Die opskrif is een van die beskrywings wat dr. John MacArthur gee van die kultus figuur, Joel Osteen, in ‘n lesing met die titel “Becoming a better You’. So paar jaar gelede was een van Joel Osteen se boeke (‘Jou beste lewe nou! – 7 stappe om jou volle potensiaal te bereik) nog van die beste verkopers in Christelike boekwinkels, en vele is nog steeds gaande daaroor. Een van die redes daarvoor, is 2 Tim.4:3.
Luister en/of kyk gerus na dr. MacArthur se lesing oor Joel Osteen, ‘The Shack’ en ander dwalinge wat so populêr is onder ons ‘junk food – gospel lite’ kultuur:
Soos ‘n moderne Elia, ontbloot dr. MacArthur, Osteen en ander dwaalleraars se valse ‘evangelie’ uit die hel (‘julle sal soos God wees’ deur jou positiewe denke), en hy doen dit baie gepas, met dodelike ernstige humor, en om vanuit die Skrif die leuens in Osteen se boek te weerlê.
Verwys gerus ‘n mede-lidmaat, familielid of vriend na hierdie lesing om hom uit hierdie strikke te verlos, al moet dit met so bietjie ‘skok evangelisasie’ gepaard gaan.
“Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is die weë van die dood.” (Spr.14:12)
Ons beste lewe is (genadiglik) nie ‘hier en nou’ nie, want: “die wêreld en sy begeerlikhede gaan verby, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.” (1 Joh.2:17)
Na ‘n mens na die lesing geluister het, gaan jy uitroep oor die Osteen se ‘health and wealth’ (af)godsdiens:
Gooi die baba uit saam met die vuil badwater ! (2 Joh 10,11)
ns. sien ook hier hoe Osteen onlangs wel erken het dat hy glo homoseksualiteit is sonde, al het dit twyfelagtig, verskonend en onoortuigend uitgekom in ‘n openbare onderhoud. Die opmerking sal hom minder populêr maak in die liberale kerklike- en samelewingskringe, maar hopelik is dit ‘n manier waarop die Here hom ontbloot het sodat hy nie ‘n wêreld wat reeds so mislei is, nog verder sal mislei met ‘n valse evangelie nie (1 Joh.4:1).
Leave a Reply