Boekbespreking: Opgestaan – deel 2 [PDF uitgawe]
Inleiding
In deel 1 van my bespreking het ek vermeld van my studies by Tukkies in die vroeë negentigerjare van die vorige eeu, waar ek Bybelkunde en Wysbegeerte gedoen het as hoofvakke (1991-1993). Wat die Bybelkunde betref was die dosente van die teologiese fakulteite van die NGK en die NHK, met ‘n paar plaaslike dominees wat ook hier en daar ‘n module aangebied het.
In deel 2 wil ek ‘n paar van die artikels wat ek geskryf het oor my belewenis van die Bybelkunde klasse, vir u hier weergee, ter begronding van my stelling in deel 1 dat die onderliggende probleme (o.a. probleme aangaande Skrifbeskouing en Skrifgesag) reeds toe teenwoordig was en in die begin van die 21 ste eeu groter vrugte begin dra het, onder andere in die aantasting van die hart van die Evangelie, Christus se opstanding (1 Kor.15). In deel 3 hoop ek dan om meer inhoudelik in te gaan op sekere aspekte van Opgestaan.
Ek het destyds ‘n eie nuusbrief begin, genaamd Crux Christi (die Kruis van Christus, 1 Kor.1:18-31). Die naam is later verander na die Esra Verslag, soos meer medewerkers bygekom het. In van die eerste uitgawes van CC het ek ‘n paar artikels geskryf oor die teologie van die tyd. Na 20 jaar is die versoeking groot (om soos ‘n nuwe hervormer?) my inhoud en skrywe te herinterpreteer vir vandag, maar ek het daarteen besluit, en los die artikels in hul oorspronklike vorm (met taalkundige en redaksionele korreksies hier en daar).
Voordat ek verder gaan, wil ek u ook verwys na ‘n onderhoud wat met Ferdie gevoer is oor sy boek in die nuutste Juig-tydskrif, Julie uitgawe, onder die titel ‘Opgestaan’.
Terug na die artikels.
Artikel 1: Bybelkunde of Twyfelkunde ? (CC, nr.12 Jan/Febr.1994)
As ‘n Gereformeerde Christen het ek die afgelope twee jaar (1992,1993) Bybelkunde gestudeer tot op derdejaarsvlak aan die Universiteit van Pretoria. Behalwe vir ‘n paar uitsonderings van dosente en sekere studies wat ons gedoen het, wil ek die stelling aanvoer dat die teologie of Bybelkunde wat ons geleer is, basies nie (meer?) volgens die Gereformeerde Skrifbeskouing en Belydenisskrifte is nie.
Alhoewel dit nie openlik aan ons gesê is nie, was dit tog vir my duidelik dat daar in die kurrikulum basies gekies is vir ‘n Barthiaanse Skrifbeskouing asook die histories-kritiese (Skrifkritiese) metode van Skrifondersoek (met hul Kantiaanse filosofiese onderbou) . Ek wil graag ‘n paar van die tendense noem wat ons in die klasse geleer is, maar wil dan ook dadelik daarby voeg dat nie alle dosente eenparig is met mekaar oor die tendense wat ek noem nie. Juis daarom, het dit vir my voorgekom asof die Ou Testament (OT) en Nuwe Testament (NT) Bybelkunde departemente ten opsigte van hul siening oor die Bybel (en veral sy eenheid of nie) soms sover as “die ooste van die weste” van mekaar verwyder is terwyl onse Here Jesus Christus duidelik leer dat: “die Skrif nie gebreek kan word nie.” (Joh.10:35b; sien ook: Luk.24:25-27,44,45; 1 Petr.1:10-12)
Basies is daar geleer om (bewustelik of onbewustelik?) te twyfel in die waarheid van die Skrif wat sy historiese betroubaarheid betref maar dat ons nie hoef te twyfel in die waarheid van die Skrif wat geloofsake betref nie, want “dit gaan oor die boodskap” en nie oor wat presies gebeur het nie. Die boodskap is dan ook “vasgevang” in die ou antieke wêreld van die Ou Testament en moet ons daarom nou die sosiale en godsdienstige agtergrond rekonstrueer om sodoende die ontwikkeling van die tradisies, mondelinge en geskrewe te ontdek, soos dit deur die eeue oorgelewer is. Met al hierdie geleerdheid word dan veronderstel dat ons nie die lering van die Nuwe Testament oor die Ou Testament net so kan aanneem nie. Aansprake van vervulde profesieë in die Nuwe Testament word baiemaal opsy geskuif vir makliker (meer rasionalistiese, “moderne” wetenskaplike?) interpretasies wat meer inpas by die tyd waarin die profesie gemaak is (of deur vandag se moderne “wetenskaplike” mens aanvaar kan word).
Daar is per implikasie vir ons geleer dat ons nie die NT se aanhalings van die OT kan aanvaar nie, want dit word buite konteks aangehaal of dat die bepaalde profesie nie in die NT vervul is nie maar dat die skrywer van ‘n bepaalde NT gedeelte net die OT gebruik om ‘n bepaalde boodskap of geloofeervaring vir sy gehoor oor te dra.
Myns insiens, word die Bybel dan gelees as ‘n boek wat nie die Skriftelike Openbaring van God is nie maar as ‘n versameling van getuienisse van mense oor God en hul geloofstradisies (bv. legendes, volksverhale, mites, ene.) uit die tye van die OT. Hierdie getuienisse is dus die mense se “openbaring” en ervarings oor God en godsdienstige gebruike. Die uiteinde daarvan is dat die Bybel gesien word as ‘n getuienis van mense oor hoe hul God en hul tye ervaar het en nie primêr dat die Bybel ‘n Openbaring is van God aan die mens nie. Dit is wel waar dat die Bybel vertel van mense se geloofservaringe maar dat die bron van inspirasie vir wat op Skrif gestel is, nie die mens is nie maar God self deur die Heilige Gees was (2 Tim.3:15-17; 2 Petr.1:19-21).
Het u al gedink wat die konsekwensies is van die Skrifkritiese gedagtelyn veral gesien in die lig van wie en wat God is en Sy verhouding tot Sy skepping? Watter geloofsgroep se “geloofservaringe” in watter eeu geld dan as norm of verander God maar soos wat die mens se ervarings oor Hom verander? Is God dan nie oorgelewer aan die mens vir wie en wat Hy is en wat Hy beveel reg en verkeerd is nie?
Daar is ook in ‘n klas aan ons gesê dat die wyse waarop Jesus die Skrifte interpreteer en gebruik moontlik reg kan wees maar nie die enigste regte moontlikheid hoef te wees nie (Pas die idee van “moontlikheid” op Joh.14:6 toe?). In een opmerking van ‘n dosent aan my, in ‘n taak wat ons moes doen oor hermeneutiek, staan daar: “Teks + Konteks = Woord van God”. Ek het toe later vir hom gevra of dit nie op Barthianisme neerkom nie? Hy wou my nie direk positief of negatief antwoord nie. Dit laat mens dink.
Die lering van artikels 2 tot 7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis kom daarop neer dat die “Bybel (die teks) = Woord van God”. Een dosent het selfs so vêr gegaan deur vir my te sê dat ons nie o.g.v. die OT se getuienis kan sê dat Christus ook die Verlosser van die Ou Testamentiese gelowiges was nie. Ons vind daarom ook nie vir Jesus in die OT nie. Volgens hierdie dosent kan ons ook nie praat van absolute reg en verkeerde uitsprake volgens die Skrif nie maar net van “meer of minder reg volgens elke unieke en nuwe situasie”. ‘n Ander dosent, wat duidelik sy voorliefde vir die Barthianisme aan my bely het, het teenoor my opgemerk dat ons deel is van ‘n “proses van die waarheid”, dus: die waarheid is nie, maar dit “gebeur”. Wat vandag reg is kan môre weer verkeerd wees selfs wat Bybelse normatiewe, ewigdurende uitsprake betref.
In ‘n klas in die begin van hierdie jaar is vir ons duidelik uitgespel dat ons hier besig is met “wetenskaplike ondersoek” en dat ons “bagasie”, dit wil sê ons vertrekpunte wat byvoorbeeld gevorm is deur ons kerklike belydenisskrifte, opvoeding, ens. nie as norm moet gebruik nie. Volgens die dosent is “wetenskaplikheid” (die mens se verstand?) die hoogste norm of standaard in die klas. In die Bybelkunde moes ons “ou tradisionele vertrekpunte” aangaande die Skrif dus deeglik getoets word aan die regbank van die rede en waar in stryd met die “wetenskaplike feite”, aangepas word.
Die probleem hiermee is nie om gedurig jou geloofsvertrekpunte en belydenis te ondersoek en te toets nie, inderdaad ons moet dit doen. Die probleem is egter wanneer die mens en sy verstand, wat ook deur die sondeval verdorwe is, as die hoogste standaard van waarheid en kennis voorgehou word wanneer ons enige wetenskap beoefen. Die finale toetssteen word nou die mens self en nie meer God deur sy Skrif nie.
Daar word ook ‘n valse teenstelling gemaak tussen die geskrewe Woord (die Bybel) en die vleeslike Woord (Christus). In bogenoemde taak wys die betrokke dosent my daarop dat die: “Ewige lewe lê nie in die Skrif (dit wil sê die boek/letters) nie maar in Jesus self oor wie die Skrif net ‘getuig’. Verder skryf die dosent vir my: “U aanhaling (ek het verwys na Joh. 5:46,47 om die eenstemmigheid tussen die geskrewe en vleeslike Woord aan te dui – slc) bedoel juis dat die Jode Moses nie eens geglo het nie al het hulle dit op skrif gehad.”
Sover klink dit goed maar in die volgende sin, skryf die betrokke dosent, en kom hy o.g.v. sy bogenoemde argument tot die volgende konklusie: “Ons moet nie in die Bybel glo nie maar in Jesus Christus”. My antwoord was weereens: Joh.5:46,47 – ‘n mens kan nie Jesus, God self en Sy geskrewe Woord van mekaar onlosmaaklik skei of teenstrydig teenoor mekaar afspeel nie: “Wat die Skrif sê, sê Christus.”
Dit is vir my ‘n onmoontlikheid om in so ‘n kort artikel deeglik my “geloofservaringe” by Tukkies in die Bybelkunde-klasse wetenskaplik te verwoord en te beantwoord. Die doel van hierdie artikel is om net ‘n paar tendense aan u mee te deel. Ek is deeglik daarvan bewus dat van hierdie dosente al jare en dekades se studies en ervaring agter hul het en dat my teologiese studies maar nou eintlik eers begin het. Dit verg egter nie geniale vermoë om hierdie spekulatief-twyfelagtige filosofiese dwalinge, wat hul self voorhou as “teologie”, raak te sien nie. Enige gelowige met ‘n basiese kennis van Gods Woord se hare sal op sy rug begin opstaan as sy Meester se Woord só aangetas en verdraai word, dat die inhoud en die betekenis op die lange duur daardeur verlore mag gaan. U as leser is welkom om my by die Crux Christi adres te kontak vir verdere inligting en navrae en/of om my argumente te bevestig deur die voorgeskrewe werk te ondersoek.
In die lig van Hand.17:11 en Ps.119:105, is dit my hoop en gebed dat besorgde gelowiges opnuut sal belangstel wat deesdae vir hul kinders geleer word, nie net by Bybelkunde of Teologie nie maar by alle vakke en studieterreine. Ons mag daarom nie stilsit en niks doen as ons weet van dwalinge nie, veral nie in ons kerke of waar opvoeding plaasvind nie (Jak.4:17). Mag die HERE ons slap knieë versterk om op te staan en te stry vir die Waarheid op elke lewensterrein:
“Some years ago, in a major denomination, I found that the majority of pastors professed a sound theology but lacked the courage to stand up for it. They always had excuses for their cowardice: they were to busy “saving souls.” If the church favored abortion, then, they would make a stand and leave. They did not. Well, if the church favored homosexuality, they would refuse to compromise. They did. But if the church favored the ordination of women, that would be it. It was not. As R.E. McMaster wrote so powerfully last year, Revelation 21:8 classifies cowards (the fearful) with “the unbelieving, the abominable, and murderers, and whoremongers, and sorcerers, and idolaters, and all liars” as the damned. Poor company, I would say.” – R.J. Rushdoony, Chalcedon Report, No. 340, November 1993.
Tot hier my eerste artikel.
Verdere opmerkings:
As u hier lees, en dalk dink, dit was darem nie so erg nie, ten minste is die liggaamlike opstanding nie ontken nie, dan wys dit dalk al hoe ver uself al gekompromeer het en wegbeweeg het van die gereformeerde skrifbeskouing wat ons bely in NGB art.2-7, waarby al die ander ‘leringe’ van die Christelike geloof staan of val.
Sodra die valse dualisme tussen die vorm en inhoud van die Skrif gehandhaaf en aanvaar word, val die geloofswaarhede een vir een in mekaar, tot ons eindig daarby dat die ‘inhoud’ ook later verwerp word, soos met die liggaamlike opstanding van Christus. Onderliggend aan die vorm vs inhoud dwaling via barthianisme, is dan juis dat die Bybelse wêreldbeeld (bv. uitsprake oor die geskiedenis) nie meer onfeilbaar is nie, want dit is deel van die vorm, maar die boodskap/ inhoud (Christus se lewe) as inhoud is (nog) waar. Ek mag verkeerd wees, maar ek dink dit is waar die geslag teoloë soos König en andere was/is. Dit beteken ons hou vas aan die ‘basiese waarhede’ (wie s’n?) van die Skrif, o.a. die lewe en wonders van Jesus, maar die res kan ons maar laat gaan en toegegee word aan hierdie evolusionisties-postmoderne wêreld en die teologie wat dit regverdig. My tese is juis dat die barthiane van die verlede wat nou hul hande was in erge onskuld, die brugbouers was na die nuwe hervormers van vandag se tyd, van Ferdie se tyd, en as jy nie die barthiaanse brug en teologie verstaan en verwerp nie, die logiese dodelike gevolg die graf met ‘n lyk van Jesus in Palestina gaan wees.
Sien meer hieroor in die volgende van my skrywes:
Prof. Adrio König en die kritiese lees van die Bybel
Wat is nou die verskil tussen Spangenberg en Vorster ?
Marcion, VIDA en Marcionisme vandag
Artikel 2: Kan ons die Bybel nog vertrou ? (CC nr.15 – Jul/Aug 1994)
By die werk nou die dag (ek het destyds in Lux Verbi boekwinkel in Hatfield gewerk [1994-1999], wat heelwat die teologiese boeke aangehou het wat deur die teologiese fakulteite van Tukkies voorgeskryf is), sien ek ‘n boek met die titel: “JESUS, A Revolutionary Biography”, geskryf deur ‘n John Dominic Crossan.
Heel geïnteresseerd blaai ek toe ‘n bietjie daardeur en vind dat die skrywer, wat volgens die buiteblad, “the World’s Leading Expert on the Life of Jesus” is, tot die volgende konklusies kom oor Jesus:
“Jesus was ‘n social revolutionary, Jewish Socrates, Political Troublemaker…. preaching radical egalitarianism…. The infancy narratives were fable-like in their depictions and are easily clarified by historical facts The resurrection is a myth signifying that Jesus’ spirit, inspiration, teaching, and example lived on powerfully in his surviving followers…. Jesus’ healing activities were not so much miracles of physical transformation but rather liberating declarations that sick people were fully acceptable members of society rather than untouchables afflicted by God for some sin.”
En so ploeter hierdie “expert” voort op sy soeke na die “historiese Jesus.” Wel, as hy op hierdie manier voortsoek, gaan hy nog baie lank soek, want: “Deur die geloof verstaan ons (en) sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.” Soos in Paulus se tyd het ons vandag nog geleerdes wat” ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis” (Rom. 10:2b), wat dwaal omdat hulle die Skrifte en die krag van God nie ken nie (Matt.22:29).
Hierdie tipe “teologie” van Crossan is maar die ou afgewaterde en verveelde tweedehandse moderne teologie wat min of meer die volgende paadjie loop (Matt. 15:14): eers word die inspirasie en die onfeilbaarheid van die Skrif ontken, dan die wonderwerke, die Godheid van Jesus Christus, die voldoening vir ons sondes en dan die opstanding. Dit alles eindig dan in volslae skeptisisme en ongeloof. G’n wonder dat baie hedendaagse predikers nie meer hul boodskap met gesag kan oorbring nie, want hulle weet nie meer wat om te glo en wat nie? Daar word lyk my deesdae meer tyd gespandeer om teologiese kritici op te lei as wat daar gespandeer word om Woordverkondigers te vorm en uit te stuur. ‘n Ding wat my baie gepla het en nog steeds pla is die onkunde en vyandigheid wat daar bestaan, byvoorbeeld in baie kerke ten opsigte van belydenisskrif-gebondenheid en veral teenoor die “Drie Formuliere van Eenheid.” Hoekom is dit so? Die antwoord is egter weereens: gelowiges weet nie meer wat om te glo of wat nie, en dus weet hul nie wat om te bely nie. Belydenisskrifte stel ‘n duidelike standpunt oor wat die Skrif basies leer, en is dus ‘n “struikelblok”, want vandag wil elkeen vir homself besluit wat reg of verkeerd is en watter deel van die Bybel aanvaarbaar is vir vandag of nie. Dit is die sterk individualistiese gees in teenstelling met die verbondsleer en “gemeenskap van die heiliges” wat die Skrif leer.
Dit is nie my plan om nou teologies-wetenskaplik hierdie tipe mites en fabels te weerlê van mense soos die Crossan’s van hierdie wêreld nie, omdat dit alreeds volledig gedoen is deur goeie geleerdes in die geskiedenis van die Kerk, en ook omdat soos Calvyn dit sal stel:
“… ons wysheid moet niks anders wees nie as om alles wat in die Heilige Skrif aan ons geleer word, sonder uitsondering met ootmoedige leergierigheid, te omhels. Aangesien dit duidelik is dat mense wat hul hardkoppig daarteen verset, teen God kef, verdien hulle nie om verder weerlê te word nie.” Inst. I.18,4.
Dit is egter vir my ‘n groot voorreg om vir dr Lorraine Boettner breedvoerig aan te haal waar hy skryf oor die betroubaarheid van die Skrif:
“As Christians we call this book the “Holy Bible.” But if it were only a relatively good book, setting forth many valuable moral and spiritual truths, but also containing many things which are not true, we would then have no right to apply to it the adjective “holy”. It would then be on a level with other books, and would differ from them not in kind but only in degree. But how different is our attitude toward it when we approach it as the very word of God, an inspired, infallible rule of faith and practice! How readily we accept its statements of fact and bow before its enunciations of duty! How instinctively we tremble before its threatenings, and rest upon its promises! As we proclaim the word of life from the pulpit, or in the classroom; as we attempt to give comfort at some bed of sickness, or in a bereaved home; or as we see our fellowmen struggling against temptation or weighed down with care, and would give them encouragement and hope for this world and the next, how thankful we then are for a fully trustworthy Bible! In such cases we want to know that we have not merely something that is probable or plausible, but something that is sure…..”
We are confident that when the critics are through, when the battle is over and the smoke has all been cleared away, the books of the Bible, if they could but speak, would say to us what Paul said to the Philippian jailor: ‘Do thyself no harm: for we are all here.’ It seems rather difficult at first to understand why so many persons have busied themselves to point out errors in the Bible. But when we look a little more closely we find that this is a book which judges men and points out the sin of the heart The reason that he (the critics) cannot leave it (the Holy Bible) alone is that it does not leave him alone….
Hence the authority of Scripture and the authority of Christ are inseparably connected. There are some, of course, who bow before Him and rejoice in Him as their Lord and Master while at the same time they ascribe not only historical but moral faults to the Scripture. But such an inconsistent attitude cannot long be maintained. It seems absurd that we should be at the same time His worshippers and His critics. Only ignorance or lack of thought makes it possible for any person to suppose that he can remain orthodox in his conception of Jesus while accepting many views set forth by the destructive critics. When we reach the place where we say, ‘Jesus taught so and so, but the real truth of the matter is thus and thus’ we simply cannot any longer worship Him as Lord and Master.” (Studies in Theology, p.37,38,41,42).
Jammer vir die lang aanhaling, maar dit is goed om dit so volledig as moontlik aan te hoor. Dit is my hoop en gebed dat alle Christene hul opnuut sal verdiep in die Woord van God wat vir ewig vasstaan, God daarvoor sal eer en prys, en die Woord dan in dankbaarheid in die hele lewe te gaan toepas (Ps.1: Matt.4:4; 1 Tim.4:16). Ek sluit af met ‘n liefdevolle tog ernstige vermaning aan ons almal maar veral aan die kwaadaardige Bybel kritici, dat as hul hul nie bekeer van hul “valslik sogenaamde kennis nie”, ook met hulle sal gebeur wat met die rots gebeur in Jer.23:29:
“Is my woord nie só, soos ‘n vuur, spreek die HERE, en soos ‘n hamer wat ‘n rots vermorsel nie?”
Tot hier artikel 2.
Verdere opmerkings:
Let veral op die woorde van Boettner, “Hence the authority of Scripture and the authority of Christ are inseparably connected.”
Jare lank, dekades lank is die gesag van die Skrif, die onfeilbaarheid van God se Woord soos bely in NGB art.2-7 stadig maar seker afgebreek, in sogenaamde ‘onbenullige’ sake soos vrou in die besondere ampte, bevraagtekening van Genesis se geskiedenis, die wonders, ens. Die Hoër Kritiek het vrye teuels gehad via die klasse van prof. Jurie Le Roux, hy is met ope arms verwelkom. … en later beskerm toe die ‘Ferdie handgranaat’ hul tref.
In verband met prof. Jurie Le Roux se blydskap oor die Skrifkritiek teologie via Ferdinand Deist in SA, sien hierdie artikel:
Skrifkritiek en die nuwe SA samelewing
Net ‘n paar aanhalings uit die artikel vir hierdie bespreking:
“Oor die algemeen is die Bybel, tot en met na die Reformasie, gesien as die “handboek” vir die hele lewe, vir beide verlossing (evangelietaak) en die daaglikse lewenstaak (kultuurtaak). Die doel van die deïstiese skrifkritici was om, deur die betroubaarheid van die Ou Testament te bevraagteken, juis die naelstring en eenheid met die Nuwe Testament te knip, sodat die Christendom net as nog ‘n moralistiese opvoedkundige idee beskou kan word om die morele gewete van die mens en samelewing te verlig. Die uiteinde daarvan was egter dat op die langtermyn, die Nuwe Testament ook bevraagteken en betwyfel is (sien o.a. die opkoms van die ‘Jesus Seminar’ beweging [in navolging van Bultmann se ontmitologiserings-teologie] aan die einde van die 20ste eeu).
Die sosiale doel vir die Deïste was om Bybelse reg (God se wette soos veral gevind word in die Pentateug) te vervang met die natuurreg-idee, waarvan die menseregte kultuur van vandag die natuurlike produk is [waarvan Potch ook oorloop]. Die Skrifkritiese aanval was dus ‘n fundamentele aanval op die Christelike kerk en beskawing en ‘n fundamentele bousteen van die opkomende modeme humanistiese samelewing waarin ons ons nou bevind. Die basiese gevolg van die opkoms van die Verligtings-humanisties geinspireerde Skrifkritiek, was soos volg:
“… the Bible lost its significance for philosophical thought and for the theoretical foundations of political ideals, and ethical rationalism (with new foundation in Kant’s critique) proved to be one of the forces shaping the modern period, which only now can really be said to have began.”
“Ferdinand Deist was egter die man om hierdie nuwe (skrifkritiese) geloof, skrifbeskouing en lewensbeskouing in Suid Afrika te populariseer, soos (Jurie) Le Roux met groot blydskap, in die volgende baie betekenisvolle woorde opmerk:
“It was a fine day for Old Testament scholars at Unisa and Pretoria when Deist joined their ranks in January 1977. Like Caleb, he had a different spirit (Nm 14:24). He was to mould the thoughts of many and to become a major intellectual force exerting a far-reaching influence on students as well as colleagues. By means of his many books, articles and study guides he shaped the minds of his students and equipped them theologically for a new society.”
Inderdaad, Deist was seker saam met Johan Heyns, die twee teoloë wat die grootste invloed uitgeoefen het op die kerke van S.A. in die twintigste eeu, en kan die laaste woorde van Le Roux tereg aanvaar word, naamlik dat Deist, direk en indirek deur sy invloed, die teologiese fondamente gelê het vir die Nuwe S.A.
Deur Deist en kollegas se invloed op soveel teoloë en predikante, en deur die predikante en kerke op Afrikaanse politieke leiers en denkers, is die calvinisme as wortel van ons volksbestaan, is die gereformeerde teologie en lewensbeskouing van die Afrikaners en Afrikaanse kerke, vermeng (sinkretisme) met ‘n verligtings-skrifkritiese denke en lewensbeskouing, wat die weg gebaan het vir ‘n natuurreg-menseregte nuwe SA.”
Miskien moet die ongewilde vraag gevra word: lê die blaam vir die kerklike, morele, ekonomiese en staatkundige verval in S.A. nie meer by wat in Januarie 1977 gebeur het (en die gevolge daarvan), as om alles te wil blameer op die sogenaamde ‘euwel van apartheid’ nie ?”
Verdere opmerkings:
Dit sou dus net ‘n kwessie van tyd wees voordat die NT soos die OT, en spesifiek Jesus se gesag (ook) bevraagteken word, en Hy ook, soos die OT ge-ontmitologiseer moes word, onder die hande van die geleerdes met hul ‘geleerde hoër kritiek’ metodes.
Ja, “As die (OT) fondamente omgegooi word …” dan val die NT fondamente later.
As die eerste bladsye van die Bybel uitgeskeur word, val die NT bladsye ook uit.
Sien gerus Sarel van der Merwe se DVD, Nuwe Strominge in die Teologie, om meer te leer van Crossan en ander dwalinge van die Jesus Seminar en Nuwe Hervorming beweging, asook hoe dit die teologiese fakulteite oorgeneem het.
En weereens, as u nie hou van die laaste woorde nie (‘oorgeneem’ het), dan herhaal ek wat ek in deel 1 gesê het: dit help niks jy bely met die mond Christus het opgestaan (NGK se ‘amptelike’ belydenis), maar met die hand (in die koue harde praktyk van 2001-2006) word hul dissipels en aanhangers en leer verdra, goedgepraat en verdedig deur die kuratorium en kerklike strukture.
Jy kan nie God en en die wetenskap-Mammon dien nie.
In artikel 3 wil ek wys op hoe ‘n destydse boek reeds die ongetwyfelde Christelike geloof aangetas het, en ek dit as leek probeer ontleed het.
Artikel 3: Sprokies vir ons tyd … die koning het nie klere aan nie (CC nr.18 – Mei 1995)
“Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.” 1 Tim.4:16.
In die Algemene Kerkbode van 13 April 1995, word in die redakteurskolom sterk standpunt ingeneem om waarlik te glo dat Christus se opstanding ‘n historiese werklikheid is. In daardie artikel word o.a. verwys na die nuustydskrif Time, wat berig dat by ‘n sekere “Jesus Seminar” in Amerika, “vooraanstaande” teoloë byeengekom het. In ‘n stemming (skande!) het dit uitgekom dat die meerderheid gemeen het Christus het nie werklik uit die dood opgestaan nie. Die skrywer van die redakteurskolom neem tereg standpunt hierteen in deur te skryf:
“Die eenvoudigste ongeskoolde en die geleerdste akademikus is geheel afhanklik van die geloof wat die Heilige Gees gee om te kan weet dat, wat die Bybel ons as ‘n historiese feit leer, wáár is: Hy is uit die dood opgewek (Matt.28:7).” [my onderstreping – slc]
Baie Christene is half verontwaardig dat mense wat hulself Christene noem sulke vrae kan vra en dink dan ook nog daarby dat die kerk van Suid Afrika ver van sulke dwalings is.
Maar is dit wel so?
Het hierdie “vooraanstaande” teoloë eendag wakker geword en besluit: “Wel, Jesus het nie werklik opgestaan nie.” Nee, ek is oortuig dit het geleidelik plaasgevind dat mense sulke KETTERYE begin verkondig en begin glo het. En dit staan en val alles by ons geloofsvertrekpunte en Skrifbeskouing – deur die eeue het wolwe in skaapsklere dwalinge onder die kerk van Christus versprei, en ons sit vandag nog steeds met wolf se kleintjies … en sjoe, het hulle baie geword! Dit is hoekom ek dit so bietjie ironies gevind het dat die Kerkbode so “heftig” teen die “Jesus Seminar” gehad het, aangesien die weg gebaan word vir dieselfde dwalinge ook hier in Suid Afrika deur sogenaamde “vooraanstaande” teoloë, wat nie met Bybelse nie maar met humanistiese voorveronderstellings die Woord van God van sy krag wil ontneem.
Ek wil nie in detail ingaan oor die talle boeke en artikels wat al geskryf is en waarin die historiese opstanding van Christus, die soewereiniteit van God, wonderwerke, die onfeilbaarheid en genoegsaamheid van die Skrif, ens. bevraagteken word nie. Ek wil my eerder toespits op ‘n sekere boek wat hierdie jaar verskyn het: Kan God spyt kry? Hierdie is die eerste boek in ‘n reeks genaamd: “Kaleidoskoop van tergende Bybelvrae” Let wel op die woordspeling, “tergend.” Hierdie boek is geskryf deur Ferdinand Deist, Eugene Botha en Danie Veldsman, wat volgens my kennis, almal hulself in “gereformeerde” kerke bevind. Ongelukkig sê die boek nie wie watter gedeeltes van die boek geskryf het nie. Die boek is in dieselfde styl as die Heidelbergse Kategismus geskryf nl. vrae en “antwoorde.” Die boek is in vier dele verdeel: vrae oor: die Bybel, die Ou Testament, die Nuwe Testament en laastens: oor wat ons glo. Hierdie boek is dus nie-amptelik ‘n belydenis van wat hierdie vooraanstaande geleerdes GLO EN BELY wat die Woord van God ons leer.
Nou wat hierdie boekie leer het nie sommer vandag uit die monde van hierdie here gekom nie, dit word al jare geleer. Ekself het hieraan geproe tydens my studie by UP in die Bybelkundeklasse. Ek wil by voorbaat die volgende vrae vra:
Is wat hierdie boekie leer die “algemene ontwyfelbare geloof” van die kerk van Christus?
Is dit “gereformeerd” verantwoordbaar.
En die belangrikste: is dit getrou aan die Bybel?
Hierdie nuusbrief of artikel is in drie dele verdeel: die bekendstelling van die inhoud van die boek, ‘n artikel deur Dr. R.J. Rushdoony en laastens: ‘n Gereformeerde Reaksie.
Maar laat ek u nou meer van die inhoud van die boek gee. My doel is nie om op elke aanhaling van die boek volledig te reageer nie, maar eerder om u aan hierdie boekie bekend te stel sodat u kan weet wat om nie te glo nie en wat om nie aan die gemeentes van Christus te leer nie. Hopende sal iemand dit op hom neem om later meer volledig en “teologies-wetenskaplik” daarop te reageer. Vir eers glo ek dat my “BL-graad” en my verbintenis aan 2 Kor. 10:4, 5 voldoende is om hierdie boekie aan u weer te gee (BL – “Bybel Lees”).
Ek het probeer om so volledig moontlik aan te haal en moedig u aan om self die boekie aan te skaf sodat ek nie beskuldig kan word dat ek “dinge buite konteks” aanhaal nie. Soos in baie dwalinge, word begin met algemene waarhede en dan eindig dit met ‘n valse of onbybelse gevolgtrekkings. En dit is wat dit só gevaarlik maak. ‘n Mens is nie ‘n bietjie vir Christus en ‘n bietjie vir Mammon nie (Matt.6:24), ‘n mens is of vir, of teen Christus in alles, ook in ons geloofsbelydenis (Matt.12:30). Ek wil self die Heidelbergse Kategismus se styl volg deur die boek in “vraag en antwoorde” vir u uiteen te sit. Die vraag en antwoorde kom uit die boek self terwyl die kommentaar die skrywer van hierdie artikel s’n is. Wel, kry die sneesdoekies reg [vir lag of huil], maak die sitplekgordels vas, ons gaan opstyg vir ‘n voëlvlug deur die sprokieland van die moderne teologie:
VRAE OOR DIE BYBEL
“Vraag 4: Hoekom verstaan mens die Bybel verkeerd?
Antwoord: In die laaste tyd word al meer aanvaar dat suiwer interpretasie van ‘n Bybelteks onmoontlik is. ‘n Mens het altyd voorveronderstellings waarvan jy dikwels nie eens bewus is nie. … ‘n Mens moet vra wat jóú kyk na die Bybel beïnvloed, en dit erken. Voel ‘n mens tuis by ‘n besondere geloofsgemeenskap wat die Bybel op ‘n bepaalde manier lees, is dit sinvol om daar te bly. Ander mense en ander kerke doen dit weer anders en dit is reg vir hulle. Mense moet leer om verdraagsaam te wees met mekaar se standpunte. … Wat interpretasies betref, is dit beter om op die ooreenkomste eerder as die verskille te konsentreer, en te weet dat God groter as die verskille is.” (bl.9, 10).
Kommentaar: Niemand kan dit ontken dat ons met voorveronderstellings na die Skrif kom nie. Die vraag is WATTER voorveronderstellings: dit wat uit die Skrif self afgelei word en wat die Reformasie beklemtoon het (sola Scriptura!), of dit wat uit die mens self kom en wat die Verligting bevorder het (homo mensura!). Paulus waarsku tereg teen “vertrekpunte” wat vanuit die wêreld is (Kol. 2:8) en wat nie op Christus gebou is nie. “En Christus sê vir hulle: o Onverstandiges, met harte wat traag is om te glo alles wat die profete gespreek het!” (Luk.24:25 ). Dit is dus voorveronderstellings wat kom uit ‘n ongelowige en onverstandige hart en wat volgens menslike wysheid is (1 Kor. 1:17-31), wat veroorsaak dat “suiwer interpretasie van ‘n Bybelteks onmoontlik is.“, en nie ‘n gelowige hart wat in afhanklikheid van die Heilige Gees die Woord bestudeer nie.
Vraag 8: Hoekom sê ons die Bybel is God se Woord?
Antwoord: … Daar is nie ‘n logiese rede waarom ons die Bybel God se Woord noem nie. Die enigste rede waarom ons van die Bybel as God se Woord praat, is omdat gelowiges beleef dat God se krag hul lewens deur die boek verander. Mense het al probeer om logies te bewys dat die Bybelse boodskap oor goddelike krag beskik. . . . Net wanneer ‘n mens die Bybel met geloof lees, het jy te doen met die Woord van God. Calvyn het gesê ‘n mens moet die Bybel lees asof jy die stem van God daarin hoor. ‘n Mens lees dit en glo dat God daardeur aan die woord kom. Eers dan openbaar God se Gees sy Woord aan jou. Dis waarom Calvyn ook gesê het dat die letters van die Bybel dooie letters bly tensy die Gees van God dit vir die leser lewend maak.” (bl.18)
Kommentaar: Die Nederlandse Geloofsbelydenis (NGB) artikel 5 leer dat: ” Ons glo ook sonder twyfel alles wat daarin vervat is … omdat die Heilige Gees in ons hart getuig dat hulle van God is.” Dus o.g.v. Goddelike gesag: die Heilige Gees, en nie bloot o.g.v. mensebelewenis nie, glo en weet ons dat die Bybel God se Woord is. Duidelik vind ons ook Barthianisme in die bogenoemde antwoord aangesien ons nie die Woord het nie maar dit kan wel deur die geloof vir ons die Woord word. Hebr. 4:12 leer egter duidelik dat die Woord is reeds “. . . lewend en kragtig …” Die Woord is dus reeds “lewend” en word nie lewend nie. Dit is ons wat dood is in die sonde en wat moet lewend word deur die lewende Woord van God wat werk deur die krag van die Heilige Gees. Dit glo ek was Calvyn se bedoeling.
Vraag: Verbied die Bybel slawerny?
Antwoord: Nee. In die Bybel is daar voorskrifte hoe slawe hanteer moet word (vgl. Deut. 15:12 e.v.). Ook die Nuwe Testament het niks te sê teen slawerny nie (vgl. Ef.6:5; Titus 2:9). Hoewel daar dus nie ‘n teks teen slawerny is nie, weet ons tog vandag dat dit nie meer beoefen mag word nie. Dis verkeerd. (bl.22)
Kommentaar: Hier wil ek u net graag wys op die verskuiwing van gesag. As absolute gesag nie by God deur die Bybel is nie, dan verdwyn dit nie, dit verskuif na die mens of die kerk of staat as instelling, ens. Hierbo word gesê dat slawerny nie volgens die Skrif verkeerd is nie maar wel volgens “ons”. M.a.w. kry net genoeg mense om te sê iets is verkeerd (of reg soos bv. aborsie) en dan doen of doen “ons” dit nie meer nie. Voorwaar die resultaat van dwase voorveronderstellings en agterlosige Skrifinterpretasie!
Vraag 12: Hoe bring die Bybel ons by God uit?
Antwoord: Die Bybel is die dokument oor die geloof in Jahwe (die Here) en in Jesus van Nasaret, die Messias en die profeet wat verwag is. … .Die Bybel wil ‘n wegwyser wees vir elkeen wat glo. Dit gee krag aan die wat uit God se hand lewe en God self ervaar! (bl.23)
Kommentaar: Let wel, die Bybel is nie die openbaring van God aan die mens nie maar andersom, ‘n dokument oor die geloofservaringe van mense wat glo in God. Die vraag is nou natuurlik: watter geloofsgroep se “ervaringe” is nou die standaard van wat “God se wil” is of nie. Dit is seker hoekom die boekie by die bogenoemde vraag 4 leer dat jy jou maar kan gaan aansluit by die geloofsgemeenskap of kerk wat jou pas. Weg met artikels 27-29 van die NGB wat bely dat Christus ons oproep om ons af te skei van die valse kerk en te voeg by Sy ware kerk waar Hy dit ookal sigbaar vergader, want die gevolg van sulke teologie is dat niemand reg of verkeerd is nie.
VRAE OOR DIE OU TESTAMENT
Vraag 1: Hoekom is daar twee skeppingsverhale?
Antwoord: … Die twee verhale [Genesis 1 en 2] verskil omdat die tyd en plek waar hulle geskryf is, verskil. … Die Bybel se doel is nie om mense van inligting te voorsien nie. Dit wil hulle eerder help om in verskillende omstandighede perspektief op hulle lewens te kry. Dit is dus nie ‘n feiteboek nie, maar geloofsboek.” (bl.26, 27)
Kommentaar: Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “As jy mik na niks, dan sal jy dit elke keer raakskiet!” Nou, as jy iets wil laat verskil in die sin dat dit mekaar “weerspreek” dan sal jy dit elke keer regkry. Daar is nie twee skeppingsverhale nie maar slegs een wat in twee fasette beskryf word. Dieselfde as met die geval van die vier evangelies. Wat betref die neoplatonistiese antitese wat geskep word deur die Bybel te sien as ‘n “geloofsboek” en nie ‘n “feiteboek” nie.
Eerstens, weerspreek die skrywer(s) hom, want op bladsy 20 van hierdie boekie skryf hy: “Feite kan ons wel in die Bybel naslaan. Ons kry byvoorbeeld ‘n direkte antwoord op vrae soos: Wie was Jakob se seuns?
Tweedens, leer die Heidelbergse Kategismus, Sondag 7, Vraag 21: “‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het, vir waar aanvaar nie, maar ook ‘n vaste vertroue …” Ons geloof bestaan dus uit kennis (feite) en in vertroue wat God deur die Gees in my hart werk sodat ons volgens Hebreërs 11:3 kan bely: “Deur die geloof verstaan ons …” alles wat nodig is om in hierdie lewe tot eer van God te lewe (1 Kor. 2:10-16; 1 Joh. 2:20).
Vraag 2: Kan mens Genesis 1-3 met die evolusieteorie versoen?
Antwoord: As die wetenskap vandag ontdek hoe die aarde ontstaan het, maak dit nie Genesis 1 onwaar nie. Die Bybel-verhaal wil ons ‘n manier gee waarop ons na God se skepping kan kyk – ongeag hoe en volgens watter prosesse dit ontstaan het. . . . Volgens die verhaal kon God niks maak voordat daar nie eers ‘n mens was nie. Só word die mens die spil waarom die geskiedenis van die skepping draai. … Om uit te vind hoe God te werk gegaan het om alles tot stand te bring, is die taak van die natuurwetenskappe. Die Bybel bied ‘n geloofsperspektief waaruit ons die geskiedenis van ons wêreld kan verstaan. (bl.29,30)
Kommentaar: Sien weereens Hebr. 11:3. Daarvolgens “verstaan ons” deur die geloof en nie deur natuurwetenskappe nie. Natuurwetenskaplikes is almal ook afhanklik van geloofs-voorveronderstellings. Geskiedenis is “History”, d.w.s. His story, en nie die mens se storie nie. Uit God en deur God en tot God is alle dinge, aan Hom die heerlikheid tot in ewigheid (Rom.11:36).
Vraag 6: Wat beteken die sondvloedverhaal?
Antwoord: Dit was dus nie die Bybelskrywer se bedoeling om ‘n akkurate verslag oor Noag te skrywe nie. Genesis 1-11 is die voorwoord tot die res van die Ou Testament en gaan oor die oertyd. Die mense van die oertyd word beskryf met behulp van verhale uit die skrywer se eie omgewing. Baie mense [dit is nou Christene soos ek en jy! – slc] neem egter die verhaal van ‘n wêreldwye vloed letterlik op. Hulle sê daar is baie plekke in die aardkors, sandneerslae wat kan dui op ‘n wêreldwye vloed. Geoloë meen egter dat hierdie sandneerslae nie uit dieselfde tyd dateer nie. Om die idee van ‘n wêreldwye oorstroming in die Babiloniese en Bybelse literatuur te verstaan, moet ons rekening hou met die mens se prentjie van die wêreld. … Ons [“ons?” – slc] kan ons nie voorstel dat die hele aarde onder water kan raak nie, maar vir hulle was dit heel moontlik. ‘n Mens moet dus hierdie verhale teen die agtergrond van hoe hulle gedink het, sien en dit nie met moderne maniere van dink probeer versoen nie. (bl.34)
Kommentaar: Vervang die woord “moderne” met “ongelowige” en dan verstaan “ons” hierdie hele redenasie. Hierbo en op vele ander plekke in die boek word wonderwerke, natuurwonders en ander supernatuurlike gebeure of ontken of op een of ander manier probeer hul dit weg verklaar deur dit die heeltyd te vergelyk met die Nabye Ooste en Babiloniese volke se mites en fabels. Om dit te parafraseer: “Daar staan geskrywe … maar die Nabye Ooste leer dat …” Ek verwys u weereens na Rushdoony se artikel (hier onder) wat kragtig die ongeloof en onskriftuurlikheid van sulke “valslik sogenaamde kennis” weerlê.
Vraag 13: Het die son werklik stilgestaan?
Antwoord: Soms het sulke latere skrywers die ouer materiaal meer letterlik opgeneem as wat die oorspronklike dokument bedoel het. Hulle het ook soms die wonder wat lank vantevore gebeur het, meer skouspelagtig beskryf om te beklemtoon dat dit deur God gedoen is. (bl.44)
Kommentaar: Onder hierdie vraag verklaar die skrywer dat die deurtog deur die Rietsee nie werklik deur die see was nie maar langs die see. God het die water terug laat vloei, die see in, sodat die Israeliete ‘n breër plek gehad het om te kon loop. Die Egiptenare se strydwaens het in die strand vasgeval en in hul verwarring het hul see- in gevlug en is deur die water meegesleur. Latere geslagte het die “tradisie (laat) groei” en vertel dat die water oopgemaak het. Werklik verbassend! Die son het ook dan nie werklik stilgestaan nie.
VRAE OOR DIE NUWE TESTAMENT
Vraag 16: Was daar regtig ‘n ster met Jesus se geboorte?
Antwoord: Sommige geleerdes meen dit was nie ‘n ware gebeurtenis nie, maar ‘n legende wat Mattheus oorvertel om sy boodskap oor Jesus as Messias vir die hele wêreld, beter te kan uitdra. Ander meen weer dat daar wel ‘n ster kon gewees het, en gee verskillende verklarings daarvoor. Om die verhaal letterlik op te neem, skep heelwat probleme. As ‘n mens die verhaal lees om die simboliek of boodskap daarvan te verstaan, maak dit vir sekere geleerdes meer sin. Die rede waarom die verhaal vertel word, is om sekere dinge oor Jesus te sê. (bl.87)
Kommentaar: Dit wil vir my voorkom dat hierdie geleerdes te geleerd geraak het: Ons kan almal leer van Jes.66-2: “want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord. “
Vraag 26: Is die woorde in die Bybel Jesus se eie woorde?
Antwoord: Hoe sou die mense nog Jesus se juiste woorde kon onthou? Daar is geleerdes wat meen dat die evangeliste woorde in Jesus se mond plaas. Jesus se oorspronklike woorde het dus verlore gegaan. Slegs breë trekke van wat Hy gesê het, is weergegee. Dit is dan verder geslyp om by elke evangelis se teologie te pas. Jesus se oorspronklike bedoelinge word dus voortgesit, al word sy eie woorde nie weergegee nie. Dit is heel moontlik die manier waarop dit gebeur het. … Die evangeliste het tog ook self, skeppend met die stof oor Jesus omgegaan. Hulle het Jesus soms in die evangelies dinge laat doen en sê om by hul verhaal te pas. (bl.99,100)
Kommentaar: Tog het Jesus duidelik aan sy dissipels gesê: “…maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir Julle gesê het.” (Joh. 14:26; sien ook 16:13). Weet vandag se geleerdes nou beter as die eerste-eeuse skrywers? Wat het geword van die rol van die Heilige Gees? M.a.w. die gevolg van sulke redenasies is dat ek nie my Verlosser se woord en wil aan my het nie maar ‘n paar ywerige godsdienstige skrywers se ervarings of teologie. Sien 2 Petrus 1:19-21.
VRAE OOR WAT ONS GLO
Vraag 3: Hoe maak God Hom bekend?
Antwoord: God nooi die mens om Hom te ontmoet. Die mens antwoord op die uitnodiging deur te glo. Die uitnodiging kom na ons toe deur die Bybel, daarom glo ons dat ons God se woord hoor in die Bybel. Hierdie woord vat God egter nie vas nie. Ons kan nooit dink dat, as ons die woord het, ons God volledig ken en presies weet hoe God werk nie. Ons het nie die Woord van God nie. Die Gees gebruik die woord om God aan ons bekend te maak. God se woord is veel meer as net woorde: ons vind sy woord ook in dinge wat gebeur, in godsdiensseremonies, in die taal en beeldspraak waarmee ons iets van God probeer sê, en veral in die persoon van Jesus Christus. … God loop ‘n risiko wanneer Hy mense toelaat om Hom te ken, want hulle reageer nie altyd positief nie. God dwing nooit ‘n positiewe antwoord af nie, maar respekteer sy eie handewerk. Hy laat dit, aan ons oor om die verantwoordelikheid vir ons lewe te neem en te kies wie ons wil dien. (bl.118)
Kommentaar: Volgens NGB artikel 4 is daar 66 kanonieke boeke wat die “woord van God” uitmaak en “… waarteen niks ingebring kan word nie.” Volgens hierdie skrywer word dit nou uitgebrei na “dinge wat gebeur, in godsdiensseremonies, …” ens.
Vraag 4: Is daar net een pad na God toe?
Antwoord: Christene glo dat Christus die enigste weg na God toe is, maar ons kan dit nie bewys nie. Daarom is dit sinneloos om ander met logiese argumente daarvan te probeer oortuig. Ons moet eerder ons geloof in God die Vader, Seun en die Heilige Gees bely, en vertel van God se uitnodiging aan mense om te kies. … Ons mag nie verval in ‘n aggressiewe veroordeling van mense wat anders glo nie. Hierdie fout is veral in latere sendingpogings in Afrika begaan! Jesus veroordeel nie – Hy verkondig. Ons moet oppas om nie te klein te dink oor die weg van redding nie. God se genade – en redding – is breër, dieper en omvangryker as wat ons kan bedink! (bl.119)
Kommentaar: Hier is ‘n paar “bewyse” wat nie volgens die wysheid van die wêreld is nie maar volgens die wysheid van God (1 Kor 1.), nl. Joh. 14:6; Hand.4:12; 1 Tim.2:5; ens. Snaaks genoeg dat, God se Woord nie meer “bewys” genoeg is vir die enigste weg na God en die weg van redding nie? Dit gaan daarom nie oor wat ons dink nie maar oor wat God bepaal het die weg van redding is. Sien Rom.10.
Vraag 5: Wat beteken Drie-eenheid?
Antwoord: Om van God te praat as die Drie-eenheid is ‘n manier van sê wat uit die kerk kom. Dit staan nie in die Bybel nie. … Gelowiges is mense wat in menslike taal en beelde iets oor God probeer sê. Alles wat ons sê, bly deel van ons wêreld, ons beperkte insig en ons menslikheid. Ons kan nooit reg of volledig praat oor God nie. (bl.121)
Kommentaar: Dit is waar dat die woord “Drie-eenheid” nie in die Bybel staan nie maar dat dit wel duidelik getuig dat God een enige Wese, in drie Persone is. Sien gerus NGB artikels 8 en 9. Ons sal ook nooit volmaak of volledig oor God kan praat nie maar dit is verkeerd om te sê dat ons “nooit reg” van God kan praat nie. As ons volgens die Skrif oor God praat dan praat ons wel reg oor God en is dit ook genoegsaam vir wat vir ons nodig is om ‘n persoonlike verhouding met Hom te hê en in alles Hom te eer (Deut.29:23).
Vraag 8: Is ons uitverkies?
Antwoord: Om verkies te wees, is om God se genade te vertrou dat Hy elkeen uitnooi om vir Hom te kies. Hoe kan Hy ‘n antwoord van ons vra as Hy reeds besluit het wie is gekies en wie nie? . . . Al wat ons het en waarvan ons seker kan wees, is die uitnodiging om te kies. God self staan in vir hierdie uitnodiging en wag vir ons om die keuse te maak. Daarom moet ons vir ander vertel van die Vader wat klop en wag. (bl.124)
Kommentaar: Hierdie is seker die duidelikste getuienis van die mens wat op sy troontjie wil bly sit en ‘n gebalde vuis na God uitsteek en skree – “I demand my right!” John Lofton skryf tereg:
“To some Christians there is no Scriptural doctrine more offensive, more of an outrage, than the doctrine of the sovereignty of God, the fact that God is totally and completely in charge and we are (thank God!) not. Indeed, with the Arminian me-ologian, who preaches a me-ology, a man-centered, false gospel, it is ironic that everyone seems to have a ‘free-will’ except God! To this poor, misguided, blind individual, every human being is said to have some kind of inviolable, sacred “right to choose” – but not God. … Ah! yes, the favorite hymns of the anti-Reformed, anti-Calvinist, “free will/Arminians” would, undoubtedly, be: ‘To Man Be The Glory ‘, ‘Amazing Man ‘ and ‘A Mighty Fortress Is Man ‘ But, what does our Lord say? “Ye have not chosen me, but I have chosen you, and ordained you, that ye should go and bring forth fruit, and that your fruit should remain: that whatsoever ye shall ask of the Father in my name, he may give it to you (John 15:16).” [Chalcedon Report, Jan. 1995, p.8-10].
Hierdie vraag en antwoord is dus ‘n verwerping van die liefdevolle, genadige en regverdige soewereine God se duidelike openbaring in die Skrif dat dit Hy is wat ons kies en nie ons vir Hom nie: “Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ens.” (Dordtse Leerreëls, hfst.1.9).
Ja, ons oefen ‘n keuse uit maar a.g.v. Sy verkiesing en nie omdat ons Hom eerste gekies het nie. Ek het nog nooit ‘n dooie mens ‘n “keuse vir Jesus” sien maak nie en ons is of was ALMAL dood in die sonde (Rom.3; Ef.2:1-10)! So, die “gereformeerde” wat hierdie verdwaalde dwaling van Arminius probeer bevorder moet maar vir sy kerk vra om die Dordtse Leerreëls te skrap.
Vraag: 16: Waar kom sonde vandaan?
Antwoord: Vertel hierdie verhaal [Genesis 3 – slc] werklik van die oorsprong van die sonde sodat ons sou kon vasstel wie se skuld dit was? Die res van die Ou Testament verwys nie terug na die paradysverhaal nie. … Die Nuwe Testament verwys enkele kere na die paradysverhaal, veral om die kontras tussen die eerste Adam en die tweede Adam te beklemtoon (Rom.5:12-21; 1 Kor.15:45). Maar daar word nie gevra na die oorsprong van sonde nie. Die klem val eerder op die genade wat God in Jesus Christus aan ons bewys, op die nuwe lewe wat deur Christus in die wêreld gekom het. … Ons sal nooit weet waar die sonde vandaan kom nie. Dit is dus vir ons onverklaarbaar. Kom ons aanvaar gewoon dat dit bestaan en vra dan liewer wat sonde alles meebring. … Genesis 3 wil van sonde vertel. Die oorsprong daarvan is egter vir ons onverklaarbaar, want sonde bly sinneloos. … God vergewe dit in Christus en dit is al sinvolle ding wat van sonde gesê kan word.
Kommentaar: Al wat vir my onverklaarbaar is, is dat sulke “hooggeleerdes” so onverklaarbaar kan redeneer! Vir iets meer verklaarbaar sien artikels 14 en 15 van die NGB, veral die laaste sin van artikel 15: “Ons verwerp hiermee die dwaling van die Pelagiane, wat sê dat hierdie sonde uit niks anders as uit navolging ontstaan nie”.
Vraag 19: Waar hoort seks? … Is dit verkeerd om mekaar liggaamlik te leer ken sonder om getroud te wees?
Antwoord: Die haastige antwoord is kort en kragtig: dis sonde en verkeerd. Daarmee kies ‘n mens ‘n maklike kortpad wat ligvoets dans oor Bybelversies. Ek is nie oortuig dat hierdie kortpad die enigste moontlike antwoord is nie: [Hierna verwys die skrywer na die volgende tekste wat gebruik word om ‘n “haastige antwoord” te gee: Gen. 2:24; Ex.22:16; Deut.22:13; Dev.18; 1 Kor. 6:12. Volgens die skrywer bied geen van hierdie verse ‘n morele uitspraak teen voorhuwelikse seks nie – slc]. Ek kan ‘n teksie-oorlog ontketen en voorhuwelikse seks verdedig op grond van ander Bybeltekste, maar dit het geen sin nie.
Kommentaar: Die skrywer gaan in hierdie antwoord voort en, gee ‘n “stadige antwoord” wat volgens hom, meer in ‘n “Bybelse gees” is, nl. o.g.v. emosionele en psigologiese redes word voorhuwelikse seks afgeraai.” Niemand ontken die psigologiese en emosionele redes nie maar wat het geword van God se gebooie (Joh.15:10)? Volgens hierdie skrywer sou die Koning van die Skrif, Jesus Christus, ook ‘n “teksie-oorlog” begin het, want het Christus nie elke keer (nogal drie keer na mekaar! ) vir Satan met sy versoekinge verpletter deur “teksies” aan te haal nie: “Daar is geskrywe …” (Matt.4:1-11; sien ook Christus se “Skrifgebruik” in Luk.24; Mark.12).
Die Westminster Konfessie, hsfst.1, VI. bevestig dan ook dat: “Die volle raad van God met betrekking tot alle dinge wat nodig is vir sy heerlikheid, die saligheid van die mens, en die geloof en lewe, is uitdruklik opgeteken in die Skrif, of mag van die Skrif afgelei word, deur goeie en noodsaaklike gevolgtrekking …” Nie net die teks en konteks van bogenoemde “versies” nie maar ook die hele gees en lering van die Skrif is duidelik gekant teen die sonde van voorhuwelikse seks. Ek daag die skrywer van die boekie uit om daad by sy woorde te voeg en een plek te wys waar die Skrif voorhuwelikse seks verdedig, d.w.s. goedpraat of bevorder. Ek glo nie dit sal gebeur nie, want daar is nie sulke leringe in die Skrif nie en tweedens sal dit ook die humanistiese, wêreldvriendelike en kragtelose “teologie” (Matt.22:29) van hierdie skrywers van die boekie uitwys. Mag elke gelowige en elke ware teoloog vashou aan Christus se woorde: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.” (Matt.4:4)
Tot hiertoe die aanhalings uit en kommentaar op die bogenoemde boekie. U sal soos reeds genoem, in Rushdoony se artikel, die (geloofs)-vertrekpunte van hierdie soort van “teologie” beter verstaan. Asb., lees dit oor en oor totdat u dit goed verstaan en bespreek dit gerus met mede-gelowiges. Laat my egter toe om net nog ‘n paar opmerkings te maak.
Hierdie moderne teologie van die Skrifkritikus, se fundamentele beginsel is om die Christendom te laat aanpas by die tydsgees nl. ons sogenaamde “beskaafde” twintigste-eeuse wêreld. Totius beskryf die Skrifkritikus in die volgende woorde:
“Van sulke (Bybelse) feite kan die Skrif kritikus alleen loskom deur te sê: My gesonde verstand of my rede of my wetenskap of my insig in die feite verhinder my om aan te neem die uitsprake van die Skrif wat sê … Die mens se verstand of wetenskap word dus gestel teenoor die ewige en blywende Woord van God! Natuurlik moet die Skrif kritikus homself regverdig deur verder te sê dat die heilige Skrif aan ons gegee is tot saligheid en nie om op onfeilbare wyse allerhande historiese of oudheidkundige besonderhede aan ons bekend te maak nie: . . . Wie eenmaal die vaste bodem van die Skrif verlaat het, moet sulke uitvlugte soek … Skrifkritiek … is die verwerping van pertinente uitsprake van Gods Woord, om daarvoor ‘n eie mening in die plek te stel (Versamelde Werke I, 1977, p.52).
Hierdie teologie wil Christene laat versoen met wêreldse filosofieë en godsdienste waarin die mens, en nie God nie, sentraal staan. Hierdie is dan noodwendig ook ‘n ewigdurende veranderende teologie aangesien waarheid, volgens hulle, heeltyd evolueer. Dalk, ‘n nog groter gevaar is dan teoloë wat met die een been op die Bybel wil staan en met die ander een kniediep in die wêreld, bv. neo-ortodoksie of Barthianisme wat “gereformeerde taal” gebruik maar ander betekenisse daarin koppel. Die spreekwoordelike wolf in skaapsklere! Na Dr. R.J. Rushdoony se artikel, sluit ek af met ‘n paar voorstelle of riglyne i.v.m. ons reaksie op hierdie soort van “teologie.”
[nota: ek plaas nie hier in die teks Rushdoony se artikel nie, slegs deur die volgende skakel: The Commmand Word. Sien ook die volgende artikel deur dieselfde skrywer: Skrifkritiese opleiding in teologiese skole]
‘n Gereformeerde reaksie
Kan u nou verstaan hoekom hierdie bespreking se subtitel, geneem is van die bekende storie: “Die koning het geen klere aan nie.” Want, hierdie soort teologie is ook kaal en is geensins gekleed in die gewaad van die Bybelse leer wat ons tradisioneel die gereformeerde leer genoem word nie. Dan is daar ook die storie van die padda wat geleidelik doodkook in die water. So word baie van ons gewoond aan dwalinge wat in die klas of van die preekstoel af aan ons verkondig word. Daarom het self-regverdiging onder baie Christene en veral Christen Afrikaners geleidelik gegroei, nl.
“Ek het my kerk en te … met die res!” Of ons het baie individualisties begin raak: “Laat die dominee of die prof.’s maar dwalinge verkondig, ek gaan dit gelukkig nie doen nie, gelukkig glo EK darem nog die ware leer al is die kerk waaraan ek behoort die pad byster. Die predikant of professor is dan so ‘n oulike en vriendelike mens!, ons kyk maar verby sy valse leringe! Dan doen ek nog goeie evangelisasie en sendingwerk wat opmaak vir al die verkeerde leringe, dit gaan mos op die einde oor hoeveel “siele” ek gewen het?”
En so kan ‘n mens aangaan. Asseblief moet my nie verkeerd verstaan nie, ek sê nie mense moet ophou met goeie werke volgens Ef.2:8-10 nie maar wil net daarop wys dat Paulus vir Timotheüs (en dus ook vir ons!) vermaan om te let op homself EN “die leer” WANT: “… deur dit te doen sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor.” (1 Tim.4:18). Die groot vraag is dan: Wat moet ek doen? Ek wil u net met ‘n paar gedagtes laat:
Eerstens: Paul C. McGlasson in sy boek “Another Gospel: A Confrontation with Liberation Theology (Baker Books, 1994) skryf teen die gevare van “Liberation Theology” wat nie meer die ware evangelie is nie. Onder “Liberation theology”‘ sien hy dan ook ” … neo-orthodox liberation theologies” en “evangeiicai liberation theoiogies …” Hy verwys herhaaldelik na twee leierfigure in hierdie teologie nl. Martin Luther King en Karl Barth. McGlasson skryf dan ook dat daar ‘n tyd kom wanneer nie meer gedebatteer kan word nie en besluite geneem moet word aangaande die standpunte van moderne teologie (I Tim 6:20). Sy beoordeling is duidelik:
“Understandings that are guiding biblical, philosophical, and ethical studies today must be recognized as heterodoxy destructive of the Christian faith”.
Hierdie boekie word sterk aanbeveel.
Tweedens: Lees gerus weer u Gereformeerde Belydenisskrifte: Die Drie Formuliere van Eenheid, en meet uself, u gemeente en teologiese skool daaraan – Lees veral artikels 27-29 van die NGB. Ek wil weereens die stelling maak dat oor die algemeen gesien, die meeste “gereformeerde” kerke vandag nie meer waarlik gereformeerd is nie, alhoewel die “gereformeerde taal” gebruik word. Ons moet onthou wat ons by belydenisaflegging voor God en die gemeente bely het: “… dat die Ou en Nuwe Testament die Woord van God en die volkome leer van die saligheid is, soos dit ook in die Belydenisskrifte van die … Kerke uitgedruk word en in die kerk geleer word.”
Derdens wil ek u wys op die “Plegtige Legitimasie-Verklaring” wat u predikant afgelê het of wat u as toekomstige predikant nog gaan aflê:
Ek, . . . verklaar hiermee in alle opregtheid voor die Here dat ek van harte glo dat al die artikels en stukke van die leer vervat in die Belydenisskrifte en Formuliere van Eenheid …. ooreenkom met die Woord van God. Ek belowe om die voornoemde leer ywerig en volhardend te leer en in my wandel getrou te handhaaf, sonder om iets teen die leer, hetsy regstreeks en onregstreeks, te leer of te skrywe . . . so verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry, en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoeë te doen om dit uit die Kerk te weer …
Lees gerus die hele verklaring asook die formulier wat uself as belydende lidmaat afgelê het, en onthou: ons hou nie vas aan die Belydenisskrifte vir so ver dit met die Skrif ooreenstem nie, maar juis omdat dit gehoorsaam is en in ooreenstemming is met dit wat die Skrif ons leer.
Laastens, mag die HERE God ons nederig en erkentlik hou dat dit alleen Sy genade is wat ons daarvan weerhou om weg te val van die ware leer. Laat ons saam met die liturgiese gebed voor die Kategismusprediking bid, sodat ons die doel van ons roeping, wat God Drie-enig vir ons almal as gelowiges gegee het kan uitvoer, naamlik: om as konings, priesters en veral ook vir vandag … as profete in vandag se krom en verdraaide geslag, sal optree, alies tot eer van Sy Naam en tot heil vir al die volke:
“Omdat ons van nature blind is en onbekwaam tot enige goed, en U ook niemand wil aansien wat nie ootmoedig en verslae van hart is en u Woord vrees nie (Jes.66’2), daarom bid ons U dat U ons duistere verstand wil verlig met u Heilige Gees en ons wil gee ‘n sagmoedige hart waaruit verwyder is alle verwaandheid en vleeslike wysheid wat vyandskap teen U is, sodat ons, as ons u Woord hoor, dit reg verstaan en ons lewe daarna inrig.”
Dit was die derde en laaste artikel, daar was ander maar hierdie paar artikels wys op die teologiese belewenis wat ek in die vroeë negentigs by Tukkies beleef het, en na my mening sy vrugte na behore begin dra het in die gebeure van die boek Opgestaan. Die sirkel is voltooi.
As die eerste Adam nie aanvaar word nie, dan volg die aanval op die tweede Adam, noodwendig. As jy een deel van die Skrif begin ‘breek’, gaan die res ook gebreek word (Ps.11:3; Joh.10:35).
Sien hier: Die eerste en tweede Adam
Slot
Ferdie skryf op verskeie plekke in sy boek oor die belangrikheid dat gelowiges ook teologies-wetenskaplik besig sal wees. Ek wil ook nie ‘n valse teenstelling maak tussen kerk en teologie, gemeente en teologiese skool nie, maar ek wil tog dit waag en sê dat wat huidiglik oor die algemeen in teologiese fakulteite gebeur ver verwyderd is van die gemeentelewe en praktiese lewe van gelowiges. Moet die teologie en die opleiding dan nie juis in diens staan van die gemeente, die kerk van Christus, die evangelie en sendingopdrag nie ? Dit blyk al meer dat die stert die hond swaai (die teologie die kerk), waarin die teologiese fakulteite ‘n ander fokus het: sogenaamde wêreld-aansien en fondse om hul eie ivoortoring ‘akademiese paleise’ en aftreeplanne op te bou ?
Verder, niemand nie, veral nie professore in teologie mag sy teologie beoefening losmaak van sy konfessionele belydenis nie. Vanselfsprekend moet daar deeglike kennis wees van al die nuutste moderne en postmoderne teoloë en dwalinge, maar met die doel om te weerlê en te bestraf en te waarsku (2 Tim.4:2), nie om dit vir die gemeente en die skape te voer as stapelvoedsel nie.
Rushdoony skryf in sy situasie (in die artikel waarna ek hierbo verwys):
“Sê ek dit is verkeerd om Barth, Moltmann en hul soort te bestudeer ? Nee, glad nie, vir die spesialis is dit nodig, solank hy eerstens goed begrond is in die suiwer teologie en goeie teoloë. Ken hy byvoorbeeld Calvyn se Institusies, die verskillende relevante werke van Van Til, en gelyksoortiges ? Indien nie, mors hy sy tyd en is besig om God se volk te beroof. As hy sy Bybel ken, en as hy deeglik begrond is in suiwer teologie en Christelike voorveronderstellende ondersoek, dan alleen kan hy vrugbaar met die vyand se denke omgaan, en effektief die mat onder die teenstanders se voete uitruk.”
Gaan luister gerus na die lesings van Piper en Carson oor “The Pastor as Scholar and the Scholar as Pastor”. As ons in hierdie lyn ‘pastors en scholars’ is, ja, dan is daar hoop vir die teologie beoefening, anders nie.
Wat die kritiese teologie betref, vind ek my tuis in Piper se beoordeling van die Duitse kritiese skole (wat via Deist en Le Roux in SA verwelkom is), as hy skryf:
“What I saw in the theological educational system and state church life in Germany confirmed most of what I did not want to become. Here were world-class scholars that everyone on the cutting edge in America was ooing and ahing over teaching in a way that was exegetically untransferable, insubordinate toward the Scriptures, and destructive to the life of the church. I sat in an ordination where the preacher announced his text from Q (the hypothetical document containing parts of Matthew and Luke, not shared by Mark).
I did my study of Jesus’ love command and worshipped in a lively Baptist church and led a small discipleship group every Friday night, and stoked my fires with Jonathan Edwards and God’s word. But what I saw in Germany could not come close to the theological and methodological goldmine that I had found in seminary. I used that to write an acceptable dissertation and left as quickly as I could. I did not have to work hard to protect myself from this system. I saw it up close and from the inside and found early on that this global king of biblical scholarship had no clothes on.
I was disillusioned by such scholarship.
- Driven by the need for peer approval.
- Using technical jargon that only insiders understand and that often conceals ambiguity.
- A speculative focus in object and methodology (Formgeschichte, Traditionsgeschichte, and Redaktionsgeschichte, and Sachkritik) that gave rise to scholarly articles which began in the mode of Wahrscheinlichkeit and by the end had been transformed into the mode of Sicherheit by the waving of the wand of scholarly consensus.
- Using linguistic skills to create vagueness and conceal superficiality.
- Not pressing the question of meaning until it yields the riches of theological truth.
- Not having the smell of heaven or @#!*% , nor seeming to care much about lostness.
- Not letting exultation into their explanations, and therefore not being able to show the reality of things that cannot be illumined except in the light of exultation.
- Not seeing the incoherence between the infinite value of the object of the study and the naturalistic nature of their study. The whole atmosphere seemed unplugged from the majesty of the object.
I earned my doctorate. They mailed it to me a few months after I left. I took it out of the mailing tube to see if it was real in the Fall of 1974. I put it back in and have not looked at it since. It’s still in the tube in a bottom drawer at home, and no one has ever asked to see it. But, by God’s grace, it did get me my first job.”
Vir elke jong predikant en veral teoloog wat strewe na die hoogste louere in teologie, moet dit nooit doen as jy daardeur jou ‘eerste liefde moet verlaat’ nie (Op.2:4), gaan lees/luister/kyk gerus na hierdie lesings van Piper en Carson, en onthou die woorde van God deur Jesaja 66:2 (let wel: die woorde van God deur Jesaja), asook die Jesus wat opgestaan het in Luk.9:23,24.
“What scholarly would mean for me is that the greatest Object of knowledge is God and that he has revealed himself authoritatively in a Book. And that I should work with all my might and all my heart and all my soul and all my mind to know him through that Book and to make him known. This is the goal of every pastor.” – John Piper
Amen (Ps.1:2; 119:18; Hand.17:11; 2 Tim.2:15) ?
Einde deel 2.
Leave a Reply