Posted by: proregno | June 10, 2008

Die Skeppingsleer gehandhaaf teen die wetenskaplike fundamentalisme van J. Lever, deur dr. F.W. Buytendach

Inleiding 
Na aanleiding van onlangse gesprekke wat opnuut gevoer is oor die “Skepping vs Evolusie” debat, teenoor die agtergrond van die groter vraag van onder andere, die verhouding tussen “teologie en wetenskap” asook oor “Skrifbeskouing en wetenskap”, is dit goed om kennis te neem dat ons gereformeerde voorvaders ook reeds aan hierdie belangrike onderwerp aandag gegee het.

Hieronder vind u die bespreking van dr. F.W. Buytendach: “Enkele gesigspunte van die natuurwetenskaplike kyk van J. Lever op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis en met name op die ontstaan van die mens”

Ek het om die leeswerk te vergemaklik, die volgende opskrif-afdelings bygevoeg:
1. Lever se “creationisme”
2. Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie
3. Die Bybel: gaan dit net oor die boodskap of die gebeure ook ?
4. Lever en die onstaan van die mens
5. Natuurwetenskaplikes en filosowe se getuienis
6. Lever se standpunt bevorder die “Nuwere Gereformeerde Teologie” in Nederland
7. Die ondergrawing van ons verlossingsgeloof

Hierdie artikel is van belang om die volgende redes:

1. Dr. Buytendach wys wie die werklike ‘fundamentaliste’ is, nl. hulle wat die eerste hoofstukke van Génesis (veral Gén.1) bloot sien as “‘n kerugmatiese bedoeling en betekenis” en dus nie as “geskiedkundige feitelike medelinge nie”, maak hul skuldig aan wat hy noem “wetenskaplike fundamentalisme”:

“Waarin sit die uitsluitlike sin en bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis vir Lever – as Christen-bioloog, maar nie-teoloog? Dit sit vir hom slegs in die ,,eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis” daarvan; dit behels vir hom slegs ,,scheppings- en heilsverkondiging”. Of soos by dit nog duideliker stel: ,,het (gaat) in Genesis slechts …. om de Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing, gegoten in een vorm die geen feitelijk-reële betekenis toekomt”
Maar dan is dit mos sinloos om i.v.m. Génesis nog van ,,geopenbaarde werkelijkheden” te spreek – soos Lever óók doen! M.a.w. Genesis het, volgens hom, slegs kerugmatiese bedoeling en betekenis. In die lig van die geheel van Lever se kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis, is dit duidelik dat ons daarin te doen het met natuurwetenskaplike fundamentalisme. J.H. Kroeze het – kontra Lever – duidelik aangetoon dat ons in Génesis te doen het met geopenbaarde ware werklikhede, d.w.s. feitelike mededelinge én die boodskap wat dit behels.”

2. Hy wys op die regte betekenis van die stelling “Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie”, nl. die Bybel is nie geskryf in ‘wetenskaplike begripstaal … in die moderne wetenskaplike sin van die woord … nie’ maar vir “alle mense van alle eeue” om te kan verstaan. Die Bybel is wel ‘n “Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarom aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf”:

“Dit is wel waar dat Genesis nie aan ons ,,historie-wetenschap” – tereg met die klem op die ,,wetenschap”, d.w.s. geskiedskrywing in die moderne wetenskaplike sin van die woord – bied nie. Dit bied aan ons egter sonder twyfel Openbaringsgeskiedenis (historie) wat in nie-wetenskaplike taal geskrywe is, en wat – gedagtig aan die Goddelike Openbaringsherkoms daarvan deur menslike bemiddeling heen – wel volkome waar is. Dit is verder so dat Genesis nie ‘n ,,geschiedkunde-boek” – in die geval met die klem op die ,,kunde” – is nie. Dit is egter baie beslis ‘n Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarorn aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf. Die waarheid van bostaande word duidelik gemaak deur wat in Gen.2:4 staan. W.H. Gispen verklaar: ,,Ik weet geen betere vertaling voor (tooledooth) in ons vs. … dan ,geschiedenis’ ”.

3. Die valse teenstelling “vorm vs inhoud” van die Skrif, spesifiek van toepassing oor die vraag na oorspronge, word deur dr. Buytendach verwerp. Die populêre frase, wat ons vandag nog hoor, is: “Die Bybel (o.a. Génesis, veral Gén.1) leer ons dat God geskape het, en nie hoe God geskape het nie.” Dr. Buytendach meen dit is slegs ‘gedeeltelik waar’ want:

“In Gén.1:26,27 word aan ons geopenbaar dat God die mens as afsonderlike en uitsonderlike wese geskape het en wel na Sy beeld en gelykenis – dit beklemtoon die hoe, die wyse waarop Hy die mens geskape het.” (Sien ook eindnota iii in die dokument).

4. Dr. Buytendach wys daarop dat Christene “die skerpste beswaar aanteken” teen die ‘mogelijkheids-hypotese’ van Lever, nl.”een genetische continuiteit van alle levende organismen, de mens niet uitgesloten”:

“Alhoewel nóg die Bybel, volgens hom, nóg die wetenskap die vraag na die hoe van die ontstaan van die mens beantwoord, is hy van oordeel dat – met behulp van die wetskringleer van Dooyeweerd, met name die vierde individualiteitstruktuur van die menslike liggaam, d.w.s. ,,de act-structuur van het menselijk lichaam” én vanuit sy (Lever) ,,creationisme”-standpunt, waarin wetenskaplike en Bybelse gegewens saam verdiskonteer word – die ,,mogelijkheid” nie afgesny word dat by die ontstaan van die mens ,,gebruik gemaak werd van een dier”; dat ons ,,de mogelijkheid niet bijvoorbaat (mogen) verwerpen, dat de genese van de mens geschied is via een wezen dat minstens naar zijn skeletkenmerken volgens onze normen en criteria een dier was”

5. As eenvoudige Bybelgelowige wys hy op die radikale implikasies van Lever se ‘creationisme’ oor die algemeen, maar veral in die besonder oor Lever se hipotese dat die mens van die dier geneties moontlik kon afstam. Dit het die volgende moontlike implikasies:

– dat God die mens nie direk na Sy beeld en gelykenis geskape het soos Hy dit in Gén.1 :26,27 aan ons Openbaar nie;
– dat die mens – ook wat sy liggaam betref – nie wesensverskillend van die dier is nie, ondanks die feit dat in I Kor.15:39 uitdruklik staan: ,,die vlees van die mense is anders as die vlees van vee”
– dat Adam (ondanks wat in Gén.5:1,2 en Lukas 3:38 staan, en Eva (ondanks wat in Gén. 3:20;4:1;2 Kor.11:3;1 Tim.2:13 staan) nie die menslike aanvangsfigure, d. w.s. die eerste mense, was nie;
– dat die biologiese ,,dood” vóór die sondeval in die plante- en diereryk óók m.b.t. die mens ‘n skeppingsgegewendheid was – en wat aan ons geopenbaar word insake sondeval-dood-verlossing van die mens (Gén,2:17; Gén.3; Rom.5:12 v.; I Kor.15) derhalwe nie waar is nie.

6. Die voetnotas (gewone syfers) alleen maak die artikel/uitreksel die moeite werd, omdat dr. Buytendach ruim uit gereformeerde teoloë, filosowe en natuurwetenskaplikes vanuit Nederland (o.a. A. Kuyper, F.W. Grosheide, S. Greijdanus, W.H. Gispen, G.Ch. Aalders, Dooyeweerd) en Suid-Afrika (o.a. S.J. van der Walt, J.H. Kroeze, S. Du Toit, J.L. Helberg, G.T.S. Eiselen, J.J. Duyvené de Wit, H.G. Stoker, J.A.L. Taljaard) aanhaal en na hulle werke verwys, om aan te toon hoe teologies, filosofies én wetenskaplik onhoudbaar Lever (en die teoloë wat hy volg, o.a. N.H. Ridderbos) se standpunte is.

Van die belangrikste aanhalings en verwysings in die verband is:

“W.H. Gispen, wat vashou aan ‘n skeppingsdag van 24 uur (Schepping en Paradijs, p. 41), kwalifiseer dus as ‘n fundamentalis – volgens dié sienswyse van Lever.”

G.T.S. Eiselen oor die ontstaan van die mens: “As Christelike bioloog kan ek net volstaan met die woorde in Genesis 1:27”

“As die Skrif verklaar dat die mens na die Beeld van God geskape is, het geen wetenskap wat gelowig buig vir die Woord ,die reg om die mens te sien as bloot ‘n afstammeling van een van die diere of mensagtige wesens nie. Die Bybel gee lig op sake wat die wetenskap nooit kan ontdek nie” – S. Du Toit

“Gestel dat die mens uit die dier ontwikkel het, sou by daardie ,primitiewe’ mens van ‘n sondeva! sprake kon wees? Maar verloor die kruisdood van Jesus Christus nie sy kardinale betekenis, as daar geen sondeval was nie? Die konflik gaan hier om die grondslae van die Christendom self?” – HG Stoker

7. Dr. Buytendach se boek wys dat die hervertolking van Genesis in die “skepping vs evolusie” kwessie in Nederland, juis een van die doodsteke was waardeur die ‘nuwere teologie’ in Nederland houvas gekry het, en wat later deur totaal liberale ongelowige teoloë soos Kuitert oorstroom is. Psalm.11:3 geld ook vir Skrifbeskouing, Skrifverklaring, Skrifgeloof en christelike wetenskap, “As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”:

“Alhoewel Lever se sienswyse – in die lig van die geheel van bostaande – m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote vormgewing sou wees van ‘n ,,Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing” waaraan ,,geen feitelijk reële betekenis toekomt”; en sy daaruit voortvloeiende wetenskaplik konsepsie van die moontlike genetiese ontstaan van die mens via die dier, o.i. hoegenaamd geen spoorsiag is tot ‘n beter verstaan daarvan nie – d.w.s. in vergelyking met die gangbare Gereformeerde opvatting van die betekenis daarvan nie -, het dit desnietemin sterk invloed uitgeoefen (en doen dit nóg) op die kontemporêre verdiskontering van die verhouding tussen die vorm en inhoud van die Skrif in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland – met name vanuit die gesigspunt van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifontstaan.

M.a.w. sy natuurwetenskaplike taksasie van die sinduiding van die eerste hoofstukke van Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote feitelose kerugma sou behels wat derhalwe ook ruimte sou laat vir ‘n evolusie-sienswyse m.b.t. die ontstaan van die mens, het o.i. kragtige invloed uitgeoefen op die huidige koers wat ons in die Gereformeerde teologie in Nederland in bogenoemde verband onmoet.

Saam met die invloed van die Nuwere Teologie (Barth en Bultmann – waarop ons reeds die aandag gevestig het) het dit enersyds ten gevolg gehad dat in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland sodanige kiem gelê word op die kerugma-inhoud van die Skrif en sodanige relief toegeken word aan die menslike bemiddeling i.v.m. die Skrifontstaan en -verstaan, dat die vertikale Goddelike ontstaansdimensie van die Skrif as ‘t ware in verdrukking gebring word en as gevolg waarvan die Skrifvorm in mindere of meerdere mate gerelativeer word – sodat ons in genoemde teologiese koers wesenlik te staan kom voor ‘n vorm/inhoud-problematiek m.b.t. die toepassing van die organiese Skrifinspirasie.

Andersyds – en direk voortvloeiende uit voorafgaande – het dit ten gevolg dat, alhoewel Lever nog slegs die moontlikheid van ‘n genetiese ontstaan van die mens via die dier voorstaan en wat noodwendig die moontlike konsekwensie oproep dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie, en wat noodwendig daarmee saamhang (soos ons aangedui het), gaan sommige teoloë van genoemde teologiese koers teenswoordig so ver om óf die realiteit van die bestaan van Adam en Eva as eerste mense te betwyfel óf om dit te ontken.

Dat dit ‘n frontale ondergrawingsaanslag – vanuit Gereformeerde (? ! ) teologiese hoek – op die fundamentele grondslae van ons verlossingsgeloof is, staan o.i. buite kyf” (dit is onbetwisbaar – slc).

Die vraag is nou: leer ons uit die geskiedenis ?

Hier volg die volledige bespreking van dr. FW Buytendach:

DIE SKEPPINGSLEER GEHANDHAAF TEEN
DIE WETENSKAPLIKE FUNDAMENTALISME VAN J. LEVER
– Enkele gesigspunte van die natuurwetenskaplike kyk van J. Lever op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis en met name op die ontstaan van die mens – deur dr. F.W. Buytendach
[i]

Sedert J. Lever sy inougurele rede[1] aan die V.U. gelewer het, maar veral ná die verskyning van sy boek: Creatie en Evolutie (1e druk 1956), het daar ‘n wedersydse vertrouensvolle gesprekskonfrontasie tussen teoloë en gelowige natuurwetenskaplikes ontstaan m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke van Génesis – met name op die punt van die ontstaanprobleem i.v.m. wêreld en mens. In Geref. teologiese kringe het dit – soos ons nog sal sien – terselfdertyd nog meer toegespitste studietoeleg meegebring m.b.t. die regte verstaan van die Skrif in die lig van die rol van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifkomposisie.

1. Lever se “creationisme”
Lever stel dit duidelik dat die bydrae van hom sy ontstaan te danke het aan die “gespannen situatie” wat daar bestaan as gevoig van die “orthodoxe …. fundamentalistische en supra-naturalistische” houding van die “laatste vijftig jaren” teenoor die sg. “schijn-zekerheden van de natuurwetenschap” oor die “ontstaansprobbeem”[2]. M.a.w. dit kom volgens hom neer op ‘n illegitieme geringskatting van die resultate van die natuurwetenskap te dien effekte. As Christen-Bioloog is hy van oordeel dat daar ‘n regmatige weg moet wees om uit dié impasse te geraak[3].

Hy verdedig uitvoerig sy opvatting insake die ontstaan van die dinge, wat hy “creationisme” noem en wat hy soos volg nader omskrywe: “Onder creationisme wordt hier verstaan iedere biologische benadering van het ontstaansvraagstuk, die ‘uitgaande van het centrale credo van de christelijke kerk, ook in de vakwetenschap de creatie van deze werkelijkheid en de daglijkse leiding van alle processen door God wil belijden[ii]”[4] (nota: na my mening die voorloper van wat vandag bekendstaan as ‘teïstiese evolusie’, d.w.s. dat God deur evolusieprosesse oor miljoene jare alles ‘geskep’ het – slc) .

Hy meen hiervoor steun te vind in – wat na sy mening – die ware bedoeling van die Bybelskrywer met Gén.1 sou wees[5].

Wat sy “creationisme” m.b.t. die ontstaan van die mens beteken, sal ons straks sien.
As nie-teoloog bekyk hy Gén.1 vanuit sy natuurwetenskaplike begripsapparaat en bestempel hy diegene wat aan die dae van Gén.1 ‘n bepaalde betekenis wil heg – d.w.s. in die sin van ‘n bepaalde ,,physische tijds duur” van 24 uur of van ,,perioden van bv. honderden millionen jaren” – kortweg-vrymoedig as fundamentaliste.[6]

Hy sluit hom aan by die kader-opvatting van N.H. Ridderbos in die verband as hy sy opvatting van die betekenis van die dae soos volg stel: ,,Zij vormen een ordening in die zin dat Genesis ons allereerst verhaalt dat God alles heeft geschapen”[7].

Die volgorde van die skeppingsdae mag ook ,,niet gezien worden als een physisch na-elkander. Hun zin ligt niet in het vakwetenschaplijke vlak, maar in het religieus beslissende geloofsvlak”[8].

Die gelykstelling van die woord ,,aard” met ,,soort” en ,,aarde” met ,,aardbol” kom van die fundamentaliste, maar dit is nie die bedoeling van die Bybelskrywer nie[9].

Hierdie fundamentalistiese interpretasie van die woorde: ,,dag”,,aard”, en ,,aarde” in Gén.1, berus, volgens Lever, in belangrike mate op gebruikmaking van natuurwetenskaplike denkbeelde ,,van enkele eeuwen terug”[10].

Hierdie stand van sake bring noodwendig mee dat die – deur die natuurwetenskaplike begripsapparaat – omgevormde tekste van Genesis vir die wetenskap normatief gestel word m.b.t. die ontstaansprobleem[11].

Dit is onhoudbaar, want aangesien die natuurwetenskaplike begrippe op menslike afsprake berus[12]
– d.w.s. as ons in gedagte hou dat ,,iedere natuuronderzoeker sal erkennen dat onze inzichten voortdurend wijzigen[13]
– ,,ziet men ineens duidelijk dat met deze methode zowel de Bijbel verkeerd gelezen wordt als ook de wetenschap ongeoorloofd aan banden wordt gelegd”[14].

Uit bogenoemde vloeiende karakter van die insigte van die natuuondersoeker verval ook meteen die fundamentalistiese kontensie as sou ,,men met het natuuronderzoek de juistheid van de geloofsinhouden exact meent te kunnen bewijzen”[15].

Een van die mees kardinale foute van die fundamentalisme bestaan dus daarin ,,dat het de juistheid van het geloof als exact bewijsbaar stelt, waardoor geloof en verstand enerzijds, openbaring en wetenschap anderzijds volkomen in elkaars vlak komen te liggen. Dit heeft tot gevolg gehad een beredeneerd geloof en een onwaarachtige wetenschap, met als eerlijke consequenties geloofstwijfel en ongeloof (Darwin)”[16]

Desondanks is dit nie so dat die Bybel – met name Genesis – slegs vir die teologie wetenskaplike betekenis het maar op die natuurwetenskap geen invloed sou uitoefen nie, want dit is vir die wetenskap wel deeglik van betekenis in die sin dat die Bybel as wonder ,,ons gegevens verschaft over de werkelijkheid die geen enkele wetenchap sou kunnen ontdekken, bv. dat er een persoonlijk God bestaat en dat Dese alle dingen in het aanzijn riep. De Bijbel is dus in sekere sin een lamp die onse werkelijkheid in, naar wij geloven, het juiste licht stelt. Ook onse werkelijkheid die wij moeten ondersoeken. Maar de Bijbel is geen toverlantaarn die ons exact-natuurwetenschappelijke gegevens wil meedelen”[17].

Omdat Genesis nie spreek in ,,wetenschappelijke begripstaal, ja in het geheel niet als wetenschappelijk gekwalificeerde taal” nie, bring dit mee ,,dat de Bijbel ons veelal alleen zegt dat iets gebeurt, maar niet hoe het gebeurt. Het hoe ligt soms op het terrein van de wetenschap. De Bijbel geeft ons de hoogtepunten, de wetenschap kan soms de lijnen daartussen ontdekken. We kunnen aan de Bijbel dus nimmer exact-physische, -astronomische, en -biologische kennis ontlenen, en dus ook geen exact-geschiedkundige, daar dit eenvoudig de bedoeling van de Bijbel niet is“[18].

Omdat ,,Genesis geschreven is om ons die werkelijkheden te openbaren die voor ons van eeuwigdurende fundamenteel-religieuse betekenis zijn en die niet door wetenschappelijk ondersoek ontdekt kunnen worden” en wat ons dankbaar moet aanvaar en ,,normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijke denken” moet Iê, bied dit wel die moontlikheid van raakvlakke tussen Genesis en die natuurwetenskaplike ondersoek i.v.m. die geopenbaarde werklikhede – maar, op dit terrein is Genesis niet normatief meer voor de waarnemende natuurwetenschap, eenvoudig omdat het niet de bedoeling heeft ons gegevens te verschaffen in de vorm zoals wij dese met ons ondersoek (in principe) zélf kunnen vinden, en tevens omdat het niet bedoelt een wetenschappelijk geschrift te zijn”[19].

As ons konsekwent daaraan vasthou dat Genesis aan ons die ,,oorsprong”, ,,sin” en ,,doel” van die skepping openbaar[20], dan beteken die feit dat ,,de Bijbel op het substraat-terrein niet normatief is …. niet dat zijn mededelingen hierover niet juis zouden behoeven te zijn, maar alleen dat hij een methode en een begripsapparaat gebruikt dat niet wetenschappelijk is”[21].

Lever is van oordeel dat slegs ‘n dusdanige bejeëning ,,van de betekenis en de normativiteit van de eerste hoofdstukken van Genesis maakt het ons mogelijk het evolutievraagstuk te bezien zonder dat wij de neiging hebben de letter van Genesis en de wetenschappelijke gegevens kunstmatig naar elkander toe te buigen en zonder dat een ogenschijnlijke discordantie geloofsbetekenis heeft”[22].

Slegs as die fundamentalistiese kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis afgewys word, dan kom daar ruimte om ,,het vraagstuk van de relatie tussen creatie en evolutie aan de orde” te stel en om ,,de gegevens welke door de biologie gedurende de laatste eeuw ontdekt zijn, en welke met het begrippen- en hypothesencomplex der evolutie-gedachte geïnterpreteerd worden, serieus” te beskou[23].

2.Die Bybel is nie ‘n ‘wetenskaplike handboek’ nie
Aleer ons sy sienswyse in ‘n lyn met bostaande paragraaf – met name m.b.t. sy sienswyse oor die ontstaan van die mens – nader kortliks aan die orde stel, wil ons eers ‘n paar opmerkings maak i.v.m. sy natuurwetenskaplike kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis.
Ons kan hom dit toestem dat die Bybel ‘n ,,niet-wetenschappelijk boek” is en derhalwe ook nie in wetenskaplike begripstaal geskrywe is nie. God het Sy Openbaring in die Skrjf deur menslike bemiddeling gefikseer in ‘n begripstaal wat alle mense van alle eeue kan verstaan. lemand wat die teendeel wil beweer – d.w.s. dat dit in wetenskaplike taal geskrywe sou wees -, kan Lever dus tereg as ‘n fundamentalis bestempel. Al sy fundamentalisme-tiperinge m.b.t. die verstaan van die betekenis en bedoeling van Genesis gaan egter nie op nie.

Hy erken dat die Bybel ‘n wonder is; dat ,,Genesis openbaart”; dat dit aan ons ,,gegevens verschaft over de werkelijkheid die geen enkele wetenschap zou kunnen ontdekken” — en dat Genesis derhalwe ,,voor ons in de wetenschap dan wel van betekenis is”; dat die geopenbaarde werklikhede dankbaar aanvaar moet word ,,en normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijk denken” gelê moet word.

Maar aan die anderkant stel hy dat die Bybel ,,ons veelal alleen zegt dat iets gebeurt, maar niet hoe het gebeurt”; dat die Bybel derhalwe ,,op het substraatterrein niet normatief is vir die waarnemende natuurwetenskap – alhoewel dit nie beteken dat die Bybelse rnededelinge ,,niet juist zouden behoeven te zijn”, want Génesis is geskrywe ,,om ons die werkelijkheden te openbaren die voor ons van eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis zijn” – want wat Genesis verhaal, lê ,,in het religieus beslissend geloofsvlak” – dit is ,,scheppings- en heilsverkondiging”.

As ons al die bostaande bewerings in sy betoog as geheel beskou, dan lyk dit vir ons na natuurwetenskaplike fundamentalisme. Volgens Lever het Génesis vir die wetenskap betekenis, want die werklikhede wat daarin geopenbaar word moet ,,normatief aan de basis van ons denken, ook ons natuurwetenschappelijk denken” gelê word – máár in dieselfde asem konstateer hy dat die Bybel (d.w.s. Génesis) ,,op het substraat-terrein niet normatief is”.

Watter betekenis het Génesis – in die lig van dié stellingname – vir die natuurwetenskap en natuurwetenskaplike denke dan ,,uberhaupt”? Sy stelling dat die Bybel (Génesis) nie aan ons sê hoe God die skeppingswerklikhede in aansyn geroep het nie, is slegs gedeeltelik waar.[iii] In Génesis 1:26,27 word aan ons geopenbaar dat God die mens as afsonderlike en uitsonderlike wese geskape het en wel na Sy beeld en gelykenis — dit beklemtoon die hoe, die wyse waarop Hy die mens geskape het[24].

Omdat Lever Gén.1 as ‘n ,,ordening” of kader beskou, behels dit vir hom nie ‘n beskrywing van werklike feitelike historiese gebeurtenisse nie. Soos reeds gestel, kan ons met hom saamstem dat die Bybel ,,een niet-wetenschappelijke boek is” en dat dit derhalwe nie in wetenskaplike begripstaal geskrywe is nie – asóók dat ,,Genesis geen natuurkunde- of biologieboek is“[25].
As hy egter direk hieraan toevoeg dat Génesis ,,ook niet geschreven is om ons historie-wetenschap bij te brengen, het is ook geen geschiedkunde-boek”[26] kan ons slegs gedeeltelik met hom saamstem.

3. Die Bybel: gaan dit net oor die boodskap of die gebeure ook ?
Dit is wel waar dat Genesis nie aan ons ,,historie-wetenschap” – tereg met die klem op die ,,wetenschap”, d.w.s. geskiedskrywing in die moderne wetenskaplike sin van die woord – bied nie. Dit bied aan ons egter sonder twyfel Openbaringsgeskiedenis (historie) wat in nie-wetenskaplike taal geskrywe is, en wat – gedagtig aan die Goddelike Openbaringsherkoms daarvan deur menslike bemiddeling heen – wel volkome waar is. Dit is verder so dat Genesis nie ‘n ,,geschiedkunde-boek” – in die geval met die klem op die ,,kunde” – is nie. Dit is egter baie beslis ‘n Goddelike Openbaringsgeskiedenisboek deur menslike bemiddeling heen, wat daarorn aan ons ware geskiedkundige feitelike mededelinge verskaf. Die waarheid van bostaande word duidelik gemaak deur wat in Gen.2:4 staan.

W.H. Gispen verklaar: ,,Ik weet geen betere vertaling voor (tooledooth) in ons vs. … dan ,geschiedenis’ ”[27].

Die vraag is nou: waarop slaan hierdie woord tooledooth?

Volgens J.H. Kroeze slaan dit terug op Gen.1:1 v.[28].
J.L. Helberg is – kontra Kroeze -van oordeel dat dit slaan op dit wat volg[29].
Ons insiens kry ons die juiste opvàtting as ons albei sienswyses as waar neem[30].

M.a.w. die eerste hoofstukke van Genesis is historie of geskiedenis wat aan ons ,,geopenbaarde werkelijkheden” – waarvan Lever self spreek – bied.
Waarin sit die uitsluitlike sin en bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis vir Lever – as Christen-bioloog, maar nie-teoloog?
Dit sit vir hom slegs in die ,,eeuwigdurende fundamenteel-religieuze betekenis” daarvan; dit behels vir hom slegs ,,scheppings- en heilsverkondiging”. Of soos by dit nog duideliker stel: ,,het (gaat) in Genesis slechts …. om de Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing, gegoten in een vorm die geen feitelijk-reële betekenis toekomt”[31].

Maar dan is dit mos sinloos om i.v.m. Génesis nog van ,,geopenbaarde werkelijkheden” te spreek – soos Lever óók doen! M.a.w. Genesis het, volgens hom, slegs kerugmatiese bedoeling en betekenis.
In die lig van die geheel van Lever se kyk op die bedoeling van die eerste hoofstukke van Genesis, is dit duidelik dat ons daarin te doen het met natuurwetenskaplike fundamentalisme. J.H. Kroeze het – kontra Lever – duidelik aangetoon dat ons in Génesis te doen het met geopenbaarde ware werklikhede, d.w.s. feitelike mededelinge én die boodskap wat dit behels[32].

In aansluiting by wat in voetnoot (24) staan, wil ons nou Lever se verdiskontering van ,,de relatie tussen creatie en evolutie” m.b.t. die ontstaan van die mens kortliks releveer.

4. Lever en die onstaan van die mens
Soos ons gesien het, erken Lever dat die Skrif aan ons werklikhede openbaar wat die natuurwetenskap nie kan ontdek nie. Hy stel dit verder duidelik dat die natuurwetenskap feitlik niks van die ontstaan van die lewe weet nie[33].

Hy gaan sorgvuldig in op ,,de gegevens welke door de biologie gedurende de laatste eeuw ontdekt zijn, en welke met het begrippen en hypothesencomplex geinterpreteerd worden” m.b.t. die ontstaan van die mens[34], en kom dan tot die gevolgtrekking: ,,Door het nog ontbreken van enige aanwijzing uit de periode vóór het Pleistoceen is momenteel alles wat men over de oorsprong van de mens in de literatuur tegenkomt zuivere speculatie”[35] Hy is verder van oordeel: ,,Het ontstaan van de mens ten slotte blijkt een gecompliceerder probleem te zijn dan aanvanklijk werd gemeend. De relatie der fossiele mensachtige vormen is sterk omstreden, de criteria van het mens-zijn blijken niet in het vlak van ons fossiliseerbaarheid te liggen. Het enige waarvan wij zeker zijn, is, dat de soorten niet constant en ook in het verleden in belangrijke mate gewijzigd zijn. Enkele mechanismen die hij deze veranderingen een rol spelen, zijn ons bekend …. Hoewel onze kennis in de laatste eeuw sterk is toegenomen, blijken de problemen echter groter te zijn geworden. De evolutie der organismen van de levenloze materie tot de mens is niet bewezen”[36].

Dit behoef geen betoog dat ons Lever innig dankbaar sal bly vir hierdie deurtastende wetenskaplike bestudering en beoordeling van die bestaande biologiese gegewens i.v.m. die oorsprong van die mens. Dit is ‘n koers in die krisis tussen bioloë en teoloë in dié verband.
Desondanks ag Lever dit legitiem om ,,het vraagstuk aan de orde (te) stellen, of door ons als christenen de mogelijkheid van een genetische samenhang tussen mens en dier reeds bij voorbaat moet worden afgesneden”[37].

Alhoewel nóg die Bybel, volgens hom, nóg die wetenskap die vraag na die hoe van die ontstaan van die mens beantwoord,[38] is hy van oordeel dat – met behulp van die wetskringleer van Dooyeweerd, met name die vierde individualiteitstruktuur van die menslike liggaam, d.w.s. ,,de act-structuur van het menselijk lichaam” én vanuit sy (Lever) ,,creationisme”-standpunt, waarin wetenskaplike en Bybelse gegewens saam verdiskonteer word – die ,,mogelijkheid” nie afgesny word dat by die ontstaan van die mens ,,gebruik gemaak werd van een dier”; dat ons ,,de mogelijkheid niet bijvoorbaat (mogen) verwerpen, dat de genese van de mens geschied is via een wezen dat minstens naar zijn skeletkenmerken volgens onze normen en criteria een dier was”[39].

In ‘n lyn hiermee is hy van kontensie dat ons die ,,mogelijkheid niet bij voorbaat (mogen) verwerpen, dat er een genetische relatie heeft bestaan tussen mens en dier. De menselijke ,actstructuren’ zijn echter niet te herleiden tot de dierlijke psyche. Zij functioneren binnen in den beginne geschapen aspecten van deze werkelijkheid. Hoe deze eventuele ontwikkeling van dier naar mens is verlopen is ons onbekend. Ook weten wij niet, hoe en waar en wanneer deze ,actstructuren’ gerealiseerd zijn geworden. Dit zijn vragen die misschien op de weg van de wetenschap liggen. Wij dienen ons daarom niet van deze vraagstukken te distantiëren alsof wij de oplossing hiervan reeds hebben, maar moeten ons te midden van alle andere onderzoekers hiermee bezighouden”[40].

Ondanks al die ,,mogelijkheid”-spekulasies in sy gedagtegang oor die ontstaan van die mens via die dier, en afgesien van sy erkenning van die magteloosheid van die natuurwetenskaplike ,,resultate” te dien effekte, hou Lever hom daarvan oortuig ,,dat men onzes inziens als christen, ondanks de cardinale lacunes in ons kennen, principieel geen bezwaar behoeft te hebben tegen de generale hypothese van een genetische continuiteit van alle levende organismen, de mens niet uitgesloten”[41].

Volgens hom moet ons as Christene dus die ,,mogelijkheid” aanvaar dat die mens van die dier afstam, d.w.s. dat God die mens se liggaam bes moontlik uit die dier sou gekreëer[iv] het.
O.i. moet ons as Christene juis die skerpste beswaar aanteken teen hierdie ,,mogelijkheid”-,,hypothese” van die Christen: Lever.

Lever se standpunt impliseer die grootste denkbare bedreiging van ons Christelike geloof
Wat in voetnote (33-40) geponeer word, beklemtoon nie net die wetenskaplike basisloosheid van so ’n konsepsie nie, maar dit hou terseffdertyd die mees funeste[v] gevolge vir ons Christenskap in; dit impliseer die grootste denkbare bedreiging van ons Christelike geloof.

Immers, dit roep per consequentiam die volgende moontlikhede op, t.w.:
– dat God die mens nie direk na Sy beeld en gelykenis geskape het soos Hy dit in Gén.1 :26,27 aan ons Openbaar nie;
– dat die mens – ook wat sy liggaam betref – nie wesensverskillend van die dier is nie, ondanks die feit dat in I Kor.15:39 uitdruklik staan: ,,die vlees van die mense is anders as die vlees van vee”[42].
– dat Adam[43] (ondanks wat in Gén.5:1,2[44] en Lukas 3:38[45] staan, en Eva[46] (ondanks wat in Gén. 3:20;4:1;2 Kor.11:3;1 Tim.2:13 staan) nie die menslike aanvangsfigure, d. w.s. die eerste mense, was nie;
– dat die biologiese ,,dood”[47] vóór die sondeval in die plante- en diereryk óók m.b.t. die mens ‘n skeppingsgegewendheid was – en wat aan ons geopenbaar word insake sondeval-dood-verlossing van die mens (Gén,2:17; Gén.3; Rom.5:12 v.; I Kor.15) derhalwe nie waar is nie.

Wat die Heilige Gees as Auctor Primatius van die Skrifontstaan deur menslike bemiddeling heen dus as stellig waar Openbaar, verklaar Lever – met die huldiging van sy ,,hypothese” as waarskynlik onwaar. Hierdie waarskynlikheidstese van Lever i.v.m. die afstamming van die mens via die dier, is net so gevaarlik én verwerplik soos enige ,,werklikheidstese” te dien effekte.

S. du Toit beklemtoon tereg: ,,As die Skrif verklaar dat die mens na die Beeld van God geskape is, het geen wetenskap wat gelowig buig vir die Woord ,die reg om die mens te sien as bloot ‘n afstammeling van een van die diere of mensagtige wesens nie. Die Bybel gee lig op sake wat die wetenskap nooit kan ontdek nie”[48].

5. Natuurwetenskaplikes en filosowe se getuienis
M.b.t. die ontstaan van die mens verklaar G.T.S. Eiselen: ,,As Christelike bioloog kan ek net volstaan met die woorde in Genesis 1:27”[49].

J.J. Duyvené de Wit is van oortuiging: ,,Laat ons … onvermoeid voortgaan met die soek na-antropoïede fossiele; laat ons nie rus voordat ons hierdie materiaal uit ‘n vergelykend-anatomiese gesigspunt gerangskik het nie. Laat ons egter nie verbaas wees as ons diskontinuiteite in plaas van kontinuiteite vind (die resente ontwikkeling van die paleontologiese antropologie wys in hierdie rigting.) En laat ons allermins verbaas wees as ons uiteindelik tot die insig gedwing word dat ons ten aansien van die afstamming van die mens voor ‘n ondeurgrondelike misterie staan, d.w.s. voor ‘n toestand wat hom aan elke poging tot natuurwetenskaplike beskrywing prinsipieel onttrek!“[50].

W.M. Oesch is van oordeel: ,,Jede Abstammung des Menschen aus dem Tierreich hebe Gen.1-3 und Röm.5 auf. Vom Christusglauben her gebe es nur die Alternative: Gott oder das Tier”[51]. (“Each descendent/origin of the human from the animal kingdom apply Gen.1-3 and Rom.5.
According to the Christian faith, it gives only one alternative: God or the animal.”)

H.G. Stoker wys tereg daarop: ,,As hy. m.b.t. die oorsprong van die mens … paleontoloë ten gunste van ‘n uitsluitlike dierlike afstamming van die mens sou besluit, en die skeppingsbeginsel sou verwerp, sal die … wysgeer o.a. vra: vanwaar dan die radikale onderskeid tussen mens en dier? – en sal die teoloog daarop wys, dat as die mens nie na Gods beeld geskape was nie, by die eerste mens (wat hom nouliks van ‘n betrokke hoogste diertipe onderskei) moeiik van sonde sprake kan wees, en dat dan die soenverdienste van Jesus Christus aan die kruis sy sin verloor en die fondamente van die Christelike geloof verval”[52].

H.G. Stoker takseer Lever se sienswyse soos volg: ,,Hy trag om skepping en evolusie te verbind met behulp van Dooyeweerd se wetskringleer. Hy slaag o.i. nie daarin nie, omdat hy eensydig aan die kousaal-genetiese metode ‘n te groot oorwig toeken, en deur die verbinding van die wetskringleer met die evolusieleer in antinomieë verval en spekulatief word”[53].

Dit was veral H. Dooyeweerd[54] wat insnydende kritiek geoefen het op die opvatting van Lever. Hy onderstreep die spekulatiewe karakter uit die wetenskaplike basisloosheid daarvan soos volg: ,,Welke wetenschappelijke zin kan zij hebben, waar LEVER zelf nog even te voren opmerkte: ,Over het ontstaan der phyla is, zoals wij zagen, eigenlijk geen verstandig woord te zeggen’ (pag. 75). Zijn wij hier inderdaad nog op het vakwetenschappelijk terrein der biologie, of bevinden we ons geheel op het gebied ener speculatieve philosophie van het ontstaan der levende natuur?“[55].

,,Inderdaad, voor hem die ,gelijk LEVER, het mechanistisch evolutionisme verwerpt, kan de hypothese i.z. het ontstaan van de mens via een dierlijke lijn strict genomen geen eigenlijk wetenschappelijke betekenis hebben, omdat zij niets kan bij dragen tot een wetenschappelijke beantwoording van de vraag, hoe het typisch menselijke ontstaan is”[56].

Boweal konform die Godsopenbaring in die Skrif oor die ontstaan van die mens maar óók in die lig van die natuurwetenskap se wetenskaplik-basislose en magtelose poging om die ontstaan van die mens via die dier trag te bewys – soos deur die ondersoek van Lever aangetoon is -, is dit o.i. slegs eksklusief legitiem om te spreek van die Goddelike ,,Creatie” van die mens[57].

,,Creatie” en ,,Evolutie” sluit mekaar – wat die ontstaan van die mens betref – prinsipieel en prakties uit. Daarmee verval Lever se ,,generale hypothese” van die ,,mogelijkheid” van ‘n ,,genetische relatie tussen mens en dier” o.i. terselfdertyd óók.

6. Lever se standpunt bevorder die “Nuwere Gereformeerde Teologie” in Nederland
Alhoewel Lever se sienswyse – in die lig van die geheel van bostaande – m.b.t. die bedoeling van die eerste hoofstukke Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote vormgewing sou wees van ‘n ,,Goddelijke boodschap van schepping, zondeval en verlossing” waaraan ,,geen feitelijk reële betekenis toekomt”; en sy daaruit voortvloeiende wetenskaplik-basislose konsepsie van die moontlike genetiese ontstaan van die mens via die dier, o.i. hoegenaamd geen spoorsiag is tot ‘n beter verstaan daarvan nie – d.w.s. in vergelyking met die gangbare Gereformeerde opvatting van die betekenis daarvan nie -, het dit desnietemin sterk invloed uitgeoefen (en doen dit nóg) op die kontemporêre verdiskontering van die verhouding tussen die vorm en inhoud van die Skrif in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland – met name vanuit die gesigspunt van die menslike bemiddeling ter sake van die Skrifontstaan.

M.a.w. sy natuurwetenskaplike taksasie van die sinduiding van die eerste hoofstukke van Genesis, d.w.s. dat dit ‘n blote feitelose kerugma sou behels wat derhalwe ook ruimte sou laat vir ‘n evolusie-sienswyse m.b.t. die ontstaan van die mens, het o.i. kragtige invloed uitgeoefen op die huidige koers wat ons in die Gereformeerde teologie in Nederland in bogenoemde verband onmoet.
Saam met die invloed van die Nuwere Teologie (Barth en Bultmann – waarop ons reeds die aandag gevestig het) het dit enersyds ten gevolg gehad dat in die nuwere Gereformeerde teologie in Nederland sodanige kiem gelê word op die kerugma-inhoud van die Skrif en sodanige relief toegeken word aan die menslike bemiddeling i.v.m. die Skrifontstaan en -verstaan, dat die vertikale Goddelike ontstaansdimensie van die Skrif as ‘t ware in verdrukking gebring word en as gevolg waarvan die Skrifvorm in mindere of meerdere mate gerelativeer word – sodat ons in genoemde teologiese koers wesenlik te staan kom voor ‘n vorm/inhoud-problematiek m.b.t. die toepassing van die organiese Skrifinspirasie.

7. Die ondergrawing van ons verlossingsgeloof
Andersyds – en direk voortvloeiende uit voorafgaande – het dit ten gevolg dat, alhoewel Lever nog slegs die moontlikheid van ‘n genetiese ontstaan van die mens via die dier voorstaan en wat noodwendig die moontlike konsekwensie oproep dat Adam en Eva nie die eerste mense was nie, en wat noodwendig daarmee saamhang (soos ons aangedui het), gaan sommige teoloë van genoemde teologiese koers teenswoordig so ver om óf die realiteit van die bestaan van Adam en Eva as eerste mense te betwyfel óf om dit te ontken.

Dat dit ‘n frontale ondergrawingsaanslag – vanuit Gereformeerde (? ! ) teologiese hoek – op die fundamentele grondslae van ons verlossingsgeloof is, staan o.i. buite kyf.[vi]

Voetnotas
[1] Het creationisme, 1952.
[2] Creatie en Evolutie (1958), p. 6.
[3] Idem.
[4] Idem, p. 19 – cf. pp. 166-171.
[5] Idem, p. 10 vv.
[6] Idem, pp. 10/11. – W.H. Gispen, wat vashou aan ‘n skeppingsdag van 24 uur (Schepping en Paradijs, p. 41), kwalifiseer dus as ‘n fundamentalis – volgens dié sienswyse van Lever.
[7] Idem, p. 11 – Met verwysing na N.H. Ridderbos: Beschouwingen over Genesis I (1954).
[8] Idem.
[9] Idem.
[10] Idem, p. 12.
[11] Idem.
[12] Idem.
[13] Idem, p. 13.
[14] Idem, p. 12
[15] Idem, p. 13.
[16] Idem, p. 14.
[17] Idem. – cf. pp. 15, 17.
[18] Idem, p. 15.
[19] Idem – cf. p. 11. Dit is: ,,seheppings- en heilsverkondsging” (p. 10).
[20] Idem, pp. 16/17.
[21] Idem, pp. 15/16 – ,,de Bijbel (is) een niet-wetenschappelijke boek ….!“ (p. 15).
[22] Idem, p. 16.
[23] Idem, pp. 17/18.
[24] Cf. W.H. Gispen: Op. cit., pp. 69-82; G.Ch.Aalders: De Goddelijke Openbaring in de eerste drie hoofdstukken van Genesis, pp. 298-314; N.H. Ridderbos: Op. cit., (1963), pp. 93-95; S.J. van der Walt: Die Mens Gods Beeld (In: Koers, April 1963, pp. 323-338).
[25] Creatie en Evolutie, p. 149.
[26] Idem.
[27] Op. cit., p. 109.
[28] Die tuin van Eden, p. 10.
[29] Die tuin van Eden (In: In die Skriflig, Augustus-September 1968, p. 49).
[30] Cf. W.H. Gispen: Op. cit., pp. 111-115
[31] Creatie en Evolutie, pp. 143/144. (Kurisvering van ons – F.W.B.).
[32] Strijd bij de Schepping (In: Exegetica 1962, pp. 30-34); Cf. N.H. Ridderbos: Op. cit., (1963), p. 30 (én voetnoot 9).
[33] Creatie en Evolutie, pp. 32, 41, 45.
[34] Idem, HFst. V.
[35] Idem, p. 150 – ,,Pleistoceen” = ,,de periode van de vier ijstijden” (p. 113).
[36] Idem, pp. 168/169.
[37] Idem, p. 150.
[38] Idem, pp. 165/166.
[39] Idem, pp. 162-165.
[40] Idem, p. 184.
[41] Idem, p. 169. Hiervoor beroep hy hom (p. 190/191) op A. Kuyper (Evolutie, Rectorale oratie Vrije Universiteit, 1899, pp. 46-48). O.i. geheel en al ten onregte, want Kuyper rep daarin geen woord oor die ontstaan van die mens via die dier nie. De woorde van Kuyper: ,,Had het dus God beliefd” (aangehaal deur Lever, p. 190) is allesbeslissend in de gedagtegang van Kuyper. In sy Dictaten Dogmatiek (Locus de Homine) het hy juis aangetoon dat dit God nie ,,beliefd” het om die mens via die dier te skape nie, maar direk en afsonderlik – en wel na Sy beeld en gelykenis; Cf. ook Kuyper: De Gemeente Gratie I, pp. 113/114.
[42] F.W. Grosheide: De eerste Brief aan de Kerk te Korinthe (1957), p. 418: ,,Mensen en verschillende dieren hebben hun eigen sarx (sa,rx). D.w.z. niet alleen de vorm, ook de substantie is verschillend”.
[43] K. Dronkert: Adam (In: Chr. Encyc., I (1956), pp. 71-73): ,, A(dam) neemt niet allen de eerste maar ook de geheel enige plaats in, in de wordingsgeschiedenis der mensheid” (p. 73).
[44] G.CH. Aalders: Het boek Genesis I (K.V.), pp. 177: ,,Het Hebreeuwse woord a d a m zonder lidwoord kan niet alleen de eigennaam Adam, maar ook het algemene ,mens’, als verzamelwoord voor ,de mensen’ of ,het mensdom’ zijn”.
[45] Cf. S. Greijdanus: Het Heilig Evangelie naar de beschrijving van Lucas I, pp.182/183.
[46] K. Dronkert: Eva (In: Chr. Encyc., 2 (1957), pp. 668/ 669).
[47] L.W. Kuilman: De biologische dood vóór de zondeval (In: Chr. Encyc., 2 (1957), pp. 461/462: ,,Men mag deze biologische d(ood) dus ook niet vereenzelvigen met de d(ood) die zijn intrede in de wereld deed als straf op de zonde van het eerste mensen paar” (p. 461).
[48] Bybel-Skepping-Evolusie, p. 30; Cf. sy kritiek op Lever se opvatting – Progressive Creation (In: Koers, Jan.-Febr. 1962, pp. 205/206); Cf. Idem, In: Perspektief, OktobEr 1967, p. 81 (par. 4).
[49] Die biologiese aspek van die rnensbeskouing (In: Koers, Jan.-Febr., 1960, p.178).
[50] Die Evolusionisme, p. 21.
[51] A. a. (In: Op. cit., s. 74).
[52] Op. cit., p. 188; Cf. Stoker (In: Koers, Oktober 1959, p. 145): ,,Gestel dat die mens uit die dier ontwikkel het, sou by daardie ,primitiewe’ mens van ‘n sondeva! sprake kon wees? Maar verloor die kruisdood van Jesus Christus nie sy kardinale betekenis, as daar geen sondeval was nie? Die konflik gaan hier om die grondslae van die Christendom self?” (Kontra A.A. Manten).
[53] Idem, pp. 188/189.
[54] Schepping en Evolutie (In: Philosophia Reformata, 24e Jaargang, 3e en 4e Kwartaal 1959, pp. 113-159). N.H. Ridderbos (Beschouwingen over Genesis I, p. 116 (voetnoot 8)) sê van die kritiek: ,,de bezwaren, die Dooyeweerd inbrengt tegen het standpunt van Lever, verdienen het m.i. ernstig overwogen te worden”.
[55] Idem, p. 140.
[56] Idem, p. 156; Cf. M. Vreugdenhil: Persschou (De Evolutie bewezen, In: Waarheid en Eenheid, 23 Februari 1968) vir uitsprake van ‘n aantal prominente natuurwetenskaplikes wat die evolusie-idee in di verband óók afwys.
[57] Cf. J.A.L. Taljaard: Christelijke Evolusie? (In: Perspektief, Oktober 1967, pp. 83-87); Cf. ook verál H. Bavinck: Wijsbegeerte der Openbaring – waarin hy die evolusie-teorie breed én indringend aansny en, wat die ontstaan van die mens betref, dit op ‘n grondige wyse tereg as onhoudbaar takseer.

Eindnotas
[i] Geneem en verwerk deur S. Le Cornu vanuit dr. Buytendach se doktorale dissertasie, wat gepubliseer is onder die titel: Aspekte van die Vorm/Inhoud-problematiek met betrekking tot die organiese Skrifinspirasie in die Nuwere Gereformeerde Teologie in Nederland (Amsterdam: Ton Bolland, 1972), pp.95-105. Dr. FW Buytendach was in lewe predikant van die Gereformeerde Kerke Reddersburg (1949-1955) en Lichtenburg (1955-1989). Hy is oorlede op 21-12-2001. Redaksionele nota: die hoofopskrif asook subopskrifte is bygevoeg. Die voetnotas (gewone syfers) is van die oorspronklike dokument, en die eindnotas (romeinse syfers) is bygevoeg. ‘n Eie numering van die voetnotas is gevolg sodat die artikel as ‘n selfstandige artikel kan dien.
[ii] Dit is min of meer parallel met die hedendaagse ‘teïstiese standpunt’ wat meen dat God deur evolusie prosesse oor mijoene jare alles geskape het.
[iii] Lever se stelling is glad nie waar nie, o.g.v. onder andere Ps.33:6-9, 6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. 7 Hy versamel die waters van die see soos ‘n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. 8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; 9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan. Calvyn se kommentaar by hierdie verse: “In saying that the heavens were created by the word of God, he greatly magnifies his power, because by his nod alone, without any other aid or means, and without much time or labor, he created so noble and magnificent a work. But although the Psalmist sets the word of God and the breath of his mouth in opposition both to all external means, and to every idea of painful labor on God’s part, yet we may truly and certainly infer from this passage, that the world was framed by God’s Eternal Word, his only begotten Son. … but the breath of his mouth is used figuratively for the very utterance of speech; as if it had been said, As soon as God uttered the breath of his mouth, or proclaimed in word what he wished to be done, the heavens were instantly brought into existence, and were furnished, too, with an inconceivable number and variety of stars.”
“To fear Jehovah, and to stand in awe of him, just means to do honor to, and to reverence his mighty power. It is a mark of great insensibility not to bow at God’s presence, from whom we have our being, and upon whom our condition depends. The prophet alludes to both these things, affirming that the world appeared as soon as God spake, and that it is upheld in being by his commandment; for it would not have been enough for the world to have been created in a moment, if it had not been supported in existence by the power of God. He did not employ a great array of means in creating the world, but to prove the inconceivable power of his word, he ordered that so soon as he should as it were pronounce the word, the thing should be done. The word command, therefore, confirms what I formerly said, that his speech was nothing else than a nod, or wish, and that to speak implies the same thing as to command. It is proper, however, to understand that in this nod, or command, the eternal wisdom of God displayed itself.” (Calvin, J. (1998). Calvin’s Commentaries: Psalms (electronic ed.). Logos Library System; Calvin’s Commentaries (Ps 33:6). Albany, OR: Ages Software. Beklemtonings bygevoeg)
[iv] “geskep” het.
[v] “noodlottige”.
[vi] buite “dispuut”, d.w.s. dit is onbetwisbaar.


Responses

  1. […] https://proregno.wordpress.com/2008/06/10/die-skeppingsleer-gehandhaaf-teen-die-wetenskaplike-fundame… […]

  2. Leuke site!. Er zijn nog weinig goede sites over dit onderwerp te vinden.
    Ben blij met jullie toevoeging!
    Ik kan helaas geen bookmark aanmaken naar proregno.wordpress.com in Firefox. 😦 Weten jullie hoe dit komt?

    Groetjes Barbara


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: