Adriaan (Josef) Le Cornu gebore, 8 Junie 2015

20150608_080719
Doret, Hannelie, Christien, Hilke, Mia, Dorothea, Adriaan, Slabbert, Berto, Joanette

Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! – Psalm 126:3

Ons dank aan ons hemelse Vader, wat in sy genade ons nog ‘n verbondskindjie geskenk het.

Adriaan Josef Le Cornu is gebore op 8 Junie 2015 om 06h30, en weeg in teen ‘n allemintige 4000g !

Elkeen van ons vorige 7 kinders se geboorte was spesiaal, so ook nou die geboorte van Adriaan, besonder spesiaal.

Hoekom ?

Weens onvoorsiene omstandighede kon ons goeie vroedvrou nie betyds hier wees nie, en toe moes pa en dogter instaan as ‘vroedvrouens’ … met my baard en al !

20150608_064717
Adriaan pas na die geboorte
'n Paar uur later .....
‘n Paar uur later …..

Pa en dogter, nee, eintlik dogter en pa het Adriaan gevang, want Joanette het die wonder van die geboorte met haar oë en hande eerstehands beleef. Wat ‘n genade van die Here, dankie aan Joanette, en ook baie dankie vir my wonderlike vrou, Dorothea, wat so sterk was deur dit alles en ons begelei het wat om te doen.

Ons gesin kan waarlik getuig van Ps.126:3, die Here is vir ons goed, ons is bly !

20150608_071519
‘Die Vroedman’ is baie trots !

5 thoughts on “Adriaan (Josef) Le Cornu gebore, 8 Junie 2015

Add yours

  1. Ja ek sit ook hier in trane – baie baie geluk, die mannetjie is ‘n knewel en dit is super spesiaal.

    Julle gesin is waarlik geseëndes van die Here. Psa 128:3 : ” Jou vrou is soos ‘n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. “

  2. Felisitasies aan die hele gesin en Gods rykste see”n. Josef du Toit, Brussel

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: