Hieronder het ek dr. Hennie Mouton se skrywe geplaas oor die nuutste vonds by Maropeng se Malapa grotte, hier in Suid-Afrika.
Sien ook die volgende artikels wat relevant is vir hierdie gesprekke aangaande ‘skepping vs evolusie (beide ateïstiese en teïstiese evolusie)’:
1. Theistic Evolution: A Hermeneutical Trojan Horse
http://www.reformation21.org/blog/2010/04/theistic-evolution-a-hermeneutical-trojan-horse.php
2. Was Adam an historical person and what difference does it make ?
http://www.wscal.edu/faculty/wscwritings/wasadamhistorical.php
Hierdie artikel help mens ook verstaan waar dr. Nico Vorster se teologie vandaan kom oor Genesis 1 en Adam, soos gevind word in sy artikel, Die teologies-polemiese gerigtheid van Genesis 1-3: implikasies vir die gereformeerde leer oor die erfsonde, gepubliseer in die ‘In die Skriflig’ 43(1) 2009:95-117, tydskrif van die GTV (Gereformeerde Teologiese Vereniging). Vir meer hieroor, sien ook Pro Regno nr.8 (20.10.2009) op die Esra Instituut webblad: http://www.esra.za.org/
3. http://creation.com/sediba-not-human-ancestor
4. http://www.answersingenesis.org/articles/2010/04/15/seminary-prof-resigns-pro-evolution
5. Sien ook: https://proregno.wordpress.com/category/adam/
Hier is dr. Mouton se opmerkings oor ‘Sediba’:
SA se nuutste vonds geen oorgangskakel nie
Almal weet sekerlik van die nuwe aaptipespesie wat in 2008 by Maropeng se Malapa-grotte ontdek is, en op 8 April 2010 met groot geskal bekend gemaak is in verskeie koerante en ook die aand op TV-nuus. Op 12 April is die ontdekking met allerlei agtergrondinligting ook met groot opgewondenheid op die TV-program 50/50 aangebied.
Onderstaande is ‘n paar aanhalings uit die verslae en berig wat in die wetenskaplike tydskrif SCIENCE daaroor verskyn het, met enkele kommentare daarop. Die aanhalings uit die verslae is in aanhalingstekens en in Engels om dit te onderskei van my kommentaar wat daarop volg.
Uit die verslag: Australopithecus sediba: A New Species of Homo-Like Australopith from South Africa:
“Despite a rich African Plio-Pleistocene hominin fossil record, the ancestry of Homo and its relation to earlier australopithecines remain unresolved. Here we report on two partial skeletons with an age of 1.95 to 1.78 million years.”
Die erkende onopgeloste probleem (“remain unresolved”) van Homo en Australopithecus se verband, word nog duideliker uit onderstaande aanhalings. Vir Bybelgelowiges is daar geen onopgeloste probleem nie – daar is nie ‘n verband tussen hierdie twee soorte nie behalwe dat God beide soorte (mens en aap) apart geskep het.
Uit die berig: Candidate Human Ancestor From South Africa Sparks Praise and Debate:
“Berger’s team argues that the fossils have a mix of primitive features typical of australopithecines and more advanced characteristics typical of later humans. Thus, the team says, the new species may be the best candidate yet for the immediate ancestor of our genus, Homo.
Putting A. sediba into Homo would require “a major redef inition” of that genus, adds paleoanthropologist Chris Stringer of the Natural History Museum in London. At no earlier than 2 million years old, A. sediba is younger than Homo-looking fossils elsewhere in Africa, such as an upper jaw from Ethiopia and a lower jaw from Malawi, both dated to about 2.3 million years ago.
Berger and his co-workers agree that the Malapa fossils themselves cannot be Homo ancestors but suggest that A. sediba could have arisen somewhat earlier, with the Malapa hominins being latesurviving members of the species.”
Nou hoe versoen mens bogenoemde twee skynbaar teenstrydige opmerkings in dieselfde SCIENCE -berig, naamlik “the new species may be the best candidate yet for the immediate ancestor of our genus, Homo” en “the Malapa fossils themselves cannot be Homo ancestors” met mekaar? Lee Berger reken die Malapa-fossiele is moontlik baie laat lede van A. sediba waarvan die eerstes al lank genoeg voor Homo bestaan het sodat hulle wel Homo se voorganger kon gewees het. Hierdie bewering dat die eerste lede van A. sediba al lank voor hierdie sogenaamde laat lede bestaan het, het natuurlik tans geen ondersteunende getuienis nie. Die Malapa-fossiele self se tydgleuf, vir dié wat die gebruikte dateringsmetodes se antwoorde glo, pas net nie lekker in die evolusiemodel nie.
Ook uit die berig: Candidate Human Ancestor From South Africa Sparks Praise and Debate:
“Labs in Bern, Switzerland, and Melbourne, Australia, independently performed uranium-lead radiometric dating, taken from cave deposits immediately below the fossils. They yielded dates of 2.024 million and 2.026 million years respectively, with maximum error margins of ±62,000 years.
Paleomagnetic studies suggest that layers holding the fossils were deposited between 1.95 million and 1.78 million years ago, and animal bones found with the hominins were consistent with these dates.
The uranium-lead dating is “credible” and indicates that the fossils are no more than 2 million years old, says geochronologist Paul Renne of the Berkeley Geochronology Center in California, citing the strong reputations of the Bern and Melbourne groups.
But Renne regards the paleomagnetic work, which relies on correctly identifying ancient polarity reversals in Earth’s magnetic field, as less convincing.
The cave’s stratigraphy might not be complete enough to formally rule out a much younger paleomagnetic signal for the fossils, he says.”
Let daarop dat “credible” in die berig self in aanhalingstekens gesit is. Geokronoloog Paul Renne het dus dalk self maar twyfel oor die akkuraatheid van die U-Pb-metode. Ek ondersteun sy betwyfeling maar waarskynlik om baie grondiger redes as hy. Die +/- 0.062 miljoen jaar foutgrens verwys net na die verhouding van uraan en lood in die kalksteenmonster — nie na die akkuraatheid van die ouderdom van 2.024 of 2.026 miljoen jaar as sulks nie. Die ouderdomsberekening kan geweldig verkeerd wees want die aanvanklike U-Pb-verhouding is onbekend, en water kon die uraan uitgewas het wat die monster baie ouer sou laat lyk as die werklikheid. Renne stel dat die fossiele jonger as 2 miljoen jaar is, want dit is bokant die kalksteen gevind. Hoeveel jonger is onbekend, want hy beskou die paleomagnetiese bevindings as nog minder oortuigend as die U-Pb-datering. Volgens hom mag die fossiele ook nog baie jonger wees as die paleomagnetiese ouderdomsbepaling omrede die onsekerheid van die rotslae van die grotte.
Uit die verslag: Geological Setting and Age of Australopithecus sediba from Southern Africa:
“The hominins occur with a macrofauna assemblage that existed in Africa between 2.36 and 1.50 million years ago (Ma). The fossils are encased in water-laid, clastic sediments that were deposited along the lower parts of what is now a deeply eroded cave system, immediately above a flowstone layer with a U-Pb date of 2.026 T 0.021 Ma. The flowstone has a reversed paleomagnetic signature and the overlying hominin-bearing sediments are of normal polarity, indicating deposition during the 1.95- to 1.78-Ma Olduvai Subchron. The two hominin specimens were buried together in a single debris flow that lithified soon after deposition in a phreatic environment inaccessible to scavengers.
…
To further constrain the age of deposition of the fossils, we took samples for paleomagnetic analysis from across the flowstone layer and the overlying sedimentary facies (SOM Text S2, table S3, and figs. S1, S4, and S5). The flowstone mainly preserves reverse polarity, but near its base, a normal polarity excursion occurs that is interpreted as the Huckleberry Ridge Subchron at 2.06 T 0.04 Ma (25). The sediments of facies C, D, and E above the flowstone record normal polarity that is interpreted as the beginning of the 1.95- to 1.78-Ma Olduvai Subchron (26).”
Die skeppingsleerder dr. Russ Humphreys het ‘n magnetiese model vir hemelliggame, insluitende die aarde ontwikkel, wat ook magnetiese omkerings kan verklaar. Dit verskil egter dramaties van die evolusionistiese modelle om omkerings te verklaar, want dit plaas die magnetiese omkerings in kort opeenvolgings tydens tot kort na die Genesisvloed. Dr. Humphreys se magnetiese model is op verskeie maniere al bevestig:
* In 1984 was dit nog onbekend wat Uranus en Neptunus se magneetveldsterktes is. Humphreys het voorspel dat dit ongeveer 100 000 maal hoër as die skatting volgens evolusioniste moet wees, naamlik in die orde van 1024 J/T teenoor 1019 J/T. In 1986 en 1989 het die Voyager 2-ruimtetuig naby genoeg aan die twee planete verby beweeg dat hul magneetvelde gemeet kon word. Uranus het ’n gemete magneetveld van 3.0×1024 J/T en Neptunus ’n magneetveld van 1.5×1024 J/T gehad. Hierdie gemete waardes is ’n baie sterk aanduiding dat Humphreys se model reg is. Die evolusionistiese model was hopeloos verkeerd.
* Humphreys het ook voorspel dat getuienis vir vinnige omkerings van magneetvelde op aarde gevind behoort te word. Dit is later bevestig deurdat omkering van magneetvelde waargeneem kon word in magnetiet in dun lae lawa wat duidelik in slegs enkele weke afgekoel het. Die boonste lae het gewys die magneetveld was in een rigting toe dit gestol het, terwyl dieper lae wat net daarna gestol het, die magneetveld in die teenoorgestelde rigting wys. So ‘n geval is gevind in Steen’s Mountain in Oregon, VSA, soos beskryf in die artikel ‘New evidence for extraordinarily rapid change of the geomagnetic field during a reversal’ in Nature, 1995.
Gegewe die skeppingsmodelle het die diere in die Malapa-grot omgekom tydens of op die laaste in die Ystydperk, wat ‘n paar honderd jaar ná die Genesisvloed verby was, dus omtrent 4300 tot 3600 jaar gelede.
Ek sou graag die evolusioniste wil uitdaag om koolstof-14-toetse op die fossiele te doen. Hulle sal hoogs waarskynlik weier, want hulle glo die fossiele is ver te oud om nog enige C-14 te bevat. Maar omdat geen organiese materiaal al ooit enige plek ter wêreld gevind is wat geen C-14 bevat nie, is ek oortuig daarvan dat hierdie fossielbene ook genoeg sal bevat om ‘n redelike skatting te maak. Ek vertrou ook nie C-14-datering in die algemeen nie, maar dat dit ‘n aanduiding aan die maksimum kant van ‘n moontlike ouderdom gee, is sekerlik so. En dit sou ordes minder as die gewaande 2 miljoen jaar wees.
Die nuutste SA-vondste is fossiele van uitgestorwe ape wat tydens die Genesisvloed of in gebeure kort daarna omgekom het. Hulle is geensins voorgangers van die mens nie soos nie net duidelik in die Bybel verklaar word nie, maar ook nie deur hierdie nuutste ontdekkings weerspreek word nie. God het mense as mense geskep en ape as ape, reg vanaf die begin.
Dankie Slabbert. Hierdie inligting is insiggewend en goeie materiaal vir my kleinkinders se tuisskoolonderrig.
Verdere inligting:
https://creationstoreuk.s3.amazonaws.com/infobytes/SA-IB2010/202_sedibaAK.html
National Geographic Augustus 2011 bevat ‘n artikel oor Australopithecus sediba waarin duidelik getoon word waarom dit as ‘n oorgangsfossiel beskou kan word.
Sien ook: http://www.answersingenesis.org/articles/aid/v5/n1/problem-with-australopithecus-sediba
“The most parsimonious explanation regarding Australopithecus sediba is that it and Australopithecus africanus are both extinct varieties of the original Genesis ape kind.”
Sien ook: http://creation.com/sediba-not-human-ancestor
“Simply put, humans cannot have evolved as a species over millions of years because there is no viable mechanism to increase information in the genome, and because the accumulation of errors (mutations) in the genome over that hypothetical time makes it inconceivable that it would still be functional. That is, we would be extinct if the evolutionary scenario with its millions of years were true.”