1. Die kerkraad, GPL van der Linde
“Die mag wat aan die ampsdraers gegee is, kleef nie aan hulle persone nie maar wel aan die Woord wat hulle bedien. Daarom is daar gelykheid onder hulle en volg dit noodwendig dat hulle die gesag in die kerk alleen gesamentlik kan uit oefen. … Dit is dan ook opmerklik dat die Skrif in die reël van die ouderlinge in die meervoud spreek. Christus het die regering van die kerk nie aan één alleen toevertrou nie maar aan ‘n vergadering van opsieners, wat sy koninklike wil moet uitvoer. ,,Aan de mensen kent Hij niets anders toe, dan een gemeenschappelijke dienst, en aan ieder afsonderlijk een bijzonder deel”. Die ampsdraers in elke plaaslike kerk bly nie los van mekaar staan nie ,,maar sluiten zich tot een raad der kerk aaneen” (H. Bavinck). … Die konklusie dat daar in elke plaaslike kerk ‘n kerkraad moet wees as instelling van Christus en dat die kerkregering in die eerste plek by die kerkraad berus, is uit die Heilige Skrif so duidelik.”
https://proregno.files.wordpress.com/2010/03/die-kerkraad.pdf
2. Die status van gemeentevergaderings, Totius (in 1977-uitgawe, deel3, bl.171ev.)
“So het Calvyn gekom tot die instelling van ‘n kerkraad, wat die gemeente moet regeer. Die gemeentelede moet hulle daaraan onderwerp en gehoorsaam wees. Nie ter wille van die persone van die kerk dienaars nie maar omdat Christus se woord deur hulle bedien en sy wil deur hulle uitgevoer word.
Die kerk is dus ‘n koninkryk en wel in die mees absolute sin van die woord. Daarin geld alleen sekere Skriftuurlike grondreëls wat nie verander mag word nie, terwyl Christus alleen die Koning is. Wie daardie koninklike gesag nie erken en homself aan Gods Woord nie gebonde ag nie, hoort in die kerk nie tuis nie.
Wel regeer die kerkraad; en dit geskied onder toesig en met medewerking van die gemeente (soos ons later sal sien); maar die gesag, sowel van die kerkraad in sy regering as van gemeentelede in hulle medewerking, rnoet ooreenkomstig Gods Woord uitgeoefen word.
Ons het dus nou gekom tot die kwessie van gesag in die gemeente — ‘n punt wat gewoonlik nie helder ingedink word nie. Vandaar dat ons nou nog enkele woorde daaraan gaan wy.”

Leave a Reply