Gesprek oor die gereformeerde hermeneutiek in die GKSA

 

Einde April was daar ‘n gespreksgeleentheid gehou by die Fakulteit Teologie (Potchefstroom) oor die onderwerp:  Die beginsels van Gereformeerde Hermeneutiek en die uitdagings daarvoor in ons huidige konteks. Prof Paul Krüger en prof Jorrie Jordaan het elk ‘n inleiding gelewer en daarna was daar ‘n paneelbespreking.

Tydens die Bybelskool van die GK Potchefstroom (30 Mei en 6 Junie), onder leiding van ds. Peet Coetzee, is hierdie twee lesings ook voorgehou aan belangstellende lidmate.

Ek het met die nodige toestemming opnames gemaak en stel dit hier onder beskikbaar (Let wel dit is nie professionele opnames nie, so die klank is nie altyd te duidelik nie).

Die doel van die lesings en die gesprek deur die Bybelskool van die GK Potchefstroom is die eerlike soeke na die onderliggende saak waaroor daar onrus in die GKSA is. Hierdie onrus word onderstreep deur die besluit van die onlangse Sinode 2012 wat die volgende opdrag aan studiedeputate gegee het:

“Om in samewerking met plaaslike kerke te bepaal wat die grondliggende redes is waarom daar, ondanks besluite wat kerke gesamentlik geneem het, steeds verskille in standpunte en praktyke bestaan in die sake waaroor besluite reeds geneem is“.

Lesing 1 (titel bygevoeg), kan hier afgelaai/geluister word:

Die hermeneutiese onrus en verskille in die GKSA, prof. Paul Kruger

Die vrae en bespreking gedeelte:

Vrae en antwoorde van lesing 1

Samevatting:

Ds. Peet Coetzee het die opening en verwelkoming waargeneem, daarna volg prof. Kruger se lesing.  Prof. Paul het in sy lesing gewys dat ‘n ware gereformeerde hermeneutiek die volgende 4 aspekte behels en dit elke keer gestel teenoor die verskillende afwykings wat tans plaasvind:

– belydenisgebondenheid

– Openbarings-afhanklik

– konteksbewus

– roepingsgerig

In die vraag en antwoord tyd het br. Gert Kruger (GK Potchefstroom) gevra: “waarom het daar ‘n nuwe Skrifbeskouing in ons kerke gekom, hoe het dit deur die jare gebeur?” (die vraag is onduidelik vir ongeveer 1min45s, en daarna word dit duideliker), waarop prof. Paul, br. Johan van der Walt (GK die Bult), prof Jordaan, ds. Peet en die uwe kortliks geantwoord het (en ‘n opmerking gemaak het oor die belangrikheid vir belydenisgebondenheid soos uiteengesit deur prof. Paul vir alle gelowiges, of jy preek of klas gee).  Die bespreking is afgesluit deur ‘n belangrike opmerking/vraag deur ds. Peet oor Christus se hantering van die Skrif (Matt.19, wat die saak behels: verhouding OT-NT) en ‘n kort reaksie deur prof. Paul.

Lesing 2: Gereformeerde hermeneutiek, prof. Gert Jordaan

Bespreking en vrae

Samevatting:

Prof. Jorrie se lesing het uit twee dele bestaan:

– vyf beginsels van die gereformeerde hermeneutiek, verduidelik vanuit die Skrif en belydenis:

1. Die Bybel is die Woord van God

2. Die Heilige Gees is die eintlike Outeur van die Bybel

3. Die Bybel is God se Woord waarin Hy Homself duidelik aan mense openbaar

4. Die Heilige Gees as die eintlike Verklaarder van die Bybel

5. Die Bybel is die ewige en altyd geldende Woord van God, en

– strominge/teoloë wat met die gereformeerde hermeneutiek in stryd is:

1. Rasionalisme

2.  Willem Vorster

3. Rudolf Bultmann

4. Harry Kuitert

5. Jesus-Seminar/Nuwe Hervorming

6. Postmodernisme/Derrida

7. Opkomende kerk (’emerging church), Rick Warren

Ongelukkig was daar net tyd vir twee vrae na die lesing, een oor hoe die Cloete omdigting met sy verkeerde hermeneutiek (verkeerde OT-NT verhouding) in ons kerke ingekom het, en die laaste een oor die kwessie van hoe VIDA lei tot die homoseksuele debat.

Van my kant ‘n woord van dank vir die ds. Peet Coetzee, die GK Potchefstroom se Bybelskool en die twee teologiese professors vir die aanbieding van hierdie lesings en gesprek.

One thought on “Gesprek oor die gereformeerde hermeneutiek in die GKSA

Add yours

  1. Dit is interessant dat daar oral in kerke besorgde stemme opgaan oor liberale tendense.
    Veral in die Hervormde kerk is die naweek ernstige stappe geneem, lees in die Volksblad hier:
    http://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Spanning-binne-kerk-bereik-breekpunt-20120603
    ’n Status confessionis is verklaar, waarvan een van die punte juis gaan oor die vervlakking van die teologie.
    Lees ook die hele belydenis hier:

    Click to access staat%20van%20belydenislank.pdf

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: