DIE BANVLOEK VAN DIE HERE
Skriflesing: Lev.18:24-30; Deut.18:9-14; Josua 6
Preekteks: Josua 6
Preekopname (GK Carletonville, 2016-05-22):
Aflaai: Josua 6
Preeknotas (let wel, dit is net notas, die volledige preek is die opname hierbo)
Geliefdes in Jesus Christus,
Ons is oppad na die nagmaalstafel volgende week, DV.
En alles wat die nagmaal beteken,
is ’n saak van lewe of die dood.
Ja, daar is baiemaal dinge in die lewe,
ook in ons geloof, die kerklike lewe waarmee ons worstel,
vrae wat onbeantwoord is.
Maar oor die wese van ons geloof, die Here self,
wat Hom openbaar in Jesus Christus,
deur die krag van die Heilige Gees,
en hoe ons gered word,
daaroor mag daar geen twyfel wees nie !
Ek is of vir of teen die Here,
ek is of vir of teen Christus,
Daar is net twee soorte mense op aarde,
hulle wat hul sondes ken en vlug na Christus,
en hulle wat wegvlug van Hom en in hul sondes sterwe.
Hulle wat glo in sy volkome werke, en gered word, en ewig lewe ontvang,
en hulle wat Hom ongehoorsaam is, en verlore gaan in die ewige dood (Joh.3:36).
En dit word ook geleer by die Nagmaal,
dat ons geloof, ons lewens ’n saak van die lewe of dit dood is.
In NGB art.35 bely ons dit as volg:
“… Verder, hoewel die sakramente én die sake waarvan hulle tekens is, bymekaar hoort, word nie beide deur alle mense ontvang nie. Die goddelose mens ontvang wel die sakrament tot sy verdoemenis, maar hy ontvang nie die waarheid van die sakrament nie. So het Judas en Simon die towenaar albei wel die sakrament ontvang maar nie Christus, wat daardeur voorgestel word nie; Hy word slegs aan die gelowiges gegee. …”
En daarom is dit nodig vir ons selfondersoek,
oppad na die Here se tafel, om opnuut te vra en te ondersoek:
Is ek nog onder die banvloek van die Here se regverdige oordeel,
of het ek uit genade, deur die geloof na Jesus Christus gevlug ?
Ons wil na hierdie vraag – lewe of die dood –
kyk in ons teksgedeelte vanoggend, uit Josua hoofstuk 6.
Ons let op die twee sake,
1 die werklikheid van die Here se banvloek teen die sonde, v.1-21
2 die werklikheid van die Here se redding van die banvloek, v.22-25
1 Die werklikheid van die Here se banvloek teen die sonde, v.1-21
Die Here se volk staan nou reg, om met die oorlog te begin,
om die land Kanaan in te neem.
Dit begin alles by Jerigo, as Jerigo val, val die res van Kanaan,
soos blyk uit hoofstukke 7-12 wat dit verder beskryf.
Die val van Jerigo, verteenwoordig ook dit wat alles volg.
En nou sien ons in v.1 hoe Jerigo sy poorte sluit,
en dit gesluit hou sodat niemand kan in of uitgaan nie.
Vers 1 wil beklemtoon dat Israel self nie Jerigo kan inneem nie,
hulle was nie opgelei in die beste krygskuns nie,
dit wil beklemtoon dat dit die Here is wat aan hul die oorwinning
gaan gee,
soos ons lees daar in vers 2: Die Here, die leërowerste wat die stad,
en dus Kanaan vir hul gaan ‘gee’.
Ons lees dit ook later daar in vers 16: … want die Here gee …
Die vorm van die werkwoord is verlede tyd, asof dit klaar gebeur het,
wat wys op die sekerheid van die Here wat oorwin,
die sekerheid van sy beloftes aan
Abraham, Isak en Jakob, dat Hy die land vir hulle sal gee.
Maar geliefdes, in vers 1 moet ons ook ’n tragiese ironie sien,
eintlik bietjie lagwekkend, tragies hartseer,
van die mens wat dink hy kan die Here se werk teenstaan.
Die teks sê: ‘vanweë die kinders van Israel’,
maar eintlik was dit om die Here uit te hou.
Hoe lagwekkend ?
In Jos.2:10 het ons deur Ragab reeds gehoor dat die Kanaaniete
gehoor het van die Here se groot dade in Egipte, die wonderplae,
die deurtog deur die Skelfsee,
en nou ook nog die deurtog deur die Jordaan, hfst.3
… dink hul nou vir een oomblik hul nietige grendels en mure
gaan die leerowerste met sy ontelbare engelmagte kan terughou ?
Gaan – belangriker – die Here se regverdige oordeel kan terughou ?
Om die vraag te vra, is om dit te antwoord !
En so is dit deur al die eeue geliefdes,
die hele Bybelse geskiedenis,
al die bose magte, die Satan se werk, kon nie die Here se werk
sy reddingsplan keer nie, dat sy beloftes vervul word nie.
Al die bose magte en mense deur die eeue kon nie,
die Here se kerkvergaderende werk keer nie.
En sal dit ook nie vandag en in die toekoms kan keer nie !
Geen politieke mag, geen menslike uitvindsel,
die nuutste teorie in die wetenskaplike labarotorium,
of die nuutste dwaling in die valse kerk,
sal die HERE se komende oordeel kan keer nie.
DIT WAT ONS ELKE SONDAG BELY …
DIE HERE KOM OM DIE LEWENDES EN DIE DOOIES TE OORDEEL
DIE HERE IS OPPAD EN NIKS MAAR NIKS KAN DIT KEER NIE.
Soos wat hier, en in hfst.8-12 gebeur, die Here kom om te oordeel.
En hoe Hy dit doen, gaan baiemaal ons verstand te bowe.
Want hier, sien ons dat die Here deur ’n seremonie, rituele,
die vyande die voetbank van sy voete maak.
en daardeur wys Hy Hy sal regverdig oordeel en optree.
In verse 3-5 word opsommend beskryf hoe Israel Jerigo moet inneem
en in verse 6-19 word dit in detail beskryf hoe dit plaasgevind het.
Die volk, spesifiek die krygsmanne en 7 priesters met 7 ramshorings
het 6 dae om die stad getrek, en elke dag op die horings geblaas
Maar die sewende dag het hul sewe keer omgetrek,
en toe die volk hoor die priesters op die horings blaas,
en op Josua se woord, het hul geskree, oorlogskrete
Vers 20 en 21 beskryf wat toe plaasgevind het: lees !
Nou geliefdes, ons lees in verse 17, 18 en 21 van die ban,
die banvloek wat Jerigo getref het, en later die hele Kanaan.
Die ban beteken letterlik: iets of iemand wat afgesonder word, toegewy word
vir vernietiging, oordeel, wat verdoem word.
Hier is dit alle mens en dier wat onder die Here se oordeel val, v.21.
En nou is die vraag, is dit regverdig ?
Is dit ’n klomp bloeddorstige Israeliete wat uit is op ’n massamoord ?
Nee geliefdes, hierdie is ’n besonder geval, soos res van OT,
waar die Here spesifieke eenmalige bevele gegee het vir sy uitverkore volk,
onthou, verse 2 en 17.
En hierdie Kanaaniete was nie onskuldige mense nie,
reeds in Gen.15:16 lees ons van die ongeregtigheid van die Kanaaniete wat moes vol raak.
Daardie ongeregtigheid behels dat vir 400 jaar het dit opgehoop,
en nou is en gaan die Here hierdie heidense volke oordeel.
(8:25-29; 10:28-30; 11:1, ens)
Wat het daardie ongeregtigheid behels voor die Here, sien Lev.18 en Dt.18
Natuur aanbidding, okkultiese praktyke, kinder offers, maan aanbidding (Jerigo se naam), hoerery, waarseery, towery …
Deut.18 het ons dit gelees …. en dan veral vers 12 !
En wat van vandag ?
Ja, ons hoor en sien hoe daar gespot word met sonde ?
Met hoerery, ontrou, veelgodery, afgodery, God wat verag word, okkultisme wat toeneem in westerse wereld, en soos hul kinders vir Molog ge-offer het
SO WORD DIT VANDAG GEDOEN,
EN WAT NOG ERGER IS BAIEMAAL IN DIE NAAM VAN DIE HERE
EN IN DIE KERKE EN GODSDIENSLEIERS WAT DIT AKKOMODEER
OF GOEDKEUR
Ja, vandag is die Molog offer vrouens wat hul kinders aborteer vir gemaksug, loopbaan, mans wat van hul vrouens eis om kinders te vermoor
Maar let wel, menseregte, die herdefinisie van sonde …. verander nie dat God oordeel nie !
Valse predikers verander nie WIE God is nie.
Die Here sal elkeen wat Hom en sy Seun verag en verwerp, oordeel
Sy oordeel is aan die kom, Hand.17:30,31, Hy het ’n dag bepaal waarop Hy elkeen sal oordeel, vir of teen Hom, vir of teen sy Woord, sy wet !
ONS MOET WAKKER SKUD,
ONS MOET ONS GELIEFDES WAT NOG VASGEVANG IS IN DIE SONDES
VAN KANAAN EN DIT GOEDPRAAT, WAKKER SKUD !
Paulus aan gelowiges in 1ste eeu, midde die Kanaanitiese afgodery en verval
VIR ONS in nuwe SA, met al sy verval en afgodery …. het elkeen opgeroep tot bekering
Luister wat sê die Here, eeue na Jerigo, in 2 Petrus 3 !
DUS die Here kom om te oordeel oor al die afgodery en verval en verwerping
van Hom, u moet dit glo en u geliefdes en almal waarsku:
Hy kom, Hy kom en geen fisiese of geestelike grendel of poort of hek of niks sal jul kan skei.
Dan gaan die mense uitroep berge hemele van op ons, maar te laat !
Maar broers en susters, die groot vraag is nou:
Is daar dan enige hoop vir die Kanaaniet, vir u en my wat heidene was en ook goddeloos was en verlore in ons sonde toe ons nog nie die Here geken het nie?
O JA geliefdes, en dit is wat die nagmaal vir ons sê, 2de punt
2.Die werklikheid van die Here se redding van die banvloek, v.22-25
Daar is redding vir elkeen wat die Here waarlik vrees,
vir Ragab en haar gesin.
Elkeen wat hul sondes ken,
wat breek met Kanaan,
en hul hele lewe lank stry teen die oorblyfsels van Kanaan in ons lewens.
Daar is hoop en troos vir elkeen wat vlug na die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Josua, die Vader van ons Here Jesus Christus,
na die Skepper van hemel en aarde,
By Hom vind ons ’n Bekermer, vind ons genade, uitkoms van die banvloek!
Hoe groot ons sondes ook al was, hoe swaar die stryd teen die sonde ookal is
MOENIE, moenie u rug op Hom keer nie,
Vandag as u weer sy stem hoor, hoor van die werklikheid van die komende oordeel (Ps.95; Hebr.4)
VLUG NA DIE ENIGSTE UITKOMS.
Alleen Christus se geregtigheid, niks anders nie,
kan ons ongeregtigheid bedek wat die Here se banvloek verdien.
Hoor hoe verkondig Paulus dit daar aan ons in Tit 2:14,
Titus 2:11-15 11á╢ Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloon, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, 14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. 15 Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.
Hierdie geregtigheid het aan Ragab en haar gesin verskyn,
sy is gered van die Here se komende oordeel.
Dit is wat ons met die nagmaal ook gaan gedenk, Jesus wat ons kom red het van ons ongeregtigheid om nou in geregtigheid te lewe.
Niks sal sy komende oordeel, sy banvloek stuit nie,
maar dank God, niks sal ook sy redding in Christus vir sy kinders keer nie!
Die waarheid van die waarskuwende woorde van Paulus, God se Woord bly vasstaan tot die laaste dag:
“As iemand die Here Jesus Christus nie liefhet nie, laat hom ‘n vervloeking wees! Maranata!” 1 Kor.6:22
Daarom bly die vraag, oppad na die Here se tafel, vir ons en almal, en ons hele lewens:
Is ek nog onder die banvloek van die Here se regverdige oordeel,
of het ek uit genade, deur die geloof na Jesus Christus gevlug ?
Kom, vlug na die Here, vlug na sy tafel.
Amen.
Leave a Reply