Die vyandige aanslag op die huisgesin
“Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet.” – Totius
Hier is twee artikels om te lees oor die groot aanslag op die gesin en die familie. Die eerste artikel wys waarom daar so groot satanistiese aanslag is op die gesin en familie, en, die tweede artikel wys wat die antwoord is op die poging om die christelike huisgesin te vernietig. Die derde artikel is ‘n aanhaling van Totius oor die gesin.
1. Why Satan hates your family
“Family is under attack. As Christians we are accustomed to hearing about divorce and pornography and gay marriage and so many other moral issues.
Have you ever considered how many of these moral issues relate directly to family?
If you look, you will see that the very notion of family—family as the Bible describes it—is under sustained and heavy attack. This means that your family is under attack.
We know that a distinctly Christian notion of family is crucial to raising children in the discipline and instruction of the Lord. But there is more at stake than raising the next generation of Christians.
Family is crucial in at least two other ways: It teaches us fundamental truths of the Christian faith and it serves as an important kind of ministry. Allow me to explain.”
Lees hier verder.
2. The happiness of the Christian family
“We have but one weapon left in our battle against gay marriage.
The happy Christian family.
We’ve lost the media, we’ve lost the polls, we’ve lost the courts, we’ve lost the major parties, we’ve lost most politicians, we’ve lost the universities and colleges, we’ve lost the military, we’ve lost the workplace, and we’ve even lost many churches.
But we’ve not lost our families. And the happy Christian family is potentially our greatest asset.”
Lees hier verder.
3. Roeping en toekoms van die huisgesin
Totuis het in 1909 (met herdenking van die herstigting van die GKSA, 1859) reeds die volgende geskryf oor die Christelike huisgesin:
Die huisgesinne is die “ogies” waaruit die kerklike stroom gevoed word. Dit het die Gereformeerdes altyd besef. Vandaar dat die huislike saamlewe by ons nog altyd hoog geskat is, ja, selfs die kerklike lewe hom vir ‘n groot deel daarin teruggetrek het.
Gereelde openbare Godsverering op Sondag het mens onder die Voortrekkers en selfs onder hulle seuns nie aangetref nie. Hoogstens vier maal per jaar het hulle vir die Nagmaalsviering saamgekom, en verder het dit gelyk of die sigbare kerk van die aarde af verdwyn het. Nee, nie verdwyn nie: dit het stil-stil voortgetier op die land in die eensame boerehuise.
Daar is die Statebybel met kanttekeninge en die Gereformeerde skrywers ernstig bestudeer, die huisgodsdiens getrou waargeneem en het vurige gebede uit die binnekamer en van die huisaltaar tot God opgeklim. Hierin het daar egter ‘n verandering ten kwade gekom. Die nougesette huisbesoek oortuig ons meer en meer dat die huisgodsdiens dikwels ydele vorm is, soms baie gebrekkig en ongereeld waargeneem word en partykeer heeltemal nagelaat word.
Daarmee gaan dan gepaard die wegkwyning van die persoonlike godsvrug. Onder sulke toestande kan die kerk nie bloei nie. Te minder omdat dit nie alleen in die volwassenes ly nie maar ook in die kinders, wat die saad van die kerk is.
Vroeër, toe die teenswoordige skoolwese onbekend was, is al die nadruk op die huislike opvoeding gelê, wat deur die vader en die moeder self ten hand geneem is, en wat die huisonderwyser, wat vir ses maande of ‘n jaar gehuur is, gedoen het, was meer van tegniese aard.
Daardie werk het God merkbaar geseën. Ons kan gerus sê dat ons beste kerkmanne nou nog diegene is wat nooit ‘n staatskool gesien het nie maar net geleef het uit dit wat van vader of moeder geleer is, aangevul deur die onderrig in lees en skryf, wat van die huisonderwyser ontvang is.
En daardie werk seën God nou nog. Ons beste katkisante kry ons uit die huise waar vader en moeder in staat is om hulle kinders ‘n Gereformeerde opvoeding te gee. Ja, selfs die aanwesigheid van ‘n nie so slegte staatskool kan in hierdie opsig die gebrek van die ouers nie aanvul nie. Die getroues word egter min.
Baie ouers gee die aan hulle deur God toevertroude taak heeltemal aan die onderwysers oor, so selfs dat hulle nie eens meer die moeite doen om te vra wat daar in die skool geleer word nie. Asof die onderwyser (soms ‘n ongelowige of halfgelowige man) die belofte vir die kinders afgelê het en vir die belofte verantwoordelik is!
Geen wonder dat ons, sedert die staatskool die septer oor ons kinders swaai, die kerk vol lidmate kry wat dikwels maar ‘n flou besef het van wat Gereformeerd is. Hierdie wantoestand moet opgehef word. Selfs al bestaan daar goeie skole, dan is die ouer nog verplig om sy kind by die huisgodsdiens te leer en te ondervra en in alle opsigte te sorg dat hy in die huis ‘n Gereformeerde opvoeding kry.
Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet.
Lees hier die volledige artikel.
Gebruik ook gerus die boekie van ds. MJ Booyens vir u huisgodsdiens, lees meer daaroor hier:
Leave a Reply