Boekbekendstelling: Wat is geestelike oorlogvoering ?

Stanley D. Gale - Wat is geestelike oorlogvoering? (eBoek) (Hoekstene van geloof)

Is dit om nou links en regs demone en duiwels te wil uitdryf?

Is dit om nou die duiwel alleen die skuld te gee vir my al my sonde en ongehoorsaamheid?

Is dit nou om allerlei bindinge te sien in ‘vrymesselaars tekens en simbole’ en deur mistiese herhaling van gebede en mantras daarvan bevry te word ?

Dit lyk my mense is geneig om van een uiterste na ‘n ander te wil beweeg.

Aan die eenkant is daar die ateisme en liberale teologie wat die bestaan van Satan ontken en sy bose werke glad nie in ag neem in ons wêreld nie, en ongelukkig weer aan die anderkant hulle wat heeltemal te veel mag en krag aan die Satan toeskryf.

In laasgenoemde is dit selfs partykeer Christene wat met groot ontsag en bange vrees praat oor die Satan se werke orals, dat mens begin wonder of daar groter vrees is vir die Satan as vir die Here HERE ?

Ware gelowiges erken en is heeltemal bewus van die Satan se bestaan en sy bose werke, neem dit deeglik in ag, maar alles binne die raamwerk van die HERE wat alleen almagtig is en alles regeer en beskik, asook die finale volkome oorwinning van Christus oor die Bose.

Daarom die belangrike woorde waaraan alle ware gelowiges vashou:

“En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.” – Jesus Christus (Matt.10:28)

“… en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld. Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.” – 1 Joh.4:3,4

Om die geestelike oorlog en stryd waarin gelowiges verkeer reg te verstaan en aan te pak, wil ek die volgende boekie by u aanbeveel:

Wat is geestelike oorlogvoering ?

Die boekie is oorspronklik in Engels geskyf deur dr. Stanley D. Gale, predikant van die Reformed Presbyterian Church in West Chester, Pennsilvanië, en is deel van die Basics of Faith reeks, wat geskryf word:

– “(to) introduce readers to basic Reformed doctrine and practice. On issues of church government and practice they reflect that framework—otherwise they are suitable for all church situations.”

– “The need for Christians to read and learn theology remains, and in a culture that is intimidated by books – especially big ones! – it is wise, strategic thinking on the part of P&R Publishing to launch its Basics of the Faith series. Each book addresses a big, important theological question and crunches the answer into a brief 30 to 45 small-size pages. Profound as the issues may be, the reading is popular level and readily accessible to the average reader.”

Die boekies is vertaal deur CUM in Afrikaans onder die reekstitel,”Hoekstene van die Geloof“, en is ook in eboek vorm beskikbaar.  Goeie leesmateriaal in Afrikaans beskikbaar. Dit is net jammer dat die vertalers gekies het vir die onbetroubare NAV (1983-vertaling), en nie die betroubare OAV (1933/53-vertaling) in die reeks nie.

Die opsomming van die boekie op sy agterblad is as volg:

“‘n Bybelse wêreldbeskouing moet ag slaan op die dimensie van geestelike konflik wat in die Ou Testament belig word en deur elke skrywer van die Nuwe Testament beklemtoon word. Deur sy hele Woord laat God ons kennis maak met ons geestelike vyand en rus Hy ons toe om hom te beveg in ons Christelike groei en diens aan die Koninkryk.

In hierdie boekie gee Gale geestelike en praktiese riglyne om daagliks vas te staan teen Satan en sy planne. Deur op die verlossingswerk van Christus te fokus, ontbloot hy Satan se taktiek en gee hy vir ons ‘n oorlogsplan om vas te staan in Christus en in Hom te bly.

Dit is ideaal vir evangelisasie-doeleindes en vorm deel van die Hoekstene van die Geloof-reeks.”

In die boekie kry ons die volgende onderwerpe:

– Sien die onsienlike

– Geestelike oorlogverklaring

– Ons vyand, die duiwel

– Die Goddelike Kryger

– Oorlogsplan

– Voorwaarts, Christenstryders

– Geestelike wapens

– Beveg die vyand

– Bykomende leesstof

Die onderwerp van geestelike oorlogvoering kry vandag meestal aandag uit die charismatiese groepe. Daarom is hierdie werkie ‘n goeie toevoeging tot die onderwerp en is geskryf vanuit ‘n deeglike gereformeerde geloofsoogpunt.

Die skrywer het ook die volgende boek gepubliseer oor die onderwerp, vir die wat nog meer detail inligting oor geestelike oorlogvoering wil lees:

Warfare Witness: Contending with Spiritual Opposition in Everyday Evangelism

“Spiritual warfare is a popular topic, with no shortage of books addressing the subject. However, rather than this important issue being developed from a biblically-founded view, it is often drawn from extra-biblical ideas, with God’s Word brought to the service of human notions. In ‘Warfare Witness’ Stanley Gale sets out to rectify this trend.
Spiritual warfare forms the backdrop against which we understand life, the work of Christ and our work of ministry in the world in which we live. God has not left us without instruction on the subject of the spiritual opposition we face and how we are to wage spiritual warfare. In fact, the Bible is full of the counsel of God to equip us for the task. ‘Warfare Witness’ fixes our attention firmly upon God’s word, enabling us to understand the opposition believers face in reaching others for Christ.

Jesus has won the war as only He could, but there remains a battle taking place, one that involves us. In our spiritual growth we face a foe and it is of great importance that we know what this foe looks like, and how to deal with it. The Lord has not left us to fight this battle alone, and when we look to his word we will find it an immense source of strength, guidance and preparation for the fight.”

Hier is ‘n resensie: Warfare Witness

Vir meer oor dr. Gale en sy bediening, sien hier:

Reformed Presbyterian Church

– CHOP Ministry

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: