Preek: 2 Petrus 2:17-22 Morele verval – die geloofsgemeenskap in krisis

Morele verval – Die geloofsgemeenskap in krisis    

Lees: Rom. 1:18-32; 2 Pet. 2:17-22

Teks: 2 Pet. 2:20 As hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.

Tema: Die geloofsgemeenskap in krisis

Psalms: 92:1,2; 92:3,4; 9:12,13; 97:1,6,7; 2:6

Prediker: ds. Gustav Opperman (GK Matlabas)

 

Geliefdes … Medeheiliges, skoongewas in die bloed van Jesus Christus,

Hoe kom dit dat die Christendom haarself tans in dié krisis bevind?

Nie ‘n krisis van vervolging nie

(was dit maar eerder dit!)

Nie ‘n krisis van ‘n gebrek aan Bybels nie …

(Ons Westerse samelewing het al vir eeue lank nie meer ‘n probleem daarmee nie) …

Maar ‘n moreel sedelike krisis?

 

Ek verwys na die moeras waarin ons ons bevind …

‘n seksuele moeras.

Die hele Westerse samelewing het daarin vasgeval …

meegehelp deur ‘n stortvloed van reklame,

reklame wat die hoerlewe reklameer:

Tydskrifte soos die Huisgenoot,

films en televisie programme, helde- en heldinne van die popmusiek.

Ek wil nie probeer om dit alles op te noem nie …

‘n seksuele moeras.

 

En oral lê die lyke van verrotte huwelike:

Ouerlyke en kinderlyke.

Orals die bleek siele wat hulself nie meer kan verhelp nie.

Buite egtelikheid het die norm geword.

Die moerasbestaan is al wat hul ken.

 

En die Christendom self kan nie daaruit loskom nie.

Daar is hele kerkverbande wat besig is om te versink.

Die Rooms Katolieke kerk wêreldwyd steier van die een skandaal na die ander,

van priesters en kerkleiers wat hulself aan jong seuns vergryp het.

Kerke in Suid-Afrika met die Gereformeerde belydenis worstel deesdae met die vraag:

Is homoseksualiteit dan nou sonde of nie?

 

Intussen het baie kerkrade in ons eie kerkverband nou al opgegee

om uit die dryfsand van die talle, talle oortredings van die sewende gebod in elke gemeente te probeer kom.

Ouers kyk nou maar toe hoe hulle kinders in ‘n staat van hoerery verval.

Sommige probeer dit selfs goedpraat.

 

Hoekom is dit so?

Hoe het dit gekom dat ons in hierdie toestand beland het?

Hoe het dit gebeur dat Petrus se woorde vir ons …

(ons wat afstam van ‘n stoere vrome Doppervoorgeslag)

Hoe het dit gebeur dat Petrus se woorde vir ons waar geword het?

As julle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker,

Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het,

As julle jul tog weer deur hierdie dinge laat verstrik

en julle oorwin word, dan het vir julle die laaste erger geword as die eerste.

 

Die besmettinge van die wêreldword in Romeine een vir ons meesterlik beskryf;

die besmettinge van die wêreld en wat die oorsaak daarvan is.

Omdat die mensdom die waarheid onderdruk …

Omdat die mensdom nie God as die Skeppergod wil erken nie …

Omdat die mensdom eerder die mens self aanbid

en die skepping self aanbid,

daarom het God hulle oorgegee.

Hulle het die heerlikheid van die onverganklike God verander.

Hulle het dit verander in die gelykvormigheid van die beeld van ‘n verganklike mens

en van voëls en viervoetige en kruipende diere.

 

Dis die stempel van die heidendom:

Mensaanbidding; natuuraanbidding; aanbidding van Moeder Aarde.

In die praktyk manifesteer dit in heksery en towery,

ritmiese dansery aangevuur deur die tromme van die hel.

Dis mense wat hulle eie vlees laat prik en met gedrogte laat tatoeëer;

mense wat hulle vlees perforeer en dan soms be-ring ook.

 

Hoe word die toorn van God oor hierdie mensdom openbaar …

hierdie mense wat die waarheid onderdruk?

 

God gee hulle oor, so sê die apostel Paulus,

God gee hulle oor aan die gevolge van hulle sonde.

Dis asof die Here sê:

Aas julle die natuur wil aanbid …

as julle diere wil aanbid …

dan sal ek julle toelaat om minder as diere te word.

 

God het hulle oorgegee aan skandelike hartstogte,

want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is;

en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar

en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand.

 

Homoseksualiteit en Lesbianisme.

Dis die skandelike hartstogte, wat eerste genoem word.

Maar dan volg daar ook ‘n rits ander sondes,

misdrywe waarvan ons eie tyd net so sterk getuig:

Ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; nydigheid, moord, twis, bedrog,

kwaadsprekery, geweld, grootpratery, ongehoorsaamheid en so meer.

 

God gee hulle oor.

 

En hier is dit belangrik dat ons moet opmerk dat

die Skrif vir ons dus ‘n baie duidelike oorsprong vir die verskynsel van homoseksualiteit gee.

Dit kom eerstens nie vanuit ‘n gebrekkige opvoeding nie.

Die oorsprong lê nie in die menslike chromosome nie.

Dis nie ‘n toevallige oriëntasie nie.

Die oorsprong van die verskynsel van homoseksualiteit moet eerstens by die almagtige God gesoek word.

‘n God wat ‘n samelewing daaraan oorgee,

omdat daardie samelewing Hom nie as die Skepper wil erken nie.

 

Paulus skryf sy brief aan die Romeine in die eerste eeu.

Hy beskryf die Grieks-Romeinse samelewing van sy tyd.

Dis die heidendom tot in die wortel verrot,

verrot deur gesinsverbrokkeling en opstandige kinders,

verslaaf aan die sensasie en skouspele in die publieke arenas,

deurtrek met pornografie en hoerery,

homoseksualiteit en lesbianisme.

 

Hierdie mense wandel in die verdwaasheid van hulle gemoed,

so skryf Paulus aan die Efesiërs (4:17 ev.).

Hulle is verduister in die verstand.

Hulle is vervreemd van die lewe van God.

Hulle het hulself oorgegee aan die ongebondenheid.

 

Hulle is die Duiwel se slawe.

 

Die Christelike geloof het as redding tot hierdie vervalle wêreld gekom,

vandag nog.

Die Christene het begin skyn soos ligte in die wêreld,

skyn soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag (Fil. 2:15).

Dit was deel van die ongelooflike sukses van die vroeë Christendom:

Hulle het die samelewing ‘n alternatief gebied …

‘n Sedelike alternatief gebied.

 

En dan weer skryf Paulus aan Titus:

Die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

en dit leer ons om die wêreldse begeerlikhede te verloën,

Dit leer ons om ingetoë en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe (Tit. 2:11).

 

Die gelowiges se gedrag is ‘n versiering vir dit wat ons aan die wêreld leer,

so gaan die apostel verder.

 

Hou julle lewenswandel onder die heidene skoon,

so skryf Petrus weer in sy eerste brief.

Die rede is eenvoudig.

Die heidendom moet die alternatief kan sien..

Hulle moet kan sien dat die Christusvervulde lewe die antwoord op hulle nood is.

 

Petrus se tweede brief getuig egter van ietwat ander omstandighede.

U sien die Duiwel, die Satan, het terselfdertyd sy eie teenoffensief geloods.

Op sy beurt het hy weer valse profete onder die volk ingestuur.

In vandag se terme kan ons hulle as valse teoloë beskryf.

Valse leraars wat verderflike ketterye heimlik by die geloofsgemeenskap invoer.

 

Gedagtes in stryd met die Skrif word heimlik, so suutjies suutjies ingevoer.

Die uiteinde daarvan is verderflik.

Dit verrot ook.

En so word die geloofsgemeenskap terug verlok,

terug verlok en verlei;

terug na die begeerlikhede van die vlees;

terug na die ongebondenheid.

 

Hulle belowe vryheid aan die geloofsgemeenskap.

Hulle sê:

Ons gelowiges hoef mos nie so eng te wees nie.

Ons hoef nie meer in ’n sesdaagse skepping te glo nie.

Ons hoef ook nie meer die Sondagsabbat te onderhou nie.

Ons hoef nie meer so vroom en preuts aan te trek soos ons voorouers nie.

Tye het verander.

Ons dogters wil mos ook graag sexy lyk.

Hoe gaan hulle anders ‘n man kry?

 

Ons kan maar skei

as ons dink dat ons nie meer bymekaar pas nie.

Ons kan ook maar saambly

as ons dink dat ons wel bymekaar pas.

Hulle belowe vryheid aan die geloofsgemeenskap.

Ook vryheid van alle diskriminasie.

Ons sal nie teen iemand diskrimineer

as daardie persoon sy seksuele drange wil uitleef soos hy of sy wil nie.

Elke diertjie het sy plesiertjie.

Ons sal nie teen iemand diskrimineer

as hy of sy tot sy eie geslag aangetrokke is nie.

 

Hulle belowe vryheid aan die geloofsgemeenskap,

maar dis ‘n vryheid wat (soos ons Skrifgedeelte sê)

uiteindelik lei tot ‘n slawerny.

Die mense wat hulle volg word slawe van die verdorwenheid..

 

Uiteindelik werk hierdie leraars ook met ‘n ander Godsbegrip.

Hierdie valse teoloë hou miskien ‘n Christus aan die mense voor,

maar dis ‘n Christus sonder sy Wet.

Hulle het hulself afgekeer van die heilige gebod

wat aan hulle oorgelewer is.

Hulle hou miskien Jesus Christus as Verlosser voor,

maar hulle verswyg dat Hy ook Koning is;

dat Hy ook Koning van ons lewens is

en dat Hy ‘n radikale verandering van ons vra.

 

Die beeld van God wat hulle voorhou is ‘n valse beeld.

Hierdie brief, hierdie tweede brief van Petrus,

is onder heeltemal ander omstandighede geskryf as Paulus se brief aan die Romeine.

Hierdie brief beskryf nie die heidendom se toestand nie.

Hierdie brief beskryf ‘n verrotting wat ingetree het binne-in ‘n geloofsgemeenskap,

‘n geloofsgemeenskap wat reeds kennis gemaak het

met die Here en Saligmaker, Jesus Christus

Hulle het reeds die besmettinge van die wêreld ontvlug,

maar nou keer hulle weer terug daarna …

soos die hond wat omdraai na sy eie uitbraaksel toe.

 

Wat gebeur met so ‘n gemeenskap …

‘n gemeenskap wat weer deur die heidendom teruggesuig word?

 

Die laaste sal erger wees as die eerste.

So sê ons teksvers.

 

God sal sy vriendelike aangesig van hulle wegdraai,

soos Hy dwarsdeur die Skrif

van Genesis af sy vriendelike aangesig van die verbondsverbrekers weggedraai het.

God sal hulle ook oorgee soos daar in Romeine een beskryf word hoe Hy die heidendom oorgee het.

Die geloofsgemeenskap sal oorgegee word aan homoseksualiteit en lesbianisme.

Homoseksualiteit en lesbianisme word self die vervloeking in die geloofsgemeenskap …

Daar sal bykans nie meer ‘n familie wees

wat nie daardeur getref word nie … deur die bank.

(byvoeging deur slc: sien hierdie artikel wat wys op hoe ons geslag daagliks ‘opgevoed’ word deur die immoraliteit – Watching soaps corrupts the mind

 

En nou verstaan u die krisis wat die Gereformeerde kerke in die land in die gesig staar.

Die Gereformeerde kerke in die land sal uiteindelik ‘n aanpassing moet maak, so word geredeneer.

Die Gereformeerde kerke sal uiteindelik moet aanpas.

Hoekom?

Dis nie net die tydsgees nie.

Dis nie net die akte van menseregte wat die damwal sal laat breek nie.

Dis ook die onstellende feit dat soveel van hierdie kerke se eie lidmate,

soveel van hierdie kerke se eie families,

soveel van hulle predikante …

reeds deur hierdie vloek getref is.

Om daardie lidmate te behou,

sal daar ‘n aanpassing gemaak moet word.

‘n Samelewing wat God nie wil erken nie!

‘n Samelewing wat Jesus Christus nie wil erken nie,

sal die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

 

Nie net die ewige oordeel nie.

Nee, God se oordeel word ook nou reeds aan die wêreld geopenbaar.

Ons het dit in Romeine een gelees.

God gee daardie samelewings oor aan die gevolge van hulle sonde.

 

Vandag tel die homoseksueles in die Westerse wêreld in hulle miljoene der miljoene.

Hulle vorm drukgroepe in Europa en Amerika en Kanada wat dikwels sterk genoeg is om regerings tot ‘n val te bring.

Daardie samelewings kan onmoontlik op die lang duur staande bly.

Net soos die Grieks-Romeinse samelewing in Paulus se tyd uiteindelik opgevrot het,

so is hulle besig om op te vrot.

Wat sê die apostel Paulus?

Hulle die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

 

Vandag loop die Suid-Afrikaners self onder ‘n plaag van homoseksualiteit deur.

Die homoseksueles en die lesbiërs het hulle eie tydgleuf op die publieke uitsaaier.

Daar mag op geen wyse teen hulle gediskrimineer word nie.

Hulle kan trou en kinders aanneem soos enige ander huwelikspaar.

Hulle sogenaamde “oriëntasie” word selfs as ‘n lewenskeuse in die skoolleerplanne voorgehou!

 

Hierdie samelewing sal uiteindelik ook die noodwendige vergelding van sy dwaling ontvang.

 

‘n Geloofsgemeenskap wat agter valse teoloë aanloop,

wat die verderflikhede van hierdie teoloë navolg,

sal noodwendig ook die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

 

‘n Geloofsgemeenskap wat nie meer bereid is

om sy profetiese taak teenoor hierdie sondegevalle wêreld te vervul nie,

‘n geloofgemeenskap wat nie meer bereid is

om ‘n alternatief teenoor hierdie krom en verdraaide geslag te stel nie,

sal uiteindelik ook die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

Hulle sal self krom en verdraaid en skeef daar begin uitsien.

 

Broeders en Susters,

ons glo aan die volharding van die heiliges.

Ons glo dat die Here Jesus nie een van die skape wat sy stem ken en Hom navolg,

dat Hy nie een van daardie skape verlore sal laat gaan nie.

Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos

(so het ons in ons Skrifgedeelte gelees) …

maar dat die wysers van die uurwerk vir die geloofgemeenskap in hierdie land baie naby aan twaalfuur staan,

daaroor moet ons ook nie twyfel nie.

 

Ons is skoongewas in die bloed van Jesus Christus,

Ons is geheilig in die kosbare bloed van ons Here.

Laat ons dan soos geheiligdes leef.

Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: