Prof. Johan Bosman van die Afrikaanse Protestantse Akademie in Pretoria (http://www.apa.ac.za/), skryf as volg:
“Dit is nou al ‘n geruime tyd dat ek besig is met die gedagte van ‘n “AFRIKANER STUDIEBYBEL”. Waaroor gaan die gedagte? Wel ek is van mening dat die Ou StateBybel met sy verklarende aantekeninge, na regte die Afrikaner se historiese volksbybel en studiebybel is.
Verstaan mooi. Ek is die HERE baie dankbaar vir Totius as gawe aan die Kerk in Suid-Afrika. Tog het die verskyning van die Bybel in Afrikaans in 1933 ’n sekere mate van vervreemding laat intree t.o.v. die Statebybel en sy verklarende aantekeninge. Verder, ek is dankbaar vir Ds Norval Geldenhuys en sy span wat in 1958 “Die Bybel met verklarende aantekeninge” die lig laat sien het. Dit het egter verder bygedra tot vervreemding van ons historiese erfenis in die Statebybel met verklarende aantekeninge.
Die Statebybel is reeds in 1637 gepubliseer. Reeds vanaf volksplanting was die Statebybel deel van die Afrikaner se volksgeskiedenis. Sekerlik het die Statebybel met verklarende aantekeninge Boere-Afrikaners gelei tydens die Groot Trek. Die Statebybel met verklarende aantekeninge was ons troos, bemoediging en teregwysing tydens die Anglo-oorlog.
Ek meen te beweer dat vanaf 1652-1958 die Statebybel met verklarende aantekeninge ’n koersgewende rol onder Boere-Afrikaners gespeel het.
Ek meen dit is nodig om hierdie ryke skat weer aan die Afrikaner as volk terug te gee, maar wel in AFRIKAANS.
Daar is vandag grootskaalse verwarring rond Afrikanerskap en rondom die religieuse grondslae van Afrikanerskap. Mense weet dit regtig nie meer nie. Dwaalleer spring links en regs op.
Dis tyd om terug te keer na die histories-religieuse wortel van waar ons vandaan kom. Dr. H.G. Stoker se artikel in Koers (1952) “Calvinisme as wortel van ons volksbestaan”, roep ons as gelowige Afrikaners daartoe op.
[sien Stoker se artikel hier: https://proregno.wordpress.com/2010/02/04/calvinisme-as-wortel-van-ons-volksbestaan/]
Ek is bereid om op te tree as “algemene redakteur”. Om alleen te werk gaan my egter te lank neem by alle ander take tot my verantwoordelikheid. Ek het medewerkers nodig !
Sit asseblief belangstelling, tyd en moeite opsy, om mee te werk aan die Statebybel met verklarende aantekeninge in Afrikaans
Indien bereidwillig: kontak my asseblief by johan.bosman@apa.ac.za.”
Tot so ver dr. Bosman.
Mag hierdie projek ryklik geseën word deur ‘n oorvloed van medewerkers !
Slabbert
Sou hierdie oproep nou net aan predikante gerig wees, of aan enige lidmaat wat bereid is om mee te werk? Ek neem egter aan dat ‘n mens ‘n grondige kennis van Nederlands sal moet hê?
Groetnis
Marelize
By: Huisvrou on March 4, 2010
at 16:10
Marelize, dit is vir enige persoon wat belangstel, aangesien daar vele aspekte verbonde gaan wees aan so ‘n groot projek.
By: proregno on March 4, 2010
at 16:22
[…] ons Afrikaanse volk weer aan hierdie tydperk en preke blootgestel word, omdat dit juis deel was van die geestelike stof waaruit ons gereformeerde vaders gelewe het in die 16de tot die 19de eeu. As iemand belangstel om […]
By: Vertaling van Nadere Reformasie preke « Pro Regno on December 14, 2010
at 08:37