Onluste en hoop in Noordwes April 2010

1. Onluste foto’s

Munisipale werkers het onlustig begin raak tydens hul optog by die Brandvlei-kruising (16 April) in Noordwes/Gauteng (20 km buite Krugersdorp, op die Moloto pad na Carletonville).  Ek het ‘n paar foto’s geneem van die gevolg van hul ‘vreedsame’ optog, wat ek nie dink in die koerante verskyn het nie:

Nee, die ‘werkers’ se mae was nie ongesteld nie, hulle het die tydelike toilette
omgegooi en beskadig.
Een van die slagoffers
En nog een
Orals langs die pad gelê.
Die toilette is ook aan die brand gesteek op die teerpad
Die pad is erg beskadig, maar toe maar, die belastingbetaler sal weer sorg.
Wat oorgebly het van een van die toilette  …
… en die pad.
Nog ‘n stuk van die pad wat beskadig is
Die toilette is op 2 plekke aan die brand gesteek
Polisievoertuie wat na alles gebeur het, die beskadigde toilette fyn dopgehou het … seker met die vrees vir ‘n regse toilet ‘backlash’ ?
Hulle kan net bly wees die Leeu van Wes-Transvaal was nie daar op sy perd nie:

Maar, die volgende paar foto’s wys waar ons verlossing en hoop lê:

Genesis 9:9-17

En dan sommer ‘n dubbele reënboog, mooiste wat ons as gesin nog beleef het !

Moenie die kerktoring op die voorgrond mis nie:

“HK, Vraag 54: Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?

Antwoord: Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ‘n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is , deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ‘n lewende lid is en ewig sal bly.”

En, daarom …

… bly ons glo, bid en sing, in Jesus Christus, ook vir die tye (en alle tye) waarin ons lewe:

Voorwaar my siel is in my stil,

weer één met God se heil’ge wil.

Net soos ‘n kind, tevrede by

sy moeder, is my siel in my.

Laat Isr’el op die HEER vertrou,

sy hoop op Gods ontferming bou,

en stil berus in sy beleid

van nou af tot in ewigheid.

Psalm 131 (berymd)

One thought on “Onluste en hoop in Noordwes April 2010

Add yours

  1. Dankie Slabbert. Deel ook graag Ps. 112 vers 7:
    Hy vrees nie vir slegte tyding nie; syhart is gerus, vol vertroue op die Here.

    Groete
    Anlia Swanepoel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: