
Majuba – 27 Februarie 1881
“Die Slag van Majuba was die laaste van vier militêre botsings tussen Groot-Brittanje en die Boere van Transvaal gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (Desember 1880 – Maart 1881. Dit het op 27 Februarie 1881 plaasgevind). Die klinkende en vernederende oorwinning wat die Boere behaal het oor die Britte, het die Britte gedwing om Transvaal weer sy vryheid te gee, nadat dit op 12 April 1877 geannekseer is (‘n verbreking van die Sandrivier-konvensie van 1852).” (Wikipedia)
Op 27 Februarie 2010 sal dit 129 jaar gelede wees dat hierdie belangrike slag plaasgevind het. Prof. Victor d’Assonville het ‘n pragtige boekie geskryf (met prente geïllustreer), wat handig gebruik kan word om saam as gesin te lees.
Die boekie se naam is: “Majuba – Dramatiese voorvalle in die Eerste Vryheidsoorlog 1880-1881” (Pretoria: Marnix, 2007) en is hier verkrygbaar:
Marnix
Tel/Faks: 012 991 2009
Of: Admin Buro
Tel: 018 297 3986
Die boekie (75bl.) gee in sy eerste hooftuk ‘n goeie oorsig en inleiding op die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881), en is dan in 19 kort hoofstukke van ongeveer 3 bladsye elk opverdeel, wat dit baie handig maak om saam voor te lees as gesin.
Sien ook hier vir ‘n kort opsomming van die gebeure om Majuba:
http://af.wikipedia.org/wiki/Slag_van_Majuba
Hy wat hom besig hou met die geskiedenis, stel belang in die toekoms. – dr. RJ Rushdoony
Op Sondag 27 Februarie 1881 het die Slag van Amajuba plaasgevind by Majubaberg, tussen Volksrust en New-Castle, wat einde gebring het aan die eerste Vryheidsoorlog teen die Britse Imperialisme se besetting van die ZAR.
Jaarliks , op die naweek die naaste aan 27 Februarie, word hierdie gebeure herdenk uit dankbaarheid vir die oorwinning wat God vir die Boere bewerkstellig het. Vrydagaand is daar ‘n fakkelloop waar die laerskoolkinders onder die bekwame toesig van die AVKB Jeugbeweging die roete van die Boere belig. Saterdagoggend word die geskiedenis op kleurryke wyse oorvertel sodat ons kinders weer waardering vir ons volksgeskiedenis en veral God se Hand daarin kan ontwikkel, daarna word Majubaberg op die voetspore van die Boere kommando’s bestyg. Bo-op die berg sing ons heerlik volksliedjies en die skole en universiteite sing hul skool- en universiteitsliedere. Die middag is daar Boeresport en heerlike ontspanning, Saterdagaand is daar ‘n heerlike Dietse tradisionele sangaand, genaamd ‘n Cantus, vir hoërskool leerlinge en volwassenes. Die fees word Sondagoggend afgesluit met ‘n dankdiens, waarna opgepak en huiswaarts gekeer word.
Ons wil u graag uitnooi om saam met ons die herdenking by te woon op 26 – 28 Februarie 2010.
Vir meer inligting stuur e-pos my by meegaande adres.
Martin, watter meegaande adres ? Daar is nie een nie.
Hier is Martin Jordaan se e-pos adres as u verdere inligting soek:
mardewyk@lantic.net