Geagte broeders en susters,
U word hartlik uitgenooi na die Gemeentebyeenkoms van GK Bet-el waartydens Dr Jac Howell sy “Opebrief aan die GKSA” en “Perspektief op opebrief” sal bespreek.
Daar sal geleentheid wees om vrae te vra.
Indien u sou belangstel om die geleentheid op Skype te volg stuur u skype naam aan my sodat ons u kan inskakel. Daar sal ook ‘n klankopname gemaak word wat u na die tyd by ons kan bestel.
Waar: 31ste Laan 415 Villeria Pretoria
Datum: Vrydag 20 April 2012
Tyd: 19:00
Google Maps: http://bit.ly/HCNRq8
GPS koördinate: 25° 43’ 10” S, 28° 14’ 15” O
Navrae: 083 527 8623 of epos freek.kruger@gmail.com
Lewendige uitsending
Enige een wat belangstel kan om 18:00 inskakel op http://gkbetel.camstreams.com om die skakel te toets. Die tegniese span sal Skype aangeskakel hou om u te help indien daar tegniese probleme sou opduik. Ons Skype “username” is gkbetel. U sal moontlik ‘n “plugin” moet installeer om beeld en klank te kry, hoewel die meeste “internet explorer” gebruikers waarskynlik reeds die “plugin” gelaai het vir ander aplikasies.
Die amptelike uitsending begin om 19:00.
Vul asb u naam en van in deur op die “change name” opsie te kliek. Die tikgedeelte maak nie voorsiening vir spasies nie, en u moet u naam en van aaneen intik.
U kan vrae intik wat ons aan die spreker kan voorhou. Indien u ‘n vraag vra meld asb eers u gemeente.
Daar sal ook ‘n ‘n youtube video gemaak word wat na die tyd deur enige een gekyk kan word. Ons sal u op hoogte hou van die skakel.
Vriendelike groete
Freek Kruger
Leave a Reply