Posted by: proregno | February 17, 2010

Pro Regno nr.12 – Die teokrasie en teonomie van NGB artikel 36

" ... want hy dra die swaard nie verniet nie, want hy is in dienaar van God" Rom.13:4

Pro Regno nr.12, wat handel oor teokrasie en teonomie in NGB artikel 36, is hier verkrygbaar:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/02/pr-2010-02-18-nr-12-ngb-36.pdf

‘n Paar aanhalings:

“Insiggewend is dit dat al verwyder/verander ‘n mens die 21 woorde, of beperk dit tot die kerk se verantwoordelikheid alleen, dan dui dit nogsteeds daarop dat die owerheid ‘n Christelike owerheid moet wees, in die sin dat hul op die openbare terrein van die lewe “die koninkryk van Jesus Christus bevorder, die Woord en die evangelie orals laat verkondig.”  Iets wat natuurlik heeltemal in stryd is met wat baie teoloë deesdae leer, nl. dat die burgerlike owerheid ‘neutraal’ moet wees en sorg dat net die algemene ‘beginsels’ van geregtigheid, regverdigheid en billikheid (wat dit ook alles kan beteken?) in die samelewing toegepas word, die neutrale humanistiese mensregte staatsidee.”

“De zinsnede over het weren en uitroeien van afgoderij en valse godsdienst geldt in dit verband enkel het publieke domein van de samenleving. Dwang in zaken van geloof en godsdienst werd ongeoorloofd en zinloos geacht. Men was zich ervan bewust dat den mens door middel van dwangmaatregelen onmogelijk tot het geloof te dwingen of van het geloof af te brengen is. Religiedwang leidt immers tot vormen van hypocrisie of atheïsme. Wel diende de overheid preventief op te treden wanneer een bepaaide vorm van ketterij zich manifesteerde op publiek terrein. Dit kon immers een gevaar betekenen voor de burgerlijke orde in de samenleving, bijvoorbeeld bij het optreden van de wederdopers.”

“Teonomie gaan van die vertrekpunt uit dat God deur sy wetgewing aan Moses (die seremoniële wette uitgesluit, maar wel die juridiese (gevalle) wette en strawwe ingesluit) ewigdurende beginsels en norme daargestel het vir alle tye, plekke en volke se burgerlike owerhede.  Hierdie wetgewing moet heilshistories gelees word in die konteks van Jesus Christus se koms (bv.Mat.5:17-20), en dan met wysheid toegepas word in ons ‘moderne’ tye en omstandighede, volgens elke land en volk se unieke omstandighede.”

“We zullen dan ook art. 36 op dit punt dienen te lezen in het licht van art. 25 derzelfde belijdenis, waar duidelijk staat, dat de waarheid en substantie der Goddelijke wet blijft, al hebben de schaduwen een einde genomen, om OOK ONS LEVEN TE REGULEREN IN ALLE EERBAARHEID, TOT GODS ERE, VOLGENS ZIJNEN WIL. Vandaar dat we mogen zeggen, dat de positieve roeping der overheid is op het publieke terrein met de haar ten dienste staande middelen de afgoderij en den valsen godsdienst en het rijk van den anti-christ tegen te gaan. Uit genoemde teksten wordt dus duidelijk, dat de vaderen als de roeping der overheid zien: de publieke eerbaarheid bevorderen door publiek het onzedelijke enz. tegen te staan en ook de afgoderij en de godslastering en het uitoefenen van het brute ongeloof te weren.”

https://proregno.files.wordpress.com/2010/02/pr-2010-02-18-nr-12-ngb-36.pdf


Responses

  1. Is die gedagte van die bostaande bespreking om die owerheid se taak uit te brei? Sy taak is om wet en orde te handhaaf en nie noodwendig om die ‘ewige beginsels’ in die Ou Testament te handhaaf nie nie, tensy hierdie beginsels met die handhawing van wet en orde te doen het.
    Wet en orde: Growwe onreg wat die voortbestaan van die samelewing in sy basiese vorm bedreig, moet bestry word. Vgl Heid Kategismus, wat telkens die Tien Gebooie skerper verklaar as dit wat die owerheid sou vorder. By die 6de gebod, word nie alleen doodslag verbied nie, maar alle vorme van haat jeens die naaste. Die owerheid se taak is nie om hierdie dieper vorme van haat te bestry nie, maar doodslag en soortgelyke onreg.

  2. Neels, ja, die owerheid moet die wet van God toepas ‘uiterlik’, d.w.s. daar waar dit in die openbare terrein tot uiting kom.
    Die owerheid straf nie ‘haat’ nie, maar wel moord, soos die voorbeeld van die sesde gebod wat genoem word.
    Die owerheid straf nie godslastering in die binnekamer nie, maar wel in die publiek, sien HK v/a 100.

    Alle misdaad is sonde, maar alle sonde is nie misdaad nie. Ons moet die Skrif bestudeer, veral die wette van Moses, om hierdie onderskeid te handhaaf, ook as ons ondersoek watter oortredings die owerhede moet straf of nie straf nie.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: