Preek: Jakobus 5:1-6 Die wederkoms van die Here – ‘n tydige waarskuwing

DIE WEDERKOMS VAN DIE HERE

– ‘N TYDIGE WAARSKUWING –

Skriflesing: 1 Tim.6:6-21 en Jak.4:13-5:11

Preekteks: Jakobus 5:1-6

Hierdie preek (asook die voriges in die Jakobus-reeks) kan hier geluister word:

Jakobus 5:1-6 (2015-08-16)

Preeknotas:

Geliefdes in Christus,

Jakobus skryf van die ‘laaste dae’ in vers 3 van ons teks.

Hy en sy aanhoorders, asook ons leef as gemeentes van Christus  in die laaste dae, want die laaste dae is die hele tydperk tussen Christus se eerste koms tot sy 2de koms, oftewel sy wederkoms.

Hier ‘laaste dae’ word deur Paulus in 2 Tim.3 as volg beskryf,

en hoor maar hoe bekend klink dit,

asof dit die koerante en media van ons dag is:

 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.  2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,  3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,  4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;  5 mense wat ‘n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. – 2 Tim.3

Nou is die vraag, hoe moet ons dan in sulke tye lewe ?

Die antwoord is wat ons besig is om te leer uit die hele boek Jakobus,

en natuurlik die res van die Skrif, ons wat in die verstrooiing lewe (1:1,2)

Dit is niks nuuts nie, die diensknegte van die Here leef van altyd in sulke vervalle tye, vanaf Jakobus se dae, so ook vandag.

Natuurlik is dit glad nie aangenaam nie, maar dit is ook nie iets vreemd nie,

want dit leef nie net om ons nie … maar ook in ons harte,

dit wat Jakobus ons heeltyd leer (3:14; 4:8; 5:5, 8) !

En daarom wil ons leer hoe ons moet dink en lewe in die ‘laaste dae’ uit ons teks vandag, Jak.5:1-11

Ons moet lewe in die lig van die wederkoms van die Here,

want daarin is daar beide ‘n tydige waarskuwing,

maar ook ‘n geduldige troos.

Ons gaan op twee sake let,

  1. die tydige waarskuwing van die wederkoms van die Here, v.1-6 (vandag)
  2. die geduldige troos van die wederkoms van die Here, v.7-11 (volgende keer)

Vandag: Die tydige waarskuwing van die wederkoms van die Here, v.1-6

In verse 1-6 spreek Jakobus die rykes baie sterk aan,

oor die ellendes wat oor hulle gaan kom.

Daardie ellende is spesifiek dat as die Here van die leërskare kom, v.4

hulle ge-oordeel gaan word oor al hul sondes van onreg wat

hul hier op aarde gedoen het,

oor hul ‘praktiese ateisme’ waarvolgens  hul gelewe het,

oor hul lewenswyse van om alles in hul welluste deur te bring, 4:3

Ja, die groot ‘slagdag’ waarna vers 5 verwys is oppad.

 

Nou moet ons dadelik vra, wie is hierdie ‘rykes’ waarna Jakobus verwys:

is dit alle rykmense of iemand spesifiek ?

Laat ons weereens weer begin deur te sê wat dit nie beteken nie:

– rykdom is sonde nie, geld is nie self sonde nie (soos ons reeds vorige keer

vermeld het by 4:13-17), maar, soos 1 Tim.6:10 dit stel ‘want geldGIERIGHEID is ‘n wortel van alle euwels ….’

Die vraag vir ons is daarom:

HOE dit bekom word, HOE dit gebruik word, en of ek my vertroue daarop – of enige mens of ding – stel om my te red of gelukkig te maak.

– om ryk te wees beteken eenvoudig om oorvloed van besittings te hê.

Wat die rykes van ons teks spesifiek dan behels:

Daar is 2 sienings, een groep verklaardes meen hierdie rykes kan nie

gelowiges wees nie, dit is heidene, want:

– kyk die verskriklike dinge wat hul doen,

– en meen hulle, in vers 1-6 word hul glad nie as ‘broeders’ aangespreek nie,

ons lees eers weer in vers 7 van ‘broeders’

– En, ons vind net oordeel hier, geen genade of bekeringsoproep nie.

Die ander siening, meen dit is juis gelowiges wat hier aangespreek word,

of ten minste mense wat ‘sê dat hulle die geloof het maar hul werke bevestig dit nie, die lidmate wat Jakobus aangespreek het in 2:14-26.

Die redes vir hierdie oortuiging, is:

– die ‘kom nou, julle wat sê’ van vers 13 word hier in vers 1 weer herhaal,

met die klem op ‘julle’, nie ‘hulle daarbuite nie’ (die heidene nie)

– die woorde in vers 1, die oproep om te ‘ween en te huil’, stem ooreen

met die oproep van 4: 9 (lees), so daar is ook die oproep tot bekering.

– verder, lyk dit asof Jak.5:1-6 juis wil aansluit by die tema van vers 13-17,

besigheidsmense van wat ryk is,

maar die Here nie altyd ken in alles wat hul doen nie,

wat nie leef in die woorde van vers 15 nie, ‘as die Here wil, en ons lewe …’ nie.

Hoe dit ook al sy, of dit nou ryk kerklike besigheidsmense was of heidene,

die waarskuwende woorde van ons teks spreek tot almal, ook ons.

 

Nou, waaraan was hierdie rykes skuldig, dat ellendes op hul wag ?

Jakobus wys op 4 sake:

  1. Die sonde van vraatsug of hebsug, dat hul aanhou ophoop en vergader,

dat daar geen versadiging is nie, net nog en nog en nog …

Dat hul soveel oorvloed het dat dit later vermors word en daar nie

goeie rekenskap daaroor is nie, v.2,3

Dink maar aan hoe ons almal geneig is om dit te doen, of dit nou ‘n kleiner of groter maat is, kaste vol klere, of motorhuise vol goedere wat eintlik nooit gebruik word nie.

Ja, dit verval later in onbruik, klere deur motte verniel, goud en silwer wat verroes.

En die rykes het aanhou skatte op aarde vergader in die laaste dae,

dit wys daarop dat die rykes net vir hier en nou gelewe het,

my welluste wat bevredig moet word want die doel van die ophoping is om net hier op aarde  goed en versorg te lewe, ” vir my hier ‘n toekoms te skep”

daar is geen ewigheidperspektief nie, daarom gaan dit alles oor hier en nou.

Onthou die woord daar in hfst.4 ‘hedon’ = we’lustige plesiere van die sondige selfsug (4:1-4).

Jesus Christus waarsku ook daarteen in die gelykenis van die ryk dwaas,

Luk.12:16-21, 16 Toe vertel Hy hulle hierdie gelykenis: ‘n Ryk man se grond het goed gedra.  17 En hy het by homself geredeneer en gesê: Wat sal ek doen, want ek het geen plek waar ek my oes kan insamel nie?  18 Toe sê hy: Dit sal ek doen: ek sal my skure afbreek en groter bou, en ek sal daar al my opbrengste en my goed insamel.  19 En ek sal vir my siel sê: Siel, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare; neem rus, eet, drink, wees vrolik.  20 Maar God het aan hom gesê: Jou dwaas, in hierdie nag sal hulle jou siel van jou afeis; en wat jy gereedgemaak het, wie s’n sal dit wees?  21 So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is in God nie.

 Die tweede aanklag waarvoor die rykes ellende oor hulself bring:

 

2. Die bedrog en onreg wat gepleeg is teenoor hul arbeiders/werkers, v.4

Rykes wat meer as genoeg reeds het, v.2 en 3,

en tog nog steeds hul werkers nie genoegsaam en billik vergoed nie,

soos die Skrif duidelik leer in bv. Lev.19:13, Luk.10:7; 1 Tim.5:18; Kol.4:1, ens.

Lev.19:13   Jy mag jou naaste nie verdruk of beroof nie. Die dagloner se loon mag by jou nie tot die môre toe bly nie.

1 Timothy 5:18  18 Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.

Die derde aanklag:

3. Losbandige weelderige lewe, wat deurgebring word in brassery en dronkenskap, soos Rom.13:13 dit ook beskryf.

Die god hedon word gedien en nagejaag, liefhebbers van genot, nie God nie, soos ons daar gelees het in 2 Tim.3

Ook dit wat in Jak.4:1-5 beskryf is, asook 4:13 ev.

In die woorde wat ons op ‘n paar plekke lees in die Skrif, ‘n lewenswyse

van kom ons eet, drink, wees vrolik, want môre sterf ons, 1 Kor.15:32

Die sondige harte, die welluste word vet gevoer, v.4.

Die vierde aanklag:

 

4. Die vermoording van die regverdige deur die rykes, v.6

Dit verwys daarop dat die rykes omdat hul nie hul gelowige

arbeiders regverdig behandel nie, hul eintlik dan vermoor, te nakom.

Sommige verklaarders meen selfs letterlik, maar ander, in die konteks

van 4:2, simbolies van aard.

Dit kan ook verwys dat hulle as rykes in hofsake juis arme gelowiges

misbruik en die reg verdraai deur omkoopgeskenke vir hul eie welluste en agendas (v.4).

Dit wat ons gesing het daar in Ps.94, die trotsaards wat die gelowiges vervolg.

En, die regverdige kan niks daaraan doen nie,

hy kan hom uit ‘n magsposisie of geldelike regsposisie versit teen die rykes nie.

Die gelowiges is oorgelewer aan die mag(misbruik) van die rykes van hierdie wêreld.

Die regverdiges wys dan na gelowiges, maar ook hul wat onskuldig voor die reg is bv arbeiders wat hul loon werd is. v.4.

 

En nou kom Jakobus, na hy die rykes se onreg uiteengesit het, en hy waarsku hierdie rykes,

dat al die onreg wat plaasvind, nie by die Here verby gaan nie,

die geroep van die maaiers, van hulle wat mishandel en misbruik word,

alle onreg gaan nie ongesiens by die Here verby nie, v.4b.

Soos die Here sy volk se geroep gehoor het in Egipteland in slawerny,

en Farao geoordeel het,

so hoor Hy alle onreg aan wat orals elke dag plaasvind,

veral oor sy kinders, sy regverdiges, sy kerk deur alle eeue.

Dit is ‘n troos waarin ons moet vashou geliefdes,

op alle terreine van die lewe, ook binne of buite die kerklike lewe,

ook in die tye waarin ons lewe,

of dit in die vorige bedeling was,

of vandag, in die huidige bedeling met al sy misdaad,

korrupsie, magsmisbruik, ens.

die Here van die leerskare hoor en sien alles, en teken dit aan.

Geen onreg sal by hom verbygaan nie, nooit nie !

2 Kor.5:10, 2 10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.

 

Die Naam van die Here – Here van die leërskare (v.4b), wil hier spesifiek sy mag en majesteit, sy krag en almal beklemtoon: Here Sabaot !

Leerskare wys op die magtige engele leer, dat Jahwe sy volk, sy kinders se

saak behartig, dat Hy hul lei in die oorlog en stryd en die oorwinning !

Die kinders van die Here het ‘n beskermer en ontfermer oor ons saak (v.11)!

Ons gaan volgende keer meer in detail sien hoe die gelowige die onreg van verse 1-6 moet hanteer, maar vandag dan hierdie spesifieke troos en waarskuwing:

Die Here sien alle onreg, Hy sal optree, deur die geskiedenis, maar veral as Hy weer kom,om lewende en dooies te oordeel.

Hy sal alle onreg vergeld !

Die beeld van vers 5b bevestig dit,

dit is soos ‘n skaap of vark vet gevoer word vir die slagting, die slagdag … onwetend … gaan maar net aan … maar die werklikheid van die slagdag kom nader en gaan plaasvind …

… En so gaan dit met die goddelose rykes en magtiges, wat hul nie in sak en as bekeer nie (4:8; 5:1),

 

wat dink hul kan maar aangaan met die vriendskap met die goddelose losbandige wêreld, wat dink hul kan maar aangaan met die vyandskap teen God, dat hul gaan wegkom met al hul onreg,

daar gaan niks gebeur nie … eet, drink, wees vrolik want môre sterf ons,

en dan is alles mos verby, daar is geen oordeel of gevolge vir my lewe nie !

Ja, hulle word sterk gewaarsku dat die groot werklikheid is die komende regverdige oordeel van die Here van die leërskare,

hul word eintlik vetgevoer vir die komende oordeel,

Laat dit ‘n waarskuwing wees vir hulle en vir ons !

Onthou ook ons Here Jesus se tydige en tydlose waarskuwing (verduidelik die beeld … soos in Noag se dae … eet, gedrink, getrou … partie tot in die hel …)

Matt.24:37-39   37 En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.  38 Want net soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het, getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark gegaan het,  39 en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Toepassing:

Wat leer hierdie waarskuwing teenoor die rykes ons dan vandag ?

Onthou, ‘ryk wees’ is relatief, 1 Tim.6:8 meen as ons kos en klere het, moet ons tevrede wees, die res is rykdom !  So ons is almal eintlik ryk, en daarom spreek hierdie Woord ook tot ons !

i. Ons moet ons besittings as goeie rentmeesters gebruik, eie gesinne versorg, maar ook medegelowiges, gemeente en die armes (v.2,3)

ii. Ons moet ons werkers almal billik en regverdig betaal en behandel (v.4)

iii. Ons moet as kinders van die Here, pelgrims oppad nugter en godsvresende lewens lei, nie losbandig raak as ons oorvloed ontvang nie (v.5). Ons mag geniet van die Here se seëninge en gawes, maar altyd binne die konteks van sy Woord, sien spesifiek,

  • as die Here wil, en ons lewe, 4:15
  • Hy is die wetgewer en regter wat ons optrede bepaal, 4:12
  • Soek allereers die Koninkryk van God (in Christus), en sy geregtigheid, en al die ander dinge sal vir ons bygevoeg word, Matt.6:33

Paulus vat dit goed saam, 1 Tim.6:17-19, wat bevestig dat ons ryk mag wees, maar bo alles ryk in goeie werke (HK v/a 91) tot eer van God, die oog gevestig op die wederkoms en die ewige lewe:

Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;  18 dat hulle goed moet doen en ryk wees in goeie werke, vrygewig, mededeelsaam,  19 en vir hulle ‘n skat weglê, ‘n goeie fondament vir die toekoms, sodat hulle die ewige lewe kan verwerf.

Maar geliefdes, laastens, waar kom die krag vandaan, om hierdie waarskuwings ter harte te neem, en dan in dankbaarheid godsvresend te lewe?

Dit kom deur die grootste rykdom te besef wat ons ooit ontvang het, en kan ontvang, ongeag hoe ‘ryk of arm’ ons is in besittings !

Ons grootste rykdom wat nooit:

  • bedorwe raak nie,
  • verniel word nie,
  • roes nie,
  • verteer nie,

is Jesus Christus, die Regverdige !

Hy wat self die Here van die leërskare was en is,

In die woorde van 1 Tim.6, “die Koning van die eeue, die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid”

Hy kon in die woorde van v.6, Hom versit het teen die goddeloses, die rykes en magtiges van die wêreld …

Want Hy is die volkome Regverdige mens, wat ons nooit was of is in ons self nie.

Maar Hy het nie, hoekom nie ?

Om vir ons en ons sondes te betaal, al ons sondes,

maar dan ook spesifiek al die sondes wat ons nou al gehoor het in Jak.1-4,

ook ons eie sondes van onreg en magsmisbruik van ons naaste,

van ander gelowiges (v.1-6) !

Ja, ons verdien van nature om onregverdig behandel te word weens ons sondes, Hy nie!

En Hy het dit gedoen sodat ons nie vetgevoer sal word vir die slagdag wat kom nie.

Hy is geslag in ons plek !

Sodat, langs die weg van geloof en bekering, sy skape die ewige rykdom en erfenis kan ontvang in Christus.

1 Pe 3:18   18 Want Christus het ook eenmaal vir die sondes gely, Hy die Regverdige vir die onregverdiges, om ons tot God te bring — Hy wat wel gedood is na die vlees, maar lewend gemaak deur die Gees.

Alleen in Christus, alleen in die Wysheid wat van Bo is (Jak.1:5; 3:13,17,18),

kan ons gered word van die komende slagdag,

en kan ons hier en nou as begenadigde regverdiges lewe en omgaan met ons besittings in dankbaarheid, ook teenoor ons naaste.

Daarom is die wete van die wederkoms wat gaan plaasvind, ‘n tydige waarskuwing, maar dan ook ‘n bemoedigende troos om geduldig te wees.

En dit gaan ons volgende keer sien:

Die geduldige troos van die wederkoms van die Here, v.7-11

Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: