Geagte broeders en susters,
GK Bet-el het haar nuwe webwerf, www.gereformeerd.org, die afgelope maand tot stand gebring met die oogmerk om die Gereformeerde leer en lewe wêreldwyd te bevorder. Een van die meganismes is deur preke en lesings op die internet te publiseer.
So is daar dan die afgelope weke hard gewerk om die lesings van Prof Dr Pipa se Kerk Fondament Seminaar te plaas, asook preke van Ds le Cornu oor kuisheid en ‘n lesing deur Ds Gustav Opperman oor die 1654 gelofte. Ons is nog besig om daaraan te werk, maar u kan reeds gaan loer by: https://www.youtube.com/user/GKBetEl
Dr. Pipa sprekerstoer (Ampte konferensie)
– What is good reformed preaching ?
– Office of elder – calling and task (who are called to this task?)
– The Calling of the Church (touches on issues of ‘missional strategies’)
– Church unity – the importance of church government and church denomination (Where do we draw the line for church unity, can one have denominational unity if church’s church government differs radically, for instance on the issue of women offices, etc.)
– The Law of God for today: Sabbath (specific application to the last day – first day Sabbath issue)
Preke oor kuisheid (1 Kor.6:9-7:25; HK Sondag 41)
1. Inleiding
2. Kuisheid binne en buite die huwelik
3. Huwelik, egskeiding en hertrou
4. God se wil vir gebroke verhoudings
5. Deur Christus alleen kan ons kuis lewe
Die audio kan ook hier afgelaai word:
KFS-Church_Unity.mp3 | |
KFS-Preaching_and_training.mp3 | |
KFS-Southerners.mp3 | |
KFS-Call_of_church.mp3 | |
KFS-Importance_of_Elders.mp3 |
Daar word ook beplan om die volgende op hierdie kanaal te plaas:
* Preekreeks van Dr Bogaards oor Abraham,
* Dr Bogaards se reeks oor die Heidelbergse Kategismus
* Ds Faan Smit se reeks preke oor die Nederlandse Geloofsbelydenis
* ‘n Video oor die ontstaan van die GKSA
* ‘n Video oor die Reformasie van die 1500’s
* Seminaar lesings van Augustus 2013 oor hoekom wetenskaplikes glo dat Genesis letterlik verstaan moet word.
* Natuurlik sal alle toekomstige seminare van GK Bet-el ook op hierdie kanaal geplaas word.
Die potensiaal is groot – vrywilligers kan byvoorbeeld boeke soos Calvyn se institusies voorlees en dan kan dit opgeneem word en hier geplaas word. Kontak ons indien u wil help.
U word aangemoedig om in te teken op hierdie kanaal. As u ‘n gmail eposadres het dan kan u as volg inteken:
->In log op gmail
->klik op youtube aan die bokant
->klik links op My Subscription
->Kies Browse Channels of ignoreer as u reeds kanale het
->Tik by Search Channels in “GK Bet-El”
->GK Bet-el se trappe behoort eerste gelys te wees.
->Klik op Subscribe
->Klik links op Manage subscriptions
->Klik in die middel op GK Bet-El se “Email with new uploads”
U sal nou op hoogte gehou word soos nuwe materiaal opgelaai word.
Andersins kan u inteken op gksaforum (die Forum blokkie op www.gereformeerd.org).
Soli Deo Gloria
GK Bet-el
Leave a Reply