Is Adam ‘n historiese figuur ?
1. In die GKSA se maandblad, die Kerkblad, en die TSV se teologiese tydskrif, In die Skriflig, in 2009, het artikels verskyn wat direk of indirek hierdie vraag aanspreek. Dit blyk nie meer ‘n onderwerp te wees in slegs liberale kerke en onder liberale teoloë nie.
Prof. Bert Floor, het al reeds in ‘n heelwat vroeër uitgawe van, In die Skriflig, hierdie vraag beantwoord (Junie 1969), onder dieselfde titel as hierbo. Die artikel kan hier gelees word:
https://proregno.files.wordpress.com/2010/03/adam.pdf
“Wanneer ons egter glo dat die Bybel die onfeilbare Woord van God is en dat die wetenskap feilbaar is omdat dit deur sondige mense beoefen word, dan moet ons as gelowiges aan die Skrif prioriteit verleen ten opsigte van die wetenskap en in ieder geval die wetenskap in die lig van die Woord van God beoefen en nie omgekeerd die Bybel eksegetiseer in die lig van die wetenskap nie.” – prof. Floor
2. Relevant is ook die huidige verwikkelinge in die NG Kerk. Dr. Hennie Mouton, ‘n NG lidmaat skryf as volg oor die omstandighede in sy kerkverband, onder die opskrif, Waarheen is die NG kerk op pad?
Sien die artikel hier:
https://proregno.files.wordpress.com/2010/03/waarheen-is-die-ng-kerk-op-pad.pdf
3. In oorsese kerke is die debat ook aan die gang oor Genesis 1-11.
Sien die volgende skrywes daaroor:
http://www.historiasalutis.com/2010/03/03/was-adam-an-historical-figure/
http://bylogos.blogspot.com/2010/03/making-sense-of-enns.html
Psalm 11:3 ”As die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen?”
Sien ook: http://thegospelcoalition.org/blogs/kevindeyoung/2012/02/07/reasons-to-believe-in-a-historical-adam/