Vryheid van spraak: die Mohammed spotprent

Die politieke spotprent tekenaar, Zapiro, is weer in die moeilikheid.

Sien die storie hier:

http://www.mg.co.za/article/2010-05-21-uproar-over-mg-prophet-muhammad-cartoon

Soos die berig vermeld, is daar sterk teenreaksie vanaf Moslems en Moslemleiers.

Iemand het toe die ekonomiese voordele in die gebeure raakgesien, en toe droogweg opgemerk op ‘n blog:

“If you lived in a Muslim country, you could make a fortune selling flags of Western countries. There is one burnt every second.”

‘n Paar verdere opmerkings:

1. Waar word die lyn getrek tussen gesonde humor/spot/gek skeer en ‘n ongevraagde aanval op ‘n ander geloof se oortuigings en leiers ?  (‘n groot dilemma as ‘n land nie net vryheid van godsdienste toelaat nie, maar ook gelykheid van alle godsdienste propageer).

2. Is die teken van sulke prente, al lyk dit vir Christene en liberaliste onskadelik, ‘n wyse ding om te doen in die reeds onstabiele tye wat ons beleef in SA ? (Wonder wat sou gebeur het as die spotprent bv in ‘n regse tydskrif of koerant verskyn het?)

3. Alhoewel baie Moslems se sterk teenreaksie (baiemaal ook geweldadig) afgekeur moet word, omdat dit ‘n onkundige ywer is sonder ware kennis (hul aanbid ‘n valse godsidee, volg ‘n valse profeet met ‘n valse boek, die Koran), wonder ‘n mens net hoe hierdie land en wêreld sou gelyk het as Christene dieselfde ywer en passie gehad het vir die eer van die ware drie-enige God, en ook so sterk was teen die fisiese afbeelding van die ware God, insluitende die tweede Persoon van die Drie-eenheid: Jesus Christus, wat volkome mens en volkome God is?

In die Heidelbergse Kategismus bely ons vanuit die Skrif:

Sondag 35

 ” Vraag 96: Wat eis God in die tweede gebod?

 Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie (a) en Hom op geen ander manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie (b).

 (a) Isa 40:18-19, Isa 40:25; Deu 4:15-16; Rom 1:23; Act 17:29.

(b) 1Sa 15:23; Deu 12:30; Mat 15:9.

 Vraag 97: Mag ons dan glad nie beelde maak nie?

 Antwoord: God kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie (a). Die skepsels mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat ons van hulle afbeeldings maak en besit om dit te vereer en Hom daardeur te dien (b).

 (a) Isa 40:25.

(b) Exo 34:17; Exo 23:24; Exo 34:13; Num 33:52.

 Vraag 98: Mag ons beelde as “boeke van die leke” in die kerkgebou toelaat?

Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stom beelde nie (a), maar deur die lewende verkondiging van sy Woord laat onderrig (b).

 (a) Jer 10:8; Heb 2:18.

(b) Rom 10:14-15, Rom 10:17; 2Pe 1:19; 2Ti 3:16-17. ”

Vanuit die Christendom sal ons dus vir die Moslems sê: die mens Mohammed kan maar afgebeeld word (‘n mens kan verskil oor die hoe), omdat hy ‘n sondige mens was soos ons almal (antw 97), en geen God of volkome mens  (soos Jesus Christus) nie.

Sien die volgende artikels, oor die afbeelding van die ware drie-enige God:

http://www.fpcr.org/blue_banner_articles/Images9.htm

http://www.monergism.com/directory/search.php?action=search_links_simple&search_kind=and&phrase=second+commandment

2 thoughts on “Vryheid van spraak: die Mohammed spotprent

Add yours

  1. Vraag: Passiespele? Soos in Oberammergau en ook Hermanus en in vele ander gemeentes en gemeenskappe? M.a.w. daar waar ‘n mens die mens Jesus Christus in toneelspel speel?

Leave a Reply to huisvrou Cancel reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: