32 leer die ‘gereformeerde beginsel van die erediens/aanbidding’, teenoor die eiewillige godsdiens

(Preekopname: GK Carletonville, 2022-03-20, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai (regs kliek): NGB art. 32 (Matt. 15:7-10)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Ons Here Jesus se grootste teëstanders op aarde,

tydens sy drie jaar lange bediening,

was nie die heidene nie, ook nie die politieke leiers van sy dag nie,

nie Pilatus en Herodes nie, al het hul hul rol gespeel om hom te vervolg en dood te maak (Hand. 4:27), maar dit was …. die godsdienstige leiers van sy dag, die getroue sinagoge gangers,

kerkgangers van sy dag… die Skrigeleerdes, die Sadduseers en dan veral die Fariseërs.

In Matt. 15 hoor ons van die skrifgeleerdes en Fariseërs wat Jesus kom aankla,

dat die dissipels sogenaamd die oorleweringe van die ou mense kom oortree met hul gebruike.

En dan is Jesus se antwoord nie … jammer, my dissipels is bietjie te wetties, nie of dat Jesus vir hul sê ja, julle is goeie onderhouders van my wet nie,

maar Hy kla hulle aan dat hul die Here, die Wetgewer, ons Vader, juis nie dien van harte volgens sy BEVEL nie, dus volgens sy goeie, regverdige, heilige wet nie, v.4, die vyfde gebod:

Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.” (Mt 15:4)

Die Fariseër het gedink dat die uiterlike handeling van iets doen vir God doen,

die eer van hul ouers vervang, sodat die vyfde gebod eer nie meer so belangrik is nie.

Hulle maak die 5de gebod kragteloos, deur by te voeg, of vervang of weg te laat.

En hul plaas hul eiewillige idees en dien van God en die naaste in God se wet en wil se plek, verse

6-9,

So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” (Matt. 15:6–9)

O geliefdes, hierdie is seker een van die grootste dwalinge van ons tyd, hulle wat beweer:

“… die Fariseërs was werklik getroue bybelse onderhouers van God se wet van harte soos God dit bepaal het …. maar nou dat Jesus gekom het, onderhou ons nie meer noukeurig God se wet of bevele nie!”

Feite is, soos Jesus hier stel, was die Fariseërs nie ware getroue onderhouers van die wet nie,

ja, hulle het die boeke en rolle gehad, uiterlik bestudeer, baie dinge het hy dalk heeltemal raakgevat (bv. teen die vrysinnige Sadduseërs), sien Matt. 23:1-3, maar die wese het hul gemis, en dit is:

– dat hul nie raakgesien het dat die wet self kan jou nie red nie, was nooit die doel van die wet van Moses nie,

– hulle het bygevoeg en weggevat na eie goeddunke (sien HK v/a 91) van die wet se wese: liefde tot God en die naaste,

– hulle het totaal gemis, dat die wet heeltyd gewys het, geprofeteer het van Jesus, die ‘einde’ (die doel) van die wet (Rom. 3:21-32),

– hulle het uiterlik die wet onderhou, maar nie innerlik van harte nie.

Kyk hoe stel Stefanus dit in Hand. 7,

Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het dié gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het; julle wat die wet deur die beskikkinge van engele ontvang het en tog nie onderhou het nie!

Stefanus is gedood omdat hy geleer het,

die OT, ook die wet getuig en roep na Christus, en

dat die Fariseërs, wat hul roem op die wet, juis nie die wet onderhou nie.

Hulle onderhou nie die Woord,

a) deur te glo in Jesus alleen as hul redding nie,

EN:

hul onderhou nie God se gebooie, bevele soos God dit gegee het nie.

Hulle probleem is niks anders as ‘eiewillige godsdiens‘ nie.

Dus, ons roem op die Here, maar soos ek wil of ons wil… EIE willig, eie goeddunke.

Jesus noem die kenmerke van eiewillige godsdiens van die Fariseers in Matt. 15:

– oortree God se gebod ter wille van oorleweringe, v. 3

– verdraai God se wet, om ongehoorsaam te wees in die wese en bedoeling van die wet, v. 4-6

Vandag se fariseërs: ons leef in nuwe tye = die Bybel, evangelie, wet moet aanpas … na ons eie goeddunke en nuwe ‘interpretasie’:

– uiterlik God se wet nakom, maar nie innerlik van harte nie, v. 8

– Leringe, idees van mense vervang God se Woord, gebod en bevele.

In antwoord op hierdie farisieëragtige dwaling, wat ons almal se harte bedreig,

het gereformeerde gelowiges en kerke deur die eeue,

in navolging van die Skrif baie duidelik geleer:

Jesus se koms het ons kom red van eiewilligheid, eie goeddunke, eie ‘goeie maar verkeerde bedoelinge’ …. sodat ons nou in dankbaarheid volgens sy gebod en bevele sal leef.

As jul my liefhet, bewaar my gebooie, Joh. 14:15.

Ons kan en mag nie redeneer, soos baie onkundig en self eiewillig en kwaadwillig redeneer:

Solank ek gered is, of Jesus liefhet, gee dit nie om hoe ek Hom dien of hoe ek lewe nie.

Nee, dit is eiewillige godsdiens, dit is fariseër godsdiens.

Ek moet met ‘n wedergebore dankbare hart, die Here dien deur sy Gees volgens sy bevele.

En dan geliefdes, soveel te meer, as dit gaan oor die kerk, die heilige vergadering van Christus.

Dit is wat ons hoor en leer hier in NGB artikel 32, van die ware kerke van Christus:

nou dat ons gered is (art. 16-26),

nou dat ons saam vergader en aanbid soos die Here beveel het, art. 27-29,

volgens die regeerwyse wat Hy leer, art. 30, 31, nou moet ons Hom as kerk,

almal maar dan ook in die besonder, ook en veral die kerkraad

HOM DIEN VOLGENS WAT HY BEVEEL HET IN DANKBAARHEID, EN BAIE VERSIGTIG WEES OM NOUKEURIG DAARVAN AF TE WYK NIE.

Dit is ware liefde volgens sy gebooie, Joh. 14:15

DIT is die groot leersaak vir vanoggend:

– net soos my redding moet lei na nederige dankbare gehoorsaamheid saam my gesin,

volgens sy Gees en Woord,

– so ook saam vir die hele gemeente saam, onder leiding van die kerkraad.

NGB art. 2 en 25; v/a 91 HK geld algemeen vir hele lewe, 1 Kor. 10:31,

maar NGB 7 en HK Sondag 35 vir die erediens/aanbidding in die besonder

(sien MINISKAKEL laaste bladsy vir meer bronne oor die ‘gereformeerde beginsel vir die erediens/aanbidding)

Daarom (in navolging van die vorige 4 sake geleer by NGB artikel 30/31 se prediking),

5) God is ‘n God van orde, 1 Kor. 14:33, 40 en wil ook hê dat sake en dinge ordelik in sy gemeente geskied VOLGENS sy bevele = sy Woord

Ons glo verder dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder mekaar ‘n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie.”

Ons belydenis leer hier wat later genoem word, die ‘gereformeerde beginsel van die erediens/aanbidding/kerk’ (sommige noem dit die regulerende beginsel van die erediens, sien art. 5 en 7 en 25) = om die Here te dien soos Hy beveel, nie volgens oorlewering van mense nie, maar volgens sy wil.

Daar is sekere wesentlike elemente wat God beveel, waarvan ons nie mag afwyk nie,

en ja, daar is nuttige en goeie dinge vir ‘n bepaalde orde wat gehandhaaf word,

en wat van tyd tot tyd kan verander (bv. hoe laat ons erediens hou, waar ons vergader, ens.)

maar dit mag nie God se bevele vervang of opsy skuif nie: bv. preek, sing, bid, nagmaal, doop, ens.).

Die Woord bepaal die beginsels, Jesus se bevele, in Gen – Op, moet ons noukeurig op let.

En die belydenis wil die beginsels, leringe saamvat, die Kerkorde wil dit prakties laat gestalte kry.

Daarom dat die belydenis vermaan, waarsku:

“En daarom verwerp ons alle menslike versinsels en alle wette wat mense sou wil invoer om God te dien en om, op watter manier ook al, die gewetens daardeur te bind en te dwing.”

Hoor u die woorde van ons Here Jesus van Matt. 15 hier in ons belydenis:

pasop vir die fariseer gees, wat wil byvoeg en/of wegvat wat die Here beveel…

Kyk hoe word op ‘n paar ander plekke hierdie gereformeerde beginsel van aanbidding bely.

Dit word verwoord in NGB art. 7 en HK Sondag 35, v/a 96

Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie2 – ja, al was daar ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal 1:8). En aangesien dit verbode is om iets by die Woord van God by te voeg of daarvan weg te laat (Deut 12:32) 3, blyk dit duidelik dat die leer daarvan heeltemal volmaak en in alle opsigte volkome is4.

Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod? Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie1 en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie2.

Calvyn in sy Institusie I,4,10,23 vermeld eerbied vir God is daarin geleë “wanneer ons in sy aanbidding eenvoudig volg wat Hy ons gebied sonder om ons eie uitvindings daarmee te vermeng … nie regs of na links af te wyk nie… (NGB art. 32) … selfs al sou daar in die een of ander eiewillige diens geen openlike goddeloosheid te voorskyn kom nie, word dit nogtans streng deur die Gees verdoem omdat dit van God se gebod afgewyk het…”

Rome en Lutherane sê: solank God dit nie verbied nie, kan toegelaat word.

Gereformeerdes (behoort te sê…): as God dit nie beveel vir die erediens nie, mag dit nie.

God beveel noukeurig die basiese beginsels/elemente van die erediens, nie die detail altyd nie: beveel sang – Psalms as inhoud; beveel aanbidding, gee die dag daarvoor… ens.

Teenoor hierdie siening van Rome en Lutherane, het die Calvinistiese reformasie van Zwingli, Calvyn en Knox (en die gereformeerde kerke wat hul sou volg) gestaan: “… verder het (Zwingli) die predestinasieleer bely en in die erediens van dieselfde standpunt as Calvyn uitgegaan, naamlik dat alles verwyder moes word wat nie uitdruklik in die Heilige Skrif voorgeskrywe word nie.” (S. Du Toit, Kerkgeskiedenis)

Daarom behels die gees van NGB artikel ook noukeurige wysheid, want ‘n klomp gewetens wat saam aanbid moet bly by waaroor almal sekerheid het, bv. die sang, die Psalms, daarom dat Calvyn en Totius vermeld in hul pro Psalms skrywes:  … die beste en veiligste is die Psalms … in Gods huis, Gods Woord op te sing…

GOEIE DEBAT TUSSEN WAT DIE BEPAALDE INHOUD IS VAN ELKE ELEMENT, MAAR AS DIE ‘GEREFORMEERDE BEGINSEL VAN DIE EREDIENS VAN NGB ART 7, 32 EN HK SO. 35 OOK VERWERP WORD, DAN IS ENIGIETS MOONTLIK EN TOELAATBAAR, DAN VERVAL ONS EREDIENSTE AL MEER IN FARISEERAGTIGE EIEWILLIGE AANBIDDING IN STRYD MET V/A 91, HK.

(Sien hierdie artikel oor Gereformeerde Aanbidding).

6) Eenheid in die gemeente, een in leer, diens en tug ook belangrik. Ons moet vir die gemeente wat saam aanbid alleen onderhou wat volgens God se bevel is, nie elkeen se eie sake nie

“Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou.”

So, daar kan baie nuttige dinge wees wat opsigself nie verkeerd is nie, maar die eenheid in die Skrif en saam aanbid is so belangrik.

Bly by die bevele, nie menslike oorleweringe wat verdeel soos Fariseërs gedoen het nie.

Ons BIND aan die Skrif alleen…. nie ‘n 67ste Boek nie, ons bind aan Psalms alleen, Tien Gebooie alleen, rusdag alleen, …. sien bl. 4 van Miniskakel vir bronne.

7) Die kerkregering is ook daar om te tug volgens sy Woord, 3DE KENMERK VAN DIE WARE KERK

“Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die Woord van God.”

Dit het ons reeds gehoor in NGB art. 29, een van die ware kenmerke van kerkwees, is die liefdevolle tug toepassing van die kerk.

Onthou almal tug = vermaan met die Woord, maar die kerkraad moet ook as hul dit goedink die pad loop soos ons dit verwoord in HK Sondag 31 asook die KO artikels 71-81.

Behalwe Matt. 18:16-20 se beginsels, ook sien ons die oproep tot tug regdeur die pastorale briewe, die hele Skrif, sien 1 Tim. 5:19 en 5:24,25

Jesus vermaan en tug heeltyd, hier in Matt. 15 impliseer sy woorde aan die Fariseers dat leer EN lewe belangrik is, daarom uiterlik wet onderhou en innerlik, sien verse 18-20… beide belangrik.

Vermaning en tug deur die Woord, lewenslank.

Vers 10: Luister en verstaan = bekeer julle as jul God se woord en wet verdraai vir ongehoorsaamheid, vir eiewilligheid.

Jesus waarsku teen valse profete en valse leiers, vers 12-14…

Toepassings

Die gereformeerde beginsel van aanbidding, art. 32 is vir ons goed en bewaar ons gewetens teenoor God en mekaar.

Onthou, as ons SAAM aanbid, baie gewetens betrokke.

Goeie gesprekke en besinning oor onderskeid tussen elemente wat God beveel,

en die presiese inhoud (sang, feesdae … vryheid)

MAAR ons moet as gereformeerdes die rykdom van NGB art. 32 aanbid besef en vashou,

en leer wat gelowiges deur die eeue geskryf en geleer het uit die Skrif oor die ‘gereformeerde beginsel van die erediens/aanbidding’.

Calvyn skryf aangaande die erediens:

          ” Ek weet hoe moeilik dit is om die wêreld te oortuig dat God alle maniere om Hom te vereer wat nie uitdruklik in sy Woord goedgekeur word nie, afkeur. Die teenoorgestelde oortuiging kleef hulle aan –asof dit in hulle murg en bene vassit – dat wat hulle ookal doen vanself aanvaarbaar is, solank dit maar ‘n soort ywer vir die eer van God vertoon. Maar aangesien God dit wat ons doen uit ywer om Hom te vereer, maar wat verskil van sy bevel, nie net as waardeloos beskou nie, maar dit eenvoudig verafsku … waarom dit dan doen?  Die woorde van God is duidelik en seker: ‘om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer’, en ‘tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is (1 Sam.15:22; Matt.15:9). Elke byvoeging tot Sy Woord, is ‘n leuen. Blote ‘eiesinnige godsdiens’ (ethelothreskeia) is nietigheid.’ ”

Ons bely gereformeerde aanbidding dan ook eksplisiet en implisiet in ons belydenis, o.a. NGB artikel 7; artikel 32; 34, 35 en vraag en antwoord 91 en 96 van die HK

Mag die Here opnuut reformasie van die aanbidding en erediens gee, dan sal die reformasie van die res van die lewe volg, tot sy eer en heil van die naaste!

 AMEN.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: