ELANDSFONTEIN GELOFTEFEES
DIE GELOFTE VAN 1838
Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde
om ‘n gelofte aan Hom te doen,
as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,
ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag
soos ‘n Sabbat sal deurbring,
en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,
en dat ons ook aan ons kinders sal sê
dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis
ook vir die opkomende geslagte.
Want die eer van Sy Naam sal verheerlik word
deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom sal gee.
PROGRAM
10:00: OPENING & VERWELKOMING – Ds. Slabbert Le Cornu
Sing Ps 68:1 & 9
Vlagplanting deur die jong boereruiters.
10:15: Bekendstelling van die Predikant – Ds. Faan Smit
10:20 GELOFTEDIENS – Teks Klaagl. 5:21 (“Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.”)
LEES VAN GELOFTE (na die diens)
11:15: Boeretroos en Tee
11:45: Samesang onder leiding van Karel Marais
Sangsolo: O Ryperd – Karel Marais.
Samesang: Aanstap Rooies – Boere-Ruitervertoning wat sy beeste (“rooies”) aanjaag.
Die sweep het geklap en die wawiele draai
12:15: Bekendstelling van spreker Mnr. MA Buys deur Mnr JC Buys
12:20: SPREKER – Geskiedenisvertelling
13:00 Gedig-voordrag deur jong Voortrekkerdogters
13:15 Sangsolo: Lodewyk Marais met ‘n perde- ruitervertoning en boere nooiens
13:45 Gedigvoorlesing: Karel Marais
13:50 Afsluiting: Die Stem van Suid-Afrika
13:55 Bedankings: Ds S. Le Cornu
14:00 Tafelgebed: Ds JC Buys – Vure Brand
(Daar sal tydens die bedankings ‘n kollekte gehou word om die kostes van ons geloftefees te help dek. Baie dankie.)
VOORSITTER: Ds Slabbert Le Cornu
GELOFTEDIENS: Ds Faan Smit
SPREKER: Mnr M.A. Buys
TAFELGEBED: Ds J.C. Buys
DIE STEM VAN SUID-AFRIKA (sing vers 1 & 4)
1. Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe – ons vir jou, Suid-Afrika.
4. Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou
Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.
Leave a Reply