Boekbespreking: Opgestaan (deel 7: Die Social Gospel en 9/11)

Ek het belowe in vorige boekbesprekings van Opgestaan, dat ek iets wil skryf oor die Social Gospel.  Ek gaan so paar dinge sê, en dan is dit my laaste bydrae oor hierdie boekbespreking, vir eers.

Wat is die Social Gospel ?

Lees die geskiedkundige detail hier en goeie kritiek hier.

My eie definisie: wanneer die Evangelie (Woord) voor een of ander aardse sosiale agenda moet buig/aanpas (bv die menseregte ideologie in die nuwe bedeling), in plaas van dat die sosiale agenda voor die Evangelie buig.

Selfs Christene kan daardeur beïnvloed word, al is ons nie ‘social gospel’ profete of voorstanders nie.

Hier is ‘n treffende voorbeeld van die beïnvloeding deur die huidige social gospel idee [Opgestaan, bl.98]:

“Ek is kwaad daaroor dat ek moet redeneer, argumenteer en selfs verdedig oor die korrekte bewoording van ’n geloofskonstruk . . . Ek dink dis tragies dat teologiese studente en dosente hulle energie aan ortodokse praatjies moet bestee, terwyl honderdduisende mense daarbuite vasgevang is in die greep van die verskriklikste armoede en werkloosheid; doodgaan aan Vigs; ly en gemarginaliseer word omdat ons samelewing en ook ons kerklike samelewing besmet is met homofobie, met intolleransie, met rassisme en seksisme.” (Julian Muller)

NT Wright maak ook hierdie soort geluide:

“The only thing I can say is that it’s very curious, when the world is in such a dangerous mess, that American Christians should be worrying about Adam and Eve,” N.T. Wright, research professor of New Testament and Early Christianity at the University of St. Andrews in Scotland, wrote in an email. “Most Christians in the rest of the world have more pressing things to focus on, such as how to follow Jesus in the agendas he set out in the Sermon on the Mount.”

Die social gospel se begronding is natuurlik in die moderne teologie, soos die volgende skrywer verduidelik:

“A common trend in modern theology is the de-emphasis on the concern of traditional theology and a preoccupation with social structures as key to build a better world. The world and this side of eternity hold the interest of the modern theologian. He has no interest in questions related to life after death, heaven or   @#!*% , or the new heaven and earth to come. The kingdom of God has to come through a restructured society. So revolution must be included as a trend in current theology. This is partially the background of the theology of Liberation.”

Welkom in die nuwe SA moderne social gospel teologie en kerke, gebaseer op die menseregte ideologie.

Die oomblik as iemand in hierdie valse dualisme val, geloof of dade, dogma of praktyk, leer of lewe, die ewige lewe of die lewe nou, die belydenis of praktyk, ens., moet die gevaarligte van ‘n social gospel flikker.

Ons moet beide die teologie van wêreld(ver)myding en wêreldgelykvormigheid verwerp (dit blyk dat laasgenoemde vandag ‘n veel groter gevaar is as eersgenoemde). Die gelowige en kerk van Jesus Christus is in die wêreld (dus geen wêreldmyding nie), maar nie van hierdie wêreld nie (dus geen wêreldgelykvormigheid nie), soos Christus ons ook leer in sy gebed in Johannes 17:

14 Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.  16 Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  17 Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.

En hoe bepaal jy of jy in die gevaar van wêreldmyding of wêreldgelykvormigheid is ?

Die toets is Joh.17:17.

Heilig hul in u waarheid, u woord is die waarheid.

Al ons ‘agendas’, hetsy persoonlik, gesin, gemeente of gemeenskap moet aan God se Woord as die waarheid getoets word.   Die oomblik as ek God se Woord, spesifiek die Evangelie en Wet aanpas by my agenda, my begeertes, dan loop ek die gevaar om die koninkryk van die wêreld, en nie die koninkryk van die hemel te soek nie.  Om maar net een voorbeeld te noem: die aanvaarding van die vrou in die besondere ampte, is niks anders as die akkommodering van die feministiese tydsgees in die kerk nie, dus ‘n sosiale agenda, en nie God se Woord nie, bepaal die agenda van die kerk, van buite af.  Nie God se bevel nie (bv. 1 Tim.2:11,12), maar die mens se begeertes (2 Tim.4:3,4) bepaal hoe die kerk ingerig word.   As basiese binding en gehoorsaamheid aan die Skrif gekompromeer word, is dit net ‘n kwessie van tyd dat die een na die ander ‘konfessionele waarhede’ (bv. die liggaamlike opstanding van Christus, sy Godheid, die maagdelike geboorte, ens.) gaan val, want die fondament, die binding aan die Skrif in alle sake, is losgelaat, en word deur menslike agendas bepaal.  Ironies genoeg, hoe ‘onduideliker’ die Heilige Skrif volgens sekeres raak oor leersake, hoe ‘duideliker’ word die mens se idees en sosiale agendas (bv. apartheid is ‘n ‘duidelike’ sonde, weë jou as jy daarmee verskil … maar godsdiensgelykheid, veelgodedom, aborsie en homoseksualisme is skielik baie ‘onduidelik en onseker’).

Ferdie Mulder antwoord die valse dualistiese social gospel opmerking van Muller treffend as volg:

“Professor Müller se lesing het my verstom. Toe ek die gebeure in oënskou neem, het ek afgekom op die aangrypende vraag 57 van die Heidelbergse Kategismus wat sê:

“Watter troos gee die opstanding van die liggaam aan jou?

Antwoord: Dat nie alleen my siel na hierdie lewe dadelik tot Christus, sy Hoof, opgeneem sal word nie, maar ook hierdie selfde liggaam van my, deur die krag van Christus opgewek, weer met my siel verenig en aan die heerlike liggaam van Christus gelykvormig sal word.”

Buiten die feit dat ek verbaas was dat professor Müller nie Jesus se liggaamlike opstanding wou bely nie, was ek later ook teleurgesteld dat hy klaarblyklik besorg was oor “armoede, werkloosheid en mense wat doodgaan aan Vigs” , terwyl ek en ander vir wie Jesus se liggaamlike opstanding belangrik was klaarblyklik tyd gemors het met “ortodokse praatjies”. Sommige van ons studente het dan op daardie tydstip juis vanweë ons geloof in die lewensveranderende letterlike opstanding van Jesus by ’n weeshuis in Pretoria gehelp, en ek en Riaan was ook by ’n plakkerskamp betrokke waar daar ’n MIV-kliniek begin is.”

Dit is dus nie of – of nie, maar en – en, ons moet die Evangelie bedien én mense fisies versorg waar ons kan, en waar ons elkeen geroep word.  Christus is daarin ook vir ons die voorbeeld:

17 Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. … 24 En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.”

Ironies genoeg, dit is juis die ware leer van Sondag 1, my enigste Troos in lewe én in sterwe, in liggaam én in siel, wat ons hoop gee nie net vir hierdie aardse jammerdal nie, maar bo-alles vir die ewige lewe, dit is juis die ‘ortodokse praatjies’ van 1 Kor.15 oor die liggaamlike opstanding van Christus en almal wat in Hom glo, wat hoop gee vir mense vasgevang in die ‘verskriklikste armoede en werkloosheid’, vir vigslyers, mense wat vasgevang is in die gevolge van die sonde, mens met liggaamlike gebreke en wat aan ‘n permanente siektes lei, wat mense troos gee met die afsterwe van ‘n geliefde, of as daar enige vorm van onreg plaasvind in ons samelewing.  Daar is ‘n ewige lewe, met ewige geregtigheid, hoop en vrede, God sien alles raak (Heb.4:13).

Watter troos kan enige vorm van aardse social gospel bied, of watter goeie nuus kan die voete van die moderne teoloog (sosioloog?) bring, wat alleen wil lewe van die tydelike brood van hierdie lewe en nie ook van die ewige foutlose onfeilbare brood van die ewige lewe nie (contra Matt.4:4) ?  Sonder die woord van die ewige lewe, maak die ewigheid én die tydelikheid geen sin nie (Joh.6:63; 1 Tim.4:8).

Maar, dit maak logies sin in die moderne teoloog se geloof, sodra die liggaamlike opstanding, die ewige lewe, die wederkoms, die ewige oordeel en ander waarhede wat ons bely in NGB art.37 begin verdwyn, of bloot ‘metafories’ verstaan word, dan is die enigste ‘sin’ wat oorbly, kom ons eet en drink want more sterwe ons, ja, kom ons maak aardse skatte bymekaar en vergeet van die ewigheid en die oordeel wat kom (1 Kor.15:32,33).  Hierdie wêreld met sy ‘probleme’ (nie ‘sonde’ nie), onreg en evolusionistiese proses moet hopelik deur die Mens met sy aardse verlossers, die mens met die messiaanse staat gered word: ‘n verlossing deur werke, die sosiale werke van die mens deur die staat en sosiale agendas wat alles en almal sal red, en ‘n menslike utopia op aarde skep, los van God en sy gebod.  God, oftewel ‘n godsidee soos panenteïsme word dan net ‘n ‘godsdienstige mantra’ of sousie om oor al ONS menslike sosiale verlossingsplanne soos demokrasie, feminisme en menseregte te gooi, ongeag of dit in stryd is met Joh.17:17 of nie.  En weë jou as jy nie op hierdie godsdienstige soustrein is nie, weë jou as jy nie die akkreditasie van die parlementêre stoel ontvang nie, of nie die goedkeuring van jou kerkverband se teologiese opleiding en strukture wat ingebed in die nuwe SA is nie (sien Amos 7:10-17).

Ek sluit my bydrae af om opnuut my dank uit te spreek vir hierdie tydige getuienis deur Ferdie Mulder (ongeag dat hy as my broer ook sekerlik met my oor sekere dinge gaan verskil, en ek met hom) oor ‘n wesentlike saak wat ons lewe en dood bepaal: Christus het opgestaan, dit bied troos en hoop vir tyd én ewigheid (Hebr.13:8)!

Ek wil graag die volgende preek aan hom opdra, ek noem dit ‘n 9/11 preek (wat ons  – soos met die gebeure van 10 jaar gelede in New York – tot stilstand roep om weer te besin oor ons roeping in hierdie wêreld, en nie soos die VSA wat maar net bloot aangaan met die lewe nie, daarom die keuse in my titel hierbo: “Die Social Gospel en 9/11”).

Maar nie net aan hom nie maar ook ons almal, aan alle Christene, in die besonder aan alle ouderlinge en predikante, vir die toekoms wat vir ons ‘Westerse beskawing en Westerse kerke’ voorlê, want God se oordeel is oor ons kerke en samelewing, ja, nie net oor die verlede nie, maar ook oor die nuwe SA.  Christus is ons enigste skuiling en redding, en dit is wat ons aan mense moet verkondig … saam met ‘n kombers en kos uitdeel:

30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer,  31 omdat Hy ‘n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ‘n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek. (Hand.17)

Mag die Here ons almal roep om in krag en liefde sy Woord te verkondig, tydig en ontydig, nie volgens enige sosiale agenda vanuit die aarde nie, maar volgens die Waarheid van Joh.17:17

A Prophetic Message to an Ungodly Nation

“Now let me tell you something. When there is a crisis, people look for a program. But God looks for a man. When there is a crisis, people look for some system to fix it and God looks for a man, and God looks for a woman. When God wanted to deal with a crisis, He started with a baby. In this case, Jeremiah was that baby. And He designed him in the womb. And He put him together to have the human capabilities that he needed to do this. He also endowed him with the spiritual equipment to fulfill his appointment by God.” – John MacArthur

Waar is jy man van God ?

Waar is jy vrou van God ?

Waar is jy kind van God ?

25 Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen?  26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. – Luk.9:25,26.

6 thoughts on “Boekbespreking: Opgestaan (deel 7: Die Social Gospel en 9/11)

Add yours

  1. Baie dankie hiervoor – ek sien al lankal uit na hierdie spesifieke aflewering!

  2. Varderland ek wonder of jy jou gemeente ook so aan die slaap preek met sulke langdradige strooi.

  3. Ja, hulle slaap dan so vas soos babatjies, ons sluit gewoonlik die dienste af met die Afrikaanse Wiegieliedjie van Mimi Coertse.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: