Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA

Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA, dr. Mark Kreitzer:

https://proregno.files.wordpress.com/2010/03/apartheid-mr-kreitzer.pdf

Ek weet nie of daar iewers ‘n ‘amptelike definisie’ is van ‘rassisme’ nie, maar soos ek dit nog altyd verstaan het, beteken rassisme dat jy inherent beter en waardiger is as ‘n ander mens of volk, bloot a.g.v. jou velkleur (ironies genoeg, het ek iewers gelees dat alle mense dieselfde pigment/velkleur het, dit is net ‘n graadverskil tussen ligtheid en donkerheid: http://creation.com/skin-deep). 

 Dat een volk wel kultureel en moreel op ‘n hoër vlak is en kan wees as ander as gevolg van verskeie faktore, is historiese gegewens wat ons nie kan wegredeneer nie (natuurlik ook afhangende van watter maatstawwe jy gebruik), maar dit is nie ‘n kwessie van velkleur wat dit bepaal nie.  As laasgenoemde waar was, dan moes die Indiërvolke (wie se pigment baiemaal donkerder is as die swart volke s’n) mos sogenaamd baie meer ‘onbeskaaf’ gewees het as die swartvolke ?   Sien bv. Paulus se opmerking in Tit.1:12 oor die Kretense lewenswyse en kultuur, wat wel wys hul lewensstandaarde as volk was moreel vervalle.   

 Die gereformeerde leer ken nog altyd die feit dat God verskillende ‘volke, nasies en tale’ daargestel het (Deut.32:8), almal uit een bloed (Hand.17:26) in hul verskillende taal, kultuur en historiese bande (Op.5:9).   Die huidige eenheidstaat gedagte (wat volke, tale en nasies verwerp) met sy humanistiese een wêreldorde (Op.13) is in stryd met God se geopenbaarde wil.  Hierdie gedagte word ongelukkig gewoonlik aangehelp deur misleide Christene wat meen as ons nou gelowiges is, maak dit nie meer saak of ek aan ‘n volk behoort of nie. 

Prof. Hendrik van der Wateren skryf oor die verskillende reaksies teen volke as volg:

 “In hierdie na-oorlogse atmosfeer is die Afrikanervolk se volksgevoel, sy nasionalisme, tot ‘n hoogtepunt gevoer en het ons die muishond van die wêreld geword. Met skeldwoorde soos Naziisme, Fascisme, Kolonialisme is ons gebrandmerk as die stroomop volk wat die wêreldvrede bedreig. Deurgaans was die strewe om ons volksnasionalisme en volksverband te vernietig.
En weer het die ,,filosowe” na vore getree — nou op voetspoor van die na-oorlogse versoeningsfilosofie beweer sommige Suid-Afrikaanse geleerdes dat volkskap betekenisloos is — solank ons net Christene is. Daarmee is ‘n breuk geslaan tussen volksnasionalisme en godsdiens. Volk en kerk is as teenoorstaandes beskou.
Andere het weer beweer dat jy volk, sonder afgrensing, net in sy taal en kultuurverband kan behou. Die regeermag moet egter onder alle inwoners gedeel word. Dan, in die sogenaamde verbreding van demokrasie plus kulturele selfbehoud speel die Afrikanervolk ‘n versoenende rol. Daarmee is die volksgrens afgetakel en moes alle sogenaamde apartheidswetgewing verwyder word.
Die noodwendige reaksie het nie uitgebly nie. Teenoor die minagting van volksbestaan en volksgrens is daar foutiewelik geredeneer dat volke vaste skeppingsordeninge van God is en daarom as geslote eenhede bewaar moet word. Hierop het andere selfs verder gegaan en beweer dat nie volke nie, maar rasse-onderskeiding die beginpunt van die probleem is. Met die aksent is die vooroorlogse filosofie van superrasse en sogenaamde modderrasse weer opgeroep.” (Afrikanertoekoms, Orkney: Spera Uitgewers, 1996, bl.2)

Prof van der Wateren se antwoord op al hierdie skeeftrekkings, is: “Om volk te wees, is nie alleen ‘n voorreg nie, maar ‘n reg deur God gegee en dáárom is die handhawing daarvan ‘n roeping.” (ibid, bl.3)

Daarom moet ons nie volkerebestaan nie, maar ‘rassisme’ verwerp soos ek dit daarbo gedefinieer het, en wat by implikasie, in Dordtse Leerreëls 2.5 verwerp word:

 “Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.  Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.”

 Een van die ‘apartheidsdenkers’, HG Stoker, se visie vir SA was nie dat die ‘ou SA’ vir altyd sou aanhou nie (voogdyskap oor ander volke deur die Afrikaners/blankes nie), maar ‘n (kon)federale stelsel van verskillende volke wat hulself regeer, in samewerking en respek vir mekaar (my beklemtonings bygevoeg):

 “The European group, however, is not prepared to sacrifice its rights of existence as a separate national and racial entity, and is determined to retain control of its own destiny (dit was nou voor daar ‘n ‘nuwe geslag’ opgestaan het – slc). Accordingly, racial friction and animosity will result, if the policy of liberalism is effectively put into practice.

On the other hand, the policy of apartheid intends to ensure for each group the fullest opportunity for self-expression and realisation of its aspirations, and an unfettered existence. The execution of this policy will accordingly not necessarily result in race tensions and clashes, but will provide a better guarantee of mutual respect, understanding, peace and friendship. It accepts the duty of creating and of helping to create the separate opportunities for development of the Bantu group to a control of its own affairs in all human spheres. It expects of the advanced Bantu individuals to identify themselves with, to seek as leaders the welfare of their group and to acquire within their group the privileges and positions that Europeans enjoy within their group.

It is clear, that, on account of its cultural superiority (let wel: nie ‘racial superiority’ nie – slc), for the foreseeable future the Europeans will remain the leading group. But the ultimate ideal of apartheid — when the differences of cultural development between these groups has been appropriately diminished is that both groups together (e.g. as self- governing states) on a basis of equivalence (resp. equality) will have to control in sonic form of allied or federated co-operation the destiny of South Africa.
There is no middle way between apartheid and integration, as it would lead to assimilation. In the present racial crisis the only and inescapable choice is that between apartheid and integration.
I may add that the overwhelming majority of Afrikaans- as well as English- speaking South Africans are in favour of apartheid; that the majority of urbanised Bantu leaders favour integration and assimilation; and that the Bantu chieftains in the Bantu areas increasingly appear to favour the Government’s policy apartheid.” 

 Bron: Oorsprong en Rigting, deel 1 (Kaapstad, Tafelberg Uitgewers, 1967), bl.216. Die artikel van Stoker het die eerste keer verskyn in April 1957, onder die titel: “At the Crossroads: Apartheid and University Freedom in South Africa”. 

Nou ja, die liberalisme van die ‘nuwe geslag’ het gewen (Ps.78:8-11), nou sit ons met baie meer tragiese gevolge as wat daar ooit in apartheid SA was: ‘n onchristelike humanistiese eenheidstaat gebaseer op die mens as god en staat as sy verlosser, met al sy slegte vrugte wat alle volke hier aan die suidpunt van Afrika tot nadeel strek, en bo alles, nie die Here eer en vrees nie.

As gevolg van die groot aanslag op die Afrikaner vanuit alle fronte, veral vanuit die liberale kerke en liberale teoloë met hul meestal valse skuldmanipulering, kon die Christen Afrikaner, na my mening, nog nie werklik grondig sy geskiedenis oor apartheid voor die Here neerlê en opreg vra: maar Here, waar het ons waarlik u Naam onteer en teenoor ons naaste (volke) verkeerd opgetree ? 

Daar was nog nie tyd en plek vir ware diep opregte volksverootmoediging nie, en baiemaal is die verootmoediging wat daar is, nogsteeds gebaseer op die valse ‘blanke baasskap idee’.

 Watter fondamente van apartheid was wel skriftuurlik, en watter nie ? 

 En dan moet ons soos oom Paul sê ons moet maak:  soek in die verlede wat goed en mooi is en bou daarop die toekoms.

 Om te help met hierdie besinning, in die lig van die Skrif en ons gereformeerde tradisie, wil ek by u aanbeveel om die volgende artikel te lees, as ‘n goeie vertrekpunt om oor die saak te besin:

 Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA, dr. Mark R. Kreitzer

 https://proregno.files.wordpress.com/2010/03/apartheid-mr-kreitzer.pdf

 Hier is ‘n aanhaling uit die stuk:

 “Dit is die mening van die skrywer van hierdie artikel dat apartheid in menigte opsigte ‘n Calvinistiese sosiale teorie was wat beslis nie sonder uitsondering sleg en rassisties was soos wat graag voorgehou word nie. Ongetwyfeld was daar, getoets aan die Skrif, veel in die beleid wat onregverdig, sondig en verkeerd was, maar die standaard waarmee ons meet, bepaal ons resultate; en wanneer apartheid aan Skriflig onderwerp word, lyk die beeld anders as onder die lig van die demokratiese dogma en die oppervlakkige maatstaf van humanisme. Ons kan nie tot behoorlike insig kom deur die onnadenkende herhaling van simplistiese politieke refreine nie. Selfs net die kompleksiteit van die onderwerp behoort ons van ‘n haastige beoordelinge laat terugdeins.”  

Om my eie standpunt eenvoudig te probeer saam vat: ons moet rassisme verwerp soos ek dit hierbo gedefinieer het.  Ons moet die eenheidstaat gedagte van die nuwe SA verwerp.  As ons wil ‘diskrimineer’, dan moet ons diskrimineer op grond van geloof/godsdiens, taal, kultuur, tradisies, gewoontes, gebruike, ens., nie op grond van ‘ras’ nie.   Ons moet daarvoor werk dat die evangelie van Christus in elke volk vrug sal dra in die terugkeer van volkere na hul skeppingsdoel: om God te verheerlik (Gen.12:3; Ps.117; Luk.2:29-32; Matt.28:18-20; Op.5:9; 21:24) volgens sy regverdige wette deur die krag van die Gees. 

Daarin, Jesus Christus en sy Woord, lê die hoop en toekoms vir die volke in Afrika, maar daarsonder is geen hoop nie (Ps.127:1; Jes.8:20): 

“En Jesaja sê ook: Die wortel van Isai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop.” (Rom.15:12) 

https://proregno.files.wordpress.com/2010/03/apartheid-mr-kreitzer.pdf

5 thoughts on “Die Tragedie en Hoop van Apartheid SA

Add yours

  1. lhoewel ek grotendeels met hierdie stuk saamstem, dink ek nie dat ‘n mens ‘n gemeenskaplike ras of genepoel of wat okal ‘n mens dit te noem as ‘n inherente bousteen van ‘n volk moet afmaak as onbelangrik nie. ‘n Ras is, soos ‘n volk, immers net ‘n uitgebreide familie. Dus kan die Grieks “ethnos” na beide verwys. Verder is dit onontkebaar dat God die verkeie rasse met verskillende gawes geseen het. Velkleur is nie die kwessie nie, ja, maar dit, tesame met ander biologiese verskille tussen rasse (soos haarkleur, oogkleur, gesig eienskappe ens.) dien ook as merkers in God se skeppingsorde. Ek stel hierdie 2 artikels in hierdie verband voor: http://faithandheritage.com/2011/01/a-biblical-defense-of-ethno-nationalism/ en http://faithandheritage.com/2011/11/the-reality-of-race/.

    1. Ek sien nie in die Skrif ‘n groot klem op rasse onderskeid nie, maar wel dat onderskeid tussen volke getref word in verband met a) geloof/godsdiens, b) taal en c) kultuur/gewoontes.

      Ras is nie ‘n skeppingsordening soos bv geslag (man en vrou) nie. Daarom het ek nie ‘n problem met volke onderskeid nie, maar ‘rasse onderskeid’ is vir my vreemd, ek dink die ‘blanke en nie-blankes’ idee was nie ‘n wyse besluit nie. Afrikaners, Engelse, Zoeloes, Xhosas, ens. is wat ek uit die Skrif kan aflei.

  2. Dis nie my intensie om in ‘n hewige debat hieroor in te gaan nie – ek sal net graag ter wille van duidelikheid een voorbeeld wil uitwys. Paulus verwys in Romeine 9:3 na sy mede-Jode (wat ongelowig is) as ”broers” en ”stamgenote”. Dit, ten spyte van die feit dat hy nie hul godsdiens of kultuur gedeel het nie (kultuur is immers die eksternalisering van godsdiens). Verder het hy op daardie stadium hoogs waarskynlik baie meer Grieks as Aramees gepraat en was hy nie eers ‘n Jood volgens burgerskap of geboorte nie (Hand 22:28). Die enigste band wat moontlik kon oor wees en wat die apostel hoog genoeg ag om selfs na ongelowiges wat hom vervolg as broers te verwys, was ‘n etniese bloedband.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: