‘n Passievolle oproep tot kerklike eenheid midde al die verdeeldheid

N PASSIEVOLLE OPROEP TOT KERKLIKE EENHEID

MIDDE AL DIE VERDEELDHEID 

“A tide has to be turned because a generation of people out there are being invited to live a life of disbelief – if not unbelief. And there is no justification for that.”

“This Church of ours has to stop its navel-gazing, get out from under subjects that no-one is actually talking about and get out there and capitalise on the fact that people still want purpose and faith in their lives. They just need it to be accessible, relevant, generous, forgiving.”

“A quarter of our charges do not have an inducted minister and we only have two ministers under the age of 30: when I was inducted, there were seven of us in my presbytery. Four times the number of ministers will retire in the next six years than we are likely to recruit in the same time-frame.”

(There are) … “worrying facts” about the number of people entering the ministry, which it “cannot turn a blind eye to”.

“It (is) … time now for us all to pull together”

“Ask those who want to leave to let you know when they have settled in the perfect church and we will all come round and inspect its credentials. Meantime, we have to get on with being as good as we can be, even if it’s not perfect.”

(The Church must be) “a relevant force for helping to unify the people of (of our nation), helping to heal hurts …. 

Al hierdie hartroerende oproepe oor die nood in die kerk en samelewing klink soos die oproepe wat gelowiges in ons land ook moet aanhoor al vir dekades.

Wees egter versigtig om te gou weggesleep te word deur hierdie woorde, of te gou ‘hoor hoor’ te wil uitroep.

Gaan lees gerus wie hierdie oproep tot ‘eenheid’ gemaak het en veral die rede waarom hy dit maak: Call For Unity

Die stem van die valse profete word al harder: hou op om leersuiwerheid te beklemtoon (‘navel-gazing’), ons moet nou net fokus op sending, evangelisasie, om die ‘kerke weer vol te kry’ en om die samelewing op te hef volgens die menseregte bedeling …. 

Ons hoor dit reeds in Jeremia se tyd ook:

 13 Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog. 14 En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! —terwyl daar geen vrede is nie. 15 Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê die HERE. – Jer.6:13-15

Neem deeglik van hierdie soort van oproepe kennis, gereformeerdes …. met die volgende sinode wat oppad is.

Mag die Here ons genadig wees en sy ware kerke verlos uit al haar benoudhede (Ps.25:22), sodat ons in beide leer en lewe, denke en dade, leersuiwerheid en sending/evangelisasie/dienswerk aan ons naaste, getrou aan die Here sal bly, en ons naaste sal dien volgens sy Woord en Gees.

Vir al ons planne en strategieë geld tog:

As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou. – Ps.127:1

In antwoord op hierdie soort oproepe van valse eenheid (wat nie op Waarheid gebaseer is nie en nie op die ware Evangelie vir sondaarmense nie, Joh.17:17, 1 Kor.6:9-11), lees die volgende Skrifgedeeltes opnuut biddend en verootmoedigend vir die tye waarin ons lewe, asook die 2 artikels wat ek daaroor geplaas het op my blog:

20 Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter. – Jes.5:20

34 Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard. 35 Want Ek het gekom om tweedrag te verwek tussen ‘n man en sy vader, en tussen ‘n dogter en haar moeder, en ‘n skoondogter en haar skoonmoeder. 36 En ‘n mens se huisgenote sal sy vyande wees. 37 Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie. 38 En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. 39 Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind. – Matt.10:34-39

19 Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word. – 1 Kor.11:19

1 Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk: 2 verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. 5 Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening. – 2 Tim.4:1-5

Die antwoord op hierdie oproep tot valse eenheid: 

Vernietig ‘n kerk in vier eenvoudige stappe

Hoe om jou gemeente te beskerm in een eenvoudige stap 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: