In die HTS Teologiese Studies (Vol 60, No 3, 2004) het prof. HF van Rooy, professor in Ou Testament aan die Teologiese Skool, Potchefstroom, ‘n artikel gepubliseer onder die titel “Die nuwe Psalmomdigting: Die Messias weggelaat?”. Die artikel kan hier afgelaai word in PDF formaat: http://www.hts.org.za/index.php/HTS/article/view/600/0
As studente, moes ons in een van die OT klasse by prof. van Rooy in die jaar 2005, die artikel opsom (die besware en argumente teen die nuwe omdigting, asook prof van Rooy se antwoord daarop) en dan ‘n eie mening gee. Die artikel wat hieronder volg was my bydrae gewees.
Afdeling een en twee is ‘n opsomming en samevatting van prof. van Rooy se artikel (sien gerus die artikel van prof. van Rooy self om vas te stel of ek sy argumente korrek weergegee het), en afdeling 3 bevat my eie standpunt oor die saak. Dit word aanbeveel dat u eers prof van Rooy se artikel lees, en daarna my samevatting en mening daaroor.
Hier is die volledige artikel:
https://proregno.files.wordpress.com/2010/04/die-nuwe-psalmomdigting.pdf
Prof van Rooy, ter versterking van sy standpunt, verwys heelwat na die Tremper Longman III, ‘n ‘evangelical’ Ou Testamentikus wat glo: “Messianic Psalms, in an excusively narrow sense, do not exist.” ‘n Mens moet Longman self gaan lees, maar dit blyk dat hy daarmee bedoel dat bv Ps.110 nie direk oor Christus gaan nie, maar wel Christus ‘antisipeer’ … wat dit ook nou weer alles kan beteken ?
Dit is egter insiggewend, dat Longman, onlangs uitsprake begin maak het wat die historisiteit van Adam bevraagteken.
Sien hier: http://thegospelcoalition.org/blogs/justintaylor/2009/09/21/tremper-longman-on-the-historicity-of-adam/
Om meer daaroor te hoor en te lees, gaan besoek die volgende blog en luister na die bespreking asook die skrywes wat daaruit gevolg het:
http://reformedforum.org/ctc115/
U kan ook op youtube soek: “Is there a historical Adam?”