Kelkiewyn Jaargang 6 nr.1 Roeping

Kelkiewyn – roepstem uit die dorsland

  • Die redaksie wil hiermee verskoning aanbied dat die Kelkiewyn se roepstem tot dusver stil was in 2013.
  • Skryf ander vriende elektronies in by: gkoutjo@iway.na

In die nuutste uitgawe:  ROEPING

Roeping is ʼn saak wat elkeen van ons aanspreek, want die Here roep elkeen van Sy kinders om Hom te dien met die gawes wat Hy aan elkeen van ons gegee het. Soms hoor ons duidelik, soms hoor ons nie so duidelik wat die Here wil hê ons moet doen nie.

Wat ons wel seker weet, is dat elkeen van ons as gelowiges die verantwoordelikheid het om met groot sorg ons roeping uit te leef, want elkeen van ons het ʼn roeping. In hierdie uitgawe wy ons ʼn hele aantal artikels aan dié onderwerp.

Dr. Wikus Buys raak Relevant met “Die Krag van ons Roeping”, ons word opgeroep om met Ywer te soek na ons roeping en dr. Gerard Meijer bespreek “Roeping” in Mikpunt.

Die Kuikens kan lees van Gideon se roeping, ds. Hannes bespreek “Roeping in Teëspoed” in Leef en Morné kyk na die “Beplanning en Uitvoering van my Roeping” by Verbonde.

Ds. Koos le Roux Oordenk Jesaja 6 en raak besonder Jesaja se roeping aan. Onder E-vangelie stel ons jou bekend aan ʼn webtuiste “Glo die Bybel” en ook ʼn skakel om die nuutste navorsing oor homoseksualisme te kry.

Wie is in beheer is oudergewoonte weer ingesluit en met hierdie uitgawe kyk ons na God wat die geskiedenis beheer, Ds. Slabbert le Cornu meet ʼn dvd oor Aborsie in Maatstok en Cynthia het vir ons ʼn resep vir Mieliepap Muffins Opgedis.

Ons vind meer uit oor onderwys inisiatief wat Reformatoriese onderwys bevorder in Namibië, nl. Vars Onderwys. Die deputate owerheidsake van die GKSA het onlangs getuienis gelewer teen die goedkeuring van drie pornografiese kanale op die televisie. Ons plaas die oproep ook.

Dit is ons bede dat die Kelkiewyn jou in jou geloofslewe sal toerus. Geniet elke eier hierin gelê en mag die roep van die Kelkiewyn in jou hart broeiplek kry en in jou lewe opvlieg!

Neil Prinsloo

Vorige uitgawes

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: