Waarom vier die Kerk van die Nuwe Testament
die Sabbat op die eerste dag van die week?
deur ouderling Freek Kruger
(GK Bet-el)
–
Antwoord:
Omdat die Skrifte vervul is in ons Here Jesus Christus (a)
– deur Sy opstanding uit die dood op die eerste dag (b)
– waarmee Hy ons in Sy ewige rus ingelei het (c).
Die Sabbatsrus van die Ou Verbond is volkome in ons HERE Jesus Christus se opstanding vervul deur die Dag van die HERE (d),
– Sy verlossing (e),
– Sy offer (f),
– Sy herskepping (g), en
– Sy Nuwe Verbond waarvan die Ou Testamentiese Sabbat en seremoniële feesdae ‘n skaduwee en teken was (h).
Die Here Jesus Christus wat die HERE van die Sabbat is (i)
– het sy Apostels deur sy Woord en Gees geïnspireer (j)
– om op die eerste dag, deur hulle voorbeeld,(k)
– die Kerk van die Nuwe Testament in te lei in die Woordverkondiging (l),
– bediening van die Nagmaal, (m)
– die doop (n), en
– insameling van die liefdesgawes (o).
–
Sien die volledige artikel met Skrifbegronding hier:
REDES WAAROM DIE KERK VAN DIE NUWE TESTAMENT
OP DIE EERSTE DAG IN EREDIENS SAAMKOM
–
Verdere artikels oor die onderwerp: Sabbat – Sondag
Leave a Reply